OnderwysNet - ruimte vir opvoeders van AfrikaansArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
LW
Hiemstra
Trust
KURRIKULUM 2005
ATKV
Implikasies vir die Afrikaans-opvoeder

Soos ons almal teen hierdie tyd weet, het die inwerkingstelling van Kurrikulum 2005 geweldige implikasies vir elke opvoeder. Veranderinge moet plaasvind ten opsigte van beplanning, lesvoorbereiding, lesaanbieding, assessering/evaluering, ens. Daarbenewens is daar heelwat nuwe terminologie wat onder die knie gekry moet word. Die volgende aantal rubrieke gaan poog om lig te werp op dié veranderinge en ook om bepaalde terme op te helder.

1. SKOOLFASES
U moet kennis neem van die skoolfases en ook bepaal waar u as opvoeder inpas.

Die volgende is ’n opsomming van die skoolfases:
1. ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING

1.1
Grondslagfase
= GRADE 1, 2, 3
1.2
Intermediêre fase
= GRADE 4, 5, 6
1.3
Senior fase
= GRADE 7, 8, 9
2.
VERDERE ONDERWYS EN OPLEIDING
= GRADE 10, 11, 12

2. MOONTLIKE INWERKINGSTELLINGSDATUMS — ONDERHEWIG AAN VERANDERINGE!
JAAR
GRAAD
2000
Graad 3 en 7
2001
Graad 4 en 8
2002
Graad 5 en 9
2003
Graad 6 en 10
2004
Graad 11
2005
Graad 12

3. BEPLANNING
Een van die belangrikste veranderinge lê op die vlak van beplanning. Hier sal hoofsaaklik gefokus word op graad 7 aangesien Kurrikulum 2005 volgende jaar in graad 7 in werking gestel word.

Vir beplanningsdoeleindes is dit belangrik dat u ’n SENIOR PHASE (GRADE 7-9): POLICY DOCUMENT — OCTOBER 1997 moet hê. Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement het ’n Afrikaanse weergawe van dié dokument beskikbaar. Elke primêre skool in die land moet teen hierdie tyd in besit wees van hierdie dokument. Indien u skool nie die dokument het nie, doen navraag by u onderwysdepartement. Sonder hierdie dokument is beplanning nie moontlik nie. Hierdie dokument is belangrik in die ontwerp/ontwikkeling van u leerprogramme wat die tradisionele sillabusse gaan vervang.

Vir beplanningsdoeleindes en die ontwikkeling van die leerprogramme moet u ten minste die volgende onder die knie kry:

  1. Faseorganiseerders
  2. Programorganiseerders
  3. Leerareas
  4. Spesifieke Uitkomstes van die onderskeie leerareas
  5. Assesseringskriteria
  6. Taakaanduiders

3.1 FASEORGANISEERDERS
Eerstens moet u weet dat elke fase (Grondslagfase, Intermediêre Fase en Senior Fase) sy eie faseorganiseerders het. Die Senior Fase (grade 7-9) het die volgende 5 faseorganiseerders:

  1. Kommunikasie
  2. Kultuur en Gemeenskap
  3. Omgewing
  4. Ekonomie en Ontwikkeling
  5. Persoonlike ontwikkeling en bemagtiging

Hierdie vyf faseorganiseerders moet gebruik word in u beplanning van ’n leerprogram.

Redes vir die faseorganiseerders:

  • Aangesien u al agt leerareas saam moet beplan, help dit met integrering.
  • Die faseorganiseerders is op die een of ander wyse teenwoordig in al agt leerareas.
  • Die faseorganiseerders is ’n refleksie van die kritieke uitkomstes.
  • Die faseorganiseerders maak dit vir leerders moontlik om van skool of van provinsie te verander.

Alle skole (Senior Fase) moet hierdie vyf faseorganiseerders in hul beplanning insluit — dit is beleid.

3.2 PROGRAMORGANISEERDER
Vanuit die Faseorganiseerder bepaal die skool sy eie programorganiseerder. Die skool se konteks en behoeftes is onder meer bepalend in die keuse van ’n programorganiseerder. Die programorganiseerder moet ook relevant en aktueel wees.

Verder moet daar ook rekening gehou word met dit wat op nasionale en internasionale vlak gebeur.

