NeerlandiNet - Neerlandistiek in Suid-AfrikaArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Nederlandse Taalunie

En die woord het fees geword ...

Erns Grundling

In die tagtigs het ek my as kleuter altyd verkyk aan daardie speelgoed-monstertjies wat mens by die apteek kon koop — di wat in so ’n klein kapsule op die rakkie tussen die kondome en TDK-kassette gepryk het. By die huis swel dit uit tot ’n wafferse gedrog wanneer jy dit in koue (of was dit louwarm?) water dompel.

Die twee feeste wat ek die afgelope ruk namens LitNet bygewoon het, het my aan daardie sponsagtige goggatjies laat dink ... as iets wat groter word en uitkring. Albei feeste, die Stellenbosch Woordfees en verlede week se Passaatwinde in Kaapstad, het rondom woorde (vers en liriek) sentreer en heelwat stof tot nadenke (n nadrenke) gebied.

Dit sal seker vuilspel wees om di twee woordvierings deurentyd met mekaar te vergelyk, maar hopelik wys die skeidsregter nie vir my ’n rooi kaart nie. Daar was egter heelwat interessante verskille n ooreenkomste tydens die feeste, wat ek graag sal wil uitwys.

Ek het vandeesweek op ’n windstil Dinsdag die Passaatwinde by die Sentrum van die Boek in Queen Victoriastraat, Kaapstad, bygewoon.

Die gebou lyk s fors en statig van buite (dis immers naby Mbeki se Parlement) dat ek dadelik begin paniekerig geraak het oor my ongeskeerde baard, kortbroek en plakkies, maar was met my aankoms aangenaam verras deur die ontspanne atmosfeer.

Die Passaatwinde (of Trade Winds in Engels) is ’n voortsetting van die hoogs suksesvolle Winternachten wat al sedert 1995 jaarliks in Nederland plaasvind. Vanjaar het die eerste Suid-Afrikaanse weergawes in Durban en Kaapstad plaasgevind.

Die Sentrum van die Boek se ouditorium slaan jou asem weg, en ek moes eers ’n sluk rooiwyn neem om tot my sinne te kom. Die ouditorium laat mens dink aan Bennie Boekwurm se ondergrondse huis op Wielie-Walie. Dit is iets tussen ’n Europese katedraal en ’n antieke biblioteek, met kandelare en rye boekrakke wat in magiese gelid staan. Die bietjie meer as ’n honderd geesdriftiges kon gemaklik op reuseboomstompe met kleurryke kussings sit en die verrigtinge aanskou.

Ek het met ’n handvol locals gesels wat ook vir die eerste keer grootoog na die rye en rye boeke gestaar het. Dalk kan mens die twee Wielie-Walie-blommetjies kry om buite die Sentrum te staan en mense nader te wink, amper soos die wit hasie by Caltex of Cassie’s se pasteiman. Hulle kan sommer na jou karre ook kyk, want ek stem heelhartig saam met Toast Coetzer dat Queen Victoriastraat se autoguards kak is. But I digress ...

Passaatwinde kry reeds in die vroe stadium ’n goue sterretjie op die voorkop vir die atmosfeer waarbinne die woord gepleeg word. Infrastruktuur is ’n uiters belangrike oorweging wanneer dit by sulke geleenthede kom. Die Sentrum vir die Boek was myns insiens die perfekte lokaal.

Dit is jammer dat die Stellenbosch Woordfees se lokale (net soos by die KKNK) nie altyd geskik was vir die spesifieke aanbiedings nie. Hoewel die Neelsie Studentesentrum en omliggende geboue redelik sentraal is, het die atmosfeer in sommige van die somber sale en onpersoonlike lesinglokale effe gekwyn. Mens het wel begrip vir die organiseerders en besef dat dit ’n duur affre is, maar dalk kan daar in die toekoms na meer geskikte lokale gekyk word ... of kry ’n paar boomstompe en hooibale of gloeilampies met verskillende kleure ens.

