KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Drie CD Reviews Kyk TV Tesame

Toast Coetzer

Rooibaardt
Increase da peace
Bestel Rooibaardt se album by Gamecock@isat.co.za

Radio Kalahari Orkes
Stoomradio
Klik en koop nou by kalahari.net!

DNA Strings
Nomad
Klik en koop nou by kalahari.net!

'n Baie groot ou is besig om die heilige kak uit 'n baie klein ou te slaan op die WWE-rofstoeishow. Dis laat op 'n Woensdagaand - Vryheidsdag het gekom en gegaan en niemand is noemenswaardig vryer daaraan toe nie - en die Pro 20-finaal is verby, maar nie voordat die Supersport-kommentators 24 keer magnificent in die laaste vyftien sekondes van hul kommentaarbeurt ingepas het nie. In 'n verrassende wending het die klein ou die groot ou nou gepin, maar is onderbreek deur 'n vriend van hom wat eers ook die groot ou wou bliksem. Toe word die klein ou op die drumpel van 'n oorwinning gediskwalifiseer. Hy's rasend. Nou's daar chaos, twee ouens in swart is in die kryt en 'n baie fris ou met neusgate so groot soos plategeryde skilpaaie en 'n kakebeen in die vorm van die Drakensbergse eskarp is besig om iets te skree aan die skare.

Ek weet nie wie's wie nie, die klank is af. Rooibaardt is op die CD-speler. Ek wens ek was 'n gebruiker van ligte dwelms sodat ek kan "wegraak in die musiek". Dalk kry julle my later iewers buite Bothaville met pakkies jellie in my hempsakke en - aha! die nuwe Chemical Brothers video het nou net aangekom op E! "Galvanise" - wat 'n great song en video. Ek pause Rooibaardt en check dit uit - en watsegoed, 'n bospik wat ruik na Brut aan beide ente oor my skouer.

Maar al wat ek in het, is drie hooikoorspille, twee koppies koffie en 'n episode van Hard Copy waarin 'n ou varsity (gay) vriend van my wat voorheen as kunsjoernalis by This Day (dit sal die dag wees, ensovoorts) gewerk het, in 'n treffende voorbeeld van art imitating life en life imitating art (en ons betaal vir die gelag), act as 'n gay kunsjoernalis.

Hy't goed gedoen, maar sy das was te groot.

Op Oprah is mense besig om te bie vir rokke of goed om geld in te samel vir die Angel Network. Iemand het nou net $8 500 vir 'n rok - wat nie eers lang moue het nie - betaal. Op E feature hulle 'n vrouebokser iewers uit Afrika wat vierde op die wreldranglys is. Sy moet nog teen Muhammad Ali se dogter fight, wat nommer een is.

Rooibaardt is besig om een van twee Manu Chao covers te sing op hulle CD Increase da Peace. Hierdie is eintlik 'n CD review, en die plan is om die Rooibaardt CD saam met die nuwe DNA Strings CD getiteld Nomad te review, twee vlie op een slag, twee vingers in een deurklap, 'n tweeling gebore uit dieselfde Durex-defek - julle kry die idee.

Die enigste probleem is dat die Rooibaardt CD nou klaar is en dat CD 3 in die effens gefokte system is wat deesdae net op een speaker speel en steeds nie harder as 20 op die volume gesit mag word nie omdat Leanne se ma daai ander oggend nie Fokof se Lugsteuring kon sagter sit nadat ek uit die huis uit was nie (die system se volume knoppie draai harder en harder as jy dit vinnig probeer sagter draai) en die volume dus oor 50 gepeak het en iets terminaals laat snap het diep binne die siel van die Samsung. Wat ek wil s, is dat Radio Kalahari Orkes in CD 3 is en nou net begin het.

Op die Glomail ad is vrouens met dun middels en mans met spiere waar hul mae veronderstel is om te wees, besig om iets te probeer verkoop wat soos 'n inflatable raft lyk. Ek kan nie sien hoe dit mens maer of gespierd kan maak nie. Nou bind hulle dit om hul middels vas. Dit word genoem die Sauna Belt en dit lyk vir my na 'n kakstorie. Tog, ek's seker hande reik landwyd na fone.

