OnderwysNet - ruimte vir opvoeders van AfrikaansArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
LW
Hiemstra
Trust

Uit Douspoor — handleiding

Izak de Vries en Coenraad Walters

E.K.M. Dido: Die prediker

Ter voorbereiding vir die opvoeder
Indien u oor ’n internetfasiliteit beskik, kan u gerus ’n paar artikels trek oor die bomontploffings in die Kaap — veral die een by Planet Hollywood. Die heel beste sou egter wees as u die leerders aanmoedig om self daaroor navorsing te doen. Die beste ruimte vir sodanige inligting is die Naspers-argief, heeltemal gratis te kry by http://152.111.1.42/argiewe/soek.html (geen punt na die l nie).

Indien u nie skoolhou in Kaapstad of omtrekke nie, sal dit goed wees indien u as opvoeder u net vertroud maak met die Kaapse Metro-treinstelsel wat daagliks baie duisende mense vervoer. Party leerders wat elders bly, vind dit dikwels moeilik om te begryp dat ’n mens met die trein kan werk toe ry.

Die heel belangrikste vraag wat u natuurlik sal moet kan beantwoord, is die foreskin-begrip. Die oorgrote hoeveelheid klasse sal meer as een leerder hÍ wat maar te gretig sal wees om dit aan die nieverstaners te verduidelik. Indien daar egter nie eers een is nie, sal u bereid moet wees om die prediker se fout te verduidelik. ’n Baie eenvoudige skets op die bord mag die heel beste wees.

Vergewis u ook van die feite. Die teksgedeeltes waarna verwys word, word hier onder bespreek (en een daarvan word volledig weergegee), maar u kan dit gaan nalees in Openbaring 13: 16-17; 19: 20; en 20: 4.

Die leerders se voorbereiding
Vra elke leerder om ’n spotprent uit ’n koerant te bring (oud, resent, Engels of Afrikaans), asook ’n aantal meegaande mediaberigte om die spotprent te verduidelik. (U kan ook ou koerante in die kas beskikbaar stel vir diť doel.)

Laat elke leerder — voor die verhaal gelees word — die spotprente en die meegaande koerantberigte op sy / haar bank uitstal. Laat die leerders toe om almal se spotprente en tekste te bekyk.

Leerdervoorbereiding ten opsigte van feite
Die leerders sal baie baat by ’n basiese agtergrond tot die gebeure. Diegene wat in en om Kaapstad bly, sal waarskynlik die gebeure onthou — sommige mag selfs slagoffers van die bepaalde bom ken, of van ’n ander ontploffing.

Hierdie verhaal werk met gebeure wat eg Kaaps is, maar daar is baie raakpunte met ander stede. Leerders wat nie die omtrekke van Kaapstad ken nie, sal hulleself moet kan vergewis van die vervoerstelsel aldaar. Dit is ook noodsaaklik dat die leerders sal besef dat daar wel by geleentheid bomontploffings plaasvind.

Die eerste lees

Terugvoer na ’n eerste lees
Leerders se resepsie van hierdie verhaal sal beÔnvloed word deur hulle kennis van die gebeure.

U kan dalk begin deur te vra:

  1. Wie ry gereeld trein?
  2. Ken die leerders die prediking in die derdeklaswaens?

Laat diegene wat wel die gebeure ken, die ander hieroor inlig. Vra hulle of die skets ’n akkurate weergawe is van die gebeure op die treine.

Woorde of uitdrukkings wat dalk moeilik mag wees

  • tiewie (Wat is dit? Hoekom word dit so geskryf?)
  • Ek en my ou wou daar gaan afkoel. (Wat bedoel die meisie? Daar is geen plek om werklik “koel” te word in so ’n klub nie!)
  • silicon chips (Wat is dit? Wat is dit in Afrikaans?)
  • foreskin (Wat is dit in Afrikaans?)
  • beskaamd.

Dit sou goed wees as die leerders self hierdie moeilike woorde kan navors — in klasverband, of by die huis. U ken die klasopset, en kan die beste manier voorstel. Gonsgroepbesprekings is nie te versmaai nie — veral as die kinders eers by die huis gaan uitvind het en dan in sulke groepe terugrapporteer.