Maar vir eers terug by Passaatwinde. Die grapjas Marc Lottering was die seremoniemeester en het die woordjie vooraf gedoen. Maar hoekom slegs in Engels!?

Dit was goed om vir Gert Vlok Nel, wat deesdae weer gereeld optree, eerste aan die beurt te sien. Sy songs oor “vroue, die see en treine” het die gehoor in ’n beswyming gehad. Selfs die boeke het vir ’n paar oomblikke ophou asemhaal, en dt spreek boekdele! Hy bewys weer eens hoe baie mens kan vermag met ’n D- en C-akkoord, mondfluitjie en ’n handvol beautiful woorde. Dit was gepas om sy pragtige, melankoliese “Tuesday” op ’n Dinsdagaand te hoor. Dit sal egter lekker wees om in die toekoms ’n paar nuwe nommers te hoor.

Die organiseerders verdien weer ’n klop op die skouer vir die psigedeliese transparant wat teen die agtergrond projekteer is: sulke pers, paisleyagtige, sellerige goeters soos gesien deur ’n mikroskoop in die St 7-Biologieklas. Dit het beslis die atmosfeer geboost.

Volgende aan die beurt was die bejaarde digter Keorapetse Kgotsitsile, ’n voormalige ANC-banneling. Met sy dikraambril, grys baard en leerbaadjie het hy voorgelees uit ’n nuwe digbundel, If I could sing. Hierdie man het nie nodig om te kan sing nie, want sy gedigte is treffend genoeg. Random rels wat ek kan onthou, was “the sun wipes her nose”, “people are not mountains, they meet when they meet” ens. Goeie gedigte met ’n paar verwysings na die struggle en kolonialisme.

Na Kgotsitsile het Rustum Kozain, ’n dosent by UCT, van sy gedigte voorgelees. Sy epiese gedig waar hy dae van die week gebruik het om die motief van sirkels en siklusse uit te bring was treffend, maar hy het bietjie meer tyd op die verhoog deurgebring as die ander deelnemers.

Dit was weer tyd vir musiek en die Surinamiese sangeres Denise Jannah het die gehoor betower met songs in haar tradisionele taal, Engels, Hollands en selfs ’n Afrikaanse Leipoldt-gedig. Sy het ook einde verlede jaar by die Oude Libertas tydens die “Ons paaie kruis”-projek saam met Stef Bos, Laurika Rauch, David Kramer en ander. opgetree, en het ’n ongelooflike sangstem en warm verhoogpersona.

Dit is inderdaad jammer dat daar deurgaans omtrent drie vertonings op dieselfde tyd in verskillende lokale plaasvind. Die organiseerders het wel probeer om van die vertonings te herhaal, en mens verstaan dat elke feesganger die keuse het oor wat hy of sy wil sien, maar dit bly ’n moerse pity. Ek moes letterlik ’n muntstuk laat besluit of ek eerder na Henk van Woerden en Saskia Schaik se Korreltjie Niks is my Dood- rolprent oor Ingrid Jonker wou gaan kyk, of om na ’n lesing oor “Jazz en die Struggle” te gaan luister. Ek het toe gesettle vir die rolprent (en was mrse bendruk deur die treffende dog onpretensieuse manier waarop dit gemaak is), maar sou baie graag ook die lesing wou bygewoon het.

(Terloops, Breyten Breytenbach het in die Jonker-rolprent die volgende oor Suid-Afrika ges wat my vir twee nagte wakker gehou het: “Die land is ’n sosiale hel binne ’n fisiese paradys.”)

Ek het dieselfde dilemma tydens die Woordfees op Stellenbosch beleef. Daar is net eenvoudig te veel vertonings wat tegelykertyd op verskillende plekke gebeur, dat mens skoon oorweldig word. Dit herinner my aan Lucas Maree se liedjie “Weer ’n Keer” waar hy sing “Ek verduur die knetter / van jou woordeboekgeweer.” Met alle respek aan Sheila Cussons, dit was ’n geval van: “Ek word tintelend swakker.” (Terloops, daar is ’n skitterende uitstalling van haar skilderwerk tot einde Maart in Stellenbosch se Sasol-kunsmuseum te sien.)

