Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Netwerkstreke

Sonskyn

Sy was 'n vaal, teruggetrokke ou vroutjie wat haar aande met 'n passievolle boek geslyt het. Sy het gelees van hierdie aantreklike helde wat hulle heldinne keer op keer bevredig en dan in die donker van haar kamer met haarself gespeel tot sy ook kom. Uit eensame desperaatheid het haarself vir "internet dating" ingeskryf.

Hy was werksaam in 'n Afrikaland en het geselskap gesoek. Het maande die internet dating ding gedoen, maar daar het niks van gekom nie. Toe skryf hy 'n eerlike briefie vir haar en hulle is sommer die eerste week seker dat hulle mekaar eintlik hulle hele lewe moes geken het. Daardie eerste paar maande van verliefdheid sonder om mekaar eers te ontmoet het was wonderlik, half misterieus, maar hulle het die mens agter die mens leer ken.

Sy het haar eerste blomme twee maande later gekry. "Rooi rose vir bietjie passie" het op die kaartjie gestaan, en sy was heeltemal lam van die lus. So stadig het haar seksualiteit ook ontwaak. Hulle mails het al hoe meer begin raak-raak aan die intieme, gespeel daarmee, maar nie tot die kern gekom nie. Sy veral het daardie verlammende lekkerte in die onderlyf ervaar, gevolg deur 'n ongelooflike nattigheid. Hy moes menige dag nog 'n rukkie agter die lessenaar sit voordat hy dit kon waag om op te staan, en hulle het mekaar daarvan vertel ...

Eers vier maande later is daar 'n ontmoeting gereël - 'n heerlike vier dae saam, weg van die wêreld en ander se nuuskierige oë. En so terwyl hulle ry, is daar heerlik gesels, daar was die verwagting in haar oë en 'n belofte in syne. Hulle het self kos gemaak en 'n bottel rooiwyn daarmee saam gedrink terwyl daar 'n vuurtjie in die herd gebrand het. Hy het haar verlei met woorde en 'n fladder aanraking hier en daar, sy rol perfek gespeel. Sy het skaam onder sy oë geblom.

Dis eers teen slapenstyd dat hy daardie ongesproke belofte gestand gedoen het. Sy het skaam-skaam uit die badkamer gekom, hy het vir haar met 'n glimlag gewag. In die bed het hy haar hand gevat en haar sag gesoen en stadig met sy ander hand sirkels om haar bors gevryf. Sy het meer toegeeflik geraak en hy het met sy mond oor haar satyn-nagrok saggies aan haar tepel geknibbel. Sy het gevoel hoe daardie verlammende gevoel oor haar spoel en het haar met 'n sug oorgegee daaraan. Haar hand het na sy manlikheid gesoek en 'n enorme volheid daar gekry. Stadig het sy hom gestimuleer en op en af gevryf. Sy hand het haar vroulikheid gekry, heerlik nat, haar lussap het gedrup, sy was reg vir hom. Hy het twee vingers ingesit en haar ritmies daarmee begin ry. Die heerlikheid daarvan het oor haar gespoel, hy het haar aangemoedig om hom te vertel wat sy wil hê en sy het met hulpelose rukbewegings dit aan hom vertel: "Ek wil jou in my voel, jy moet diep binne my vasdruk, ek wil voel hoe jy jouself in my leegmaak." Hy kon nie langer wag nie. Hy het diep en hard ingedruk en haar hard gery. Die oomblik was te groot, haar spasmas het net aangehou en hy het saam met haar oor die rand gegaan.

So het hulle aan die slaap geraak - terwyl sy skaam wonder hoe sy hom die volgende oggend in die oë moet kyk, het hy met besitlike hand op haar bors styf langs haar kom lê; dit was 'n gerusstelling.

Later die nag het sy wakker geword van 'n soekende vinger wat al oor haar slootjie vryf - dié was reeds sopnat. Met 'n innerlike glimlag het sy haar oë toegehou en so ongemerk moontlik bietjie gemakliker geskuif, in afwagting vir wat gaan kom. Gou het sy vinger ingeglip en die passiepuntjie gekry, dit om en om gewoel tot sy gekreun het van die pyn-plesier. Stadig het hy haar bors in sy mond geneem en heerlik hard daaraan gesuig terwyl hy met sy vingers binne-in haar gepols het. Nadat die spasma verdwyn het, het sy sy manlikheid in haar mond geneem. Hy was groot geswel en sy het gesukkel om haar mond groot genoeg oop te kry om hom in te neem. Stadig het sy hom met haar tong gespeel, om en om, haar tong by die ogie op die groot sagte ronde punt ingesteek-steek en dan weer op en af oor die skag. Hy het sy heupe saam met haar begin beweeg en met sy hande haar kop in 'n ritme gehou. Sy kon nie beweeg nie en het net hard gesuig toe sy hom voel voller word; sy saad het diep in haar keel geskiet en stadig by haar mond uitgeloop.

Hy het haar omgedraai en van agter af volgemaak. Met sy hande het hy haar aangemoedig om haar rug hol te maak en haar bene wyd te sper vir hom - so het hy volle beheer gekry, sy kon nie beweeg terwyl hy haar weer en weer met presisie volgemaak het nie. Hy kon haar genotknoppie maklik bykom en het dit eers met twee vingers gewikkel en toe baie vinnig en aanhoudend gevryf en gevryf. Dit het 'n ritme geword waar sy geen beheer oor gehad het nie, die plesier het net oor haar gespoel. Elke keer net voor sy haar kon oorgee aan daardie verlammende lekkerte, het hy diep ingedruk en dan stilgehou vir 'n paar sekondes en dan die heerlike proses van voor af begin. Sonder dat sy kon kom, maar met 'n aanhoudende kloppende lus het hy haar omgedraai en homself weer diep gebêre. Dit het vir haar gevoel of die lekkerte en pyn nooit gaan ophou nie.

Weer het hy haar tot op die punt van erupsie gebring. Sy het uitgeroep toe hy homself vinnig onttrek en haar vroulikheid begin soen en suig tot sy met sterk spasmas sy tong binne haar lyf probeer hou het. Die orgasme was so sterk sy het begin huil, en terwyl hy weer diep ingedruk het, het hy haar vir die eerste keer op die mond gesoen ...

Sy het daardie nag meer orgasmes gehad as wat sy ooit van kon lees en droom.

Hulle is vandag tien jaar getroud en eenmaal per jaar vat hy haar na 'n afgeleë plek toe waar hulle kan liefdemaak tot sy haarself heeltemal verloor in hom.



LitNet: 15 December 2004

Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
Of stuur jou eie smaakvolle, smaaklike erotiese prosa en poësie na Jaco Botha by hygstories.

 

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.