Algemene vrae

  1. Wat dink die leerders van hierdie verhaal?
  2. Hoekom staan die spreker beskaamd teen die einde? Stem die leerders saam met haar idees oor die prediker?
  3. Wat dink die leerders van die prediker?
    (Vir vele opgeleide Westerlinge is die konsep van die lekeprediker wat kliphard in die openbaar preek, ’n vreemde idee. Daar is ook sprake dat hierdie verteller gewoonlik eersteklas ry — daar waar die sangers en die predikers nie uithang nie. Vir sommige mense is dit egter ’n deel van hulle lewens. Gesprekke hieroor moet dus omsigtig aangebied word. Die konsep van openbare getuienis is nie eie aan die Christendom nie. Laat leerders wat aan ander gelowe behoort, die klas inlig daaroor.

Die tipe verhaal

Die skets
Die woord skets word kom dikwels in die skilderkuns voor. Iemand wat ’n skildery wil maak, sal dikwels eers sit en beplan en dan met ’n pen of potlood ’n paar tekeninge maak om die proporsies reg te kry. Daarna, eers wanneer die skilder tevrede is, sal hy of sy met verf begin werk. Hierdie voorlopige tekeninge word “sketse” genoem.

Nuwe tye vra nuwe verhale en nuwe perspektiewe op ou verhale: Hierdie geleentheid groet WKOD-Afrikaansonderwysers wat eerstetaalmatrieks in hulle sorg het in die nuwe skooljaar. Twee nuwe kortverhaalbundels is naamlik voorgeskryf vir 2001: Douspoor (Tafelberg) en Storiepalet (JL van Schaik). Vir albei kan onderwysers handleidings by die uitgewers kry.

Tafelberg-Uitgewers stel die volgende uittreksels uit Douspoor — ’n Handleiding (saamgestel deur Izak de Vries en Coenraad Walters) beskikbaar. Die uittreksels handel oor die ses verhale wat deur die WKOD vir 2001 voorgeskryf is. Vir volledige kopieŽ van die handleiding, skakel me. R. Doman by (021) 918-8603.


Heelwat kunstenaars, onder wie bekendes soos Picasso, het later baie beroemd geword vir hulle sketse — juis daardie vermoŽ wat hulle het om met enkele strepe ’n hele gegewe, of ’n klompie goed, vas te vang.

Van die beste voorbeelde van sketse kry ons vandag in die koerante — die spotprente (cartoons). Wat ’n goeie spotprentkunstenaar regkry, is om ’n situasie op te som met ’n paar strepe (party gebruik meer as ander). Met daardie paar strepe skets die kunstenaar ’n hele situasie.

In die beeldende kunste is ’n goeie skets dus nie meer ’n “mindere” kunsvorm nie.
Dieselfde geld vir die prosa. Goeie sketse kan enige tyd langs kortverhale staan. Dit is ’n kuns om ’n goeie skets te skryf.

Die literÍre skets
In die literÍre wÍreld maak mense dikwels ook aantekeninge voordat hulle ’n kortverhaal aanpak. Dit sou egter verkeerd wees om sodanige aantekeninge, al is dit in deeglike sinne en paragrawe, as ’n skets te lees. ’n Mens sou dalk na ’n brief wat ’n baie snaakse, mooi, of hartseer situasie beskryf, kon verwys as ’n skets, maar ook net as dit aan sekere vereistes voldoen.

