So, winter wear table, often will choose some replica watches sale slim a little table, so thin is slim? We don't need to pursue the thinnest. The thickness of the fake rolex uk wrist watch can only be as long as no more than 10 millimeters. Maybe someone will say 7 millimeters. But the rolex uk thickness of the watch is less than 7 mm, the price is not so well accepted, and it is often not very practical, except for replica watches uk quartz watches.
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

In gesprek met ’n glasie rooiwyn

Freek van Eeden

Dit was al laat toe ek jou na my sien wink
met kleur aanloklik donker rooi,
wagtend in ’n glasie van kristal
reeds halfpad vol geskink.
Dis ’n aand besonder koud maar mooi
en terwyl vlamme in die skoorsteen lek
het ’n atmosfeer ontvou
vir ’n baie diep gesprek.

Ek ken jou agtergrond van winterweer,
van wingerdstokke in lang rye opgebind,
die takke droog en kaal
met snoeiskêr skoon geskeer.
Na goeie reën en suidooswind
bring lente ’n wonder met hom mee
want skielik is barre naaktheid
met groen blare toegeklee.

Somerhitte verdryf die laaste winterroes,
kort lootjies word spoedig slank
en trossies druif is reeds op pad
na nog ’n jaar se goeie oes.
Die korrels soet en doppe vrank
word fyn gebreek in ’n parsproses
en deur dié foltering is jy berei
om vanaand my dors te les.

Party sou sê ek kan ook water drink
maar water is vir my veels te flou
dors gaan ook oor die lewe
en dit wat mense daaroor dink.
Deur gisting maak jy warm in winterkou,
jy beur my op en laat vergeet
van al my swaarkry en
die diepte van my leed.

Miskien was jy ook al siek gewees:
vir jouself gesê dit is my laaste dag,
miskien was jy ook bang
en het nes ek die dood gevrees.
Dis altyd eensaam in ’n donker nag
en al glo mens aan beloftes blink,
lyk selfs die Goeie Boek geskryf in goud
soms dof soos in gewone ink.

Soos ons mekaar omhels wil ek graag leer
hoe jy deur jare se veroudering
jou smaak en ander kwaliteit
so ongelooflik opgradeer?
Kry my Maker se oog ook ’n glinstering
en word my lewe dalk opnuut veredel
deur iets te gee en goed te doen
aan iemand wat bedags vir kos moet bedel?

Ek wil jou vra voor ek groet om te gaan rus
of dit waar is dat as jy wyn versny
die gehalte van die eindproduk
beter as die komponente is?
Is dit ’n geleentheid wat ook ’n mens kan kry
om met sy naaste saam te werk
sodat daar ’n sinergie ontstaan
wat almal se lewens kan versterk?

Vanaand laat jou boodskap my opnuut bely
dat deur seisoene wit tot pikgietswart
en ten spyte van alles wat gebeur,
ek vrug moet dra wat ander kan verbly.
Die slotgevoel in my reeds verligte hart
is blydskap oor die krag van mens se gees
siekte kan die liggaam maklik breek maar
gees groei voort tot dit eindelik by God sal wees.



LitNet: 22 Junie 2004

boontoe / to the top
terug na indeks / back to index


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.