As kloning maar ’n opsie was, kon mens dalk die saak beredder het, maar as Dolly (die skaap) nou al met artritis sukkel gaan dit beslis nie gou gebeur nie. Dalk kan mens een lokaal (soos die Sentrum vir die Boek) gebruik en teen die een muur ’n doek h vir rolprente en teen die ander ’n verhoog. Dan kan die verskillende aanbiedinge op mekaar volg, en alles binne dieselfde ruimte plaasvind.

As di twee feeste reeds so oorweldigend is, gaan vanjaar se KKNK dalk een te veel raak. Gaan sien solank die prokureur, kry die testamente in orde, nooi die voornemende peetouers vir ’n Sondag-middagete. Mens kan dalk net vanjaar sterf aan ’n oordosis woorde by die KKNK ...

Die Winternachten (moet dit nie eerder Herfsnachten heet nie?) Passaatwinde verdien egter beslis ’n plek op die podium as een van my mees genotvolle aande vanjaar in die Kaap. Die Kaap is inderdaad weer Hollands ... maar die keer sonder die eertydse koloniale juk. Terwyl almal die laaste ruk appels swaai oor of Van Riebeeck se 350ste herdenking gehuldig moet word in April al dan nie, waai die Passaatwinde soos ’n vars bries oor die Moederstad. Wel gedaan, mnre Ton van de Langkruis, Mories Rmkens, Henk van Woerden en die res van die span organiseerders.

Die Stellenbosch Woordfees (1- 3 Maart), bekend as 2:2 Dubbelpunt, was beslis ook ’n fees in die ware sin van die woord, en die organiseerders kry ook almal goue sterretjies. Aangesien dit egter ’n woordarsenaal was (en ek nie ad infinitum op alles wil f kan voortborduur nie), gaan ek enkele hooftrekke (soos Riaan Cruywagen) in bullet-formaat noem.

  • Die Akker Rock op die eerste aand in die Neelsie se Gat was ’n viering van jeugdige uitbundigheid. Met ’n line-up soos Jakkie Louw, Spinnekop, Akkedis, Karen Zoid, Beeskraal en Valiant Swart. My claim to fame is dat ek Karen Zoid se mikrofoonstaander gevang het toe sy “Dit maak nie regtig saak nie” gesing het. (Wat gooi hulle nou weer by troues?) Terloops, daar is ’n nice onderhoud met haar in die April-uitgawe van Insig (hoera vir nar-sies-sisme!).

  • By die einste Akker Rock het mnr Ton Vosloo van Naspers tussen die op en af springende studente gewriemel om iets by die Seven Eleven te gaan koop. Dit was ’n moment, en dit was goed om te sien dat hy ook die nuwe geslag rockers waardeer.

  • ’n T-shirt in die verbygaan gelees waarop gestaan het: “Praat Afrikaans of hou jou bek!”

  • Die lesing oor “Vroue in die media” deur Lizette Rabe, Irna van Zyl, Ingrid Jones en Hanlie Kriel was ’n tonic! Maar waar was al die mans in die gehoor? Di wat nie daar was nie, het baie uitgemis. Ek het straks besluit — in my volgende lewe wil ek ’n vrou wees.

  • ’n Heerlike gesprek met die kulturele terroris Zebulon Dread onder ’n akkerboom in Neethlingstraat. Hy is moeg vir “al hierdie anaal-retentiewe feeste”, maar smous nogtans lustig voort met sy Hei Voetsek!-tydskrif en ’n outobiografie wat op elke toilet hoort (en ek is nie sarkasties nie, hoor!).

