KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Hendrik Hofmeyr se toonsetting van “Gebed om die gebeente” deur D.J. Opperman

Coenraad Walters

Wie hom / haar in die toekoms wil besig hou met die taaldebat, versoening in Suid-Afrika en ander verwante kwessies, sal bekend moet wees met die toonsetting van “Gebed om die gebeente” deur Hendrik Hofmeyr. Die premiŤre van hierdie kantate-agtige werk is op Sondag 3 September 2000 in die Endlersaal op Stellenbosch deur die ensemble Collage gelewer.

Sowat tien jaar gelede het ek, in ’n ongepubliseerde M.A.-verhandeling (Ideologie as interteks in Engel uit die klip van D.J. Opperman, Universiteit van Natal, 1991) uitgewys dat hierdie derde bundel van Opperman primÍr deur die resensente gelees is as ’n poŽtiese “bespreking” van die digterskap. Oor jare heen het hierdie persepsie / resepsie nie juis verander nie, ten spyte daarvan dat daar in die volgende bundel, Blom en baaierd (1956), wel gedigte gelees is wat die Suid-Afrikaanse realiteit reflekteer, o.m. ten opsigte van die kleurkwessies. In 1987 sÍ Gerrit Olivier in ’n bespreking van die biografie van Opperman deur J.C. Kannemeyer: “In 1986 voel ’n mens ’n behoefte daaraan om Opperman ook teen die agtergrond van sy politieke en kulturele konteks te beskou.” Die implikasie is dat dit teen daardie tyd nog nie gebeur het nie.

Wanneer ’n leser wel hierdie benadering volg in die lees van Engel uit die klip, is dit redelik duidelik dat Opperman die sosiale en politieke toestande van die tydperk 1948 tot 1950 verwerk (min of meer die ontstaanstyd van die gedigte in die bundel, en ook die eerste drie jaar van Nasionale Party bewind onder dr. D.F. Malan). ’n Mens kan selfs so ver gaan om van die gedigte te interpreteer as heftige, maar altyd poŽtiese, kritiek op die beleid van apartheid. Opperman se byna profetiese visie verstom jou: “Paardeneiland” “voorspel” byvoorbeeld die verskrikking van swart verstedeliking op ’n manier wat ons veel later eers beleef en besef het.

In die gedig wat hierdie meesterlik-deurgekomponeerde bundel afsluit, “Gebed om die gebeente”, treur ’n vrou oor die dood van haar kind, en oor die feit dat die lyk weg is en sy nie ordentlik behoorlik kon begrafnis hou en afskeid neem nie. Dit is egter nie sommer enige kind nie: Gideon Scheepers is op 18 Januarie 1902 deur Britse soldate tereggestel na ’n skynverhoor. Die komplekse historiese en politieke agtergrond verruim die moeder se hartseer tot iets selfs meer as die universele treurlied van ouers wat rou oor gestorwe kinders. En wanneer sy in die vierde strofe na berusting beweeg en ’n grootse gebed om versoening uitspreek, sÍ sy onder meer: “Maar soveel beend’re lÍ onder die roosmarynÖ” In die Suid-Afrika van die jaar van Onse Heer 2000, post-WVK en Vlakplaas, post-Franschhoekpasmoorde en tallose plaasaanvalle, poststamgevegte op internasionale televisieskerms en bus-en-taxi-oorloŽ, skrik ’n mens byna: hoe kon Opperman dit alles “voorsien” het? Dan besef jy opnuut hoekom mev. Opperman gevoel het die slotreŽls sou ’n goeie volkslied vir die nuwe Suid-Afrika kon maak:

    “- dat ons as een groot nasie in diť gramadoelas
    met elke stukkie sinkplaat en met elke wiel,
    en wit en bruin en swart foelie agter skoon glas
    ewig U sonlig vang en na mekaar toe spieŽl.”

Hofmeyr se toonsetting laat in alle opsigte reg geskied aan hierdie ryk en komplekse gedig. Van die pragtige natuurskildering in die openingsgedeelte, tot die variasies van die moeder se emosies en die versoening van die slot word alles sensitief getoonset. Omdat dit ’n lang gedig is, word daar selde woorde of frases herhaal, maar wanneer dit wel gedoen word, is dit sinvolle onderstreping van sleutelmomente in die teks. Hofmeyr se komposisie kan met trots op dieselfde verhoŽ uitgevoer word as Mahler se Kindertotenlieder, wat sekerlik onder die bekendste en gevoelvolste treurliedere oor gestorwe kinders tel. Hoewel trane en emosionele reaksies nie geld as betroubare maatstawwe by die beoordeling van kuns nie (veral nie sedert die tranerige resensent in Jesus de Montreal nie!), tel ’n gehoor se reaksie darem vir iets. Sondagaand se gehoor het Hofmeyr en die kunstenaars staande toegejuig.

Soos vele ander meesterwerke kon hierdie premiŤre skipbreuk gely het in die hande van mindere musici. Collage het hulle uitstekend gekwyt van ’n taak wat kennelik nie maklik was nie: nůg teks nůg musiek kan as eenvoudig beskryf word! Marianne Serfontein het die emosionele register van die treurende moeder haas ideaal uitgebeeld met haar mooi stem; soos altyd het sy egter nie bloot mooi klanke gemaak nie, maar die teks intelligent oorgedra, en die klankkleur aangepas wanneer die emosionele karakter dit vereis het. Sy is kundig en sensitief bygestaan deur die drie instrumentaliste: Benjamin van Eeden (pianis), Marietjie Pauw (fluit) en Anmari van der Westhuizen (tjello). Veral die tjello het opgeval, omdat dit gevra word om vreemde klankeffekte voort te bring wat die strekking van die gedig ondersteun.

Mag Hofmeyr binnekort die aandag van ’n etiket soos GNS Claremont ontvang sodat hierdie werk, en veral hierdie ensemble se uitvoering, op CD beskikbaar kan word. Daar is ook heelwat ander Hofmeyr werke wat ’n groter (Suid-Afrikaanse!) gehoor regverdig! “Gebed om die gebeente” behoort ook op al wat kunstefees is, gehoor te word (moontlik saam met Peter Klatzow se klavierstuk geÔnspireer deur dieselfde gedig), juis omdat dit steeds soveel oor Suid-Afrika te sÍ het. ’n Mens moet ook hoop dat toekomstige programme Opperman se reŽlverdeling sal eerbiedig, en dat die teks so geplaas sal word dat die gehoor nie in die middel daarvan hoef om te blaai nie (of sou die komponis diť klankeffek bedoel het?!).

Die toonsetting van “Gebed om die gebeente” mag nie, soos soveel ander Suid-Afrikaanse komposisies, stof vergader op die rak nie. Dit moet lewend gehou word, soos ’n mens se hoop vir Suid-Afrika.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.