Die volgende is moontlike Programorganiseerders wat uit die Faseorganiseerder vloei:
FASEORGANISEERDERS MOONTLIKE PROGRAM-ORGANISEERDERS
Kommunikasie Media, lyftaal, vervoer, ens.
Kultuur en samelewing Geweld en vrede, tradisies, musiek, ens.
Omgewing Besoedeling, water, behuising, diere, ens.
Ekonomie en ontwikkeling Geld, advertensies, entrepreneurskap, besighede, ens.
Persoonlike ontwikkeling en bemagtiging Liefde, vriendskap, ontspanning, beroepskeuses, talente en belangstellings, gesonde leefstyl, ens.

3.3 LEERAREAS
In die Senior Fase word daar nie meer gepraat van vakke nie, maar wel van leerareas.

Die volgende 8 leerareas word onderskei:

  1. Taal, Geletterdheid en Kommunikasie (TGK)
  2. Menslike en Sosiale Wetenskappe (MSW)
  3. Tegnologie (TEG)
  4. Wiskundige Geletterdheid, Wiskunde en Wiskundige Wetenskappe (WGWWW)
  5. Natuurwetenskappe (NS)
  6. Kuns en Kultuur (KK)
  7. Ekonomiese Bestuurswetenskappe (EBW)
  8. Lewensoriëntering (LO)

Elke leerarea bestaan ten minste uit die volgende:

  • Rasionaal — ’n verklaring waarom die leerarea ingesluit is by die kurrikulum.
  • Spesifieke uitkomstes van leerarea — dit wat ’n leerder behoort te kan doen aan die einde van ’n leerervaring. Dit sluit inhoud/kennis, vaardighede en waardes in.
  • Assesseringskriteria — ’n algemene omskrywing van die bewyse wat gesoek word of ’n leerder ’n spesifieke uitkoms of gedeelte daarvan bemeester het.
  • Taakaanduiders — ’n meer gedetailleerde omskrywing van die bewyse wat gesoek word of ’n leerder ’n spesifieke uitkoms of gedeelte daarvan bemeester het.
  • Omvangstelling — die diepte en wydte van die inhoud wat gedek moet word.

Dit is belangrik dat u weet waar u bogenoemde binne die leerarea vind. Die volgende is ’n kort uittreksel uit die leerarea Taal, Geletterdheid en Kommunikasie:

3.3.1 SPESIFIEKE UITKOMS
SU 1: LEERDERS SKEP EN ONDERHANDEL BETEKENIS EN BEGRIP

3.3.2 OMSKRYWING /TOELIGTING VAN SPESIFIEKE UITKOMS
Begrip is sentraal in kommunikasie. Die doel van hierdie uitkoms is om leerders se begripsvermoë te ontwikkel, asook die vermoë om betekenis in verskillende kontekste te onderhandel deur gebruik van gepaste kommunikasiestrategieë en deur die gebruik van luister-, praat-, waarnemings-, lees-, gebare- en skryfvaardighede. Hierdie strategieë en vaardighede word ontwikkel en verfyn deur voortdurende blootstelling aan ’n verskeidenheid van situasies wat aan taalgebruikers geleenthede vir verskillende wyses van interaksie bied.

3.3.3 OMVANGSTELLING
Op hierdie vlak word die leerders gelei om ’n wye reeks tekste te skep. Leerders is in interaksie met en lewer reaksies op ’n wye reeks tekste. Interaksie met ander taalgebruikers vind plaas met ’n wye reeks gehore binne bekende sowel as onbekende kontekste.

3.3.4 ASSESSERINGSKRITERIA (AK)
AK 1 Oorspronklike betekenis word deur persoonlike tekste geskep.

3.3.5 TAAKAANDUIDER (TA)
TA1 Dit word duidelik as leerders oorspronklike betekenis kan skep deur persoonlike tekste.

3.3.6 VLAKKE VAN KOMPLEKSITEIT
(In hierdie kolom kan drie kolomme onderskei word. Hoe verder daar na regs beweeg word, hoe komplekser word die inhoud. Alle leerders (hooftaal en addisionele tale) doen kolom 1. Kolomme 2 en 3 is hoofsaaklik vir die hooftaal, MAAR niks verhinder u om kolomme 2 en 3 ook vir die addisionele tale te gebruik nie.
(KOLOM 1) (KOLOM 2) (KOLOM 3)
Vertel/skryf
* ervarings
* idees
* opinies
* besluite, ens.

