NeerlandiNet - Neerlandistiek in Suid-AfrikaArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Nederlandse Taalunie

Die lesbiese vrou en homoseksuele seun van Martinus Nijhoff

Etienne Britz

Martinus Nijhoff (1897-1953) is by tienduisende studente van die vak Afrikaans en Nederlands bekend as een van die grootste Nederlandse digters van die twintigste eeu. Ses, miskien sewe duisend van my eie studente op Stellenbosch het sedert 1975 met sy buitengewoon ontroerende poŽsie kennis gemaak.

Martinus NijhoffOmdat Nijhoff se poŽsie op die oog af nie oor sy persoonlike lewe handel nie, is dit oŽnskynlik onnodig om uitvoerige biografiese inligting aan studente te verskaf. Ek self het meestal slegs verwys na Nijhoff se moeder, ’n soldaat in die HeilsleŽr — ’n “heilsoldate” soos dit in Nederlands genoem word — wat hy diep bewonder en in verskeie gedigte besing het.

Kennis van Nijhoff se persoonlike lewe bly selfs na die jongste biografiese studies onnodig vir ’n begrip van sy kontra-Romantiese poŽsie, waarin hy onder meer beelde opbou van die wonder van die gewone, werklike dinge, van die “mistiek van die alledaagse”.

Biografiese inligting kan selfs afbreuk doen aan die magie van sy digterskap, byvoorbeeld as ’n mens weet dat die skrywer van diepsinnige geestelike gedigte soos “De soldaat die Jezus kruisigde” of “Het uur U” in sy private lewe met verskeie vroue saamgeleef en hulle dan weer in die steek gelaat het. Tog kon biografiese navorsing tot dusver nie die waardering vir sy werk verminder nie.

As aparte onderwerp vorm Nijhoff se lewensverhaal egter boeiende stof.

Dit het ek onlangs weer besef toe ek ’n boek deur Marja Pruis (De Nijhoffs — of de gevolgen van een huwelijk, Nijgh & Van Ditmar 1999) lees.

Pruis is bekend as ’n spesialis oor die lewe en werk van Nijhoff se eggenote van vier-en-dertig jaar, die skryfster A H (Netty) Nijhoff (1897-1971). Naas sy moeder — volgens Pruis die enigste vrou wat hom ooit volledig gefassineer het — was Netty een van die belangrikste en indrukwekkendste vroue in die digter se lewe, ’n geesgenoot wat hom kon verstaan, al moes sy haar emosionele en seksuele geluk buite haar huwelik soek.

Netty was inderdaad ’n lesbiese vrou, en het slegs die eerste vier jaar van haar huwelik by Nijhoff in Nederland gewoon nadat hy haar in 1916, op negentienjarige ouderdom, swanger gemaak het en hulle onder druk van haar familie moes trou. Dit was ook ’n tipiese “oorlogshuwelik”. Die Eerste WÍreldoorlog het uitgebreek en ’n jong man soos Nijhoff het met sy geliefde getrou wanneer hy hom vir militÍre diens aangemeld het.

Volgens Pruis se informante het Netty se latente homoseksualisme waarskynlik daartoe bygedra dat sy nie emosioneel bevredig kon word deur ’n man wat sy in intellektuele en artistieke opsig wel bewonder het nie. Die egpaar kon nie sonder of mťt mekaar leef nie, ’n stormagtigheid waarvan Netty na vier jaar genoeg gehad het.

Netty se nooiensvan was Wind. Die seun wat uit die jeugliefde gebore is, Wouter Stefan (Faan) Nijhoff, sou hom later as fotograaf onder die naam Stephen Storm in Den Haag vestig. Dit het Nijhoff se groot vriend, die digter Adriaan Roland Holst, op ’n dag geprikkel tot die kwinkslag “Wie Wind naait, zal Storm oogsten.”

In die jaar 1916 het Martinus Nijhoff, seun van die Haagse uitgewer-magnaat Wouter Nijhoff, nie slegs getrou en ’n seun “geoes” nie, maar hy het ook De wandelaar — sy debuutbundel wat sy naam as digter sou vestig — die lig laat sien.

