KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Moet nooit van 'n Oppikoppikakhuis vergeet nie

Jaco Nel

As ek nou so kyk na Zani se gesprek oor die Oppikoppi checklist kan ek nie help om te dink aan 'n paar van my eie Oppikoppi-wedervaringe waar ek al amper my gat gesien het nie. Veral met die kakhuise.

(O, by the way, hulle verkoop smokes daar, maar net in die dag. Dis gewoonlik sulke ouens by so 'n kak klein tafeltjie amper soos die smouse in Jo'burg-middestad wat spesialiseer in sulke aardige kombinasies Soos skryfbehoeftes en haarrekkies. Of swiets en oorpluisies. By Oppikoppi? Swiets en sigarette, selfs loose draws van die rooi Pieter Keelkrapper. Bietjie meer plain, maar die verskeidenheid is klein.)

Stortgeriewe is fine. Gaan so teen lunch. Die water is dan kouerig, maar dan is dit warm genoeg buite om actually te kan swem. So dan is dit nie so erg nie. As jy 'n man is, is dit nogal kak, want daar is soms balbyters (hierdie groot swart miere met die dik kake wat teen jou been ophardloop en, ja, wel ...) in die stort. Hulle het my nog niks gemaak nie, maar dit is omdat ek nog elke keer geweier het om saam met hulle in 'n klein spasie te verkeer vir obvious redes. Jy wag dan maar vir 'n stort waar daar ni 'n balbyter vir jou gluur nie.

Die toilette kan egter 'n groot probleem wees. Veral teen dag drie. Moet dus NOOIT naby 'n Oppikoppi-kakhuis kamp nie. Loop eerder ver as die nood druk as om te wil kots as jy Sondagoggend wakker word.

Ek het al een aand so blou troon oopgemaak nadat 'n klomp dronk ouens dit omgegooi het. Ja, oukei, ek weet. Wat het ek verwag? My nuuskierigheid het maar net die oorhand gekry en ek was dronk. Gelukkig was dit aand, maar 'n flits werk effektief genoeg om nog steeds jou maag te laat saamtrek. "Sies. Gt!" het ek nog 'n meisie van iewers af hoor skree terwyl ek spoeg-spoeg van my pelle by die vuur af moes hoor: "Jaco jou dom poes!"

Anyway, dit is nie eintlik wat ek vir julle wou vertel nie. Wat ek meen is, daar is sekere tricks wat jy wel moet leer.

En hier is die belangrikste een: as daar 'n queue is voor hierdie blou opslaankakhuisies, en 'n deur wat s "unoccupied", dan mag jy dit om die dood nie vertrou nie. Daar is 'n rede hoekom die ander mense nie daar ingaan nie, so moet regtig nie bother om vir jouself te loop kyk nie. Veral in die aand. Trust my. Ek het in my eerste Oppikoppi-jaar (toe nog 'n rookie vir rock in die Bosveld), mos by so 'n klomp ouens verby gesneak. Die kakhuise was so eenkant, jy moes half afwyk van die pad tussen ons kampterrein en die stage. Daar aangekom sien ek net die rooi "occupied"-tekentjies op elke deur. Behalwe by die laaste een. "Hmmmm, befok, ek gaan hierdie bliksems nou dodge en 'n heerlike lang pis vang," was die eerste gedagte. Soos die toilette op my linkerkant gesit het, het ek iets baie belangrik misgekyk. So na slap regs het 'n stuk of agt ouens onder 'n doringboom gesit en booze. Die enigste view van daar af, as ek nou terugdink, was van die kakhuise. Maar soos ek s, mens dink aan so iets eers na die tyd. Altyd. Ek het verby so stuk of drie ouens gesneak en so ongemerk as moontlik die laaste deurtjie oopgemaak.

Liewe jirre. Ek dink nie ek was in my lewe so naar nie. Dit was letterlik net die fokken toiletseat wat nie vol kak was nie. Ek sweer. Dit was iets verskrikliks, maar hier kom die snaakse deel: van onder die doringboom af kry ek toe 'n cheer asof ek gescore het of iets. Ek het verslae omgekyk en besef wat hier gebeur. Die klomp ouens het besluit om daar te sit en te bly kyk vir die kakhuis wat geboobytrap is. Hulle het dit tien teen een nie self gedoen nie, maar daar was obviously niks snaakser as iemand wat "jissus-gt" skree en ses tree agteruit bokspring nie. Fok die bands.

Ek het NOG 'n ding agtergekom. Die ander deure was nie regtig gesluit nie. Dit was oop deure wat op "occupied" geskuif is sodat daar meer slagoffers by die boobytrap moes inloop. Jy voel rrig nogal kak as iemand jou vir so 'n sucker vang, so by Oppikoppi hou jy te alle tye jou o oop vir sulke jakkalse.

Twee jaar later loop ek en my pel ook by die blou toilette verby. Hierdie keer in die aand. "Ek wil kak bra," s die ou.

"Vat my flits, jy het nie een nie."

"Ek's oukei, dude."

"Vat my fokken flits."

"Dis fine."

"Jississsss."

"Oukei-oukei-oukei, gee maar."

Dit was weer met 'n "nee-fokkit-jirre" of so iets wat die ou teruggespring het vir so paar tre. Hierdie keer was dit andersom. Die hele seat was ontoeganklik en enige iemand wat hom in die donker sou aandurf sou lelik verras gewees het. Ek kon nie help om te grin nie. Mens grin net oor so iets as jy na die tyd kan s "ek ken die gevoel en hierdie keer was dit nie ek nie, jou fokken poepl." Wat sou mens so beweging noem? Kakhuisretireer, Oppikoppi-bokspring of so iets? Of in die ouens onder die boom se geval, kakhuiskyk? Ek weet nie.

Een van my grootste tips, dus, vir iemand wat Oppikoppi besoek, is om naas jou witgoud, jou flits en jou sunblock, 'n graaf saam te vat. Dit klink absurd, maar as die blou huisies begin oorloop, is dit baie makliker om 'n ent uit jou kampterrein uit te stap en 'n gat te gaan grawe. Niemand gaan vir jou lag nie, want almal sal verstaan. Almal wat al 'n oorvol Oppikoppi-toilet try aandurf het.

Dit is altyd so 'n opregte nice gevoel as jy iemand saam met jou by Oppikoppi sien kamp opslaan en iewers tussen die bagasie spot jy 'n graaf se handvatsel. Dit is net so gerusstellend, want dan weet jy - hierdie persoon was al hier.



LitNet: 04 Augustus 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.

Have your say! To comment on this piece write to webvoet@litnet.co.za, and become a part of our interactive opinion page.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.