NeerlandiNet - Neerlandistiek in Suid-AfrikaArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Nederlandse Taalunie

Passaatwinde, duur bier en kinderboekskrywer met wyn

Toast Coetzer

Toe die LitNet-oracle my Maandagoggend sewe-uur wakkerbel, verbaas dat ek nog nie gaan draf of ’n driegang-ontbyt aanmekaargetimmer het nie, was ek nooit gewaarsku om my eie halfjack onder ’n baadjie in te smokkel nie en stellig onbewus dat ek gewapen moes wees met ’n ekstra-groot spitvurk om die groot literÍre bullshit nou en dan uit die pad te skep.

Kyk R35 is goed en wel vir Mr Bones en popcorn, dalk selfs ’n fancy haircut en definitief vir ’n stewige rondte tequilas, maar vir toegang tot ’n event waar jy nooit meer as een derde van sal sien nie (drie stelle items loop gelyktydig in drie vertrekke, en ek kan steeds nie intrasellulÍr verdeel nie, ondanks vroeŽre pogings), is dit so bietjie dik vir ’n daalder. Maar ek speel maar big spender en literÍre honcho en skoffel die R35 uit by die Centre of the Book in die Kaap, waar die eerste aand van die Pasaatwinde/Winternachten reeks gesprekke/opvoerings plaasvind.

Marc Lottering vertel moeiteloos ’n kwinkslag en stel Gcina Mhlope aan die woord, maklik die land se skitterendste storieverteller wat nie net die gehoor aan haar lippe laat hang nie, sy convince hulle sommer one time om die plaak van haar tande te skraap met hulle naels. Kyk, Mhlope is die tipe kunstenaar wat ’n geleentheid soos hierdie maak. “When I’m happy, words define my happiness,” sÍ sy en jy kan dit sien in haar hele wese, in elke storie, van tradisionele verhale tot herinneringe uit haar kinderjare, tot nabetragtings oor die lewe waarin elke woord in ’n mondvol klank en kleur verander.

Ek sluip by die Hoofouditorium uit (en mis in die proses Loit Sols & Jethro, Dianne Ferrus, Denise Jannah & James Schofield en die Khoi Connection) en stoei die stampvol Konferensiekamer binne, waar die massiewe gentle derdespan-slot lookalike MichaŽl Zeeman sy lyf Jeremy Maggs hou tussen Andrť Brink (elke dag lyk hy meer soos ’n houtwerkonderwyser) en Henk van Woerden (Mr Burns van Simpsons-faam, sonder twyfel), wat ons hier gaan vermaak met flick-flacks, balanseertoertjies en idle chat oor rewriting history.

Ek joke nou sommer — die gesprek was baie interessant, veral as jy Brink en Van Woerden se werk goed ken (hier meestal ter sprake is laasgenoemde se boek A Mouthful of Glass, oor Dimitrio Tsafendas). Zeeman stuur die gesprek skitterend; duidelik weet hy presies waarvan hy praat. Brink (shit, hy’s slim) lees ’n gedeelte uit sy nuwe boek — boring, behalwe vir wanneer hy “an uncomplicated fuck” sÍ. Daar is dus tog iets om na uit te sien.

Hier sit ons rond en debatteer die nut en waarde van die opskryf van geskiedenis — oftewel die verhale en stories wat die hede en verlede van ons geheue konstrueer — en Van Woerden vertel hoe, tydens ’n onlangse besoek van hom aan twee KwaZulu-Natalse skole, verskriklik min leerlinge geweet het wie Verwoerd was. Goed en wel, ons het nie Verwoerd-bumperstickers nodig nie, maar sy punt is belangrik: ons, en ons kinders, moet weet waar ons vandaan kom, hoekom die land vyftien jaar terug ’n ander plek was, en wat dit nou voortdurend laat verander en groei.

Brink vertel hoe dit hom ’n trip Parys toe gekos het as jong man om werklik genoegsame afstand tussen hom en die Afrikaner Nasionalistiese-weergawe van geskiedenis te kry sodat hy ’n nuwe persoonlike herskryf daarvan kon onderneem. Na aanvanklike afstoot van die idee van wat die Afrikaner verteenwoordig, het hy mettertyd besef die beste posisie om dit te verander is om die geskiedenis van binne die Afrikaner (dus: met Afrikaans as wapen) te herskryf. Maar selfs nou, dekades later, voel hy dat daar nooit ’n finale soliede weergawe van die waarheid kan wees nie — “ons kom nooit by die einde van ’n storie uit nie.” Veel eerder bestaan die “volle verhaal” uit die ewigdurend veranderende beelde van die kaleidoskoop, anders en veranderlik vir elke individu.