Hoewel Netty na vier jaar haar man verlaat en saam met haar seuntjie Faan op ’n trein na Parys vertrek, sou sy die volgende dertig jaar nogtans weier om ’n egskeiding aan Nijhoff toe te staan. Sy het in ItaliŽ en Frankryk met minnaresse saamgewoon, maar Nijhoff bly respekteer as kunstenaar, as intellektuele geesgenoot en as haar seun se vader, wat altyd as geŽerde gas by haar welkom was.

Naby die einde van haar lewe het Netty in ’n televisie-onderhoud vir Nijhoff uitgesonder as die belangrikste persoon met wie sy in haar lewe verbind was. ’n Egskeiding was volgens haar ’n vergryp teen die beskaafde, kameraadskaplike afspraak waarop hulle skeiding van weŽ in 1920 neergekom het.

Nijhoff het Netty se vertrek spoedig in ’n goeie gees aanvaar en sy afwesige vrou as sy “eerste liefde en laaste wysheid” bly beskou. Hy was bereid om haar siening van die lewe, wat sy in haar boeke in uitsprake soos die volgende opgesom het, te aanvaar: “Ek het groot vertroue in die bestaansreg en redelikheid van die onverwagte.” Sy het ook geskryf: “As jy wil leef, moet jy jou verliese kan oorleef.”

VanweŽ die stand van die familiereg in daardie jare kon Netty verhoed dat Nijhoff weer trou, tot drie jaar voor sy dood in 1953. ’n Mens weet nie of sy geglo het dat sy haar man op daardie manier as kunstenaar ’n guns bewys nie. Dit is egter ’n feit dat Nijhoff se laaste drie lewensjare, as eggenoot van Georgette Hagedoorn, byna totaal onproduktief was.

Terwyl sy tweede huwelik blykbaar die doodsteek vir sy poŽsie was, het baie vriende die opinie gedeel dat die lesbiese Netty van Nijhoff die digter gemaak het wat hy vyf-en-dertig jaar lank was, veral weens die manier waarop hulle met mekaar bly praat het.

Die beŽindiging van die intieme huweliksverhouding tussen Nijhoff en sy vrou kon nie sonder ’n bepaalde onstuimigheid gepaard gegaan het nie, hoewel selfs die brief wat Netty op vlug van haar huwelik in die trein na Parys geskryf het, getuig van die diepte van haar begrip en waardering vir haar man.

Op 8 April 1920 sit sy langs die vierjarige Faan in die trein en skryf:

    Alles wat agter my lÍ, vriendskap, verantwoordelikheid, liefde en plig, het van my afgeval. Elke kilometer wat die trein my verder wegvoer, word iets meer van my ontneem. Om die ballas van die verlede nooit meer terug te vind nie, moes ek ’n nuwe weg inslaan. Ek moes jou verlaat. Hoe bitter hierdie waarheid ook is, ek kan dit nie verswyg nie. Maar miskien het ek weens my saamleef met jou tot hierdie dieper insig in my eie lewe gekom, en het jy sodoende meer vir my gedoen en beteken as wat ek kon besef op die dag toe ek jou op so ’n lafhartige manier verlaat het. Miskien het juis jy my op die beslissende stap in my lewe voorberei.

’n Mens sou Martinus en Netty Nijhoff se skeiding van tafel en bed ’n stralende voorbeeld kon noem van hoe ’n langdurige intieme verhouding verbreek kan word sonder die pyn en bitterheid van vyandelike vervreemding.

Netty het haar man nie hardhandig verstoot nie, en na die breuk het man en vrou mekaar nie probeer demoniseer nie. Hulle het hulle ook nie in trotse stiltes teruggetrek of mekaar by gemeenskaplike kennisse aangekla nie. Die kanale van kommunikasie, onderlinge vertroue, welwillendheid en vriendskap is oopgehou. Hulle het die voormalige geliefde bly opsoek met die respek en simpatie wat die verhouding uit die staanspoor moontlik gemaak het.