Die probleem is dat die Radio Kalahari Orkes CD befok is en ek nie nou lus is om weer op te staan (nie die TV of die system het 'n remote nie) om CD 1 met DNA Strings in te speel nie. Ek't dit vroer vanaand geluister. Dit was nice. Daar's 'n close-up van 'n passasierstraler se turbine op die cover met die opdringerige DNA Strings-logo in die middel daarvan. Aangesien die CD se naam Nomad is, neem ek aan dat die idee, die konsep, die vibe, is dat ons "moderne" Suid-Afrikaners, anders as die Bedoeene, wat regtig nomadies is en kamele ry en tente en waterbottels ruil vir blokke sout uit Lake Chad by Cape Union Mart, nomadies van aard is, omdat ons in Londen en Taiwan en Perth gaan werk. Kry die idee. Globalise, bra. Vroeg ryp, vroeg vort - ek bedoel vrot - as jy my vra. Typo's darem maar.

Die omslag is eintlik mooi, so ook die res van die sleeve. Daar's genoeg kak Suid-Afrikaanse CD covers om die longdrop op Paardekraal te laat oorvloei. Hierdie is nie een nie. Die foto's van die band binne-in is ook mooi. Hulle lyk soos lede van U2 op een van hul onlangse CD covers, behalwe nou dat dit U2 meer as twintig jaar gevat het om so boring te lyk en vir DNA Strings net twee, of vier, of vyf, of hoe lank hulle ook al operate.

DNA Strings is 'n goeie live band, ek't hulle al gesien. Hulle gooi energie en gaan mal en ruk hare en die skare is gaande oor hulle. Hulle is boonop aantreklik, wat mense gewoonlik so geweldig afsit dat hulle sommer jou CD kom koop en jou dan vra om dit te teken net sodat hulle kan sien of jy ook handsome van naderby is en dan sien hulle eintlik jy is nie, want jy't ook blackheads of skilfers of 'n thong-tan of wat ook al. Dis al wat mense in famous mense soek - defekte. Dit laat miljoene beter voel oor hulself wanneer hulle 'n foto van Britney in Heat sien waarin sy vet lyk. Dr Phil kan maar gaan ollies kap (of wat ook al mens daai tricks noem wat skateboarders by relings af doen) op die rails by die Civic Centre - Britney is 'n therapist.

"Hit Me Baby One More Time" beteken ni smack jou bitch op nie, dit beteken die teenoorgestelde.

Die DNA Strings CD cover het nie lyrics in nie, want hulle het nie veel lyrics nie. Hulle's 'n instrumental band, soos daai Tubular Bells-dude, Kenny G, en Amor, wat al oor en oor bewys het dat jy nie hoef te sing in jou songs - ag shit, ek't vergeet, Amor sing mos - om miljoene copies van jou CD te verkoop nie. Talk about sussing the game. Nice een, ouens.

Vergeleke hiermee is die Radio Kalahari Orkes minimaal dog effektief. Die RKO bestaan uit die drie ouens van die Castrol-advertensies, maar ek gee jou R10 vir elke keer wanneer jy vir Fats Bookholane kan hoor sing op die CD. Volgens die CD sleeve speel hy ook niks nie. Hy's dus daar vir die vibe (die credits s "algemene toordery"), soos Bez van die Happy Mondays, wat net gedans en E gevat het (die dwelm, nie die kanaal nie) en juis daarom totally famous geraak het totdat die Happy Mondays implode het en Bez net 'n footnote in Q magazine trivias geraak het.

Nou ja.

Die RKO sleeve het ook nie die lyrics in nie, wat jammer is. Ek neem aan hulle't nie baie bucks gehad om 'n dik sleeve te print nie, which raises the question waarom DNA Strings se sleeve so 'n dik spul bladsye in het. RKO moes maar hulle lyrics in DNA Strings se CD geprint het, want iemand het Mboweni's om in die roerkuil te gooi.

