OnderwysNet - ruimte vir opvoeders van AfrikaansArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
LW
Hiemstra
Trust

Leerondersteuning vir leerders met leesagterstande in die seniorfase

Karen Swart

LeesstrategieŽ om leesvlotheid te ontwikkel

1.     Modellering

Die modellering van lees, dit wil sÍ wanneer lesers goeie lees naboots, is waarskynlik vir leerders met die ernstigste leesprobleme die beste beginpunt om leesvlotheid te verbeter. In hierdie tegniek lees die onderwyser ’n gedeelte van die teks hardop, terwyl die leerder volg. Wanneer die onderwyser klaar die gedeelte gelees het, probeer die leerder om die onderwyser se lees na te boots. Die belangrikste doel van hierdie tegniek is om akkurate woordherkenning te verbeter, terwyl intonasie en frasering terselfdertyd ook aangemoedig word. Aanvanklik behoort die onderwyser slegs ’n klein gedeelte van die teks te lees. Die meeste leerders kan met ’n volle sin of twee begin. Aanvanklik moet baie maklike leeswerk gebruik word. Leeswerk behoort egter altyd vir die leerder interessant te wees. Hierdie tegniek kan ook suksesvol deur leerdertutors aangewend word.

2.      Lees vir die radio

Kinders met leesprobleme is dikwels skaam om voor ander leerders te lees. Lees vir die radio is ’n tegniek om vlotheid in groepverband te ontwikkel, sonder om die leerder wat ’n leesprobleem het in die verleentheid te stel.

In hierdie prosedure kry elke kind ’n teks om hardop te lees. Uittreksels kan gemaak word uit koerante, tydskrifte, of enige bron wat as ’n nuusstorie kan dien. Die leerder tree as die “omroeper” op. Slegs die onderwyser en die leerder het kopieŽ van die teks, sodat die ander leerders nie die teks voor hulle kan volg nie. Kleiner leesfoute word dus nie opgemerk nie, solank die storie nog sin maak. Voordat leerders hardop vir die groep lees, behoort die storie stil gelees te word of hardop vir die onderwyser, todat voldoende selfvertroue verkry is.

In hierdie metode word in die eerste plek betekenis beklemtoon, sodat die leerder aanpassings kan maak indien die teks hier en daar te moeilik raak. Die leerder word ook aangemoedig om op ’n oortuigende en vloeiende wyse te lees soos wat ’n werklike omroeper dit sou doen. In teenstelling met metodes waar klasmaats dadelik agterkom wanneer leesfoute gemaak word, stel hierdie metode die leerder vry van verleentheid en beklemtoon dit dat lees in die eerste plek oor betekenis gaan.

3.      Herhaalde lees

Hierdie tegniek behels dat leerders herhaaldelik passasies met veral hoŽfrekwensiewoorde hardop lees. Die doel is om leesvlotheid te verbeter. Alhoewel die tegniek eentonig mag voorkom, moedig die kompetisie?element die leerders aan.

Vir elke leesbeurt word die tydsduur en ook akkuraatheid bepaal en op ’n eenvoudige grafiek aangebring. Leerders kompeteer teen hulleself en probeer hul leestempo verbeter deur minder foute as in die vorige leesbeurt te maak. Hulle vind dit motiverend om sigbare bewys van hul vordering te sien. Om spoed te verbeter moet die uitklank van woorde vermy word.

Die voordeel van die metode is dat sigwoorde uitgebrei word, aangesien hoŽfrekwensiewoorde in die meeste leessituasies voorkom. Oordrag tot ander leeswerk kan so plaasvind. Aanvanklik moet die passasies eenvoudig en slegs omtrent 50 woorde lank wees. Soos spoed en akkuraatheid toeneem, kan die moeilikheidsgraad en lengte van die gedeeltes toeneem. Die lengte kan uitgebrei word tot omtrent 300 woorde. Passasies kan uit verskillende tipes leesmateriaal geneem word, soos teksboeke, storieboeke en koerant- en tydskrifartikels.

Met die eerste lees behoort die leerder met minstens 80-85%-akkuraatheid te lees, anders is die passasie te moeilik. Die leesspoed moet op dieselfde vlak gehou word totdat ’n aanvaarbare leestempo en akkuraatheid bereik is. Eers dan kan tot moeiliker leeswerk oorgegaan word.

