KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Johannes Kerkorrel — Ralph Rabie

Toast Coetzer

Ek wil nie hierdie stuk skryf nie. Niemand wil nie.

Die rook hang dig oor die Paarl — die veldbrand knetter nog teen die hange van die berg. Nou en dan gryp dit gulsig aan ’n groot boom en verlig die landskap. Ek los die vuur en strompel terug kar toe — ek’s besig om vir Die Burger foto’s te neem. My o traan en alles ruik na rook. Ek bel kantoor toe om te hoor of ek maar kan terugkom stad toe, of hulle my nog hier nodig het.

“Dis fine,” s die nagnuusredakteur, “daar’s groter nuus. Kerkorrel is dood.”

“Wat?” skree ek amper, want die selfoonsein breek op. My hart ruis asof dit vol duiwe is.

“Ja, selfmoord,” kom die bevestiging.

Ek ry deur ’n oranje robot. Die rook brand dieper in my o in.

Dit voel asof ek in groot trokke vasry. Ek sit die foon langs my neer en probeer aan iets anders dink. Maar ek kan nie. Ek ry al vinniger en vinniger teen die N1 af. Vir ’n oomblik oorweeg ek dit om Eersterivier toe te ry. Wat sal ek daar gaan maak? Dis stupid. Ek dink aan Dmitri — waar’s Dmitri? Het Dmitri iemand vanaand?

S nou daar’s ’n misverstand? S nou ek’t verkeerd gehoor? Om een of ander rede scroll ek deur my foon en bel “RALPH”. Voicemail. Ek ry vinniger en vinniger. Kaapstad se liggies swiep nader soos die vonke netnou teen die berg. Die wind waai die vonke oor die pad en begin nuwe vlamme maak. 160 km/h is seker ’n moerse fine in ’n 80 zone.

Ek dink aan ’n paar vriende. ’n Tannie op Cradock. Sy was nog altyd versot op Kerkorrel. Onwillekeurig gaan mens se kop terug na laaste ontmoetings, laaste indrukke. Nadat ek hom vroer vanjaar vir Litnet ge-interview het, het ek hom enkele kere weer gesien. Van daardie ontmoeting vroer onthou ek rustigheid, perde in die agterplaas, die klanke van sy nuwe liedjies wat hy van die sitkamer af vir ons in die kombuis speel. Tee. Son op die wasbak. Kerkorrel dra ’n agterstevoor-om pet. Dmitri lees koerant.

In September by Aardklop in Potch. ’n Foutlose professionele vertoning een middag in ’n skoolsaal terwyl dit warmer en warmer word buite. Professioneel, maar nooit koud nie. Die gehoor volg elke beweging. Dis asof hy vir ’n uur en ’n half lank bou aan ’n braaivleisvuur. Gooi nog stompe op, krap in die kole. Party mense voel hy sing net vir hulle ore. Al die sentiment wat hy uit die woorde wring, is direk vir jou bedoel. Middeljarige ooms en girls wat nog op varsity is, gly saam met hom die musiek binne.

Hy beweeg van die vleuelklavier na die middel van die verhoog, waar hy die kitaar in die hand neem. Sing, speel. Maak rustige grappies. Hy vra die mense om meer hande te klap sodat hy nie in stilte van die mikrofoon na die klavier hoef te loop nie. Hulle klap harder, langer. Dan terug klawers toe, waar die lig reg van bo val en hom in skerp detail af-ets teen die swart verhoog. Nuwe liedjies, elke een van hulle op sy komende album. Net heel teen die einde ’n ouer een.

