Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Skynoorlog

Arno Kemp

Die hyging in my siel is hees, haastig en benoud
Jou oë en skyn-liefde oorspoel my, yskoud

Ek lê op jou bed van verraad: gewillige prooi;
Wag dat pyn en lis mekaar moet voltooi

Jou skoonheidsweermag storm oor die bult
Ek wag vir die seer, bloot en ongeskild

Ek eet die heuning uit jou mond
Smeer sout aan my elke wond

Jou nippels maak my mond sagkens vol
Ek troetel op my maag die hol kol

Saam met my bene maak ek oop
My hart, vir jou om dit kaal te stroop

Jy vat my soldaat as prisonier
Verorber en verwoes onder ‘n skyn van plesier

Jy dwing my in jou in
Ek gepeupel perd, jy godin

Ek galop, ren oor koppies van genot
Wyl ek wis ek is heeltemal versot

Jy klap die leisels, skop wild in my sy
Vinniger, harder, seer wil jy my ry

As ek eindelik in jou ontplof
Is alles vaag, die laer toe onder stof

Ek sien jou blitse en ruik jou reën
Masochisties lê ek, half versteen

Jou nimf-lyf lelie-vel lê jy teen my aan
Die hoop wat ek koester lamgelê, verslaan

As die stof gaan lê dissekteer ek eie hart:
Vind ek wonde, skeurtjies en smart

Die skade is bepaal
Die pyn kom nademaal.



LitNet: 4 April 2006

Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
Of stuur jou eie smaakvolle, smaaklike erotiese prosa en poësie na Ingrid Lehmensich by hygstories.


boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.