KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Wolfman losgelaat

deur JP du Toit, luisterder van musiek


Resensie:

CD titel - Wolfman
Kunstenaar - Albert de Vos
Opgeneem - Sharp Studios, Kensington, Johannesburg
(2003)

“in die skaduwee in die helder son
as hy die strate vat, sal hy selde rus
hy spits sy ore hy snuif die lug
hy’s klaar geŽet, maar hy bly nog lus”

Wolfman CD-cover

My eerste blootstelling aan die musiek van Albert de Vos was so ses of wat jaar gelede in die Baai voor ’n Koos Kombuis-gig. Nie lank daarna het ek saam met ’n paar ander huweliksgaste gedans op sy musiek van die “Diep Karoo” album. ’n Paar jaar later weer loop ek hom raak by Dorpstraat teater en luister na sy musiek van die “Wolfman” album. Die stoppelbaard was weer daar. En die bekfluitjie en hoed. Die tunes ’n bietjie anders, maar die stem was steeds gemaak-speels, maar tog diep. Of is dit andersom?

In die album-cover noem hy dat die songs onder andere handel oor “klankgolwe, die engel op jou linkerskouer, die verlore Breyten, jou psigopatiese buurman, die vrou in die skadu, paranoia, boemelaars, gebreekte lywe en siele, magiese oomblike, kitsliefde, die ewige soektog na die dier en die mens (of is dit die mens in die dier?).” Miskien. Miskien nie.

Party van my geleerde kollegas spekuleer dat die see ’n simbool van die onderbewussyn is en dat visvang iets te doen het met die ophaal van die dinge van daaronder. As ons die metafoor gaan duld, kan ons spekuleer dat die kunstenaar in die saamstel van hierdie versameling boots & all ingespring het. Miskien is daar ook ’n ontkende weerspieŽling van die ander ou op die regterskouer? Ander kollegas sou peinsend wonder of die karakters genoem in die bogenoemde paragraaf nie almal aspekte van dieselfde psige is nie. Meer daarvan later.

Die musiek:
Daar’s ’n bietjie rock, bietjie blues, country en soul - of dit is hoe dit op my oor val. Half Bob Dylan-bekfluitjie, half Akkedisesque khitaar. Half dramaties, half naief. Half sad, half speels. Heeltemal opreg. Ek’s nie so seker of die verkope Andre Swarts s’n ’n go sal gee nie, maar ek voel ’n prentjie van ’n tweedehandse, beige motor wat in slomo deur die karoo ry en die flitse van die gebroke wit lyn onder die maag verwelkom. Die enkele bestuurder se oog is iewers onspesifiek op die horison gerig, die regterhand op die oop venster, die linkerhand op die stuur met ’n duim wat die ritme polsÖ En saam met Albert op reis na daar iewers. Na die buitekant? Of na die binnekant? Is die onderbewussyn op die skouer of onder ’n boom? Daar onder of hier rondom? Dit voel of die musiek maklik kom. Onpretensieus, opreg. Van die krop van die maag, eerder as van die regterbrein.

Die lirieke:
Van onder en van rondom. Die skrywer kyk rond en in. Daar’s so ’n ietsie van Piet Botha wat fluister dat hierdie songs nie deur iemand geskryf is wat woorde gesoek het om by tunes te pas nie. Dit voel asof daar iets onder die bed was wat bly neul het totdat dinge gesÍ is. Die lirieke praat nie net nie, maar luister ook. En vra. Soos “daar’s baie dinge wat nie sin maak nieÖ” (track 5, “Hoekom”). Calvin Koen het iets gedoen — “daai dag, daai ding”. Almal wonder hoekom. Niemand weet nie. Die sanger bly speels pragmaties — hy’t dit gedoen en tog ook peinsend — hy nooi ons om te spekuleer hoekom.

Terug na die psige: Daar’s altyd iets onsekers. Ons sal aanhou wonder en kan partymaal (net vir ’n oomblik) voel ons kom nader aan die waarheid wanneer ons metafore speels om en om draai, of wanneer ons kyk na overexposed swart en wit fotos met lang skaduwees. Daar is altyd iets van die verlede wat ons nostalgies bybly (track 7, “Radio”). Daar’s iets onbekend (track 4, “Stem binne my”) en onvoltooid (track 8, “Half mens”). Daar is onwaarskynlike engele (track 3, “Eenuur vrou”), offbeat verhoudings (tracks 3, 12 en 13, “Eenuur vrou”, “Die Oomblik” en “Soek na Salome”). En meestal, ultimately, staan ons soms alleen en wonder, partymaal nostalgies, partymaal nie sonder daardie hondervleiswekkende gehuil van die eensame wolf in die skady van maanlig van die bewussyn (tracks 1, 4, 5, 9 en 10 “Wolfman”, “Stem binne my”, “Hoekom”, “Aan die buitekant” en “Stukkend”).

Ö in die skaduwee, in die helder sonÖ
Ö wie se voete is dit wat jy hoor as die maan deur die wolke loerÖ
Ö kyk jy in ’n spieŽl of is dit iets wat daar buite roer?

Ö hy’s ’n vreemdeling, maar jy ken hom goedÖ

Dit is amper die einde van die review en ek het nog nie gesÍ of dit ’n goeie of ’n flou album is nie. Ek het ook min of meer versuim om te sÍ wie daarvan sal hou. Maar hoe kan mens sulke vrae beantwoord oor die vreemdeling wat ons so goed ken? Kyk maar self in die spieŽl en luister na die geroer.

Wolfman is beskikbaar by adtvos@iafrica.com.

Klik hier vir Andries Bezuidenhout se rubriek oor Albert de Vos en Wolfman.



LitNet: 3 Junie 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.