KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Weskuns betrek gemeenskap in ware sin(g) van die woord

Erns Grundling

Wat het Anton Goosen, Piet Botha en 'n vlieŽslaner gemeen? Of Valiant Swart en iemand wat 'n munisipale voertuig vir 'n lewe bestuur?

Een woord: Weskuns.

"Biscuits en biltong, ek is 'n Weskus-klong," sing David Kramer in een van sy bekendste songs. Wel, as Kramer hierdie komende naweek by die Rittelfees op Vredendal opgetree het, sou hy sekerlik kon gesing het "Ek is 'n Weskuns-klong!"

Die Weskuns-konsert, wat Saterdag om 21:30 by die Weskuns Goiya Hoofverhoog plaasvind, span beslis die kroon op vanjaar se Rittelfees, wat op hierdie stadium dreig om uit sy nate te bars.

Waar die meeste ander feeste gewoonlik afsluit met 'n groot opelugkonsert (dink maar aan Kaktus op die Vlaktes en OppiAarde), is Weskuns 'n konsert met 'n verskil.

Sterre soos Anton Goosen, Piet Botha, Valiant Swart, Saranti Rheeders en Ollie Viljoen gaan die verhoog deel met van Vredendal en omstreke se mees talentvolle plaaslike kunstenaars. En verhoog "deel" in die ware sin van die woord! Nie bloot 'n geval van 'n plaaslike Jan Rap wat saamneurie as Goosen "Kruidjie-roer-my-nie" sing nie. Watwo, hierdie plaaslike kunstenaars gaan hul eie, oorspronklike werk sing saam met die groot sterre.

En hierdie plaaslike "kunstenaars" is nie blinkgepoetste tieners met sterre in hul oŽ om Pop Idols te word nie! Hoegenaamd nie ... hulle wissel byvoorbeeld van iemand wat munisipale voertuie bestuur tot 'n afgetrede kÍrel van Leopoldtville.

Hierdie projek herinner sterk aan David Kramer se Karoo Kitaar Blues, wat in 'n groot mate ook as inspirasie vir Weskuns dien. David Kramer het juis in sy LitNet-onderhoud met Koos Kombuis die klem geplaas op die ontginning van plaaslike talent en die soeke na die ware wortels van 'n Suid-Afrikaanse (en by implikasie ook Afrikaanse) musiek. Nou hoeveel lekkerder kan local raak as om die geleentheid te skep waar ware "inheemse" musiek uit die Weskus en Namakwaland saam met sterre soos die Liedjieboer, die Mystic Boer en Bra Piet Botha weerklink?

Maar waar kom die spesifieke konsep van "Weskuns" vandaan?

Gerrit Rautenbach, bemarker van die Rittelfees, vertel meer: "In Aprilmaand is ek deur Louw van Zyl ('n feesdirekteur) genader. Hy't vir my gevra 'Gooi my nou 'n lyn ...', iets wat eie aan die Rittelfees sal wees. So het Weskuns sy ontstaan gehad.

"Daar is soveel feeste in die land wat almal in wese dieselfde is. Ons het besef die Rittelfees het 'n point of difference nodig. Wat kan mens doen wat radikaal anders is? Om 'n fees te hou ten bate van die gemeenskap is een ding, maar om die gemeenskap te betrek is iets heeltemal anders. Daarom het ons besluit op 'n geleentheid om plaaslike kunstenaars uit die gemeenskap op die Hoofkonsert te laat optree, en nie slegs op byvoorbeeld 'n Voorbrand- of Rimpelfees nie," het Rautenbach gesÍ.

Volgens Rautenbach het die Weskus as streek geweldig baie outentieke materiaal. Hy glo dat die Weskuns-konsep baie waarde het, en wil graag sien dat dit ook neerslag vind by die ander groot feeste regoor Suid-Afrika.

Weskuns is ook nie uitsluitlik 'n musiekkonsert nie. Daar is ook 'n komponent waar die voorste storievertellers hul sÍ op die verhoog gaan sÍ, wat hiervan as 't ware 'n verskeidenheidskonsert maak. En wie beter as die legendariese bobaas-storieverteller Fanus Rautenbach om die verhoog met plaaslike storievertellers te deel!

