Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die pad tussen Vioolsdrif en Keetmans

Buiteperd

Die pad tussen Vioolsdrif en Keetmans is eindeloos. My ou Datsun 120Y paneelwa wat ek by die apteker op Oshakati gekoop het, sidder en beef in die hitte en ek voel-voel op die agterseat vir 'n koue bier. Jim Morrison se stem is lui en rokerig en ek knoop my hemp oop vir 'n bietjie verligting.

Riders of the storm, into this life we're born …

Ek steek 'n stormbrug oor en grinnik wrang vir myself. Hoe de donner is hier ooit genoeg water vir 'n stormbrug?

En toe sien ek haar.

Ek dag eers dis 'n lugspieëling, maar toe ek die koue bier tussen my bene indruk en die stuurwiel vasvat, sien ek hoe 'n ligte woestynbriesie haar hare vir 'n oomblik teen haar wang vaswaai. Die Datsun kerm ongewillig toe ek briek trap en skuiwerend tot stilstand kom. Sy swaai haar rugsak oor haar skouer en kom lui-lui na die kar aangestap. Soos 'n kat wat weet jy gaan haar streel.

"Ek ry vanaand tot op Windhoek."

My stem rasperig van te veel sigarette en son. Haar onderlip is 'n vol, ronde, klam vrug wat ek weet êrens op 'n eiland oopbars in hoogmiddaghitte.

Sy leun effens in die kar en kyk na die bier tussen my bene. "Is daar een vir my ook?"

Ek vee vervaard die jagse gedagtes uit my kop en wys met my kop na die agterseat. "Plenty vir jou en my."

Sy loop om die kar en ek sien haar oulike tieties punt maak deur die stywe hempie. Toe onthou ek my hemp is oopgeknoop en dink o donner, sy dink seker ek is 'n lekker ou pyl, maar dis te laat om iets te doen, want sy skuif langs my in en strek haar voete op die dashboard.

Riders of the storm …

Die knop in my broek is bleddie ongemaklik en straaltjies sweet loop oor my bors tot in my naeltjie.

"Gee jy om?" Sy kyk 'n oomblik vraend na my en trek dan die hempie oor haar kop. Haar tieties moes gister 'n bietjie son gekry het, want hulle is die kleur van 'n oorryp koejawel. Koejawel? dink ek en lag saggies.

"Hoe ver nog?" vra sy en speel ingedagte met die bierbottel teen haar onderlip. Ek kyk gefassineerd na haar mond en weet alreeds hoe haar onderlip sal slurp teen my stokstywe stang. Nee nee, dink ek, en skud my kop om die erotiese flitse uit my kop te kry. Donner amper die kar in 'n sloot.

"Relax," lag sy saggies en streel met die bottel oor my been. Ek skuif ongemaklik om meer plek vir die knop in my broek te maak.

"Kan ek dalk help?" Met dié leun sy oor en knoop die Levi se gulpsknope een vir een oop. Haar hand raak aan my maag en ek probeer dit woes op 'n six-pack trek. Die pad voor my raak stomerig uit fokus soos haar hand onder die rek van my boxers inskuif. Ek hoor die bloed in my ore en voel die klam hitte van haar palm teen my skag. Haar vingerpunte streel vir 'n oomblik fladdersag oor my kop en maak 'n sirkeltjie met die eerste bietjies vog wat lek-lek lekker uit my loop.

"Jissis, dit voel befok," hyg ek.

Die wiele sing op die pad en ek kan aan niks anders dink as haar hand binne my sweterige boxers nie. Sy maak asof niks gebeur nie, en met haar ander hand steek sy 'n sigaret aan. Elke nou en dan wip die Datsun oor 'n bultjie en die beweging maak dat haar hand vir 'n oomblik stywer om my voël vou. Sy rook lustig klaar en druk die sigaret dood in die oorvol asbakkie.

Ek wonder nog wat my volgende move moet wees toe sy oorleun en haar mond teen my oor druk. "Ek dink ons moet stilhou." Haar stem is hees en heerlik jags en op haar onderlip is 'n bietjie bier wat sy weglek. Sy streel lui oor haar tieties en kyk vir my met daai mond wat ek net wil soen. "As dit so warm is, dink ek die hele tyd aan seks."

Die pad na die naaste woestynboom is 'n ewigheid. Ons klim uit en sy gooi 'n handdoek op die vuurwarm sand. Ek kyk vir 'n oomblik beangs na die teerpad, maar sy lag. "Ons doen dit net hier."