’n Ander manier om die situasie te verstaan, is dat mense van hierdie mentaliteit, temperament en peil van begaafdheid dit nie kon bekostig om mekaar, of die aantreklike aspekte van mekaar, heeltemal te verloor nie.

Dit is byna ’n kulturele konvensie sedert die negentiende eeu dat ’n groep kunstenaars en intellektuele wat ’n beweging vorm — of wat saam in die kreatiewe prosesse van ’n bepaalde periode betrokke is — mekaar nie laat vaar bloot omdat diť of dŠŠrdie lid verlief raak, iemand se geliefde afvry, of van seksuele oriŽntasie verander nie. Die Londense Bloomsbury-groep, tydgenote van Martinus en Netty Nijhoff, is die klassieke voorbeeld.

Die bes moontlike geselskap is vir sulke mense skaars en uiteindelik belangriker as hulle verbygaande liefdesopwellings of -teleurstellings. Boonop gaan dit om mense wat mekaar ken en verstaan as kunstenaars, as radikale denkers of outsiders wat soms ekstreme stappe moet doen, taboes moet oorskry, buite die gangbare konvensies moet tree, om aan hulle gevoelens en instinkte getrou te wees.

Nijhoff is natuurlik ook met sy verlies versoen deur die feit dat hy geen gebrek aan vroulike geselskap gely het nie en tydens die dertig jaar van sy “vrygemaakte huwelik” gelaaf is deur talle minnaresse.

So was daar onder meer Emmy van Lokhorst, skryfster van verhale oor die ontluikende erotiese gevoelens van adolessente. Haar boeke het telkens ’n skandaal veroorsaak en was daardeur ’n gewaarborgde verkoopsukses.

Emmy was ’n biseksuele femme fatale, ’n minnares van onder meer die skryfster Anna Blaman, en was bekend daarvoor dat sy haar warmbloedige heldinne geŽwenaar of oortref het wat haar persoonlike onversadigbaarheid betref. Vir Nijhoff het sy in een stadium onder die skuilnaam “Bettina” met briewe agtervolg, ’n toenadering waarop hy gretig gereageer het. In 1934 reken hierdie “verruklike amasone” — soos Nijhoff haar aanvanklik genoem het — met die digter af in haar roman De toren van Babel.

Nijhoff het dus ook met ’n Šnder soort lesbiese vrou in sy lewe kennis gemaak, ’n vrou vol emosionele drang en liggaamlike drif, iemand met te veel hartstog en verbeelding om slegs met enkele mansvriende tevrede te wees.

Nijhoff se reputasie as getroude rokkejagter het tydens sy lewe veroorsaak dat sy persoonlike aansien skade gely het. Daar was ook gerugte oor ambivalente seksualiteit by die gevierde digter self.

Soos vermeld, het die bewondering vir sy poŽsie egter nooit verminder nie.

Ek het in 1997, drie-en-veertig jaar na Nijhoff se dood, byvoorbeeld probeer om ’n simposium oor sy werk in Den Haag by te woon, en my vasgeloop in ’n skare wat die Letterkundig Museum uit sy nate laat bars het.

Marja Pruis se boek vertel ’n mens nie alleen oor die lewe van Netty Nijhoff nie, maar dit bied ook groter insig in die persoonlikheid van die “eintlike vrou” in Martinus Nijhoff se lewe, naamlik sy moeder Johanna Alida Seijn.

Sommige van Nijhoff se letterkundige kennisse moes effens glimlag oor die eienaardighede van hierdie vrou met haar mistieke inslag, wat by die HeilsleŽr en later met groot toewyding by die Rooms-Katolieke Kerk aangesluit het, al was sy eintlik veronderstel om haar te gedra soos ’n burgerlike rykmansvrou, woonagtig in die deftige strandoord Scheveningen naby Den Haag.

Anders as “Wouter den Geweldige”, haar outoritÍre man met sy internasionale uitgewersimperium, het Johanna elke Sondagoggend arm visserskinders uit Scheveningen genooi om psalms te kom sing. Sy het hulle dan op die klavier begelei “met zo ’n kapothoedje op”, soos Victor van Vriesland dit sou stel.

