KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Maanhare is ’n meesterstuk

Erns Grundling

Valiant Swart
Maanhare
Rodeo Songs en Rhythm Records 2002
Versprei deur Bowline

maanhare, (mane, maanhare). 1. Langerige nekhare by sommige diere, bv. leeu, perd. 2. Rif in die middel van ’n uitgeryde pad.

Bostaande is wat die HAT oor maanhare te s het (wel, die Departement Joernalistiek se Eerste Uitgawe, Sesde Druk van 1975). Min het die madHATters Schoonees, Swanepoel, Du Toit en Booysen geweet dat hulle definisies verskeie elemente van Valiant Swart se splinternuwe CD, Maanhare, raakvat.

MaanhareLaat ek dit sommer onomwonde uitbrul: Maanhare is ’n meesterstuk. Dit is baie mature. Die Mystic Boer het sy perd geroskam, Dorpstraat Revisit, ’n Kopskoot of twee gevuur, die rook weggeblaas, ’n paar Roekelose jare se navorsing agter die rug en daarna sy mense gegroet en Deur die Donker Vallei gery, met die Boland Punk wingerde op die horison. En nou, elf snitte op sy splinternuwe Maanhare, wat begin met “Donkerpad” (dis waar die uitgeryde pad inkom) en eindig met die hauntingly beautiful “Sonvanger”. ’n Kringloop deur ’n vagevuur en verversingspos, met net die helfte van die maan as kompas. Wag, serious time out ...

Okay, ek bieg, ek het t veel na di CD geluister. Ek luister nog steeds te veel daarna. My kop raas. As ek ’n mullet gehad het, sou ek dit soos maanhare laat hang het. Ek wil soos ’n histeriese rondloperhings elke keer runnik as ek die sekelmaan bo die Jonkershoekberge sien hang. Ek wil die CD pos vir girls op ander plekke, as die posdienste net tot hul sinne kan kom ... Maar wag, ’n punt van orde.

Dit is ’n rustige Valiant aan die woord op Maanhare, en die mondfluitjie en viole praat ordentlik saam. Lekker lo-fi. Dis die musiek van iemand wat veertig dae in die woestyn, donker vallei en die Delta deurgebring het. En nou terugkom huis toe, met nuwe insigte en ou wysheid wat deurskemer.

As woordsmid gooi Valiant weer ’n paar skitterende ysters in die vuur. My vorige gunsteling was “permanente lente”, van die Roekeloos CD. Op die nuwe CD is dit die woorde “pajamadramas en downtown-dames”, afkomstig van die titelsnit, wat brul van saloons en die einste rondloperhingste. En songs soos “Oos Wes Wals”, “Helfte van die Maan” en “Whiskey en Ren” skreeu om ’n kaggelvuur (of heater — ons is immers studente), wyn, en ware liefde.

Kyk net hoe beskryf hy die ultimate tuiskoms in “Oos Wes Wals”:

met my geroesde armada
van geskroeide kitare
en die kis-gejaagde karre
van die roekelose jare
kom rol ek op die grond rond
met die swart kat en die bont hond
as ek opdaag in die oggend
met jou naam op my mond.

En dan natuurlik die lo-fi-refrein wat die maan besing:

Sien jou mre-aand
met my blou fortuin
en die helfte van die maan.

Valiant het weer eens vier geniale musikante by die opname betrek. Barry van Zyl op tromme (hy jol mos vir Johnny Clegg), Blues Boetie Albert Frost (kitaar-maestro), die Bos se Baskoning Schalk Joubert en ’n ou gabba, Anton L’Amour op kitaar, sorg dat daar nie ’n noot (f stilte) uit plek is nie. Albert du Plessis (ng ’n genie wat ook die brein agter die Breyten Breytenbach-albums en Koos Kombuis se nuutste was), sorg ook saam met Evert de Munnik dat die kaleidoskoop van klank behoorlik tiekiedraai.

Maanhare is ’n verpligte item op die CD-rak. Job 39:22 vra die volgende: “Gee j vir die perd sy krag, sit j vir hom maanhare aan?” Moenie in sak en as sit nie; gaan koop die CD. Julle gaan dit nog vir julle agterkleinkinders wys in Huis Najaar of Aandmymering.

Maanhare is soos Bo Derek in die eighties. Of Nadia Comaneci op die Olimpiese dwarsbalk. ’n Perfekte 10.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.