Ek kyk hoe sy haar jeans van haar lang bene afstroop en in die verte hoor ek 'n motor se dreuning. Of dalk net my eie asemhaling. Sy steek haar hande onder my oopgeknoopte hemp in en skuif die materiaal oor my sweterige skouers. Ek trek haar nader en skuur my bors oor haar haar tieties. Die tepeltjies is kliphard en trek paadjies deur die bietjies hare wat kronkel tot in my broek. Sy stroop my jeans en boxers af en kyk vir 'n oomblik hoe my stang regop spring en teen haar warm maag druk. Ek buk af en lek haar tietie met die hele breedte van my tong. So proe die vrug op die hoogmiddaguur, dink ek. Sy snak vinnig na haar asem as ek my hand teen haar bobeen opbeweeg en my wysvinger saggies oor haar poesie trek. Haar heupe du vorentoe en my vinger glip in haar natheid in. Haar mond is 'n slak wat teen myne oopmaak en haar tong streel die binnekant van my bolip. Ek druk my vinger dieper in haar in, en sy kreun met haar mond teen myne. Sy voel met haar hand tussen ons onderlywe en streel die voutjiesvel van my ballas. 'n Motor jaag toetend verby, maar ek gee nou nie 'n moer om nie. Ek druk my dwingende onderlyf teen haar en fluister in haar hare. "Ek wil in jou kom."

"Nog nie nou al nie."

Sy buk af en hurk op die handdoek. Druk haar hande tussen my bene om hulle effens oop te sper. Sy vat 'n sluk van die warm bier en lag stout vir my. Die oomblik toe haar lippe om my stang skulp, vergeet ek my naam. Haar tong kring om my kop en met haar goddelike mond naai sy my stadig. Eers in, en dan amper uit. In, en amper uit. Sweet brand in my oë en ek voel die stormwater van jare se droogte in my opdam. 'n Golf wat van my binnemaag tot by die punte van my tieties saamtrek en soos 'n seepgladde foefieslide afdonner tot in elke millimeter van my stang.

"Ah. Fok. Jissus tog. Fok. Shhhhhit."

Die sonbesies sing en die son gaan staan doodstil.

Sy kom regop, swiep haar hare agtertoe en haar oë is donker soos die klippe om ons. Sy gaan lê op die handdoek en ek weet wat ons nou gaan doen. "Nou wil ek jou binne my hê."

Sy trek my af tot ek bo-op haar lê. Ons lywe is sopnat en alles ruik na heerlike jagse seks. Maar dan rol sy my op my rug en kniel met haar bene weerskante my rooiwarm onderlyf. Sy druk haar hande op my skouers, lig haar boude op en hou my oë gevange terwyl sy stadig met haar poesie oor my stangkop sirkel. Ek voel haar natheid wat taaierig aan my kleef en ek druk my onderlyf onwillekeurig om nog meer van haar om my te voel. Sy lek die lug met haar tong, buig haar nek ver agtertoe en gly met haar poesie tot teen my ballas. Sit vir 'n oomblik stil sodat ek voel hoe haar harige lippies aan my vassuig. Dan kom sy regop, lig haar boude weer op, en kyk vraend-stout na my. "Waarvoor wag jy?"

Ek gly in haar en sy sak met haar tieties tot teen my bors. So naai ons mekaar daai dag op die sand tussen Vioolsdrif en Keetmans.

Sy kyk nie vir 'n oomblik weg nie, en so onthou ek haar warm poesie wat afgly teen my stang. Haar oë wat effens toe gaan as ons diep in mekaar ontmoet, 'n oomblik wag vir al twee van ons om ten volle te weet, nou is ek in jou en nou is ons besig om te naai hier in die son. Dan weer 'n vinnige optrek tot ek amper uit haar natgeit glip. Dan weer af tot onder. En op. En af. "Ahhhhhh," steun ek en byt op my onderlip. Ek steek my hande uit na haar tieties. Sy druk haar stywe tepeltjies in die middel van my palms en kreun saggies as ek hulle heen en weer vee met my hande vol om haar tieties.

Tot ek voel hoe kringe spiere in haar poesie my van binne vasvat en die golf in my onkeerbaar word. Haar onderlyf se ritme word rukkerig soos sy al vinniger en vinniger op my ry. Wioeuuu glip 'n kar verby en toe die sand oor ons sif, trek ek saam en skiet myself leër as dol binne daai girl. Ek onthou hoe my sap uit haar getap het en toe sy saam met my kom, het sy gegil, "O Here dis lekker, dis lekker." Ek het vir oulaas myself diep in haar gesteek en so het ons 'n ewigheid bly lê.

Later, terug in die Datsun, het ons die tape omgedraai en verder geluister. Vanaand slaap ons op Windhoek. Dis nie meer te ver nie.



LitNet: 15 Desember 2004

Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
Of stuur jou eie smaakvolle, smaaklike erotiese prosa en poësie na Jaco Botha by hygstories.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.