SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Moltrein en die pornografie van chauvinisme

shockjock

Deborah Steinmair

 

MoltreinMoltrein

Skrywer: Dan Roodt
Uitgegee deur: Praag Uitgewers
ISBN: 0-9584635-8-1
Bladsye: 302

Klik op voorblad om boek te bestel

 

Ek gaan nie op die perron bly staan nie.

Ek het die Moltrein geneem. Van my as shock jock kan daar natuurlik nie verwag word om al die narratiewe strukture raak te sien en al die Franse en Duitse subtekse op die punte van my vingers te hê nie. As LESER en closet Parysverskrikte het ek die lywige wit boek boeiend gevind. Dit is propvol inligting oor die gatkant en sjokoladekant van Parys, oor watertand disse, peperduur drank en boetiekuitrustings. Oor die genaai moet ek met Rapport se resensent saamstem dat die gevroetel effe meganies en klinies is. Frases soos “wanneer sy by my bekken werksaam is,” herinner aan ‘n besoek aan die uroloog eerder as ‘n liefdesmoment, terwyl “vir my ‘n fellasie toedien” aan 'n enema of ‘n setpil laat dink.

Koos Kombuis noem in sy Rapport-rubriek dat hy onmoontlik objektief oor Moltrein sou kon skryf. Dit bly natuurlik ‘n drol in die troebel klein reservoir van Afrikaans: enige iemand wat al voet op ‘n kunstefees gesit of naby ‘n webwerf of ‘n mediakantoor gekom het, enige iemand wat aan ‘n Afrikaanse universiteit studeer het, ken iemand wat al met ‘n Hertzogpryswenner getroud was. Die mens agter die Afrikaanse boek bly hom of haar onvermydelik opdring aan die leser. In die geval van Moltrein, waar die protagonis langerig, skraal en elegant geklee is met ‘n uitdrukkinglose gesig en droewe kyk in die oë, het dr Roodt onvermydelik op my innerlike bioskoopskerm opgedoem.

Moltrein bied die leser ‘n sekere “kick” - hoewel cliché-agtig - ‘n mens kan jou vir ‘n paar uur lank verbeel dat jy soos Lucy Jordan deur Parys jaag in ‘n sportmotor met die warm wind in jou hare. Ongelukkig is die sinne soms ellelank, die taalgebruik dikwels gedateer en formeel. Daar word telkens van die verlede tyd gebruik gemaak, 'n vertelstyl wat in Afrikaans langdradig en onnodig is. Die verteller beskik genadiglik oor ‘n kille oog en ‘n lekker selfspot, hy vertolk homself met ‘n knippie sout, delf dikwels die onderspit en sien sy gat letterlik en figuurlik teen sneeubedekte hange ver van sy vaderland. Die karakter van sy geliefde Erika bly egter vaag, soos die twee-dimensionele kartonpoppies waaraan ‘n mens as kind die een dromerige uitrusting na die ander kon hang. Met haar voorkoms is die leser oorbekend: die voorspelbare blonde hare en blou oë, die egalige wit tande, die slanke nek, dun middeltjie, mooi boude en borste wat hygtydskrifte en motoronderdele-almanakke laat verkoop of waarop opblaaspoppe blykbaar universeel geskoei word. Haar psige bly egter ‘n ongekaarte see.

Waarom het ek aan die einde van ‘n min of meer genotvolle leeservaring gevoel dat ek verneuk is? Ek gaan dit opsom deur aan te haal uit Moltrein – een van die passasies waar die boek soos ‘n slang aan sy eie stert sluk:

Watter genre sou ek aan my lewe saam met Erika kon toeken? Indien ek dit ooit sou neerskryf, en indien dit ooit gepubliseer wou word, die enigsins neutrale uitbeelding van ‘n ordinêre Afrikanerpianis-in-eksiel soos ekself tydens die hoogbloei van dit wat bekend gestaan het as die “wêreldwye afkeer van apartheid”, sou dit sekerlik gerelegeer word tot een of ander minder aantreklike vorm waar die Manicheaanse morele verdeling minder van toepassing is. Iets soos pornografie, byvoorbeeld, die genre wat ek aanvanklik alleen in my verveelde wandelinge tydens naweke in die bogrondse tonnels van die passages ontdek het, vergeelde kaalfoto’s uit vergange se dae, asook heruitgawes van die meer risqué geskrifte van agtiende-eeuse Franse revolusionêres soos Mirabeau of die Markies de Sade, en toe saam met Erika in haar woonstel waar ons laataand na die erotiese films op Canal Plus oorgeskakel het en waar Marilyn Jess en haar tydgenote ons vergas het. Na alles het die verhouding tussen my en Erika, gegewe die standverskil tussen ons, om die vleeslike gedraai, wat bloot versier is met kulturele uitstappies na Europese hoofstede, ‘n bietjie soos pornofilms op Canal Plus ‘n dekor moes kies omdat die blote kopulering van mense nie op sigself interessant genoeg was nie.

Ek het verneuk gevoel omdat die boek myns insiens in die finale analise politieke propaganda is. Ek sou so ver gaan om die laaste lang sin in die bostaande aanhaling só oor te skryf:

Na alles het die boek Moltrein om die apartheidsideaal van rassesuiwerheid en Ariese meerderwaardigheid gedraai, wat bloot versier is met kulturele uitstappies na Europese hoofstede, moes die boek ‘n bietjie soos pornofilms op Canal Plus ‘n dekor kies omdat blote politieke propaganda op sigself nie interessant genoeg was nie.
Tussen die katedrale en Michelin-3-ster-etes, tussen die hete gekafoefel en afsuig in openbare plekke, duik daar immer weer, soos met subliminale suggestie, sinsnedes en paragrawe op oor die skoonheid, die edelheid, die miskenning van die Afrikaner, die wêreld se wanpersepsie en onregmatige stigmatisering van apartheid. Tot vervelens toe. As jy my vra, is “blote kopulering” nog veel interessanter as bewonderende Praagse mymeringe oor die Afrikaner.

Waarskuwing vir die aweregse, linkse en gematigde leser: die konkoksie van Franse sjampanje, varkpoot gestop met foie gras, kaviaar, truffels en fellatio gemeng met nasietrots mag ‘n sooibrand-aanval ontketen. Neem Moltrein met ‘n Rennie of twee.

Let wel: LitNet publiseer binnekort ook ‘n ingeligte, diepsinnige resensie van Moltrein deur ‘n weldeurdagte, belese filosoof.

 

 

LitNet: 08 Julie 2004

Wil jy reageer op hierdie resensie? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe

 

 


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.