Feit is: die RKO het briljante lyrics. Daai Rian Malan ou, wat bekende boeke soos - ek bedoel, daai een boek - My Traitor's Heart geskryf het, en al vir Rolling Stone magazine geskryf het, en volgens gerugte meer mooi vrouens kamer toe genooi het as wat die nuwe pous se bisley-score in die Hitler Jgend was h het die RKO lyrics geskryf. Malan skemer hier en daar sterk deur. Veral in "Die Held" klink dit asof hy die held is. Maar dis net fiksie, vriende. Onthou, AIDS-denialist. Fluitjie-fluit.

Maar die lirieke hier is puik. Afrikaanse singer-songwriters kan maar gaan notes vat.

Die RKO-konsep, veral as mens die video vir "Crying Shame" so kyk, kom van O, Brother Where Art Thou af, maar ek verskoon hulle dit omdat O, Brother 'n great movie was en so ook die musiek daarin en daarrondom. RKO is dus iets nuuts vir die Afrikaanse mark. Hul naaste neef is David Kramer. Hier's folk en skoffel en banjo en mandolien, staalkitaar, viool en konsertina. "Kaptein, Kaptein" is nie van hier af nie. Boonop is 'n line soos "there's always some asshole with a boep and a Castle" nie die tipe line waarmee jy stry nie. Dis meer as wat Danny K mee sou vorendag kom as jy hom vir 'n week saam met nege blou-ape in 'n mieliehok met net 'n HAT, 'n pakkie Steers medium chips en 'n Patricia-DVD sou toesluit.

Dan's "Kwagga" ook nog die beste song wat die woord Afrikaans bevat sedert Koos Kombuis "in die klei van Afrikaans" in ons breine kom smeer het in die vorm van peanut butter en stroop wat vir ewig sal bly, nes alles wat mooi is wat ons nog kan onthou, en anders as gister, wat reeds 'n waas is waarin net enkele hardnekkige kraaie nog stukke maanhaarjakkals van die highway probeer afpik.

Kortom, RKO is die real deal. Street cred drup uit die CD wanneer jy dit oopmaak. Wag maar eerder tot jy buite Musica is. Die bestuurder (ek maak dit nou als op, ek't 'n comp by my tjommie wat by EMI werk, gekry - thanks Greg, but why the fuck did you break up the Dollyrockers? We love you guys! Come back! Greg!) het my liederlik uitgekak oor die bloed en derms op die mat. Die vlek sit nou nog daar en heeldag draf honde in en uit om te kom ruik wat so stink in die Gardens Centre.

Daar's ook die onomseilbare feit dat die frontman van die RKO Ian Roberts is. My ou landlady van Grahamstad ken hom van way back in Fort Beaufort-dae - of somewheres in die Oos-Kaap - en dit beteken hy's 'n man van formaat, want my landlady ken net manne van formaat (behalwe haar ex-husband, want nie nice was nie en ook nie van die Oos-Kaap nie). Boonop namecheck RKO plekke soos Hofmeyr en Steynsburg, which is my valley, so 'n sterk 9 uit 10 wat oorhel na die maksimum.

(Het ek genoem dat Gloria Bosman hier en daar vir hulle backing vocals doen?)

(En so tussen hakies - iets wat ek laat gisteraand aan gedink het toe ek al in die bed was: as ek die RKO was, sou ek nog 'n weergawe van die CD geprint het. Ek sou die titel van "Stoomradio" verander het na iets soos "Daar's 'n Wors In My Hol", 'n simpel cartoon van iemand wat braai terwyl sy girl se tiete oor sy skouer hang opgesit het, en dit goedsmoeds halftyd van die Currie Cup final geadverteer het op TV. Die ding is, die RKO het 'n ligte aanslag, selfs al sing hulle soms oor gewigtige sake - hulle sing oor rugby en vleis en regstellende aksie en nog 'n honderd ander goed wat appeal tot almal. My guess is that, met die regte split-bemarking, hulle 50 000 nuwe customers onverhoeds kan betrap. Dit sal egter nie werk met die huidige cover en albumtitel nie. Dit sal nou net respectability en cult status haal. Behalwe as RSG hulle gewig ingooi. En Jakaranda. En u en u gade.)