En hoeveel musiek is daar nie? Van ou tannies tot jong krygers — almal vind iets in sy musiek om aan vas te hou. Begin by die rebelse laat 80’s en vroe 90’s — Kerkorrel, Kombuis, Phillips en ander aan die spits. Party is gelukkig om daarmee groot te word, dronk te word, dagga te rook, protes te maak, girls te score. Ek vang dit laat, soos ’n geskiedenisles op tape. Die songs word blueprints vir ’n nuwe generasie. Dit inspireer en spoor jong musikante aan — elke nuwe Afrikaanse rock band of sanger wil goeie songs skryf. Saam met ander van sy tyd het Kerkorrel soveel skitterende songs geskep dat dit ’n moeilike versameling gaan wees om te klop. Sy liedjies is geskep vir die tong en die oor, maklik om saam te sing, maklik om na te luister. Maar rens binne die musiek broei daar altyd iets van die kunstenaar self. Aan die begin was die stem sterk polities, later meer algemeen. Vra hom daaroor uit en hy sou jou vertel dat die spesifieke ruimte gemaak het vir die menslike. Universele menslike waardes, en hoe ons met die omgewing moet saamleef. Hy sing oor dit wat ons nader aan mekaar kan bring, en nie dit wat ons uitmekaar wil dryf nie. Hy wil net positief wees, s hy, hy’s moeg geskree. Hy’s moeg vir die geraas en die gestres en die druk.

Die politiek word in elk geval oud en word vergeet, maar die musiek word op CD gebrand, op mix-tapes gegooi, in Londense flats geluister op rendae (“Al l die berge ”) en op Radio 2000 in die dooie ente van die nag gespeel. Kerkorrel — die naam word groter en groter met elke nuwe album. Sommige verstaan hom nie, ander dra hom op hul hande. Die bleek sanger met die bleek o en die groot, diep stem. Verwagtinge word geskep, oortref. En Ralph Rabie druk voort, deur kritiek en afkraking; hy word sterker en sterker. Die Lae Lande word sy speelplek, terug in Suid-Afrika swel die sale elke jaar om sy gehore te akkommodeer. In die media-kollig, dan weer uit. Werk aan ’n nuwe album, toer dit voos. Begin weer.

As joernalis ontmoet ek hom so paar keer oor die jare. Van die begin onthou ek hy hou nie van fotosessies nie. Op verhoog is hy fine daarmee, maar van die verhoog af probeer hy dit vermy, probeer jou as fotograaf daaruit praat. “Ek lyk nie goed vandag nie,”; “Net nie so naby nie” — sulke tipes verskonings. Maar altyd het hy tyd vir jou — al is jy ’n studenteverslaggewer rens. Al is jy net ’n fan wat opgewonde raak om in dieselfde vertrek as so ’n legende te sit. Hy merk die mens in jou en praat met die mens, never mind die verslaggewer. Hy praat oor sy kuns, wat ook sy lewe geword het. Daar word nooit gedink aan quit nie — hy was bestem om te doen wat hy doen. Daar’s geen ander uitweg nie, daar’s net sing. Skryf en sing.

Nou  is die mens weg. En soos hulle vandag en mre in die koerante gaan s, het ons net die musiek oor. Niemand kan jou s hoekom mense selfmoord pleeg nie. Dis ’n vraag wat so in die lug bly hang en nooit reguit in die o gekyk kan word nie. Dit sit nie goed nie, dit lyk nie goed in swart en wit nie, jy wil nie h iemand wat jy ken moet dit doen nie. Jy wil nie h een van jou helde moet dit doen nie. Dis te moeilik om te verstaan. Soms moet mens dinge seker maar net aanvaar. Jy wil nie h mense moet doodgaan voor hulle klaar is met die lewe nie. Maar dan: hoe weet ons wie is klaar, en wanneer?

As ’n vermaaklikheidster selfmoord pleeg, is dit altyd anders. Kerkorrel was ’n bekende, openbare figuur, so bespiegelings sal daar altyd wees. Hoekom? Hoe? Mens kan dit nie stop nie. Almal wil antwoorde h. Skielik verkoop hy dalk baie CD’s. Mense is eienaardig. Hulle weet nie altyd wat hulle het voor hulle dit verloor nie. Ek weet ek’s skuldig.

Dis halftwaalf en my tannie bel uit Cradock uit. Het ek gehoor? vra sy. Ja, s ek. Haar 75-jarige ma het haar gebel om te vertel, sy’t dit op die radio gehoor. Sy weet nie wat om te s nie, ek ook nie.

Ek sleep myself rekenaar toe om hierdie artikel te skryf. Ek wil dit opgewek en beautiful maak, iets wat hom rens sal laat glimlag, iets wat die fans sal laat beter voel. Maar ek kan nie oor die bult kom nie.

Ralph Rabie, Johannes Kerkorrel: dankie.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.