KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Soveel kleure hy kan

2005 was n grote vir die Verkleurman. Die einde van Boo!, die begin van n solo-loopbaan, die ongelooflike sukses van Ek Herhaal Jou en die warrelwindbestaan van optredes, toere en opnames wat gevolg het. Dit was n snikhete Valentynsdag, presies n jaar nadat hy die eerste twee Ingrid Jonker-verwerkings vir 7de Laan opgeneem het, wat ons in die Dorpstraat Teater op Stellenbosch se agterplaas gesels het oor, onder andere, Boo!, musikale skisofrenie en geel t-hemde.

Onderhoud en fotos: Riana Wiechers

Wat is jou gewaarwordinge as jy terugkyk oor die afgelope jaar?

As Ek Herhaal Jou rustig was, was die afgelope jaar hoegenaamd nie. Sedert daai eerste twee liedjies het ek n dolle bestaan gevoer van optree en nogmaals optree om die geweldige aanvraag te bevredig. Ek het nooit gedink die projek gaan so groot word nie. Ek moet bely, ek't dit wel gehoop. En ek het baie vinnige onderrig ondergaan in die hantering van my musiekloopbaan in Boo! het ek net geskep; my kollegas het die bestuur behartig.

Maar wat my gees betref, het ek grootliks onveranderd gebly. My hart voel n bietjie beter as n jaar gelede, want ek reken ek het genoegsaam herstel van die vreeslike skok wat die einde van Boo! vir my was. My verhouding met Ingrid is ook nog onveranderd.

Skryf jy self gedigte?

Ek het mos al die lirieke en musiek vir Boo! geskryf. Elke song is maar n gedig.

Maar ek skryf ook goed wat ek nie toonset nie. Ek is nou nie die wreld se blinkste digter nie, kyk, skoenmaker hou jou by jou lees. Ek het in die omslag van Ek Herhaal Jou n gedig vir Ingrid geskryf. Dis maar min of meer die vlak van my digkuns.

Wat doen jy wanneer jy nie toer of besig is om musiek te maak nie?

Ag, weet jy (stilte en n klein sug), dit spyt my om dit te s, maar ek is eintlik n vreeslike boring persoon. Ek hou daarvan om in die natuur rond te loop. Daars vir my niks lekkerder as om n paar stapskoene aan te trek en tussen die klippe en die gras en die bos en in die berge te gaan stap nie. Dit is vir my die lekkerste ding. Behalwe miskien vir naai.

Mis jy vir Boo!?

(Lang stilte) Ag, weet jy met die ouens van Boo! was dit Goeie mre kollega, lekker geslaap? Ja, lekker geslaap, kom ons gaan werk, en dan gaan werk ons saam. Elke dag dieselfde storie. Dit was besigheid. Vanuit die staanspoor.

Mens sou dink so n situasie ontstaan oor n tydperk

(Nog n lang stilte) Ek het baie hard daaraan gewerk om nooit n vriendskap daarvan te maak nie. Omdat ek weet besigheid met vriende of familie is nie n goeie ding nie. Dit was ontsettend intens, want nie een van ons was juis musikante om van te praat nie. Self moes ek maar uit noodsaak die bas opneem, want niemand anders kon dit doen nie.

Rrig? Of is jy nou beskeie?

Nee, ek weet dit! Dit was n ironiese situasie. Mense het baie kommentaar gelewer op die veronderstelde uniekheid van my basspel. Maar wat hulle nie besef nie, was dat dit n direkte gevolg van my onvermo was. As ek ordentlik kon bas speel, sou ek dit gedoen het. Maar dis hoekom ek die arme instrument verkrag het tot dit soos iets nuuts gelyk het. Nie een van ons drie is besonderse musikante nie. Dit was die opregtheid van die musiek wat dit laat werk het. Maar dit was intens om drie sulke totaal uiteenlopende persoonlikhede saam te gooi.

Dis hoekom mens sou dink dat daar n baie sterk kreatiewe band tussen julle moes wees ...?

