Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

laatnaggedig

Michael Whiteside

twee halfbeligte laatnaggesigte
sit te midde van musiekgevulde
stilte soos tweespalt bevlees
in kartonwyn-samesyn

die band speel en die rook lê

’n grysdamp in die lug
onplaasbaar
bewe die klamheid
van begeerte

klamheid soos jong palms

oranjekleurige warmte
sigaretbestink
stut (ongeslaagd) vensterdunheid
teen die stofjaende yswind

kleur opgestapel teen die koue

tot die brandsiektapyt is koud
tot die deken die skottelgoed
die bevlekte penguin sagteband
op die weefgrastafeltjie

die onwillekeurige sit

die koue gejaagde stoflaag
langsamerhand na binne gevoer
sit so stil soos die hardheid
van angsbevange lus

die lug sidder

die lug, viskoos
deurdring deur die eind-
sege van die drang
voorneme stoot vrees tersyde

woordeloos word aanspraak gemaak

weerloos teen die nood
van behoefte, ontbloot
’n jong liggaam sy siel
aan die skrynende hitte

arms en lendene, verwarmend

die bloed skreeu in sy slape
die bloed vergroot sy wese
met warmte, en die hitteslag
omgord die aanraking

bymekaar

die aangeraakte ander gly
grensloos die aarslag binne, die heter
daad van sy omhelsing
’n inmekaarvlegging van ledemate

die skimbaardsensasie teen sy hand

die bandspeler se kru kliek
laat ’n plotselinge stilte
hom laat inkleur deur ’n veraf
orkes van motors en honde

ver ver weg in die wêreld

onopgemerkte agtergrond
vir die weelderige, vloeibare
geluid-gebare van hand
asem stem en sap

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.