Skryf/maak
* sinne
* paragrawe
* opstelle,ens.

Genereer betekenis in debatte, besprekings forums
Skryf/skep
* poësie
* kort toneel — met bewustheid van gepaste taal

ONTWIKKELING VAN LEERPROGRAM
Dit is belangrik dat daar gesamentlike beplanning per fase/per graad by ’n skool moet plaasvind. Vir volgende jaar is dit raadsaam dat al die graad 7-opvoeders aan die einde van die jaar byeenkom en ’n tabel saamstel waarin al die faseorganiseerders en moontlike programorganiseerders verskyn. Elke leerarea kan dan sy eie spesifieke uitkomstes op hierdie tabel invul. Die volgende dien as voorbeeld:

FASE-ORGANISEERDER
PRORAM-ORGANISEERDER
MEDIA GEWELD EN VREDE
KOMMUNIKASIE TGK —- SU 1
MSW — SU 2
NW — SU 3
WGWWW — SU1
TEG — SU 2
KK — SU 6
LO — SU 3
EBW — SU 5

KULTUUR EN SAMELEWING
TGK — SU 2
MSW — SU 3
NW — SU 5
WGWWW — SU 4
TEG — SU 4
KK — SU 5
LO — SU 1
EMW — SU 3
OMGEWING

EKONOMIE EN ONTWIKKELING

PERSOONLIKE ONTWIKKELINGEN BEMAGTIGING

Nadat die tabel opgestel is, kan elke leerarea begin om sy eie leerprogram te ontwikkel. Die volgende is belangrike stappe in die ontwikkeling van die leerprogram. Dit is nie noodwendig chronologiese stappe nie.

  1. Kies ’n FASEORGANISEERDER — een van vyf:
    1. Kommunikasie
    2. Kultuur en Samelewing
    3. Omgewing
    4. Ekonomie en Ontwikkeling
    5. Persoonlike ontwikkeling en bemagtiging
  2. Kies ’n PROGRAMORGANISEERDER — vloei uit faseorganiseerder:

    VOORBEELD:
    FASEORGANISEERDER: PERSOONLIKE ONTWIKKELING EN BEMAGTIGING

    MOONTLIKE PROGRAMORGANISEERDERS: OPVOEDING, VRIENDSKAP, LIEFDE, OORLEWING, ONTSPANNING, LOOPBANE, TALENTE, ENS.

  3. Kies ’n KERN-SPESIFIEKE UITKOMSTE vanuit die leerarea (dit kan meer as een uitkoms wees): SIEN BELEIDSDOKUMENT
  4. Kies ADDISIONELE SPESIFIEKE UITKOMSTES vanuit die leerarea.
  5. Kies SPESIFIEKE UITKOMSTES vanuit ander leerareas.
  6. Kies ook elke keer die ASSESSESINGSKRITERIA en TAAKAANDUIDERS (PERFORMANCE INDICATORS).
  7. Bepaal watter VOORAFKENNIS BENODIG WORD.
  8. Bepaal dan die LEERAKTIWITEITE, HULPBRONNE, OMVANG VAN INHOUD, ens. wat gedek sal word.

DIE VOLGENDE IS ’n VOORBEELD VAN ’n TABEL WAT GEBRUIK KAN WORD IN DIE ONTWIKKELING VAN DIE LEERPROGRAM. IN DIE VOLGENDE RUBRIEK SAL HIERDIE TABEL VOLTOOI WORD EN PRAKTIES TOEGELIG WORD.


’N ILLUSTRATIEWE LEERPROGRAM

KERNLEERPROGRAM: ________________
DUUR (dae, weke): ________________
F
A
S
E
O
R
G
A
N
I
S
E
E
R
D
E
R
Kern-spesifieke uitkomste: Assesseringskriteria: P
R
O
G
R
A
M

O
R
G
A
N
I
S
E
E
R
D
E
R

Addisionele spesifieke uitkomstes van leerarea: Assesseringskriteria:
Integrasie met spesifieke uitkomstes van ander leerareas: Assesseringskriteria:

Voorafkennis wat benodig word:

Leeraktiwiteite, hulpbronne, inhoud wat gedek sal word: Leer- en onderrigstrategieë: Assesseringstrategieë: refleksie, taakaanduiders:

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.