Ek dink dit was n kombinasie van Leon se drif om die musiek uit te kry, want hy het al Boo! se bemarking gedoen, en Ampie se volslae oorgawe aan uitvoering. Ek dink dis vir Ampie lekkerder om op stage te wees as enigiets anders. Hy lewe daarvoor, dit kon jy altyd sien.

En vir jou?

En vir my was dit die kreatiewe ontladingsproses. Ek moet dit uitkry. Ek moet.

Soos om op die verhoog te wees?

Ja, ag, dit ook. Ek hou daarvan as mense dink eks oulik. Ek crave dit heavy.

Hoe sien jy jouself?

(Lang stilte) Ek hou van myself. Maar in Boo! het ons almal gely aan n fenomeen wat ons Post-tour traumatic stress disorder genoem het. As jy na n toer van 55 optredes in 75 dae in tien lande huis toe kom, dan is die eerste vier dae absolute saligheid. Maar ou maat, op dag vyf word jy wakker en jy voel hondkak. Want jys verslaaf. Jys verslaaf aan die toejuiging. En jy kry dit nie. En dan gaan jy in n depressie in. Dit het met ons almal gebeur en dit sal altyd so wees. Dis die jammerlike ding van uitvoerende kunstenaar wees. Dis eers nadat ek die drug begin proe het wat ek dit sterk begin crave het. En die drug is die performance. Ek sal vir ewig daaraan ly. Ek is maar net bly ek is nie n sportman nie. Mens kan darem musiek maak totdat jy 70 is!

Jyt so pas n DVD vrygestel. Hoe verskil die maak van n DVD van die maak van n musiekalbum?

Dis baie anders, want as jy n plaat maak, kry jy n tweede kans. Met n DVD nie. My DVD is lewend opgeneem en die produksiespan was gerel vir twee aande sodat ek die beste materiaal van die twee aande kon kies. Maar die eerste aand was die hele ding n misbaksel, want ek het n te helder kleur hemp aangehad. As jy na my op die monitor gekyk het, was ek net n geel blotch. Ons kon eintlik niks van daardie aand se materiaal gebruik nie. Ek moes toe besluit: Gaan ons verstellings maak in die ligte en ek weer die geel hemp aantrek, sodat ons kan sny tussen die twee aande se materiaal? Of gaan ek n ander hemp aantrek en alles op die spel plaas? Ek besluit toe om maar die tweede aand alles op die spel te plaas en trek toe n swart hemp aan. (Lag) Net om ddseker te maak! En toe doen ek dit maar in one take.

Is jy tevrede met die eindproduk?

Ja. Beslis. Dit het fantasties uitgekom. Die klank is ongelooflik, die beligting so fyn, so slim. Dis natuurlik ander ouens wat die krediet daarvoor moet kry.

Gebeur dit partykeer dat jy na opnames van jouself kyk of luister en jy nie tevrede is nie?

Ja. Ek dink dis baie natuurlik. Mens hoor nie mens se eie stem soos wat ander mense dit hoor nie. As jy na jou eie stem terug luister, is dit altyd n skok. Dieselfde met die visuele. Mens raak hiperkrities. Maar ek is nou al n toneelspeler en n musikant vir vyftien jaar, so eks gewoond daaraan. Ek dink nie ek sal ooit daarvan hou nie. Maar ek kan myself desensiteer.

Jy het jou loopbaan begin as akteur. Hoe het jy as musikant opgeindig?

Jy weet, op skool is vriendskappe mos n groot, ernstige ding. As jou vriend dan n ander ou se vriend word, dan is dit amper asof jy jou meisie verloor. Ek was in matriek, en ek en n vriend se paaie het geskei. Hy het vir my ges: Chris, ons het nou ons verskille en ons kom nie so goed oor die weg nie, maar hier is n kitaar. Ek dink jy en hierdie ding hoort bymekaar. Dis wat jy nodig het. En dis hoe dit gebeur het. Ek het myself toe leer speel. Nooit n les gehad nie.

Wanneer het jy jou eerste kreatiewe impuls ervaar?