Wanneer leerders met die eerste lees van ’n passasie reeds 60 woorde per minuut kan lees, behoort die leerder onafhanklik te herlees — meer leesoefening is dan nodig en nie ondersteuning nie.

Die vasstelling van ’n bemeesteringsvlak vir leesspoed is spesifiek nodig vir lesers wat baie stadig en woord vir woord lees. Die bepaling van so ’n vlak hang van die leser se leesvlak af. Nuwe leeswerk word aangepak sodra die doelwit bereik is. Vir leerders wat reeds ’n relatief hoŽ vlak vir spoed en akkuraatheid bereik het, is ’n vasgestelde aantal herhalings meer gepas as die bereiking van ’n kriterium. Drie tot vyf herlesings vir elke passasie word as ’n goeie doelwit beskou.

’n Ander manier om hierdie tegniek uit te brei, is deur die gebruik van die bandmasjien. Die leerder kan dus oefen aan sy/haar leesspoed sonder die hulp van die onderwyser of ’n leerdertutor. Sodoende kan die leerder self leesfoute opspoor en met die volgende herhaling regstel.

Verdere voorstelle vir herhaalde lees in die klaskamersituasie

  • Direkte onderrig

    Vir direkte onderrig van leerders met ’n swakker leesvermoŽ kan interessante maar maklike leesmateriaal gebruik word vir ’n voordragbenadering. Die onderwyser lees eers die storie of artikel aan die groep en bespreek dit dan met die leerders. Daarna lees die onderwyser en die groep saam. Die onderwyser kan ook van leesmodellering gebruik maak om mondelinge leesvlotheid te ontwikkel. Uiteindelik moet die leerders die passasie onafhanklik oefen en ’n kriterium van 75 woorde per minuut sowel as 98% vir akkuraatheid behaal. Daarna kan die volgende storie of artikel aangepak word.

  • ’n Leessentrum

    ’n Spesiale area kan ingerig word waarin die herhaaldelees-tegniek ingeoefen kan word. Dit kan in die klaskamer self wees of in ’n lokaal soos die biblioteek. Indien gesamentlike lees vereis word, moet die bandmasjien met die gepaste boek en band dus beskikbaar wees. Leerders hou rekord van hoeveel kere hulle ’n gedeelte lees. As die leerder reeds onafhanklik kan lees, word ’n leesgrafiek en stophorlosie saam met die leesboek voorsien. So kan die leerders self moniteer hoe hul spoed verbeter.

  • Leerdertutors

    Herhaalde lees in pare is maklik hanteerbaar en kan effektief in die klassituasie aangewend word. Die volgende vyf stappe word in hierdie benadering ingesluit:

    *     Die onderwyser lees eers die passasie hardop (modellering).
    *     Leerders lees eers ’n leespassasie van ongeveer 50 woorde stil deur.
    *     Leerders wat hierdie oefening nodig het, verdeel dan in groepe van twee en besluit wie eerste moet lees.
    *     Die leser lees sy/haar passasie drie maal en evalueer hoe goed hy/sy na elke keer gelees het (die leerder wat luister, vertel die leser hoe sy/haar lees verbeter het nŠ die tweede en derde leesbeurte).
    *     Die leerders ruil rolle om en herhaal die vorige stap.

    Dowhower, S.L. 1989. Repeated reading: Research into practice. The Reading Teacher, 42 (7), 502-507.

    4.      Paarlees

    Paarlees is ’n waardevolle tegniek om ekstra leeservaring aan leerders te bied saam met die nodige ondersteuning. Dit is ’n eenvoudige en maklik implementeerbare leesmetode. Klasmaats self kan as tutors optree. ’n Belangrike beginsel is die positiewe terugvoering wat die leerder deurentyd moet kry, sodat lees ’n aangename ervaring kan word.