Soos in die beeldende kunste, het die skets in prosa al ontwikkel tot ’n volwaardige kunsvorm. Kenmerke van die literÍre skets is:

  1. Dit beskryf dikwels ’n herkenbare situasie (in hierdie geval die treinpredikers en die bomontploffing).
  2. Sketse het dikwels minder “diepte” as kortverhale — die betekenis is dus baie meer “onmiddellik” en makliker om te snap. (Let wel: ’n Goeie kortverhaal het dikwels verskillende vlakke. Sketse wat enkelvlakkig is, is nie noodwendig swak nie — die idee is juis om ’n situasie, of persoon, so deeglik en verstaanbaar as moontlik te “teken” met die woorde wat gebruik word.)
  3. Die “sielkundige atmosfeer” word dikwels in die skets beskryf. In hierdie geval is dit die neerdrukkende atmosfeer aan die begin en die verligting aan die einde.
  4. Klem word dikwels gelÍ op ’n enkele gebeurtenis en / of persoon.
  5. Daar is dikwels ruimtebeskrywings wat die skets “plaas” vir diegene wat die agtergrond tot die teks nie ken nie.

’n Deeglike kykie na “Die prediker”

“Die prediker” as skets
Vraag: Voldoen “Die prediker” aan die vereistes vir die literÍre skets? Hoekom sÍ julle so? Haal voorbeelde uit die teks aan om julle antwoorde te staaf.

Die teksvers
Die hoofmoment van hierdie skets is die prediker se baie snaakse weergawe van ’n paar bekende Bybelverse. Kyk of die leerders u kan vertel waar dit vandaan kom. (Daardie verse kom uit die Bybelboek Openbaring.)

Vir die van u wat nie ’n Bybel byderhand het nie, hiermee twee van die verse waarna verwys word uit die 1983-vertaling van die Bybel. Dit kom uit Openbaring 13: 16-17:

    Hy verplig al die mense, klein en groot, ryk en arm, vryes en slawe, om ’n merk op hulle regterhand of op hulle voorkop te dra en laat niemand toe om te koop of te verkoop nie, behalwe die mense wat die merk het. Die merk is die naam van die dier of die getal van sy naam.

Agtergrond tot die boek Openbaring
Nuuskierige leerders kan gerus gaan navorsing doen hieroor, maar die volgende inligting kan u dalk help om moeilike vrae te beantwoord.

TeoloŽ aanvaar dat die skrywer, Johannes, die Ou Testamentiese geskrifte gaan nalees het om sy eie Openbaringe te skryf (Groenewald 1986: 17; Alexander 1977: 651). (Dit is nog onseker of hierdie Johannes dieselfde een is as wat die evangelie geskryf het — die kenners stry nog hieroor).

Die agtergrond tot Openbaring is die onderdrukking van die Jode. In ’n tyd van politieke nood gryp die skrywer na die Ou Testament om aan sy medelyers weer hoop te gee dat alles wat sleg is, vernietig sal word (die diere word gedood) en dat die heerskappy van die onderdrukker se godsdiens sal val (vgl. Alexander 1977: 651, 654). Vir die Jode is die godsdiens ook ’n politieke manier van dink. Johannes probeer aan die lesers sÍ dat daar in die verlede al erger goed gebeur het met die gelowiges; dit sal nůķ, soos toe, weer regkom. (Die woord nůķ het betrekking op die tyd toe Johannes geleef het, maar soos baie ander tekste beteken dit vir mense wat later geleef het, ook veel.)

Die dier in die teks
In Openbaring is daar eintlik twee diere wat ter sprake kom. Hierdie diere beeld (a) die Romeinse ryk en (b) die keiseraanbidding uit. Die “getal” 666 (wat elders in Openbaring voorkom) toon dat hierdie dier, al is hy uiters magtig, nooit die syfers 777 kan haal nie. Dit was dus ’n troos, want 777 was vir die Jode die getal wat die almag van hulle god aangedui het (vgl. Alexander 1977:654; Groenewald 1986:143-144). Die getal 666 is dus ’n vertroosting: Anders as Johannes se God, is hierdie dier(e) feilbaar.

Agtergrond tot die merk van die dier
Wat is diť “merk” waarvan Johannes praat?

In sy tyd het ’n ryk man dikwels slawe laat brandmerk om te toon dat hulle aan hom behoort, net soos beeste deesdae nog gebrandmerk word. (Die brandmerk van slawe het hier in Suid-Afrika ook gebeur. Leerders kan gerus Dalene Matthee se Pieternella van die Kaap, of Zirk van den Berg se Wydsbeen lees.)