Toe ek klein was, het ek n Paddington Bear-plaat gehad. En die temaliedjie vir Paddington was: Pa-pa-paa! Pa-pa-paa! (Chris voer die hele trompet- en tromboonwysie uit volle bors uit). Vir my was dit ongelooflike, magtige musiek. Ek kan onthou hoe ek my altyd verbeel het ek staan voor duisende mense en ek speel hierdie liedjie. Maar ek was klein; dit het gekom en gegaan. En op die 13de Januarie 1995, toe open ek vir Roxette in Ellispark voor 50 000 mense. En toe ek so uitstap op die verhoog, en ek sien hierdie ontsaglike skare mense voor my, toe dink ek: Mmm. Paddington. Die beer kom weer.

Is daar enigiets in jou loopbaan of lewe waaroor jy spyt is?

Ja en nee. Daar was baie kere wat ek spyt was oor goed, en daar is een of twee dinge wat onlangs gebeur het waaroor ek spyt is. Maar in die Bybel is daar n vers wat lees: Die Here laat alles ten goede meewerk vir di wat hom liefhet. En ek het dit nou al soveel keer gesien en persoonlik beleef. Elke kak ding wat nog met my gebeur het, het op een of ander ongelooflike, onbegryplike wyse gedraai en in n werklik positiewe ding verander. So, die goed waaroor ek spyt was daar het altyd n tyd gekom wat ek kon verstaan hoekom dit moes gebeur.

Kan jy n voorbeeld gee?

Ja. Die einde van Boo! Ek het destyds al my eiers in een mandjie gegooi. Boo! was alles, ek het n suksesvolle akteursloopbaan daarvoor prysgegee. Om gedurig oorsee te toer met n orkes is baie ontwrigtend. Jy lei nie n normale lewe nie, jyt nie n tuin nie, jyt nie n troeteldier nie, jyt niks wat jou anker nie. Maar ons het gedoen waarin ons glo en ons het geglo in wat ons doen en toe dit eindig, was ek heeltemal verpletterd. Ek het amper nie weer opgestaan nie. En natuurlik was ek spyt dat Boo! moes eindig. Ofskoon dit nie ek was wat dit laat gebeur het nie, want my ekskollegas het bedank. En natuurlik trek mens jou so iets persoonlik aan. Wat is dit aan my wat so sleg is? Dat ek hierdie twee ouens so ver gedryf het om iets so wonderliks, so spesiaal te los? Bloot uit hoofde van die feit dat hulle nie meer lus was daarvoor nie? Where did I fail? En ek ws spyt, ja. Maar dit was skaars ses maande later, toe gee daai spyt vir my groot vlerke. Want wat ek nou het, is soveel mr wonderlik. Ek het al my beeste en al my skape en al my vroue teruggekry, en selfs nog meer.

Jyt ges die Here laat alles ten goede meewerk. Wat is jou siening oor geloof?

Ek is Christelik grootgemaak. Nederduits Gereformeerd. Gekatkiseer in die NG Kerk. Ek ken die Bybel soos die palm van my hand. Intussen het die Bhagavad Gita en die Koran ook bygekom. Maar ek steur my nie te veel aan wat di kerk s, of wat di kerk s nie, want hulle gaan die pot mis sit. Die Kerk is ook maar n groot politieke organisme. Ek is n enkeling in my geloof, maar my saak is reg.

Hoe vorder jou nuwe album?

Ek het my Engelse plaat nou net n week terug voltooi. Ek het dit nie op skedule klaargemaak nie, maar nou is die ateljee reeds volgeboek met ander orkeste, en ek kan eers weer aan die begin van Maart teruggaan om die finale vermenging af te handel. Maar dit was die moeite werd. Ek wou geen steen onaangeroerd laat om dit die beste moontlike weerspieling van my vermons te maak nie. Ek het gedink ek gaan die Engelse plaat uitgee hier in Maart, April. Maar nou het ek besluit ek gaan die Engelse plaat en die Afrikaanse plaat op dieselfde tyd uitgee. Dit behoort in Junie te gebeur.

Hoekom nie albei tale op een album nie?

