KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



The Buckfever Underground: Musiek wat op jou groei, jou bybly en by jou spook

Theunis Engelbrecht

Bestel hier - Jou medemens is doodToast Coetzer is lag-lag een van die opwindendste jong digters in Afrikaans ťn Engels. ’n Mens hoef net sy drie CD’s saam met The Buckfever Underground — Jou medemens is dood, Survival is personal en Teaching Afrikaans as a Foreign Language (TAFL) te luister om onder die indruk te kom van sy moerse talent.

The Buckfever Underground het in 1998 die alternatiewe afdeling van die talentwedstryd Vuurdoop 1998 gewen en die opneem en uitreiking van ’n debuut-CD was deel van hul prys. Diť CD het die twee klassieke Afrikaanse liedjies “Die volk (is in die kak)” en “Dink harder” opgelewer.

ek weet presies wat’s fout met ons
ek lees my nuwe uitgawe van de kat en ek weet
ek kyk tv en ek weet
ek luister radio en ek weet
ons is deur die kak.

“Dink harder” bevat ook onvergeetlike beelde soos “jasse staan rond met hande in die sakke/ die stof vlug terug na hul hoeke”.

In 2000 volg Survival is personal. Agterop die CD staan: “This CD is not an official album. It is for fun. Do with it what you want” — ’n verblydende teken van The Buckfever Underground se verbintenis tot die alternatiewe kant van sake en die ondergrond.

Survival is personalWat die musiek betref het niks op Jou medemens is dood ’n mens voorberei op die opwindende musiek op Survival is personal en Teaching Afrikaans as a foreign language (TAFL) nie — slim vermengings van onder meer subtiele jazz, hiphop en rap laat Coetzer se fassinerende lirieke en vertellings baie sterker oorkom as wat die geval was met die debuutalbum.

Coetzer het daarin geslaag om ’n perfekte sintese te vind met puik musikante soos Jon Savage, Gilad Hockman, Stephen Timm en Double E, wie se verwerkings van die musiek maak dat ’n mens dit weer en weer wil luister. Hulle is slim genoeg om Coetzer se soms absurde en surrealistiese lirieke nie oordadig aan te vul met elektroniese klankeffekte nie. Dit is juis die akoestiese aard van die musiek, gemeng met Coetzer se poŽsie, wat bydra tot ’n luisterervaring soos min.

Ek het gepraat van Coetzer se soms absurde en surrealistiese lirieke — maar dis nie al waaruit sy skryfwerk bestaan nie. Daar is ook ’n soort kille hiperrealisme, of dirty realism, waardeur die uitbeeldings van ervarings soos vervreemding ’n nog groter trefkrag kry — luister maar na “Teen Maandag is ons dood”, “Liewe Jesus speel kaart”, “Die bure” en die briljante “Die ou man en die ou vrou”.

(TAFL)The Buckfever Underground is een van daardie groepe wat groot plesier aan sy aanhangers verskaf, want die groep word met elke nuwe album net beter. Na die werklik uitstekende Survival is personal is Teaching Afrikaans as a foreign language (TAFL) selfs ’n nog sterker album.

Dit begin met “Who cares (not us)”, wat dadelik in jou kop vashaak (en wat ’n mens hoop baie op ’n radiostasie soos 5FM gehoor sal word, wil jy amper sÍ, maar ons is mos al gewoond aan die kortsigtigheid van radiostasies en platemaatskappye wanneer dit by werklik challenging werk kom). Die voorstedelike, geroetineerde bestaan van ’n kantoorwerker en pa word in hierdie liedjie uitgebeeld, en hoe ’n korporatiewe bestaan ook vervreemding in die hand werk.

Dit is onmoontlik om in een resensie reg te laat geskied aan al drie albums van The Buckfever Underground. Daar is so baie uit hierdie werk te put. Om nie eens te praat van Coetzer se skryfwerk nie.

Wat The Buckfever Underground se Afrikaanse musiek betref, lewer hulle tans loshande die opwindendste bydrae wat betref kreatiewe integriteit en sinvolle eksperimentering. Dis glad nie konvensionele musiek nie, maar vars, uitdagend en verbeeldingryk.

Om een of ander duistere rede het sommige voorbokke van die destydse VoŽlvry-beweging verklaar daar bestaan nie iets soos alternatiewe Afrikaanse musiek nie. Die bestaan van ’n groep soos The Buckfever Underground wys watter kortsigtige ding dit was om te sÍ.

Alternatiewe musiek gaan nie daaroor om geld te maak of beroemd te word nie. Dit gaan nie daaroor om op trefferparades of Huisgenoot-plakkate te verskyn of jou albums by die korporatiewe maatskappye uit te gee nie. (Snaaks genoeg is die betrokke uitsprake oor alternatiewe Afrikaanse musiek gemaak toe mense soos Valiant Swart, Koos Kombuis en Johannes Kerkorrel hoofstroomstatus behaal het.)

Alternatiewe musiek bevraagteken sosiale en identiteitskonstruksies in die hedendaagse sosiale werklikhede. Dit gaan nie daaroor om ontvlugting of net ’n lekker jol te bied nie. Alternatiewe musiek bevat nie selfsensuur wanneer dit by lirieke kom of die gedagtes en idees wat verwoord word nie. Artistieke integriteit word gestel bo kompromieŽ ter wille van gewildheid of toeganklikheid. Uit die aard van die saak is alternatiewe musiek eksperimenteel, en iets wat jy nie maklik kan kategoriseer of in ’n boksie kan druk nie. En as die musiek werk, is dit baie meer progressief as enige hoofstroomprodukte.

As daar enige hoop is vir die toekoms van Afrikaanse musiek, lÍ dit in wat vandag op die alternatiewe snykant van die popkultuur gebeur. En hierin gee The Buckfever Underground se laaste twee CD’s die toon aan.

Maar natuurlik werk die groep nie net in Afrikaans nie. Engelse snitte soos die genoemde “Who cares (not us)”, die uitstekende “Love in a time of visas”, “Blood Red Land”, “Don’t go on holiday” en “E-mail from England” bewys Coetzer se veelsydigheid as skrywer. Hy en sy groep verdien ook om ook buite net die eng Afrikaanse dampkringetjies erkenning te kry.

Al kritiek wat ’n mens teen diť albums kan hÍ, is dat dit jammer is dat die lirieke nie in die CD-boekie afgedruk is nie. Juis omdat Coetzer so ’n manjifieke woordkunstenaar is, wil ’n mens die tekste ook graag lees en nie net hoor nie.

Navrae oor The Buckfever Underground se CD’s kan gedoen word by gil@bastardmedia.co.za. Dis broeiende musiek wat op jou groei, jou bybly en ook by jou spook — doen dus gerus moeite om dit aan te skaf.


boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.