ReisNet Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die einde

Nadia de Kock, 2003

(Opgeneem in 'n bundel wat gepubliseer is deur die Pretoriase Skryfskrum tydens, en óór, gebeure in Irak, veral Bagdad. 'n Kopie van die bundel, met Engelse vertalings, is na die staatsbiblioteek in Mosoel gestuur. Ons het beplan om die bundel Bagdad toe te stuur, maar die biblioteek is intussen heeltemal vernietig. 'n Arabiese vertaling van die voorwoord is in die bundel ingesluit, sowel as kunswerke deur matriekleerlinge van die Menlo Park Hoërskool.)

Ek sal gaan na die koue streke.

Na Noorweë, waar ek dalk in 'n donker nag
die stil en vlietende dans
van die Noorderlig sal sien.

Ek sal staan aan die weskus van Ierland
en opkyk na Slea, hoog verhewe
waar heelwat mitiese feë dwaal
en mense laat glo en vergewe.

En saam met die laaste eilandbewoners
terugkyk na Groot Blasket ver oor die see
en hunker na jare en jare
van vreugde lankgelee

In Praag sal ek stap in die Goue Laan
waar Kafka eens werk en woon
waar oorlewering sê, towenaars swoeg
om metaal tot goud te wroeg.

Ek sal gaan na die warm streke.

Waar die harmattan rooi stof waai
oor die Sahara, oor my wang tot in my oë
en hier bly tot die laaste sonsondergang.

In Masulé sal ek op plat dakke klim
van huise in wit en room
op en op van een terras
na die volgende uitkyk-droom.

Die Siq sal my neem na Petra
met geure subtiel op die wind
vol kaneel, kardamom en saffraan
van smouse en 'n kameel-karavaan.

Eers dan sal ek terugkeer na Bagdad.

Waar my nuwe man gretig
my sluier sal wegtrek
en my lippe en oop oë vind
en met soene bedek.

Hy sal my warm lyf aanraak
om saam weg te sweef
soos ek glo 'n mens doen
as jy werklik met hom leef.

Maar die bomme kom nou al nader
ek hou hulle dop vanuit my venster
skerp flitse brand in die nag
en ek wag en wag.

Energie is lewe en sterf nie
miskien ook gebed en drome
as ek vannag sterf,
sal my drome my soek

en vind in my eie klein hoek.



LitNet: 14 Julie 2005

Stuur alle bydraes aan reisnet@litnet.co.za en kommentaar na webvoet@litnet.co.za om 'n gesprek op SêNet, ons meningsblad, te begin.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.