Wat kan feesgangers verwag van Weskuns? Ek het self die voorreg gehad om as beoordelaar op te tree tydens die uitdunne om die plaaslike kunstenaars aan te wys en wil eintlik nie te veel van die geheime weggee nie - maar ons span beoordelaars was heeltemal verstom deur die groot hoeveelheid plaaslike talent.

Vir diegene wat nie die naweek Vredendal toe kan gaan nie, is daar darem 'n skrale troos: die Weskuns-konsert word in sy geheel lewend opgeneem (vanuit 'n mobiele klankateljee wat glo herinner aan diť van die Rolling Stones en Led Zeppelin), en as die borge en belangstelling daar is, sal dit op cd uitgereik word.

Johann Kotzť van Afrimusik - iemand wat al vir jare blootstelling gee aan opkomende kunstenaars - is die organiseerder van Weskuns.

"Ek beskou Weskuns as 'n art version van Maak 'n Las, iets wat hopelik 'n instelling kan word. Dit is kultuurontwikkeling in die ware sin van die woord," het Kotzť gesÍ.

Kotzť het 'n bielie van 'n band bymekaargebring. Ollie Viljoen is die "lead musician", natuurlik op trekklavier.

Floors Oosthuizen doen diens op elektriekse kitaar, Schalk Joubert beman die baskitaar en Tim Rankin sorg vir die perkussie. Saranti sal vir op en wakker note op die klawerbord sorg.

Die konsert skop af met 'n gatskop musikale verwerking van "Boesmanland". Die sterre gaan deur die loop van die konsert elk twee van hul eie songs sing. (Saranti gaan onder meer 'n verwerking van Spinnekop se "Tiger en Louise" sing.)

Wat die plaaslike kunstenaars betref, gaan Martin Nel van Leopoldtville sy song "VlieŽslaner" saam met Anton Goosen en Piet Botha sing. Nel herinner sterk aan Lou Reed, met 'n sterk dosis alternative country. Beslis iets om te aanskou!

Melissa - 'n jong, aanvallige vrou van Vredendal - gaan een van haar eie Afrikaanse blues songs saam met Piet Botha sing. Melissa se oorspronklike werk herinner sterk aan diť van Tori Amos, en sy het 'n presence op die verhoog soos ek lanklaas gesien het in 'n jong sanger. Haar weergawe van ddisselblom se "Bang" tydens die uitdunne maak mens bang om al die regte redes, en haar oorspronklike Engelse song was uiters indrukwekkend.

Ivan van der Merwe is 'n jong lat wat reeds naam gemaak het met sy band. Hy het reeds al langs die Weskus en in NamibiŽ getoer. Ivan gaan van sy oorspronklike werk saam met die Weskuns-band opvoer. Melissa en Celeste gaan saam met Saranti optree. Twee hip-hop-groepe, Dilemma Boyz en 4Cast, maak ook deel van die Weskuns-konsert uit.

Anelia van Zyl is nog 'n jong vrou van Vredendal wat 'n pragtige song geskryf het, eie aan die Weskus. Sy lewer selfs skerp en satiriese sosiale kommentaar op die musiekbedryf in haar song. (Ek sal na afloop van Weskuns enkele van die lirieke op LitNet publiseer.) Sy gaan saam met Valiant Swart optree.

Thys Januarie, 'n Namakwalander in murg en been, beloof ook om een van die groot sterre te wees. Hy gaan "Namakwaland Wals" saam met Valiant Swart sing. "Namakwaland Wals" is deur Januarie se pa geskryf en jy sal ver moet gaan soek vir 'n meer outentieke song oor die omliggende streek. (Januarie is ook een van die storievertellers wat tydens Weskuns saam met Fanus Rautenbach gaan optree.)

Weskuns beloof om 'n besonderse musiekgebeurtenis en vertoonvenster vir plaaslike talent te wees.

Soos Gerrit Rautenbach tereg opmerk: "Op die ou einde is die Wesku(n)s die grootste ster!"



LitNet: 29 Oktober 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.