Kyk, dit is n probleem. Ek dink nie daar is nog n plaaslike kunstenaar, in terme van die mark, wat so skisofrenies is soos ek nie. Ek maak al jare lank Engelse musiek vir n internasionale gehoor. Nou het ek die afgelope jaar iets gedoen wat die Afrikaners se verbeelding aangegryp het. En die pad vorentoe was n wesenlike probleem. Daars niemand na wie ek kan kyk en vra: Hoe word dit gedoen? nie. Want dit s nog nie gedoen nie. Daar is individue in ons land wat in Afrikaans en Engels musiek maak. Maar daai Engelse musiek is verstard in die plaaslike idioom. Dit sal nooit n kat se kans in die buiteland staan nie. En ek wou n plaat maak wat sy man kan staan in die internasionale opset. Maar die twee plate is totl verskillend. Die Engelse plaat se materiaal het ek alles vir Boo! geskryf, so dit sal daaraan herinner. Daar is weer ooreenkomste tussen my nuwe Afrikaanse werk en Ek Herhaal Jou, want ek is uiteraard deur die liriese inhoud van my vorige projek gelei. Ek het in daardie emotiewe sfeer gekomponeer. Maar die tekste is my eie.

Hoe gaan jou shows lyk? Gaan jy die Engelse en Afrikaanse materiaal saam uitvoer?

Ek dink ek gaan my laat lei deur die tipe plek waar ek speel. Ek weet byvoorbeeld hier in Dorpstraat en by Die Boer is dit Afrikaanse mense wat kom kyk en ek weet waarvoor hulle kom en ek sal doen wat ek nou doen. Wat die Engels betref di sal ek met n orkes doen. Theo Crous van Kobus! en Springbok Nude Girls sal kitaar speel en daar sal ook n dromspeler en n basspeler wees. Ek het besluit om voorlopig op te hou bas speel, want ek wil vry wees en nie my omgang met die mikrofoon en die gehoor beperk nie. So dit sal altyd duidelik uitgespel word op die plakkate dit gaan twee totaal verskillende bemarkingstrategie wees. Nou die dag vertel n Engelsman in die Kaap vir my hy was so mal oor Boo! en dis so jammer dat Boo! opgebreek het. En toe vra hy my: Nou maar wat doen jy deesdae? En dit was net vir my opnuut n herinnering aan die geweldige verdeeldheid wat daar tussen die Afrikaanse en Engelse markte is, hoe totaal afsonderlik hulle van mekaar funksioneer. Maar dit is dan ook vir my gerusstellend, want dit beteken ek kan wegkom met hierdie skisofrenie. Die linkerhand weet nie wat die regterhand doen nie. Dis lekker.

Vandag is die 14de Februarie. Hoe voel jy oor Valentynsdag?

Valentynsdag is soos Paas- en Kersfees en Moedersdag en Vadersdag. Mens behoort dit eintlik elke dag te herdenk; mens moet elke dag daai dinge in gedagte hou. Vrouedag, Menseregtedag jy kan nie mense net een dag per jaar vereer nie. Maar dis goed dat daar n dag in n jaar is wat ons intens aan hierdie sake herinner. Mens kan nie die dag self verkwalik dat daar mense is wat kommersile gewin daaruit maak nie. Besigheid is besigheid. Dit beteken nie jy hf iets te koop vir iemand vir wie jy lief is nie, maar dis lekker om iets spesiaals te doen. Net soos op al die ander spesiale dae.

Ek het vandag jou naam gegoogle en daar was n paar interessante inskrywings op die eerste bladsy

Chris Chameleon het huis toe gekom om sy herkoms te vier met die bekendstelling van sy eerste solo album Ek Herhaal Jou.

Dis honderd persent waar. Retrospektief gesien is dit presies wat gebeur het. Ek het begin as n Afrikaanse kunstenaar. Ek het begin musiek speel toe ek 18 was (dit was toe die hele Volvry-ding). Ek gee nou bietjie my ouderdom weg, maar Volvry was vir my n verskriklike onthulling. Dat mens sulke goed in Afrikaans kon doen. So het ek die eerste jaar of twee net Afrikaanse musiek gemaak. Maar daarna, jy weet, uit hoofde van my internasionale toepassing het dit nou maar Engels geword. Dit was nie n bewustelike besluit nie. Dit gaan om die genre. Elke genre het sy taal. Het jy al gehoor hoe kak klink opera in Engels? Dit klink tos. Maar dit klink wonderlik in Italiaans en Germaans. As jy in Hebreeus rock n roll, dan klink dit of jy aan broccoli verstik.

