Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Annesu de Vos
debuteer in 1980 op 16-jarige ouderdom met die digbundel Gebed van ’n groen perske. Sy studeer aan die Universiteit van die Witwatersrand, maar verlaat die land weens haar man se dienspligweiering voor sy haar studie kon voltooi. Sy werk vryskut in Kanada, waar sy sedertdien woon.
  Annesu de Vos

Just another job

Scenario B:

Jy is die blonde tydrenjaer en ek is jou angstige meisie wat nooit slaap nie omdat ek altyd bang is jy kom iets oor.

Jy wen nie die Molson Indy nie, maar jy bestuur bekwaam en jy kom darem met jou lewe daarvan af, soos jy gewoonlik doen. Ek hardloop in jou arms in en ek gee jou ’n klapsoen op jou wang. Jy glimlag skrams, jy is moeg, jy is uitgeput, jy gaan nie vandag seks doen nie en ek weet dit gaan ’n probleem wees want ek is ontsaglik jags vir jou op hierdie oomblik. Dis erg genoeg dat ek gister ook daarsonder moes bly, omdat jy beweer dit is nie ’n goeie idee om dit die dag voor ’n wedren te doen nie.

Ons ry in stilte huis toe. Ons woon in ’n Harbourfront condominium omdat jy ’n moerse klomp geld maak wanneer jy jou lewe so by geleentheid waag. Jy parkeer die kar (’n skokkende flashy rooi sportmotor) bedrewe onder in die kelder. Ek hou graag jou hande dop wanneer jy parkeer. Jou slanke, elegante vingers en die bedrewe maneuvers waarmee jy die kar in sy spasie in stoot.

Ek vra jou of jy iets wil eet. Jy skud jou kop van nee. Jy het grieselrige aartappelskyfies gehad by die pitstop, en jy is nie nou in die bui vir iets gesonds nie.

Ons gaan op in die hysbak. Ek praat saggies met jou en jy glimlag vir my asof jy belangstel in my praatjies oor die ander meisies se klere by die wedren. Ek het soos ’n slet aangetrek vandag: swart in die middel van die somer, kinky, dik grimering. Borste wat bo by my hemp uitstoot. Ek wonder of jy heimlik dink ek het dit gedoen om ’n ander man se aandag te trek, vir ingeval jy nie die wedren oorleef nie en ek nie eens die nag sonder jou kan oorleef sonder om ’n ander kar in jou spasie te laat parkeer nie. Ek dink gereeld sulke gruwelike gedagtes. Gotiese groupies doen dit.

Ek neem die sleutel uit my swart handsak met die heavy metal studs. Ek dra ’n juweeltjie wat suggereer dat ek jou diensmaagd is. En ’n leerhalsbandjie om my nek. Darem sonder ’n leiband. My hare is hoog op in ’n astrante poniestert, ek het dik swart maskara aan wat my wangbene aksentueer, en my lippe is donkerrooi.

Ek voel so hopeloos vandag, so asof ek nie goed genoeg is vir jou nie. Ek sluit ons miljoendollarwoonstel se deur oop. Jy staar na my skerp lang donker vingernaels en my effens bewerige dun vingers terwyl ek sukkel met die sleutels. Jy neem die sleutels uit my hande uit en jy sluit die deur oop. Kom ons wees maar eerlik daaroor. Ek is ’n senuweewraak. Maar jy is gelukkig ’n geduldige man.

Ek mors nie vandag tyd nie. Jy hang die sleutels aan die hakie teen die muur en ek kniel by jou voete, ek ontknoop die veters van jou groot swaar stewels en trek hulle van jou voete af. Ek sit hulle agter die toonbank in die kombuis waar ek hulle later gaan skoonmaak. Ek gooi jou sweterige sokkies in die netjiese wasgoedmandjie. Die heeltyd deur kyk jy vir my met ’n geamuseerde uitdrukking op jou gesig. Ek glimlag vir jou, ek kry skaam en kyk vir my eie voete met die skerp swart sandale en die donkergeverfde toonnaels.

Ek begin jou klere uittrek. Ek trek die ritssluiter van jou sweterige oorpak oop, en ek streel jou borskas met my tong. Ek byt jou klein tepeltjies. Ek kyk op na jou vir jou goedkeuring. Jy glimlag weer daardie effense siniese glimlag vir my. Jy weet ek wil jou uitlok en ek weet jy gaan dit vir my moeilik maak vandag. Ek weet jy weet ek wil uiters intiem wees met jou, en jy gaan dit met opset nie maklik maak nie. Hoekom doen jy dit aan my? Om dit lekkerder te maak? Om dit erger te maak vir my? My lyding? Hoekom kan ek nie ’n gewone meisie wees nie, en jy ’n doodgewone man? Of is dit maar soos dit gaan? Ek weet nie hoe ander mense dit doen nie. Maar dis hoe ek dit soms doen. Omdat ek die heeltyd in doodsvrees lewe. Die vrees vir jou dood. Die ondenkbare.

Jy wat die dood minag, selfs verag, beweer dat jy altyd gelukkig is. Dit is ek wat nie altyd gelukkig is nie. Daarom werk ek nog harder om jou nog gelukkiger te maak as wat jy reeds is.

