Koos se Spens - rubriek deur Koos KombuisArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Verengelsing vs ver-enging in die Nuwe Afrikaans

Koos A Kombuis


Dit is die jaar 2003, en soos Afrikaans eindelik oper en meer verbruikersvriendelik word, is dit seker te verstane dat daar al meer stemme opgaan, veral uit die geledere van ouer skrywers, wat bepleit dat ons terugkeer na die enger norme van die verlede.

Om die een of ander rede kom hierdie debat nie van die grond af nie. Die jonger skrywers verwerdig hulle selde om te antwoord — hulle gaan eenvoudig voort om in moderne Afrikaans te publiseer — en die ouer garde probeer vergeefs wolf, wolf roep.

Ek het baie respek vir die ouer garde, ook die wat so vreeslik tekere gaan oor wat hulle noem “Engfrikaans” (“eng” in hierdie geval nie verwysende na “eng” soos in “narrow-minded” of “bekrompe” nie, maar eerder na die “Eng” van “Engels”). Ten spyte van my respek is dit ’n groot versoeking om Hennie Aucamp af te maak as ’n “verspotte ou man” soos wat Max du Preez gedoen het. En toe Lina Spies na Jackie Nagtegaal se boek verwys as “’n nonverhaal, geskryf in ’n nontaal”, was my eerste reaksie om haar — Lina — uit te kryt as “’n non”.

Dis egter beter om die bal te speel as die man en om die denkfoute van Aucamp se generasie te probeer identifiseer.

Aucamp se grootste fantasie-sprong behels die feit dat hy “Engfrikaans” sien as iets wat deur die redaksie van onder andere Die Vrye Weekblad uitgedink en gefabriseer is en vervolgens aan ’n niksvermoedende leserspubliek opgedis is.

Sy tweede fantasie-sprong is dat hy hierdie sogenaamde “taal-staatsgreep” — want in sy oŽ is dit niks minder as ’n taal-staatsgreep nie — as ’n politieke skuif te sien. Terwyl hy erken dat politieke protes in die tagtigerjare nodig was, en dat ’n losser Afrikaans selfs tydelik ’n sekere doel gedien het, verknies hy hom oor die feit dat die redakteurs van little magazines (soos Vrye Weekblad en Stet) toegelaat het dat die “loslit-Afrikaans” die sogenaamde “korrekte Afrikaans” permanent onttroon, tot in die marmersale van vandag se Establishment. Deesdae gee gevestigde uitgewers aanhoudend sulke boeke uit, en word hierdie selfde boeke bekroon, geprys en wyd gelees.

As daar iets soos ’n beplande staatsgreep was, is hierdie staatsgreep reeds voltrek. Die kritiek van Aucamp, Spies en Kannemeyer is mosterd na die maal.

Maar was dit werklik ’n beplande staatsgreep? Is die nuwe Afrikaans geskep deur ’n komitee? Is dit aan die volk opgedwing? Nee, natuurlik nie.

Die nuwe Afrikaans is dieselfde ou Afrikaans wat eers gestreamline is en toe deurspek is met leenwoorde uit die milieu van die jonger sprekers. Dat die meeste van hierdie leenwoorde Anglisismes of Amerikanismes is, is nogal jammer, maar dit is hoe mense deesdae praat, en om wette daarteen uit te roep sou oneffektief wees. Dit is hoe enige taal groei. Ons kan maar net hoop dat, nou dat Apartheid eindelik afgebreek is, en al hoe meer jongmense reeds van kleins af met ander inheemse kulture meng op die skoolbanke, die leenwoorde meer divers sal word. Wanneer ’n taal leen uit vele bronne, groei die taal, is dit ’n proses van eksplorasie. Wanneer ’n taal slegs uit een bron leen, kan dit eindelik lei tot ’n kapitulasie.

Mens moet Aucamp en hul tydgenote krediet gee vir die feit dat hulle die gevare van kapitulasie raaksien. Dit is egter laf van hierdie ou meesters om Vrye Weekblad en Stet te wil blameer. As daar blaam voor iemand se deur gelÍ moet word, moet wyer gekyk word: na die vorige regering, wat Afrikaanse jongmense kultureel geÔsoleer het sodat Engels die enigste ander taal was wat hulle gehoor het. Of na die huidige media-modes wat programme soos Idols en Big Brother uitsluitlik in Engels uitsaai (’n multikulturele Idols-kompetisie waar nie slegs sangers nie, maar ook liedjieskrywers, aangemoedig word om materiaal uit hul eie agtergrond voor te lÍ, sou al baie beter wees).

Mens moet egter ook nie na die ander ekstreem toe gaan en, soos Dan Roodt, die Engelse vir alles blameer nie. Engels het nie ’n wil van sy eie nie. Die feit dat Engels vandag ’n soort lingua franca geword het, is onvermydelik. Lingua francas het nog altyd bestaan, en sou jy Engels verdryf, word dit dalk met iets ergers vervang.

Die gevare van kapitulasie kan kreatief beveg word. Om eenvoudig vir Jackie Nagtegaal uit te kak is hoegenaamd nie die regte pad om te volg nie. Sy het nie die nuwe Afrikaans geskep nie, sy skryf net daarin.

Ek hoop egter dat mense van Nagtegaal se generasie, hoewel hulle kwalik bewus kan wees van die gevaar van kapitulasie, wel sal waak teen sekere ander probleme wat geskep kan word as gevolg van die nuwe Afrikaans. Dit is eenvoudig so dat ’n boek of teks wat woorde soos cool bevat, nie noodwendig iets te sÍ het nie. Daar is ook min dinge so irriterend soos ’n skrywer wat aspris probeer aandag trek met onnodige los Afrikaans wat nie inpas in die konteks van sy werk nie. Dit versteur die ritme, en, ergste van alles, dit veroorsaak dat die werk vinniger dateer. Ons moet onthou dat baie van hierdie leenwoorde ’n kort rakleeftyd het: hulle kom en gaan soos modegiere. ’n Stuk prosa wat byvoorbeeld sleng soos groovy en bakgat bevat, lees oudmodies, en is alles behalwe cool. Jackie Nagtegaal moet onthou dat haar werk, juis omdat dit tydsdokumente is, oor so min soos ’n dekade reeds vervang kan word deur of meer standhoudende literatuur of deur die ultracool werk van ’n nuwer generasie.

Op die ou end bly die norme van estetika in breŽ trekke onveranderd, en ’n goeie boek is ’n goeie boek, al verskil die details en al waai die modegiere soos herfsblare oor ons koppe heen. Eerlikheid, konsekwentheid, varsheid en werkbare metafore kan in enige dialek geskep word.

Om op te som: die oper, verbruikersvriendelike taal wat vandag se jong skrywers besig, het sy inherente gevare, maar is onvermydelik en bring ook wonderlike geleenthede tot vernuwing. Groot geeste soos Hennie Aucamp en Johan Kannemeyer is wys en ervare genoeg om party van hierdie gevare raak te sien. Om egter sonder meer hulle hele filosofie in te sluk en onkrities te staan daarteenoor, sou eindelik lei na ’n stagnerende behoudendheid, ’n denkelose, enge (dog nie Engelse nie) kulturele omgewing waarin geen groei of uitdaging moontlik is nie.

Ek is seker dat ’n goue middeweg moontlik is in hierdie debat, en dat daar genoeg talentvolle jonger skrywers is om hierdie middeweg te vind en daarin te woeker tot voordeel van die opwindende Afrikaanse dialekte van die toekoms.


Let wel: Die volgende Koos Kombuis-rubriek sal eers in Januarie 2004 verskyn.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.