The genderless phenomenon Miss Chris Chameleon

Ja, dit was die geval. Mense dink miskien dit was n uitsluitlik vroulike persona, maar in my optredes, ofskoon ek miskien aangetrek was in n sekere rol, het ek die rolle gereeld verwissel. En die rede daarvoor is dat ek n maniese en n depressiewe kant het. Die depressiewe kant is manlik. Die maniese kant is vroulik. Ek weet mense hou van n lekker paartie, so as ek hulle n lekker tyd gee, dan doen ek dit as vrou. Dis hoekom die Jonker ding vir my so gebalanseerd is. Want ek doen dit as n man en daar is n vrou daarin.

Chris Chameleon has ditched the frock and the monki punking of his Boo! days to breathe new life into the poetry of iconic Afrikaans

Ek sal daarvan hou as dit as sulks gesien word. Ek is eerstens n Suid-Afrikaner, maar daarna is ek n Afrikaner. Ek is baie trots op my Afrikanerskap. Ek noem myself n ware Afrikaner en ek gee nie om wat mense dink dit is nie. As ek s eks n ware Afrikaner, dan s ek dit uit hoofde van m begrip van wat n Afrikaner is. Mense moenie etikette aan my kleertjies kom vasnaai nie. En wat is n ware Afrikaner? Daar is soveel definisies as wat daar opinies daaroor is. Maar wat my betref, is ek n Afrikaner omdat ek in Afrikaans grootgemaak is. Langenhoven het ges: Soveel tale ek kan, soveel male ek man. Ek is vlot in vier tale en my persoonlikheid verander in elkeen van daai tale. Wat Langenhoven ges het, is s waar. Selfs as ek die bietjie Zoeloe wat ek kan praat, gooi, dan voel ek: Jie, hier kom nou weer n ander ding in my na vore.

Chris Chameleon is as changeable and colourful as his name suggests

Die naam kom al van 1988 met my saam. Ek was toe te jonk, ek het nie die innerlike krag gehad om myself daartoe te verbind nie. Dus het ek eers in 1992 onder die naam begin optree. Maar ek het dit al vier jaar vantevore, in 1988 aangeneem. Ek was op n skooltoer gewees, en daar was n albino swart ou saam met my op toer. n Verskriklik intelligente ou. Ons het die langste, interessantste gesprekke gehad, en hy het my kop oopgemaak vir die chameleonism in ons almal. Daar het ek besluit: ds my naam.

Chris Chameleon stabbed during house robbery January 3, 2004

Ek het in my bed gel en slaap. Toe ek wakker word, is daar twee mans op my wat besig is om my aan te val met n mes en n skr. Hulle het my gesteek in my rug, my bors, my bene. Ek het sestig steke gekry.

Hoe het jy dit oorleef?

Ek het n helse kabaal opgeskop en gefight tot die polisie gekom het. Hulle het n waarskuwingskoot geskiet en die ouens het weggehol met twee selfone en n paar hardloopskoene. As gevolg van die snymerke aan my bene is my rokkie-dae ook nou iets van die verlede. Dis waaroor ek die meeste die moer in is. Maar kan ek jou eerlikwaar s, as ek kon teruggegaan na daardie aand, dan sou ek weer my vensters en deure oopgelos het. Ek sluit dit deesdae, maar wat ek bedoel is, daardie ondervinding was waardevol. Ek is bly ek het dit gehad. Die enigste ding wat hulle van my kon neem wat van waarde was, was dit wat ek vir hulle kon gee. En ek het dit nie vir hulle gegee nie. Die selfoon? Die skoene? So what, ek vervang dit. Maar wat is wrklik waardevol? My vrede.


LitNet: 14 Maart 2006

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.