Jy trek jou oorpak uit. Ek neem dit by jou en gooi dit in die wasgoedmandjie. Ek wil nie nou gaan stort nie. Ek het vanoggend gestort voor ons weg is na die wedren toe; ek het my vars gemaak en my duurste parfuum aangesit, en ek het seker gemaak dat ek die heeltyd in die koelte sit sodat my grimering nie begin hardloop nie. Ek het geweier om te huil die hele tyd, selfs toe ek my half doodgeskrik het omdat jy amper jou kar omgegooi het. Dit was die enigste rede hoekom jy nie vandag gewen het nie: jy sou andersins gewen het. En ek weet wat dit vir jou is om nie te wen nie. Asof dit vir my saak maak! Jy het dit oorlewe. Dit is al waaraan ek ooit dink. Ek wil nie nou gaan stort nie. Ek wil net hierso op die bed vir jou sit en wag.

Jy stort en ek haal my spieëltjie uit my handsak uit om my lipstiffie reg te maak terwyl jy nie kyk nie. Ek kou suikerlose kougom terwyl ek vir jou wag. Om my sigaretasem weg te steek. Want dis die een ding wat ek nie kan afskud nie: ek rook nog al die tyd omdat my senuwees so gaar is. Ons is al jare lank minnaars, en nogtans verfris ek my agter jou rug. Behalwe vir die kere wanneer jy my dwing om dit voor jou te doen omdat jy weet dit maak my skaam en jy dit geniet as ek skaam kry.

Jy kom uit die badkamer uit met die groot swaar wit handdoek om jou middel. Ek staan op, soen jou met my pepermentmond vol op joune, en jy glimlag jou geduldige glimlag. Ek ontknoop die handdoek. Ek vra jou of jy al beter voel. Jy knik. Jy wys my oudergewoonte daarop dat jy altyd gelukkig is. Jy lieg alweer deur jou skerp tande. Sjarmante gewoonte van jou.

Jy sit op die bed en ek vryf jou blonde hare droog. Ek soen jou saggies op jou skouers. Jy laat my toe om jou om te stoot, plat op jou maag op die bed. Ek neem een van my botteltjies geurige masseerolie wat ek by die Body Shop gekoop het. Beauty without cruelty. Ek begin jou rug vryf met my sterk hande wat nou nie meer bewe nie. Nou eers kry ek my selfvertroue terug. Ek masseer jou soos ’n professional, omdat ek eens op ’n tyd ’n professionele sportmasseuse was. Dis mos hoe jy my ontmoet het. Wanneer ek self iets doen wat ek goed kan doen, vergeet ek dat ek nie goed genoeg is vir jou nie.

Ek begin by jou nekspiere. Ek streel die spanning in jou kop saggies in jou skouers in. Dan werk ek dit uit jou skouers uit. Ek vryf al die spiere in jou rug en ek maak klein sirkeltjies al langs jou ruggraat af, soos die Swede dit doen. Jy kreun effentjies van genoegdoening. Ek doen jou arms. Dan doen ek jou bene: jou lang sterk bene word van bo af tot by jou voete gevryf. Ek neem die botteltjie Peppermint Foot Cream, ook van die Body Shop af, en streel die kontakpunte in jou voete wat die energie in die res van jou liggaam beheer. Ek vryf elke toon. Ek droog my hande af met die swaar wit handdoek en fluister vir jou dis tyd om om te draai. Jy draai om op jou rug en ons begin gesels soos ou vriende. Ons praat oor ander mense, oor ons lande van oorsprong, oor ons verskillende kulture. Ek voel soos ’n geisha. Want ek is mos ’n vreemdeling vir jou. Ons praat mos nie dieselfde taal nie. Maar ons is vriende. Jy is my beste vriend. En my minnaar.

Ek streel jou borskas met geurige olie. Jy vra my om my kleertjies vir jou uit te trek. Ek doen dit, gehoorsaam. Ek stroop my stukkie vir stukkie van my baie lagies Gotiese swart kant. Jy kyk met genoegdoening toe. Jy glimlag jou mooi glimlag. Ek is so mal daaroor wanneer jy vir my glimlag. Ek glimlag terug, van ver af; ek is so ver weg, ek moet iets doen om my nader aan jou te bring. Ons kyk in mekaar se siele in. Dan onthou ek van die vonkelwyn wat ek ’n uur gelede in die yskas gesit het vir ons, en ek stap in my onderklere in die kombuis in om dit te gaan haal. Ek is bewus van jou blik op my rug. Ek maak die bottel oop, en haal twee dun fyn glasies uit. Ek skink vir ons ons gunstelingsjampanje. Ons drink stadig, en ons gesels oor ons vriende op ver plekke. Ons skinder van hulle. Ek vertel vir jou van mense uit ons land van oorsprong wat emigrante verdoem, maar wat heimlik self wil emigreer. Ek vertel vir jou sleazy stories uit my eposbus. Ons word dronk en ons lag. Die heeltyd bly jy rustig met jou rug teen die sagte satynlakens. Dit is so luuks hier, vir iemand wat nie ryk wou gewees het op die basis van lewensgevaar vir haar minnaar nie.

Ek gooi my blonde kop op jou harde kop, en ek begin jou afsuig. Ek gee vir jou ’n blow job soos ’n groupie dit vir haar rockster gee. En jy kom in my mond, jy spuit jou vreugde in my mond uit en ek sluk dit in. Ek sluk dit van jou en dit maak my bly.

Dit is hoe woman on top gedoen word. Of dit die mees plesierige posisie vir die vrou is, weet ek nie. Vir my is dit maar een van vele.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.