Martinus Nijhoff is egter diep deur sy moeder se Christelike houding en mistieke aanvoeling beÔndruk. Sy het vir hom die betekenis van ’n soort beskermengel gehad. Netty Nijhoff het weer gehou van die uitdagende houding wat haar skoonmoeder teenoor haar dominerende man, die “boeke-vors” Wouter, ingeneem het.

Netty het gesnap dat Johanna teen die gemaklike luukse en passiewe deftigheid van haar opgelegde bestaan rebelleer deur juis eenvoud, spiritualiteit en liefde vir minder bevoorregtes as lewenshouding te kies. In die onderhoud waarin sy die belang van Nijhoff in haar lewe beklemtoon, sonder Netty ook die digter se moeder uit as iemand wat op sowel haar as haar man ’n buitengewoon groot invloed uitgeoefen het.

Die volgende, bekende gedig illustreer hoe Nijhoff sy moeder in sy poŽsie vereer, en hoe hy na haar verlang het na haar dood. Gedeelde liefde en respek vir sy moeder se geesteskrag het hom dieper help verbind aan sy lesbiese vrou.

De moeder de vrouw

Ik ging naar Bommel om de brug te zien.
Ik zag de nieuwe brug. Twee overzijden
die elkaar vroeger schenen te vermijden,
worden weer buren. Een minuut of tien
dat ik daar lag, in 't gras, mijn thee gedronken,
mijn hoofd vol van het landschap wijd en zijd -
laat mij daar midden uit de oneindigheid
een stem vernemen dat mijn oren klonken.

Het was een vrouw. Het schip dat zij bevoer
kwam langzaam stroomaf door de brug gevaren.
Zij was alleen aan dek, zij stond bij 't roer,

en wat zij zong hoorde ik dat psalmen waren.
O, dacht ik, o, dat daar mijn moeder voer.
Prijs God, zong zij, Zijn hand zal u bewaren.

* * *

Wat het Netty gedoen na haar vlug van Nijhoff in 1920? En wat het van Faan geword?

Vanaf Parys het moeder en seun met ’n Model T-Ford na en deur ItaliŽ gereis. Onderweg besoek hulle katedrale en kunsmuseums. Faan moes die mooiste skildery in elke saal of versameling uitkies, klein soos hy was, en redes gee vir sy keuse. Van die skildery het hy dan ’n poskaart as beloning ontvang.

Later in sy lewe, nadat hy miljoene geŽrf het, sou Faan ’n waardevolle kunsversameling opbou, onder meer ’n groot beeldetuin by sy paleisagtige villa in Lausanne in Switserland.

Netty het haar eerste minnares, Maria Tesi, in Florence ontmoet. Sy was in ’n matroospak geklee, met kort hare soos ’n man. Netty het gevoel hoe haar gul, aardse, hartlike en vrolike natuur bloei in Maria se geselskap. Met die vrylating van haar lesbiese persona het Netty vir die eerste keer ’n werklike liefdesverhouding ervaar.

Die twee vroue het ’n gastehuis by Settignano (buite Florence) ingerig vir Nederlandse toeriste: “Villa Linda”. Nijhoff het, soos afgespreek, as gesiene en geŽerde gas kom kuier vir sy vrou en kind, soms vergesel van ’n vriendin.

Ook “papa” Wouter en “mama” Johanna, soos hulle kleinseun Faans hulle genoem het, het by Villa Linda opgedaag, in ’n Rolls Royce.

Vir Wouter Nijhoff was die manier waarop sy kleinseun skoolgegaan het — soggens op ’n perdekar na ’n Engelse skool in Florence — ’n doring in die vlees. Want by ’n Hollandse seun, boonop ’n erfgenaam van die Nijhoff-imperium, het ’n Gimnasium-opleiding in Nederland gepas.

Faans, die kind wat die huwelik tussen Martinus en Netty veroorsaak het, sou gevolglik die onderwerp van ’n toutrekkery word. As “le petit obstacle” het hy tewens soos ’n tydbom getik onder Netty se lesbiese verbintenis.