DNA Strings se eerste song is dan ook, heel gepas, getiteld "Bedouin". Ek't nogals 'n meer amped CD verwag, meer hoogdruktre as laagdrukselle, maar Nomad se aanslag is heel rustig, so asof dit geskryf is om die soundtrack te wees vir 'n Jurgens-woonwa ad.

DNA Strings was nog altyd 'n band vir fans van Landscape Prayers wat nog nooit van Landscape Prayers gehoor het nie. DNA Strings is Landscape Prayers, maar nie skaam om in sirkustente by kunsfeeste te speel nie. DNA Strings het tien teen een aansienlik meer fans as Landscape Prayers. Maar ek wens regtig dat almal wat DNA Strings CD's koop, ook Landscape Prayers CD's sal gaan koop, want die twee bands het iets gemeen (hulle't meestal nie lyrics nie), maar is tog totaal verskillend (Landscape Prayers is Six Feet Under, DNA Strings is 7de Laan).

DNA Strings kon maar die verdunning (almal weet dat 'n pakkie Kool-Aid nie werklik twee liter water kan hanteer nie) van die "Click Song" gelos het. Die kanse dat die insluiting van die "Click Song" op die CD hulle gaan propel tot die wit weergawe van Ladysmith Black Mambazo is kleiner as die kans dat Bono die volgende pous gaan word (en sy kanse word as 1 000-1 geag deur Ierse beroepswedders, genuine). Ook "Afrikaans Folk Medley" (wat byvoorbeeld eerder "Afrikaanse Volksliedjie Allegaartjie"* genoem kon word, IF YOU KNOW WHAT I MEAN) kon hulle maar gebre het vir daai derde encore by UKkasie.

Ek't regtig gehou van "Caravans". Met delikate aanwending van hul duidelike talente kan DNA Strings ons nog eendag verras. Veral as hulle volgende album bestaan uit verwerkings van die life works van die onderskeie lede van Battery 9, of iets dergerliks pittig en kopvelafskeurend divers. Ek's besig om te dink aan die songs van Kobus! in Xhosa, maar daar's seker klaar 'n Britse director besig om dit te workshop vir 'n award-winning opera-film somewheres in outer Butterworth.

Nou vir Rooibaardt. Nes RKO gesteel het by die Coen Brothers en DNA Strings gesteel het by die tannies, steel Rooibaardt by Manu Chao. Hulle's glad nie skaam hieroor nie. Met rede. Manu Chao is nie 'n baie bekende kunstenaar in Suid-Afrika nie, dus is die insluiting van twee covers van sy songs as bonussnitte nie noodwendig afbrekend aan die produk nie. Dis ook 'n manier om credit te gee aan 'n kunstenaar wat hulle klank duidelik benvloed het (it could've been The Corrs, it could've been Creed, it could've been a terrible, horrible - wag 'n bietjie, ek't nog nie die woord magnificent gebruik nie en dis al amper die einde van die review! - death), want Rooibaardt speel, soos Chao, 'n mengelmoes van style. Vermenging van klanke is hulle ding.

En hulle doen dit goed. Bie goed. Kyk, ek weet Rustler's Valley is naby genoeg aan Bethlehem om agterdog te wek oor die tipe mushroom-sop wat Rooibaardt maak wanneer die weervoorspellingkaart die -8 in diep donker blou daar begin ets, maar ek gaan nie aannames maak nie. In hulle sleeve noem hulle hulle chinas "bra's", hulle bedank die verskaffers van "mieliemeel" en 'n man genaamd "Oom Jimmy Bradbeer". Boonop hang hulle uit by 'n plek genaamd die Game Cock Inn, wat in enige warmbloedige se taal vuil gedagtes gemeng met Hoppe's geweerolie, buskruit en die reuk van gebreide velle moet ontketen.

Make no mistake, hulle speel soms die panfluit en dis braaf, want nes Bon Jovi die liefde 'n swak naam in New Jersey gegee het, so ook did Roberto give the panflute a bad name. Reeds op track 2, "Pula", kraai die sanger van Rooibaardt soos 'n haan, daar word gesing oor dolosse, tokkelossies en, druk dood daai selfoon, hulle gebruik die woord roerstok verskeie kere!