Zeeman (self skrywer, kritikus, TV-aanbieder, de Volkskrant ens) vra of Brink nie dink sy “babble/Babel of contributing voices” het ’n dirigent nodig nie, iemand wat dit kan saamsnoer tot ’n geheel nie — maar die geheel bly glad, alhoewel Brink erken hy’s nie ’n “extreme postmodernist” (stop pers!) nie, dus kan hy so ver kom om te erken dat ons wel ’n sinvolle wÍreld-oŽnskouing kan konstrueer uit sekere “feite”. Die vloeibaarheid van hierdie debat is op sy eie ’n goeie voorbeeld van hoe ons nooit werklik een waarheid kan saamsnoer, of dan oortuigend kan verdedig nie.

“A dog collects fleas, that’s what happens to a writer: stories come to him Ö it’s a matter of respecting those fleas,” sÍ Brink. Van Woerden (ook bekroonde skilder) sien die herskryf van die geskiedenis as harde arbeid, maar met die oog van ’n kunstenaar: “I make things (tales) the way people make chairs and paintings.”

Dis nou tyd vir vrae uit die gehoor. Iemand wil by Van Woerden weet hoekom die ANC nie vir Tsafendas ’n “nice little cottage” gebou het nie, ipv om hom in ’n hospitaal te hou. Die miskonsepsie bestaan ook dat Tsafendas steeds in aanhouding was, maar Van Woerden wys daarop dat die ANC wel vir Tsafendas vrygelaat het, maar dat hy vir sy eie veiligheid steeds in ’n staatsinstansie aangebly het.

Twee venynige jong dames skiet ingewikkelde vrae in Brink se rigting, wil weet of hy nie ook maar ’n “scared old white man” is nie. Brink dink vinnig iets uit en almal is so half tevrede met die breinkrag op display. Persoonlik dink ek dis OK om ’n scared old white man te wees — seker maar omdat ek wit is — wat dan en wan ’n mindbending boek skryf.

Dis nou halftyd en ek glip deur na die drankies toe. Black Label asseblief. Niks nie. OK dan, Castle. “R8, dankie Meneer.” Ek dog die ou skerts met my, maar hy’s ernstig, so ek probeer maar die girl langs my impress en pluk ’n noot uit met genoeg minagting sodat my ontevredenheid duidelik is. ’n Blonde kinderboekskrywer keer my voor en vra vrae soos wat doen ek en weet ek hoe paintstripper werk of iets. Ek gee voor ek’s bang vir die kleure rooi en oranje in oormaat in dieselfde kamer en glip terug seminaarkamer toe. Mental note: mens moet altyd ’n goeie maaltyd eet voor mens begin drink of na literÍre geleenthede gaan.

EKM Dido en die Surinaamse skrywer Cynthia McLeod-Ferrier praat oor “Breaking down the stereotypes”, Dido aan hande van haar nuwe roman Stringetjie Blou Krale en McLeod-Ferrier met De Vrije Negerin Elisabeth, Gevangene van Kleur (2000) en ook Ma Rochelle Passť, Welkom El Dorado (1996), waaruit sy ook voorlees.

Zeeman is steeds skeidsregter, wys en hoog soos Mont Blanc sonder sneeu. Hierdie gesprek verloop met minder gusto — die gehoor ook teen diť tyd uitgesiphon na die ander vertrekke — dalk omdat hierdie twee skrywers se stille krag in hulle boeke lÍ en nie noodwendig oorgedra word in dawerende openbare verskynings nie. Tog, Zeeman druk en lei die gesprek deur interessante waters waar persoonlike identiteit en gestereotipeerde identiteit worstel met opgetekende geskiedenis, verlore staaltjies en politieke magspeling (teen ’n agtergrond van velkleur) om by die “nuwe”, meer gebalanseerde geskiedenis uit te kom. ’n Taai moeras as daar ooit een was.

Dis nou reeds halfelf en die aksie in die ander lokale (daar was ook vertonings van die Tsafendas-dokumentÍr A question of madness) is amper verby. Nog ’n R8-bier en ek vang die laaste tokke-tokkel van die Khoi Connection. Daai lot is ook maar lekker mal, ene “ek’s ’n dapper muis” met sulke twisted folkie-hiphop tendense wat Missy Elliot outyds en dated laat klink.

Dan, skielik, is die aand verby en Marc Lottering het geen idee waar die afterparty is nie. Daar was ook nog nie ’n fight nie, so ek’t nog nie eers ’n foto geneem nie. Mense staan buite op die trappe en wangskuur en palmdruk op daai civilised manier wat mens nooit in die Dros tydens happy hour sien nie.

My carguard praat die grootste klomp kak — ek weet mos hy’t nooit na my kar gekyk nie. Hy was dan nie eers daar toe ek geparkeer het nie. Gekonfronteer met die waarheid, erken hy die swakhede in sy argument. Tog vroetel ek in my beursie, maar daar’s net drie sent oor (daai R8-biere — dit kom af in die food chain, sien: hier’s nou ’n carguard wat nie ’n halfjack kan gaan koop nie omdat ek R8-biere moes koop). Toe gee ek hom maar twee Amerikaanse quarters wat in my kar rondlÍ en probeer iets aan hom verduidelik van ’n gunstige wisselkoers en waar die Bureau de Change is, maar ek dink nie hy het werklik omgegee nie. So loop die stories maar.

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.