    Die volgende prosedure word gevolg:

  • Kies boeke waarin die leerders belangstel — die kind moet graag die boek wil lees.
  • Die leser en die tutor moet in ’n stiller hoekie van die klas sit om te lees, of iewers anders gaan sit. Die boek moet so gehou word dat albei goed kan sien.
  • Die paar begin saam hardop lees. Die volgende moet onthou word:
    *     Woorde moet saam gelees word (die een leser moet nie nŠ die ander een volg nie!).
    *     As die leerder nie kan byhou nie, moet die tutor ’n bietjie stadiger lees.
    *     Die tutor kan na die woorde wys as dit nodig is.
    *     As die leerder nie ’n woord saam met die tutor kan sÍ nie, wys die tutor weer na die woord en laat die leerder weer probeer.
    *     Die tutor mag nie stadiger lees of ophou lees om te kyk of die leerder alleen kan regkom nie.
    *As die leerder ’n teken gee dat hy alleen wil lees, soos deur op die tafel te klop, gebeur die volgende:
    *     Die tutor lees nie meer saam nie, sodat die leerder alleen kan lees.
    *     Die tutor reageer positief op die teken van die leerder.
    *     Die tutor gee terugvoering wanneer moontlik, soos “Mooi so!” na die voltooiing van ’n sin of paragraaf.
    *     Wanneer leesfoute gemaak word, wys die tutor op die leesfout en vra die leerder om weer te probeer.
    *     Daar word nie van die leerder verwag om die woord uit te klank nie.
  • Wanneer die leerder nie ’n woord kan regstel binne ongeveer vier sekondes nie, volg die volgende:
    *     Die probleemwoord word weer saam gelees (die tutor sÍ wat die woord is as die leerder dit nie kan lees nie).
    Daarna lees die tutor en die leerder weer saam, totdat die leerder weer ’n teken gee om alleen te lees.
  • ’n Sessie begin altyd met saamlees.
  • Daar moet probeer word om elke dag 10 tot 15 minute lank saam te lees.
  • Boeke word omgeruil wanneer die leerder dit verlang.

    5.      Hulpverlening om woord vir woord lees te oorkom

    Stadige woordherkenning kan lei tot woord vir woord lees en is dikwels die gevolg van leemtes in die leerder se dekoderingsvaardighede. Die volgende kan aanbeveel word:

  • Daar moet ruim voorsiening wees vir leesmateriaal wat die leerder maklik kan lees.
  • Die leesstof moet by die leerder se ervaring aansluit sodat hy/sy die taal maklik kan verstaan. Sodoende kan die leerder makliker woorde uit die konteks aflei.
  • Gebruik tegnieke soos paarlees en leesmodellering om leesvlotheid in te oefen. Woord vir woord lees kon oor ’n tydperk so vasgelÍ word dat baie inoefening nodig is om ’n nuwe effektiewe leesritme aan te leer.
  • ’n Taalervaringsbenadering kan van waarde wees, aangesien die leerder se eie woordeskat so ingespan word. Die leerder se eie opstelle/stories word neergeskryf sodat hy dit kan lees om leesvlotheid te verbeter.
  • Woord vir woord lees kan deels die gevolg wees van gebrekkige selfvertroue in leesaktiwiteite. So ’n leerder behoort op ’n leesvlak wat vir hom/haar maklik is genoeg leeservaring te verkry om voldoende selfvertroue te ontwikkel. Om ’n leerder te help om met meer selfvertroue te lees, kan die onderwyser of ’n tutor eers die gedeelte vir hom/haar voorlees voordat die leerder dit self lees. Indien die leerder dit verlang, kan hy/sy ook die gedeelte eers stil deurlees.
  • Daar moet nie onnodige klem geplaas word op akkuraatheid nie. Die beste lesers lees nie volkome akkuraat nie. Veral leesfoute wat aanpas by die konteks van die gedeelte kan oorgesien word.
  • Spoedleesaktiwiteite waarin ’n leerder probeer om op ’n spesifieke leesvlak sy/haar leesspoed te verbeter, soos om die aantal woorde per minuut te vermeerder, kan motiverend wees en terselfdertyd woordherkenning versnel.
  • Gebruik ook gedigte en limerieke.