Johannes sÍ dus dat die Romeinse Ryk nog al die mense tot slawe wil maak, maar hy dring daarop aan dat hulle moet vashou aan hulle geloof — die Romeine kan nie vir ewig regeer nie. Terwyl hulle dus polities aan die Romeine “verslaaf” is, moet hulle selfs in ekonomies onsekere tye nie die Romeine se “verkeerde” godsdiens aanhang nie.

Die silikonskyfie in die voorhuid
Die tradisie van orale oorlewering, of dan die oorvertel(lers) van stories, is die onderbou van enige letterkunde. Alle stories het so ontstaan en is van een geslag na ’n ander oorgedra deur storievertellers. Dit is egter moeilik om feite te verifieer wanneer jy net vertellings het (vgl. die bespreking hieroor in die hoofstuk oor “Die rooi vaas”.) Dit is eers wanneer stories neergeskryf word dat dit geverifieer kan word. Die meeste mense in Suid-Afrika kan vandag lees en vertrou dus op gedrukte tekste wat nageslaan kan word. Daar is egter nog ’n baie groot aantal mense wat nie die voorreg het om te kan lees nie. Vir hulle bestaan daar bloot stories soos hulle dit hoor en onthou.

Die Bybel, wat in die meeste gereformeerde kerke gebruik word, bestaan uit die “kanonieke boeke” — dit beteken bloot dat hulle as waar beskou word.

Wanneer mense nie kan lees nie, help die “juiste” weergawe hulle nie. Hierdie prediker neem nou die algemene konsep van sy tyd, naamlik dat die rekenaar die afgod is (want rekenaars beheer deesdae die ekonomie), en plaas dit in die plek van die brandmerk wat aan die slawe uitgedeel is.

’n Dieper betekenis
Hoewel sketse nie noodwendig ’n “dieper” betekenis dra nie, het diť een beslis iets waaraan die leerders kan kou.

  1. Hoekom sou die prediker juis op 26 Augustus 1998 die ou storie van die Romeinse Ryk aan die luisteraars voorhou? Laat die leerders ’n bietjie hieroor gesels. As hulle sukkel, kan van die onderstaande aan hulle voorgehou word:
    1. Baie mense glo dat die Bybel, en baie ander “heilige” boeke se tekste, steeds vandag van toepassing is.
    2. Hierdie prediker is ewe benoud oor die bom as die ander. Hy wil egter, soos Johannes van ouds, vir die ander sÍ hulle is veilig — mits hulle ook glo soos hy.
    3. Net soos Johannes dus ’n politieke situasie met ’n godsdienstige een wou “beredder,” wil hierdie persoon dit ook doen.

  2. Die prediker lees die tweede keer die teks terwyl hy eintlik kyk na Psalm 25: 5 — die eerste paar woorde word afgedruk in die skets.
    1. Hoekom sluit die skrywer van die skets daardie woorde in?
    2. Verskaf sy dalk op hierdie manier ’n tweede “berusting” aan die lesers van hierdie stuk? (Kyk na vraag 1.b. hierbo.)

Die silikonskywe
Laat die klas ’n bietjie oor hierdie onderwerp praat: Hoekom verander die prediker die idee van ’n “merk” wat sigbaar is met ’n silikonskyfie wat onsigbaar is?

Hier is ’n paar idees wat u kan noem om die gesprek — dalk eers in gonsgroepe en daarna in ’n breŽr verband — te stuur. Laat die klas ook eers ’n paar eie redes soek!

  1. Is dit dalk omdat ons nie meer slawe brandmerk nie?
  2. Ons ken egter almal rekenaars! Die orale tradisie pas dus aan, dit vernuwe die hele tyd. Bowendien sien hierdie arme man elke dag hoe mense kos koop met kredietkaarte. Hulle het dus duidelik al “uitverkoop”, want terwyl hy moet geld betaal, gee hulle sommer net ’n kaartjie en al die kos wat hulle wil hÍ, is hulle s’n! Ander mense druk kaartjies in mure in en kry dan sommer net geld!
  3. Silikonskyfies het niks met ’n 666 te doen nie; hulle werk slegs met die getalle nul en een. Dit maak egter nie saak nie, want daar is geen manier hoe die ongeletterde persoon dit sal weet nie.