Hoe kon die kind reg grootgemaak word in ’n vreemde land, in omstandighede wat eintlik op sy ma se emosionele en erotiese geluk afgestem was, ja, in ’n opset waaroor die Nijhoff-familie nie heeltemal gemaklik gevoel het nie?

Die probleme om Faan behoorlik op te voed, het spanning tussen Netty en Maria veroorsaak. Na sewe jaar het Netty die verhouding beŽindig.

Weer, soos jare gelede, het Netty ’n nuwe begin in Parys probeer maak.

Sy het haar seun, nou elf jaar oud, eers by sy privaatskool (internaat) in Nederland gaan haal. Die tyd was verby dat sy met Maria in Florence sit terwyl haar seun aan die Nederlandse onderwysmentaliteit onderwerp word, ’n sielsongelukkige kind onder die wakende oog van die boekevors!

’n Mens kan argumenteer dat “papa” Wouter se opvoedingsregime Faan dalk sou gered het van die slap, weelderige, dekadente bestaanswyse wat sy latere lewe as homoseksuele man sou kenmerk. Maar hoe dit ook al sy, in 1927 het Netty vir ’n tweede keer met haar seun na Parys gevlug.

Hier ontmoet sy die Engelse kunsskilder Marlow Moss. Netty sit op ’n terras en stuur Faan met ’n briefie na ’n klein, kordate figuur wat haar oog by ’n tafel vang.

“Miss Moss” sou Netty se tweede groot liefde word. Sy was ’n buitengewoon geestige en skerpsinnige vrou. So klein was sy van postuur dat Netty haar sonder moeite op ’n kas kon tel wanneer hulle rusie maak.

Soos Maria Tesi, sterf Marlow Moss jare voor Netty. Oor haar twee groot lesbiese liefdesverhoudings sÍ Netty in die latere televisieonderhoud: “Van die meeste verbintenisse kan ’n mens agterna slegs die begin en die einde agterhaal. Die res het verdwyn in die daaglikse verloop van die dinge.”

Van Faan Nijhoff kom nie veel tereg nie, al beskik hy weens sy erfenis later oor pragtige eiendomme en ry hy, soos sy oupa, in ’n Rolls Royce.

In Parys word hy as tiener blootgestel aan sy moeder se kring van uitgelese vriende en kennisse. Hy ontmoet in diť geselskap mense soos die wÍreldberoemde feministiese skrywer Gertrude Stein. Netty skryf in hierdie tyd Twee meisjes en ik (1931), die eerste lesbiese roman in Nederlands.

Faan toon ’n belangstelling in fotografie en Netty sorg dat hy ’n leerling word van Man Ray, een van die merkwaardigste fotograwe van sy tyd, ’n toonaangewende deelnemer aan die DadaÔstiese en surrealistiese bewegings.

Die Man Ray-leerling “Stephen Storm” bring dit egter nie ver met sy eie ateljee in Den Haag nie.

In sy volwasse jare is Faan ’n “bon vivant”, ’n verfynde lewensgenieter — dekadent, speels, vol absurde idees — wat hom in Lausanne vermaak met sy minnaar Maurice.

Faan is moontlik die slagoffer van Martinus Nijhoff se andersyds probleemlose huwelik met ’n lesbiese vrou.

Na sy tiende verjaardag neem Nijhoff se belangstelling in sy seun se ontwikkeling sterk af, en leef die kind binne die uiters gesofistikeerde, dikwels homoseksuele kunstenaarsgeselskap van sy moeder.

“Papa Wouter” se rykdom sou soos ’n skitterende reddingsgordel na Faan aangereik word wanneer hy later niks van sy lewe kan maak nie.

Martinus Nijhoff het sy eie, knaende gevoel van rigtingloosheid — as seun van ’n onnavolgbaar magtige boekemagnaat en ’n moeder wat met haar een voet stewig in Holland maar met haar ander voet in die hemel gestaan het — opgesom met die sitaat: “not knowing what to do, not knowing what to be”.

Hierdie woorde was by uitnemendheid, en op ’n taamlik trieste manier, ook op Nijhoff se homoseksuele seun Faan van toepassing.

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.