    Wenke vir Leesmotivering

  • Leerders behoort geleentheid te kry om boeke of artikels wat vir hulle interessant is, met die klas te bespreek. Die leerder wat vertel, kry op diť wyse erkenning en terselfdertyd moedig hy/sy ander leerders aan om ook die spesifieke stuk te lees.
  • Gebruik temas vir mondelinge, lees en geskrewe werk wat by die leerders se belangstelling aanpas. Indien leerders self besluit oor onderwerpe, ervaar hulle meer betrokkenheid en verantwoordelikheid ten opsigte van die werk.
  • Leerders kan kwartaalliks die tien gewildste boeke kies wat in die klasbiblioteek uitgeneem kan word. ’n Vasvrawedstryd kan oor hierdie boeke tussen die verskillende groepe gehou word.
  • Om nuwe boeke bekend te stel kan die onderwyser interessante dele uit die boeke voorlees om verwagting by die leerders te skep. Indien die storie te lank is om volledig voor te lees, kan die eerste hoofstuk gelees word om die leerders te interesseer om ook die res te lees. Twee of drie leerders kan ook vooraf ’n nuwe boek lees en dan saam besluit op aanbevelings oor die nuwe boek. Alle leerders behoort die geleentheid te kry om deel te wees van hierdie groepie.
  • Groepe kan saamwerk aan boekbesprekings of enige verwerking van ’n storieboek. ’n Resensie kan geskryf word met aanbevelings waarom sekere leerders van die boek sal hou en ander nie; leerders kan ’n gedeelte van die boek as dialoog oorskryf, of vertel waarom hulle baie (of glad nie) van ’n sekere karakter gehou het (nie); ’n besonder beskrywende gedeelte kan as voorbeeld vir ’n eie stukkie skryfwerk gebruik word.
  • Leerders kan hul eie register hou van boeke wat hulle gelees het en daarop aandui of hulle die boek geniet het of nie.
  • Hou kleurryke kaartjies gereed in die klaskamer waarop leerders iets oor ’n boek wat hulle gelees het, kan skryf. Hierdie kaartjies word teen ’n aanplakbord vasgesit om deur ander leerders geraadpleeg te word. Oor die opskrif op die aanplakbord kan die kinders self besluit, maar dit kan iets wees soos “Boeke wat ’n MOET is”.
  • Spesiale leestyd kan elke dag ingeruim word vir leerders om leesstof van hul keuse te lees.
  • Verskillende leesgroepe in die klas kry geleentheid om weeklikse boekuitstallings te hou. Dit kan die groep se geliefkoosde boeke wees, of dit kan oor ’n spesifieke onderwerp soos sport gaan. Leerders kan dan saam met die boeke voorwerpe uitstal wat met ’n bepaalde sportsoort geassosieer word. Die groep kry dan geleentheid om gedurende die week oor die uitstalling te praat en besonder interessante leesstof aan die klas bekend te stel.
  • Temadae kan gereeld beplan word, sodat die hele klas voorberei word om oor ’n sekere onderwerp te lees. Elke leerder behoort iets te kan voorlees of vertel, en elkeen moet ’n skriftelike taak volgens sy/haar eie keuse oor die onderwerp voltooi. ’n Groep kan ook saamwerk aan ’n taak, terwyl elke lid van die groep verantwoordelikheid aanvaar vir ’n deel daarvan. Temas kan so uiteenlopend wees soos prettige limerieke tot ’n aspek van ’n leerarea.
  • Elke leesgroep kan saamwerk aan ’n groot plakboek waarin interessante artikels uit tydskrifte en koerante gehaal word. Dit kan op ’n aantreklike wyse in die plakboek geplak word. Hierdie plakboeke word in die klasbiblioteek gehou vir leerders wat belangstel om dit te lees. Wanneer die groep ’n nuwe artikel in die plakboek plak, moet dit onder die res van die klas se aandag gebring word, om sodoende hul nuuskierigheid te prikkel.
  • Die onderwyser kan verwagting skep deur die titel en die omslag vooraf met die leerders te bespreek. Daar kan dan voorspellings gemaak word oor wat in die storie gaan gebeur.
  • Laat leerders advertensies lees, die interessantste uitkies en ook self advertensies skryf en illustreer.

    Van die wenke verwerk vanuit Le Roux, M. 1993. Leesmotivering. Inligtingstuk van die Inligtingsentrum vir Kinderlektuur en -Media van die Universiteit van Stellenbosch.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.