KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



NataniŽl — die doodgewone weirdo

Albert Maritz

Van besluiteloosheid kan jy hom nie beskuldig nie. Hy weet presies wat hy wil hÍ, hoeveel daarvan en wanneer, en hoe dit moet lyk, en wat fout was met hoe dit laas gesmaak het. En dan is hy nie moeilik nie. NataniŽl is net professioneel.

’n Oproep van Surisa om hom te vra om Impresario se droom te help bou — die bekendstelling van kwaliteitkuns in die voorstede en die platteland in die Kaap, en hy vra: sit dit op ’n faks. Die antwoord kom spoedig. Ja, hy sal dit doen, en ons moet net versigtig wees hiervoor en daarvoor; hy stel voor ons gaan soontoe en soontoe gaan ons nie, en ons doen dit so en sus en so.

So tussen die paar van ons weet ons ons is almal in mekaar se goeie hande wat dalk nie so geniaal is nie, maar wat omgee.

Openingsaand is by die HoŽrskool Table View. Die enigste kultuur wat soontoe gaan, was die gospel-millenniumfees by die kerk, amateurteater daarnaby, en dan natuurlik die koningin van die plaaslike Engelse koerant om wie al die drama glo altyd draai. Geen wonder sy ignoreer die optrede nie, maar die burgemeester van Kaapstad, Peter Marais, daag darem op. Dis die punt. Ignoreer die kleindorpse intriges en gee vir hulle koek! Die Afrikaanse koerant wil ’n foto van NataniŽl by Peter Marais hÍ, en almal sÍ dis goed, maar ons is onsuksesvol om die twee groot wÍrelde vir die lens bymekaar te bring.

Die aand is ’n sukses.

Op Tulbagh raak dit interessanter. ’n Groot instansie het ontdek hulle het ’n groot vergadering, en ons sukses krimp en ons risiko groei. Eers daag NataniŽl voor ons op die dorp op. Ons is sy “roadies”, en hy wag voor dooiemansdeur. “Nee, ek het nie vinnig gery nie. Ek ry ’n gehuurde motor. Dis net ’n uur se ry uit die stad uit,” laat hy hoor op NataniŽl-wyse.

Die aantal mense is min, maar die optrede ’n reusesukses.

Die matrone van Worcester wil nie loop voor hy nie die drie cd’s geteken het wat sy al ’n tyd terug gekoop het nie. “Julle doen nie aan my wat daai ander aan my gedoen het nie!” waarsku sy. Saam met haar wag nog ’n paar “fans” noudat hulle gehoor het hy sal selfs tussen die mense verskyn. Sy kan haar oŽ nie glo toe haar held verskyn en haar cd’s teken nie.

Die man wat wag om sy tweede vrou se onthalwe, se tweede vrou in stywe swart vat die kans en trek los met ’n swetterjoel swetse as sy hom gewaar. Haar vrees vir verwerping laat haar dit aggressief soek. “Roadie” nommer een van die mansgeslag hou my lyf “bouncer” soos ek gesien het in ’n fliek oor Cleopatra. Ek wil NataniŽl hier langs my agter die tafel in beduie, maar hy luister nie.

“Vloek almal op die dorp so, of is dit net as julle my sien?” sÍ-vra hy kamma ongeŽrg terwyl hy sy naam skryf op die skadelose matrone se cd’s. My senuwees trek ’n bietjie, maar kort voor lank is hy in haar en haar tweede man se arms vir ’n foto.

Die pad terug is lank, want ons kar is stadig en ons verdwaal en vat seker eers die regte pad as NataniŽl se kop kussings vat.

Vredenburg verras vriend en vriende met die goeie opkoms. Die teatergangers is vriendelik, maar skepties as hulle ’n wyntjie verniet kry en nie eers die fonds vir die drompoppies hoef te styf nie. Die enkele opmerkings soos “Ek hou mos nie van die soort ou nie” verdwyn as hy in die verbyloop opmerk: “Die enigstes wat gelag het, is seker die twee wat gesuip was.” NataniŽl is ’n treffer, en staan alweer na die tyd saam met al wat wil op foto’s. Dis hier waar die skollies ons banier steel.

Gelukkig is die besoek aan die streek en aan hierdie doenige skool altyd ’n plesier. Ons sal weer kom.

