KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Zander Vos: kosmies stadswys

Johann Kotze

1ste album — Navelzien, 1997 (met sy destydse groep, De Waterlanders).
2de album — Delftsroze, verskyn eersdaags.

Die Nederlandse rock ’n roller Zander Vos se nuwe album sluit ’n snit in wat verlede jaar by die Oppikoppi musiekfees opgeneem is — ’n uiters komiese duet saam met Koos Kombuis waar die Nederlander heel ernstig sy liedjie voordra terwyl Koos terselfdertyd direk vertaal. Dis hoe Zander Vos sy eerste optrede in Afrika sal onthou ... Met sy tweede besoek aan die kontinent het Johann Kotze met hom gesels tydens sy kort besoek aan Stellenbosch na afloop van sy optrede by die Aardklop Fees.

Zander Vos lyk en dink soos ’n Amsterdammer, al kom hy oorspronklik van Utrecht. Kosmies stadswys — met sy swaar aksent en onervarenheid in Afrikaans — praat ons veel makliker Engels. Sy fluffy wit-blonde hare en soft-spoken manier herinner my aan ’n heerlike goofball-held uit ’n Europese hippie TV-film. Hy is eintlik ’n film-editor van beroep; maar soos die meeste underground-kunstenaars het hy ’n ‘regte werk’ om sy werklike passie — musiek maak — te ondersteun.

Koos het Zander ontdek op ’n konserttoer na Nederland in 1998, waar hy hom in ’n kroeg sien speel het.

Koos sÍ: “Hy is een van my gunsteling Hollandse sangers saam met Stef Bos en Frank Boeijen.”

Zander reken die Nederlandse musiekscene is in ’n redelik goeie toestand. Daar verkoop ’n underground (“alternatiewe”) kunstenaar soos hy maklik so ’n paar duisend CDs. Hier sukkel iemand soos ’n Valiant Swart (wat alom bekend is) om 3 000 eksemplare van sy werk te verkoop. Zander se eerste CD is eers uitgereik as ’n spesiaalverpakte beperkte oplaag van 1500 (wat ’n kontras van getalle!)

’n Groep soos Doe Maar, ’n absoluut fantastiese “alternatiewe” Nederlandse kultusgroep, verkoop omtrent soveel CDs as wat die Schuster / Patricia Lewis brigade (ons topverkopers) van die hand sit.

En hulle Jurie Else (byvoorbeeld BZN, wat ons hier ook by kettingwinkels soos Shoprite-Checkers kan koop) verkoop sommer maklik ’n paar honderdduisend eenhede per jaar!

Soos hier speel natuurlik nie alle groepe musiek in hulle eie taal nie, maar die Nederlanders het darem nog altyd ’n geskiedenis van eie kultuur gehad. Zander sÍ dat daar nou, soos hier op eie bodem, weer groepe gevorm word wat in die “taal van die bevolking” musiek maak. Die ooglopende verskil daar is natuurlik die omvang van die kopersmark: Amsterdam kan meer eklektiese groepe ondersteun as wat die hele hoofstroom Suid-Afrika sy kunstenaars kan bied.

Net soos in Amerika, of trouens die hele wÍreld, is dit maar egter so te sÍ onmoontlik om die hoofstroom te tref sonder die hulp van ’n groot platemaatskappy en die “middle-of-the-road” radiostasies. Ons kon beslis oor die feit saamstem dat “kak oraloor die wÍreld altyd goed verkoop.”

Zander is ’n bietjie verleŽ oor ’n besonder radiovriendelike snit van sy album wat verlede jaar ’n treffer was op die kommersiŽle stasies. Tog besef hy dat dit moontlik die enigste manier mag wees om die ideaal van ’n professionele kunstenaar te verwesenlik.

Luister jy egter na die klanke op sy nuwe album, dan wonder jy maar hoe hierdie amper eksperimentele studiokonsep daardie ideaal van hom gaan verwesenlik. Invloede van Portishead (Britse trip-hop groep) en die besondere nuanse van ’n Europese produksie is naatloos saamgevoeg met Zander se eiesoortige (70’s) soulful lirieke en progressiewe aanslag.

Om egter hierdie moderne, progressiewe style uit te buit is daar natuurlik ’n hoŽ prys te betaal in ateljeetyd: en dis die grootste rede waarom Afrikaanse musiek nooit so kan klink nie — die produksiekoste is eenvoudig net nie verhaalbaar nie.

Wat dink Zander van Afrikaanse musiek? Hy hou baie van Piet Botha se albums, veral die snit “Goeienag Generaal”. “And I feel really close to Valiant Swart’s sound,” sÍ die vriendelike Nederlander...

En sy gunsteling Afrikaanse album?

“The one I play most is Gert Vlok Nel’s Beaufort West se Beautiful Woorde. We stopped over at Gert’s house (in Beaufort-Wes) there on the way down and it was really nice.”

Zander se klanke is ’n hele kontinent verwyderd van die wat hier op eie bodem geskep word, tog kan enigiemand wat bereid is om na iets nuuts te luister, hierin vele plesiere ontdek, al is daar ’n skrale kans dat die gemiddelde Stef Bos / Laurika Rauch koper sy “Navelzien” sal kan verteer. Solank as wat die Afrikaanse mark nie sulke musiek kan laat gebeur nie, sal ons maar na die ingevoerde kaviaar moet luister.

Mens kan net hoop dat daar genoeg geleenthede geskep kan word vir kunstenaars van Zander se kaliber om te kom raad gee met ’n ander perspektief op die lewe as die een waarin ons bedryf vir soveel jare geketting is.

Sukkel gaan jy egter sukkel om Meneer Vos se opnames in die hande te kry. Hou maar aan karring by jou plaaslike CD-winkel of krap rond op die internet — maak net seker jy kry hierdie CD van die briljante kunstenaar in die hande.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.