Koos se Spens - rubriek deur Koos KombuisArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Is Kerkorrel se dood ’n kleedrepetisie vir
DIE DOOD VAN MANDELA?

Koos A Kombuis


Die dood van ’n geliefde openbare figuur het ’n groot effek op die samelewing as geheel, al het dit nie ewe veel effek op alle individue nie. Die dood van Hansie Cronjť was byvoorbeeld vir my ’n non-event. Maar vir die meeste blanke Suid-Afrikaners was dit ’n traumatiese ervaring. Die dood van prinses Di was vir die ganse Westerse WÍreld ’n reusagtige katarsis (ek is nou nog nie seker presies hoekom nie).

Die mees traumatiese sterftes sover in my boekie was die van John Lennon, Uys Krige, Johnny, Kurt Cobain en Johannes Kerkorrel. Selfs die dood van my eie pa was vir my, om redes wat ek nie hier wil of kan verduidelik nie, minder traumaties as die dood van ’n onbekende vreemdeling soos Kurt Cobain.

Dis asof mens se hele wÍreldperspektief verskuif met ’n paar grade wanneer so iets gebeur. Ek kan myself net so moeilik Suid-Afrika voorstel sonder Johannes Kerkorrel as sonder Nelson Mandela. En Mandela gaan juis nie meer lank met ons wees nie. Dis ’n voldonge feit. En ek weet ons is almal by voorbaat in denial daaroor.

Dit gaan ’n vreeslike gedoente wees wanneer Mandela die tydelike met die ewige verwissel. ’n Vreeslike gedoente. ’n Bisarre, emosionele, simboliekbelaaide, verstikkende, vreesaanjaende gedoente. En net soos in die geval van Kerkorrel (maar op ’n veel groter skaal) gaan die dood van Mandela ons, die kollektiewe mens, die groepsdier, voor sekere kardinale en baie moeilike keuses stel.

Die keuses in Kerkorrel se geval is eenvoudig dog moeilik. Ek sien sy dood as ’n wake-up call vir die strydende faksies binne die plaaslike, en veral die Afrikaanse, musiek-industrie. Hoe lank gaan ons nog vassit oor backtracks en vertalings? Hoe lank gaan ons nog elkeen probeer koning kraai op hierdie mishoop? Hoe lank nog gaan elkeen van die celebrities aandring daarop dat hy, en hy alleen, voortaan bekend moet staan as die Vader van Rock/die Oupa van Jazz/die Kleinnefie van Jodel/die Aangetroude Oom van die Hallelujaboekie? Wie ook al na dese met hierdie soort bakleiery voortgaan, moet sekerlik verban word na die buitenste duisternis saam met Lance James. Ek betwyfel dit of enigeen onder ons sulke swak smaak aan die dag sal lÍ; but then again, you never know. Dis vandag Donderdag. Ons sal sien.

As Kerkorrel die simbool is van iets groters as hyself, van eenheid in die aangesig van tirannie, van jeug-identiteit, van, wat jy dit ook wil noem, iets groters as hierdie sinnelose getwis, hoeveel te meer Nelson Mandela?

Toe die stomme Hansie dood is, het elke tweede briefskrywer in Die Huisgenoot gevra: “Waarom vereer ons Hansie nou eers? Waarom was ons nie nice met hom toe hy nog gelewe het nie?” (Of iets in hierdie lyn.)

Okay, hoe is dit op Mandela en sy simboliek van toepassing? Hansie het vir my geen simboliek nie; as ek aan hom dink, dink ek aan patchwork-leather jackets en krieketballe. Maar as ek aan Mandela dink - goeiste! - dan wroeg ek met beelde en idees wat die ganse mensdom raak. Dan worstel mens met iets wat naby aan Christus is. Jy wonder oor die einde. Jy besin oor vrede (of oorlog) op aarde. Jy wonder oor vergifnis, jy bekommer jou oor die sterwende massas van Zimbabwe, jy besef opnuut wat ’n doos George W Bush is (al besef jy Osama Bin Laden is dalk net so ’n groot doos). Jy vergeet alles van backtracks. Jy vergeet heeltemal dat jy eintlik veronderstel is om geÔrriteerd te wees deur die Campbells en die Francois Hayese. Jy worry op die ou end, as al die stof gaan lÍ het, oor iets waarvan jy gedink het jy al lankal vergeet het: die reŽnboognasie.

Die reŽnboognasie. So ’n passť konsep op die oomblik. So cutting edge die moment wanneer Mandela sterf. Die moment wanneer ons onsself weer moet meet aan die standaarde van vryheid en vergifnis wat hy daargestel het. Die dag wanneer Mandela sterf, of selfs wanneer biskop Tutu sterf, sÍ ek julle, gaan die woord “reŽnboognasie” weer klink soos ’n nuwe uitvindsel. Al is dit net vir ’n rukkie. Ons gaan weer daaroor praat. Ons gaan dit onthou. Ons gaan wens dit was waar. Ons gaan weer daaraan wil glo, soos ons eenmaal, lank gelede, geglo het in die Tandemuis, Liewe Jesus en Vader Krismis.

En weet julle wat? Dit gaan goed wees vir ons om weer daaraan te dink. Want as ons in Suid-Afrika die ideaal van die reŽnboognasie vir altyd vergeet, het ons ons doel gemis, en kan ons net sowel almal in Londen gaan woon tussen die brandende skape en die vrees vir Anthrax en die rooi tiekiebokse huis toe en die heimwee en die alleen-wees en die sporadiese, stille opgewondenheid wanneer jy vir ’n oomblik ’n Afrikaanse aksent op die Underground herken (en dadelik jou kop oor jou koerant laat sak).

Hoe ontsnap ’n mens aan iets soos die naderende dood van Mandela? Jy kan nie. Dis so heavy soos die Wederkoms of die Hel. Mens voel half jy moet jouself donners vinnig bekeer.

Mandela se dood gaan ’n cut-off point wees vir vrede in Suid-Afrika, net soos Kerkorrel se dood die cut-off point is vir sinlose ego clashes onder Afrikaanse musikante. Of ons die cut-off point gaan gehoorsaam, hang natuurlik van onsself af. Ons het die wil. Ons het die goeie intensies. Party van ons het selfs ’n bietjie leierskap. Al hoe meer mense, veral jongmense, begin deesdae vir hulleself dink.

Die ou helde sterf, of kry prostaatbehandeling, of gaan woon in Onrus. Die ou helde se tyd is weldra verby, al leef hulle simboliek voort. Wanneer Mandela se liggaam ter ruste gelÍ word, sal sy voete nog na vryheid stap. Ons is vry om hom te volg. Soos ons vry is om te onthou waarvoor Johannes Kerkorrel werklik geleef het as jy verby al die skanse en skinder kyk.
O, by the way. Ons het toe mos later ontdek wie al die Shifty-miljoene gesteel het. Dit was nie Dagga-Dirk nie. Dit was nie Lloyd Ross nie. Dit was ook nie my vriend Tjaart nie. Just for the record (no pun intended). Maar ek sÍ niks verder nie, want daar was nou genoeg selfmoorde in die sirkus.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.