  • Daar was hierdie langspeelplaat met Hendrik Verwoerd op die voorkant wat sporadies tydens die Woordfees opgeduik het. Dit was ook deel van die Buckfever Underground se optrede tydens WoordRock in die Neelsie, waar hulle hoofsweep ’n blikkie Black Label oor die mikrofoon oopgeknak het. En wat ’n mooi geluid was dit nie ...

  • Joan Hambidge het gemoedelik vir iemand vertel dat sy en ’n vriendin vir ’n student-fotograaf poseer het, en hulself voorgedoen het as Alexander Strachan en PJ Haasbroek.

  • Jeanne Goosen se skrywersgesprek was delightful. Haar nuwe roman, Ppo van my Darling, gaan beslis die land aan die praat h. Sy het onder meer ges: “Ons mense is net soos hoenders — vols wat die vermo verloor het om te vlieg.” Pitkos (pikkos?) vir die siel. En toe al die mense haastig verkas na die volgende “happening” het sy gevra dat iemand bietjie seewater moet bring wat sy vir haar Swahili-buurvrou in Danville se potplante wil gee ...

    So van hoenders gepraat: ek wil net nog twee eiers l, wat op die Woordfees sowel as Passaatwinde gemik is:

    Wanneer gaan skrywers hedendaagse issues aanpak?

    Waar de f*k is die jongmense by hierdie geleenthede?

    Wanneer gaan die skrywers hedendaagse temas soos Vigs, verkragtings, kak rugbyafrigters, die lot van boere in Zimbabwe, en die invloed van realiteitstelevisie in hul werk begin aanspreek? Want magtig, is daar nie al genoeg oor die verlede en verbrokkelde verhoudings geskryf nie? Waar is die nuwe protes, die nuwe anger? Of raak ons almal te middelmatig en gemaksugtig in ons demokratiese, middelklas-mindsets? Net ’n gedagte, geen rooi kaarte nie, asseblief ...

    Waar is die jongmense by hierdie wonderlike feeste? Wat moet mens doen om Die Jeug te betrek. Ek dink regtig Toast Coetzer se idee van gedigte op bier-coasters kan werk. Want wie gaan hierdie tipe feeste rel (en besoek) oor twintig jaar as die jonger geslag nie nou al ten minste belangstelling toon nie?

    Ek moet darem twee jong entrepreneurs uitsonder wat by vanjaar se Woordfees hul allerbeste gedoen het om die Matie-studente te betrek. Natalie Hoffman en Natasha Taljaard, twee Dramastudente, het die biertent tydens vanjaar se Woordfees hanteer. En waar di tipe tente by ander feeste gereduseer word tot ’n moeras van dronk omies met bierpense, kunstenaars met backtracks en irriterende poppies, was hierdie tent vanjaar ’n maalkolk van kreatiwiteit.

    Die twee meisies het behalwe vir ’n reeks T-hemde met nostalgiese Afrikaanse advertensies en slagspreuke, die jonger garde ook betrek by ’n Storieman-vertelkompetisie, bietjie boeresport, sowel as ’n kompetisie vir opkomende Afrikaanse musikante. Die pryse het gewissel van ’n ketel tot ou plate van Bollie en Liewe Heksie. Hulle het met hul poging bewys dat nostalgie cool is — en dat jong mense wel by hierdie tipe feeste trakteer kan word sonder dat drank die bepalende faktor is.

    Die laaste woord in hierdie lang relaas behoort aan Gil Hockman, kitaarspeler van The Buckfever Underground. Di groep het tydens die Woordfees by my oornag en net voor slapenstyd het Hockman, wat bittermin Afrikaans verstaan, my CD-rak skandeer.

    Toe hy by Breyten Breytenbach se Mondmusiek kom, met ’n onlangse swart-en-wit foto van die digter voorop, het hy verbaas uitgeroep: “I didn’t know Sean Connery has recorded a CD!”

    Ek het gegrinnik, gegaap en woordeloos aan die slaap geraak ...

    terug    /     boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.