NeerlandiNet - Neerlandistiek in Suid-AfrikaArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Nederlandse Taalunie

VOC-werkswinkel vir Neerlandistiekdosente

Universiteit van Stellenbosch, 3-4 Julie 2002

Hierdie werkswinkel was die sewende in die reeks wat jaarliks deur Siegfried Huigen van die Universiteit van Stellenbosch georganiseer word. Aangesien die 350-jarige herdenking van die stigting van die VOC vanjaar plaasvind, is besluit om die werkswinkel by die VOC-kongres te laat aansluit.

Vier akademici is genooi om as hoofsprekers op te tree. Vanjaar is daar sterker klem gelÍ op die linguistiek as gewoonlik, deurdat twee taalkundiges, Hans den Besten van die Universiteit van Amsterdam en Fritz Ponelis van die Universiteit van Stellenbosch, vir dag een van die program verantwoordelik was.

Hulle het begin deur te praat oor ontstaansteorieŽ van Afrikaans. Daarna het Hans den Besten ’n referaat gewy aan die gevolge van taalkontak (tussen Kaaps-Pidgin en Kaaps-Hollands te midde van die tale van Afrika en AsiŽ) op Afrikaans, en spesifiek die waarde wat dit kan inhou indien vasgestel kan word presies van waar die slawe met ’n Asiatiese herkoms gekom het. Fritz Ponelis het die dag afgesluit met ’n referaat oor die invloede op en ontwikkelinge in hedendaagse Afrikaans.

Die rede waarom hierdie tema vir die eerste dag gekies is, is voor die hand liggend: as dit nie vir die VOC was nie, sou Afrikaans nie ontstaan het nie.

Op die tweede dag het die klem verskuif na meer literÍr georiŽnteerde onderwerpe. AdriŽnne Zuiderweg, eweneens van die Universiteit van Amsterdam, het insiggewend vertel (met heelwat visuele toeligting) oor die VOC in die literatuur, met die klem op die lewe in Batavia. Sy het vertel van die oprigting van die VOC en die rol van Johan van Oldenbarneveld daarin, van die omstandighede op die skepe tydens die seereis en van die lewe van veral die vroue (ook die inheemse of “mestieze vrouwen”) in Batavia.

Die vierde hoofspreker, dr Kees Rookmaaker, wat homself ’n “historiese bioloog” noem en tans aan Cambridge verbonde is, het ’n uiters interessante lesing aangebied oor die natuurkundige beeld van Suid-Afrika wat deur die vroeŽ reisigers gegee is in dagboeke, sketse en deur die stuur van eksemplare na Europa.

Rookmaaker het die klem laat val op twee belangrike reisigers met ’n natuurkundige belangstelling. Die eerste was Gordon (oorlede in 1795), wie se gelyknamige groot atlas, wat uit ses bande en 350 tekeninge bestaan, tans in Nederland uitgestal word. Die tweede was FranÁois le Vaillant, wat geweet het hoe om diere met arseensout te preserveer en hoe om hulle te monteer. Hy het veral baie voŽls versamel, geteken en beskryf. Sy boek Les Oiseaux d’Afrique was die eerste ornitologiese boek oor Afrika.


Symposium over Taal, Schrijven en de VOC (1602-1799) Universiteit van Stellenbosch, 5 Julie 2002

Op hierdie dagsimposium, wat onmiddellik op die werkswinkel gevolg het, is referate oor uiteenlopende onderwerpe gelewer:

’n Linguistiese ontleding van Kreoolse aanhalings uit Kaapse hofsake (Hans den Besten, Universiteit van Amsterdam)

Die neerslag van seemanstaal in Afrikaans (Jac Conradie, RAU)
Moontlike Austronesiese oorspronge van Afrikaans (Ernst Kotzť en Cor de Ruyter, UPE)

Die VOC, taal en representasie in volkekundige bronne (Jean Kommers, KU Nijmegen)

Die Khoi-Khoin in Van Riebeeck se tyd (Andrea Kieskamp, Scheepvaart-museum, Rotterdam)

Die renoster van Afrika (Kees Rookmaaker, Cambridge)

Die lewe en tekste van Petrus van Overstraten (AdriŽnne Zuiderweg, Universiteit van Amsterdam)

Representasie van die Weste (WIC) in die literatuur (Wim Rutgers, Universiteit van Aruba)

’n Vergelyking van die postkoloniale situasie in eertydse Portugese en Nederlandse kolonies (Fernando Rosa Ribeiro, Universidade de S„o Paulo).

Ek gee oor slegs drie van die referate meer besonderhede.

Kees Rookmaaker het vertel dat EuropeŽrs eers byna 200 jaar nadat die renoster van Afrika deur ontdekkingsreisigers en natuurkundiges beskryf is, besef het dat hierdie renoster anders lyk as die Asiatiese renoster wat hulle geken het, en wat slegs een groot horing en “pantserplate” op sy lyf het. Dit is ’n ongelooflike verhaal van hoe mense telkens, ten spyte van beskikbare korrekte inligting, die Afrika-renoster geteken en beskryf het om te lyk soos die Asiatiese renoster, en wat die redes daarvoor was.

Andrea Kieskamp het uitgebreide navorsing oor die Khoi-Khoin gedoen. Haar belangstelling is geprikkel deur die verhaal van die stranding van Het gouden buis by St Helena, en die hulp wat deur die Khoi-Khoin aan die skipbreukelinge verleen is. Sy het ’n uitgebreide literatuuroorsig gegee van werke oor die Khoi-Khoin vanaf die sewentiende eeu tot vandag, en gewys op die feit dat daar in die eietydse Afrikaanse literatuur tans heelwat belangstelling in figure soos Harry en Krotoa is.

Fernando Rosa Ribeiro, wat laaste aan die woord was, het uit ’n histories-psigologiese oogpunt beskryf hoe die postkoloniale gemeenskap in Suid-Amerika hulle identiteit doelbewus as ’n “gemengde” identiteit gedefinieer het, in teenstelling met die Suid-Afrikaanse samelewing, waar afsonderlike rasidentiteit gehandhaaf is.

In die lig van die ingrypende invloed wat die VOC op die geskiedenis van Suid-Afrika uitgeoefen het, is dit jammer (ofskoon verstaanbaar op hierdie tydstip van die Suid-Afrikaanse geskiedenis) dat daar nie meer prominensie aan die VOC-herdenking verleen is nie. Dit kan sekerlik nie gewyt word aan ’n gebrek aan geesdrif by die organiseerders van hierdie werkswinkel en simposium nie.

Die organiseerders en die sprekers wat opgetree het, verdien om gelukgewens en bedank te word vir die moeite wat hulle gedoen het en die bydrae wat hulle gelewer het tot ’n onderwerp waaroor daar in die toekoms hopelik makliker in Suid-Afrika gepraat sal word.

Renťe Marais
Universiteit van Pretoria

Uittreksel uit Nuusbrief van die Suider-Afrikaanse Vereninging vir Neerlandistiek, September 2002

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.