NeerlandiNet - Neerlandistiek in Suid-AfrikaArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Nederlandse Taalunie

Winterskool vir Neerlandistiek 2001 ’n groot sukses

Neil Cochrane, Universiteit van Pretoria

Vanuit alle kontreie vandaan maak ons stuksgewys kennis met die Oos-Kaap. ’n Landskap van aalwyn, skaap en springbok begelei ons na historiese Grahamstad. Die geleentheid, liewe Leser: die Winterskool vir Neerlandistiek 2001 te Rhodes-universiteit. Op Sondagaand 15 Julie sit ons in die eetsaal mekaar en uitkyk. ’n Kerkklok lui. Dit is tyd vir die Mis, maar vir ons is dit tyd om te gaan rus. Dit sou ’n strawwe week word. Drie sessies per dag, netjies verpak in Taalverwerwing, Letterkunde en Film, vereis voldoende nagrus.
    Die kursus skop op Maandagoggend, 16 Julie af met die eerste taalverwerwingsessie. Ons staar die swartkopvrou met groot o aan, maar Kris Van de Poel ken die vrese van studente maar alte goed. Sy lei ons sekuur deur die doolhof van die Nederlandse grammatika met haar gestruktureerde aanbieding. Ons leer van tydsvorme, negasie, voornaamwoorde, substantiewe, adjektiewe en diminutiewe. Ai, tog, die lidwoorde skep die grootste mentale chaos denkbaar. Wanneer “het” en wanneer “de”? Kris verduidelik, beskryf, illustreer en beduie met Vlaamse flair. En raai wat? Deur die loop van die week verskyn eers liggies en weldra stralekranse van begrip.
    Alles word egter nie net in Kris se bekwame hande gelaat nie. Sy steek ons in die werk. Ons maak plakkate, lees koerante, kyk videoinsetsels en skryf advertensies. Daar is ’n paar verwarrende momente. Soos die een meisie wat s: “O, ek is nou so opgewonde!”. Kris vertel heel diplomaties dat die woord “opgewonde” in Nederlands oor ’n meer amoreuse betekenis beskik. Nie een van ons sou weer die woord “opgewonde” oor ons lippe bring nie.
    Ons onderneem ’n reis deur die Nederlandse letterkunde met prof Jaap Goedegebuure aan die stuur van sake. Prof Goedegebuure lewer ’n kragtoer en verstom met sy kennis. Sy lesings is boeiend, informatief en openbarend. Ons behandel die na-oorlogse letterkunde, die toenemende religieuse oplewing na die domineedigters van Tachtig, allochtone skrywers en biografieskrywing (prof Goedegebuure se spesialiseringsrigting). Name soos Susan van Brederode, Willem Jan Otten, Marjoleine de Vos en Hafid Bouazza dien as pikante aptytwekkers na meer.
    Na aandete is dit tyd vir die silwerdoek. Die films bied insig in die Nederlandse psige, maar skets ook tonele van die boerelandskap van Groningen en die eksotiese bosmilieu van Oeroeg. Sommige van die films soos De Poolse bruid maak ons bewus van die sosiale problematiek waarmee Nederland te kampe het. Ek kan nie help om ’n vergelyking met die situasie in Suid-Afrika te tref nie. Antonia wek die lagspiere, laat die o met tye brand en laat die bloed soms kook. Dit was ook heel aangenaam om die films in Eden Grove te kon besigtig. Die Blou Teater laat jou voel asof jy in die nuutste NASA-uitvindsel is: ’n groot skerm, stereoklank en deure wat outomaties sluit sodra die ligte afgaan. Die vermenging van windgat tegnologie met ’n mate van Engelse afsydigheid is wat die Rhodes-kampus interessant maak.
    ’n Winterskool bestaan immers nie net uit die akademiese verryking nie. Studente uit verskillende sosiale agtergronde is hier bymekaar om meer geskool te raak in Nederlands, maar ook om op interpersoonlike vlak van mekaar te leer. Miskien l die grootste waarde van die Winterskool in die blootstelling aan alternatiewe denkwyses, selfs meer nog as om Nederlands vlot te leer praat.
    Die organisasie van die Winterskool was uitstekend. Dr Godfrey Meintjes is ’n konsensieuse gasheer, wat mildelik in al ons behoeftes voorsien. ’n Spesiale dankie aan die Nederlandse Taalunie (NTU), die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Neerlandistiek (SAVN) en aan die Afdeling Afrikaans en Neerlandistiek by Rhodes-universiteit wat die geleentheid moontlik gemaak het.
    Dit was ’n voorreg om die Winterskool op die Rhodes-kampus te kon bywoon. Alhoewel dit ook ontspannend was, dwaal hier beslis ’n akademiese spook rond. Ek besef weer dat akademici uiteraard ’n rare spul is. Tydens di week is die negende internasionale kongres oor die voortplantingsgewoontes van invertebrate ook op die kampus aan die gang. Referate oor die paringsgwoontes van slakke en die geboorteprosesse van seekrappe? Ek bepaal my eerder by Nederlands, dankie.


Die Winterskool vir Neerlandistiek word jaarliks in die Julie- of Septembervakansie deur die SAVN aangebied en deur die Nederlandse Taalunie gefinansier. ’n Beperkte getal Neerlandistiekstudente van alle universiteite landswyd word deur hulle universiteite genomineer om aan die Winterskool deel te neem. Alle onkoste word deur die Nederlandse Taalunie gedra. Die Winterskool word afwisselend deur Rhodes-universiteit en die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hor Onderwys aangebied. Die 2002-winterskool sal dus in Potchefstroom plaasvind. Belangstellende studente moet asseblief aansoek doen via hulle onderskeie universiteite se departemente waar Nederlands gedoseer word.— Rene Marais

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.