Karakterisering

  1. Wat weet ons van die persoon wat die verhaal vertel? En hoe lei ons dit af?
    1. Manlik of vroulik?
    2. Beroep?
    3. Ouderdom?
    4. Inkomste (ongeveer)?

  2. Kyk of julle hierdie vrae ook ten opsigte van die prediker kan beantwoord.

Die mag van die storieverteller
Hier skryf iemand — sy kan dus skryf en word boonop gepubliseer — dat hierdie persoon wat nie kan lees nie, en dus nie die bekende tekste korrek kan aanhaal nie, ook ’n belangrike rol in die samelewing vervul.

Laat die klas toe om ’n bietjie te kyk of hulle kan vorendag kom met ’n “dieper betekenis” in hierdie skets.

Indien hulle sukkel, kan die volgende stelling aan hulle voorgehou word vir bespreking:

    Die dieper betekenis is dus duidelik: Moenie mense ignoreer bloot omdat hulle ongeletterd is nie! Hulle, die storievertellers, kan ook hoop bring op hulle vreemde manier, net soos Johannes, die skrywer van Openbaring, dit kon doen.

Klasprojekte

  1. Stedelike terreur is ’n hartseer realiteit in alle wÍrelddele en die leerders kan aangemoedig word om navorsing te doen daaroor.
  2. Stedelike vervoer kom hier ter sprake. Dit is ’n goeie projek om na te vors.
  3. Besnydenis: Waar sal die Xhosa-mans en Joodse mans (wat nog te sÍ vroue) hulle skyfies kan laat inplant? ’n Projek oor die kultuur van besnydenis kan geloods word.
  4. Vroulike besnydenis is ’n “terreurdaad” wat wÍreldwyd voorkom. Indien u ’n paar meisies met sterk oortuigings en deeglike navorsingsvermoŽns in die klas het, is dit ’n uitstekende onderwerp vir hulle om te ondersoek.

Essay-onderwerp
Laat al die leerders ’n essay skryf waarin hulle die detail in hulle koerantberigte vergelyk met die detail in hulle spotprente. Laat hulle ’n beredenerende essay skryf oor die redes waarom die spotprentkunstenaar sekere detail in sy spotprent ingesluit en ander uitgelaat het.

Klaswerk (vir die werklik goeie klas)
Laat die klas ’n uitvoerige ontleding doen van die onderskeie literÍre genres. ’n Groot plakkaat kan dan gemaak word met die indelings en ’n kort beskrywing van elk van die indelings. Sů kan ’n sterk klas die ander klasse help.

Ander leesstof

  • U kan die klas na ’n aangrypende outobiografie deur Stephen Lungu verwys. Die boek is eenvoudig getiteld Freedom fighter. Lungu was ’n vryheidsvegter wat tot bekering gekom het en so graag wou preek dat hy op busse begin praat het met mense. Hy het later opleiding ontvang en is vandag een van die direkteure van ’n internasionale niestaatsorganisasie. Stephen se boek gee ’n baie interessante blik op die konsep lekeprediker.
  • Op LitNet (www.mweb.co.za/litnet) is daar ’n onderhoud met Zapiro, die kunstenaar wat spotprente teken vir die Mail & Guardian, die Sowetan en die Sunday Times. Dit mag die leerders dalk interesseer om te lees hoe hy sy (beeldende) kuns benader.
  • EKM Dido is ’n gereelde bydraer tot LitNet. Daar is heelwat van haar sketse te lese op LitNet. Daar is ook twee onderhoude met haar op LitNet.
  • Die leerders ken moontlik die TV-reeks Mr Bean. Sy situasies bestaan uit sketse wat hy met sy lyf skets.

Ander tekste in Douspoor

  • “Markdag” van Tammara Subramony is ’n teks wat handel oor vooroordele wat afgelÍ word.
  • Lindsay King se “Die beach” doen baie dieselfde, maar op ’n heel ander manier.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.