KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Jak de Priester is Binnelanders se (sang)stem

Elisma Roets

Hy sing ‘n song oor nougat waarmee elke universiteitskoshuisman score, hy’s nog jonk en kan definitief gaan vir ‘n Coke en ‘n bun. Jak de Priester kom ingestroll by The Grapevine in Brooklyn Square, ewe cool en netjies in sy Canadian tuxedo – ek sien die denimbaadjie en denimbroek is nou hoogmode …

‘n Coke en strawberry juice later begin ‘n gesprek oor my sonbrille en dit skop die interview af . Sonder om te blik of te bloos begin ons gesels oor sy boek, Charlize Theron, en Louis van Rensburg.

Jy sing die temalied vir Binnelanders, die eerste Afrikaanse hospitaaldrama op M-Net. Hoe het jy betrokke geraak daarby?

Ek het eintlik niks geweet nie. Hulle het net gebel – Ilse van Hemert – en daar’s nou hierdie dramareeks blablabla en hulle het nou vyf mense gevra en ek moet pitch. Nou weet jy wat, ek weet niks van pitch af nie. Toe’t ek dit nou maar gedoen en ja, toe kry ek dit. Dit was baie weird.

Voel jy gemaklik om jouself te assosieer met die reeks?

Wel, [lag] ek’t net vandag met Nataniël gepraat en toe sê hy vir my: “Ek hoop vir jou part dis nie ‘n kak reeks nie.” Toe sê ek vir hom dis tog 52 episodes, toe sê hy: “Wel, ek hoop nie dis ‘n kak reeks wat vir ewig aanhou nie!” [Lag.] Nee, ek … weet jy, ek weet glad nie! Daardie Van Jimmer-vrou is baie nice, ek glo nie sy sal … verstaan jy? Kom ons hoop maar vir die beste …

Is die musiek wat jy geskryf het vir die reeks oorspronklik en uniek aan die reeks?

Ja, ja, musiek en liriek. Sy’t vir my gesê dis ‘n hospitaaldrama met ‘n bietjie ironie, jy weet nooit lekker wie’s die moordenaar nie, daai tipe van goed, you know. En toe’t ek dit maar geskryf. Dit was nie vir my baie moeilik nie, want ek bly oorkant ‘n hospitaal en toe al wat ek gedoen het was, ek’t uitgestap en gekyk hoe lyk dit daar. “Buite in die strate bars Jakarandas uit hulle nate en alles lyk so van ver af gesond …” Dis die eerste lyn.

Daar word na jou verwys as die nuwe Louis van Rensburg. [Jak lyk puzzled.] Gaan jou song dieselfde doen vir Binnelanders as wat “Voshaarnooi” vir Ballade vir ’n Enkeling gedoen het?

[Lag!] Nee, ek weet nie. I dunno know, nee hel. Was dit nie Tussen Treine se song nie? Nee nee, okay, kyk hier nè … As daar iets positief hier uitkom, sal dit fantasties wees. Ek weet nou nie hoe positief was Louis van Rensburg daai tyd nie. Hy’s eintlik voor my tyd. Het hy ‘n song career gehad? Ek dink daar’s ‘n groot verskil tussen my en hom. Ek’s ‘n performing artist en dis vir my belangriker om op stage te gaan as om titelliedjies te skryf. Ek dink dis ‘n once-off. Dit was maar net luck …

Watse drie Suid-Afrikaanse CD’s sou jy saam met jou oorsee vat?

Ek sal definitief Nataniël se nuwe Fashion saamvat, dis baie lekker, ek like dit. Die ander twee sal altwee Koos Kombuis wees. Ek hou so baie van hom, ek’t nou die dag eers gesien hy’s eintlik ‘n legend. Ek’t vir my nou al sy CD’s gaan koop, ek’s mal daaroor.

Party Afrikaanse kunstenaars staar hulself vas in hul genres. Het jy jouself al in ‘n hool bevind, besig om ‘n underground band te kyk?

Ja, in die Kaap is dit altyd lekker om na die Armchair Theatre toe te gaan. Nee, dis vir my fantasties. Die black artist wat sing daar in Obs in die Kaap, dis vir my lekker. Maar wag nou eers, Louis van Rensburg? Dink jy regtig so? Nee wat …

Met soveel snert in die Afrikaanse musiekindustrie, wat skei jou van die kaf?

[Lag!] Jislaaikit, ek’s nog aan die begin van my loopbaan. Ek vind nog my pitte. Ek’s al besig met my derde CD, maar dis nou eers dat ek weet “this is me, don’t try that.” Almal doen verskillende goed; die oomblik wat iemand agterkom wat is die klank in sy musiek en dit volg, staan hy uit met wat hy doen. So, ek weet nou waar ek myself bevind.

Sal jy die singer-turned-actor thing probeer as dit op jou pad kom?

Ja, ek hou baie van acting. Dis eintlik my eerste liefde, die acting ding, toneelspeel. Dis eintlik waar dit als begin het. Ek’t na skool gaan drama swot in Stellenbosch, maar ek’t nie klaar gemaak nie – die dramadepartement was ‘n bietjie weird. Ek was van die Vrystaat en dit was nogal shocking wat daar aangegaan het. Ek’t toe begin toneelspeel en sing, en so het dit maar net ontwikkel.

Ek sal eerder baie graag ‘n Hollywood actor wil wees; ek sal in ‘n movie wil speel saam met Charlize Theron. Mense moet weet ek’t in ‘n movie gespeel; as ek in ‘n movie speel, wil ek daai sekuriteit hê.

Jy’t klaar die singer-turned-writer ding gedoen. Jy’s besig met jou jeugroman, en jou digbundel, Heuning in die Mond, is klaar beskikbaar. Werk dit vir jou?

Ja, die jeugroman is so te sê klaar. Die publikasiedeel daarvan is nogal tricky, want dis nie op standaard nie. So ek moet dit nou maar net so kry dat mense dit darem wil lees en dit nie net vir my oulik is nie.

Die digbundel … ek’s nie eintlik ‘n digter nie, dis in die begin hoe ek myself ge-express het. Dis net, minder mense lees poësie as wat musiek luister. So dis cool, ek’t geskryf oor my travels en oor hartseer en die liefde – toe kry ek ‘n nice cover en die mense koop dit. Dit het actually betekenis vir mense. Ek weet nie, dit was ‘n projek wat ek net vir myself gedoen het en mense relate daarmee. Dis weird.

‘n Aangename middag het tot ‘n einde gekom; hy’s haastig op pad om die cover van sy CD te gaan finaliseer en ek’s na ‘n sweets-winkel toe. Vir meer inligting oor Jak, besoek sy webwerf.


LitNet: 12 Oktober 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.