(Wat 'n nice Afrikaanse vertaling van joystick kan word.)

Ja, Rooibaardt is interessant. Waar DNA Strings sout en asyn chips op die lughawe sit en eet en die kreukels uit hul denims probeer stryk, is Rooibaardt besig om iewers in 'n populierbos buite Bethlehem oorskot Beyerskloof-rooi met turps te versnit net om te sien wat later gaan gebeur wanneer hulle paintball met oorryp avokado's gaan speel.

Waaroor gaan "Zuvuya"? Ek weet nie, maar dis mooi, behalwe hier teen die einde se kant, want die song is so minuut te lank - 'n kritieke minuut, want ek't vir 'n oomblik gedink ek luister weer na DNA Strings.

Rooibaardt ruk en stoot soms effe onsamehangend soos Dorp back in '98, maar hulle't meer Afrika, meer dinge (wat's 'n kolongo?) en meer panfluit as Dorp. Ek't hulle nog nie live gesien nie, so ek weet nie of hulle maller is as wat Dorp back in '98 was nie, which would be a tough one to beat. Dorp! Lank lewe Dorp!

Maar die verslae wat ek gehoor het van hul live shows, was als goed.

"Siyaya" gaan oor "die buzz" (dit s so in die sleeve, en dis ook die song wat die meeste soos Manu Chao klink), "Mango" gaan oor die gesmag na Wilma se mango, wat ek aanneem haar ***sie is, want ek kan nie dink aan iets anders wat mens suig en suig totdat net die harde pit en die vesels, wat tussen jou tande vassit, oorbly nie. En boonop verdomp lekker is nie. Dis 'n huge tune. Iewers tussen 12Hz en iets wat in die trope kon uitgebroei het.

"Rainbow Reggae" is 'n dead give-away. Die 60's het pas die Oos-Vrystaat bereik en ons sing dus oor hoe ons veg vir liefde en vrede en vryheid. Al hierdie goed is goed, so die song is ook goed. Hierna volg "Iswedi Njenga Ulamula" (wat ek glo beteken "Sweet Like A Lemon") en handel oor 'n eks-girlfriend (nog 'n aanname, maar aangesien hulle in die bedankings die girlfriends, "wie ook al hulle tans is", noem, dink ek 'n korrekte aanname) se mik en haar geur en die "foto teen my muur" wat sy agtergelaat het. Nog 'n corker.

Ek kan heeldag Rooibaardt luister, of ten minste totdat die sugar-high en antihistamines begin taan. Ek kan heeldag vandag en mre en die dag daarna en volgende jaar hierdie tyd en kwart oor vyf op 'n Sondagmiddag in 2019 ook na die RKO luister. Met DNA Strings het ek nie 'n probleem nie, maar om dit inspirerend te noem sou my sense of journalistic duty aantas (as if paying me R1,50 per word, any word, dit nog nie genoeg gedoen het nie), en om die woord magnificent in te gooi sou eenvoudig een magnificent te veel wees.

At the end of the day, the best team won the game and, ja, what can I say, the crowd has been magnificent here at Supersport Park ...

Puntestand:
Die Radio Kalahari Orkes - 9 uit 10
Digteres Gabeba Baderoon se cameo in vanaand se episode van Hard Copy - 7 uit 10 (sy mag maar, totally)
DNA Strings - 6 uit 10 (punte afgetrek vir onnodige verwoesting van bome tydens druk van dik dog lirieklose CD sleeves)
Die girls in die kwaito video wat nou net op SABC 1 gewys het, se borste - 10 uit 10
Rooibaardt - 8 uit 10
My rusbank - 4 uit 10
My gemoedstoestand - 3 uit 10
Dorp in hulle afwesigheid - 9 uit 10
Die ren wat nou net begin val het - 8 uit 10
Hooikoors - 2 uit 10.

Lekker luister!

* Which, we pull your leg not, is die Afrikaans vir medley.



LitNet: 11 Mei 2005

Wil jy reageer op hierdie resensie? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.