Vort na Hermanus se kerksaal. Niel du Toit, wat help kaartjies verkoop het, praat van die akoestiek wat op plekke nie so goed is nie. ’n Mens hoor glo die beste op die galery, en met die intrapslag loop ’n klomp mense ook sommer boontoe. Hy wat Niel is, het self toentertyd te make gehad met die oprig en skep van geboue en kultuur, en ’n paar beroemdes het al daar opgetree.

NataniŽl is bekommerd dat die lig op hom sy velkleur blosend sal laat lyk. “Ek wil nie gesond lyk nie.” Omdat dit nogal warm in die saal is, maak ek die deur agter die verhoog oop, en die gordyn kry ’n Marilyn Monroe-voorkoms soos die wind daar instoot. NataniŽl se sang seŽn die kerkgebou se praal in die nagdonkerte agter die saal. Dis hier waar hy die storie in sy program insluit oor die ryk man wat nie die dilemma van sy vrou agtergekom het met nageboorte-depressie nie, en net voortgestoomroller het, en die dag toe hy sy seun in die lewe wil instuur om sy prag en krag en mag voort te sit, kom hy ten aanskoue van die hele dorp agter sy seun is homoseksueel, en sy kragtige gestalte nie werd nie.

Laerskool Groote Schuur — watter aand van opwinding. Dis hier waar NataniŽl en sy pianis, Charl, se kleedkamer die babakamer is. Ja, die juffrouens kan baba werk toe bring. Dis hier waar die vrou met die geblomde satynrok by my verbystorm en geen ag slaan op my “Waar’s u kaartjie?” nie. Toe’s daar die vrou wat sÍ: “No, not Irish — from north England.” Nie geweet die klein plekkie sonder son het ’n noord en ’n suid nie. Ekskuus! NataniŽl reageer goed op die tyding dat die gehoor vanaand sestig persent Engels is. Hy gebruik graag meer van sy Engelse materiaal in optredes.

Sy eerste Afrikaanse skets is eers twee derdes in die aand in. Dit was voor die een van die vet vrou wat so gesweet het, wat ’n fris boer so spalk agter in die winkel dat hy vir altyd ’n liefde vir “sweeties” ontwikkel. Toe sien ek die tannie uitstap “Ladies” toe. Die show gaan voort en is pragtig vanaand. Die gehoor is gaande. Bekommerd omdat sy so lank wegbly, veral bekommerd omdat ek dag sy mis die “niceste” optrede, gaan ek haar soek. My speur-reuksin weer die agterdog oor die Engelse aard van die Kaapse suidelike voorstede uit my diepe onderbewussyn.

“No, I’m not going in there. He’s awful!” Ek kry vir haar ’n stoel en gaan kyk verder. Later gaan vra ek haar tog wat dit is wat pla.

“He’s got a bad voice, if you ask me. I like Evita.” Sy kan nie NataniŽl se naam sÍ nie, so erg haat sy hom.

Met ’n “Pieter-Dirk Uys is intelligent and profound” skuif sy NataniŽl amper finaal op die agtergrond. Ek maak die stelling: “NataniŽl is widely seen as a profound and intelligent man.”

“Man!? Man!?” insinueer sy die dubbele betekenis waarop sy graag wil sinspeel. “Now we’re not talking taste. Now we are talking prejudice,” sÍ ek. Dan helder haar oŽ op. Sy het dit. Sy skuif die lyfie reg in die stoel, knietjies teen mekaar, en ’n triomfantelike klapgeluidjie met die mond om aan te kondig: “I know what it is,” sÍ sy. “He is too much of an Afrikaner.”

Sy maak ’n eensame figuurtjie uit. In die stampvol saal juig die mense vir ’n encore, met Mrs North England tussen hulle. My tannie sÍ: “Evita has it here.” Die vingerpuntjies druk teen die grys slapies, en vertrek daarvandaan hemel toe. “Lucky it was not some country singer,” sÍ ek. Haar oŽ helder op. Daaroor stem ons saam.

By Groote Schuur verkoop al sy boeke en amper al sy cd’s uit.

HoŽrskool Durbanville is baie vol, en getrou aan die area wat met verloop van jare deur The Grange teaterrestaurant opgevoed is in die kunste, verloop die aand goed.

Robertson het ’n aktiewe amateur-dramagroep. Op Robertson is die pragtigste saal die stadsaal, en alhoewel almal ons afraai om dit te gebruik gee ons dit ’n kans. . Nouja, die saal is maar deur troppe mense se gemeenplaas getrek, maar ons is verstom oor die prag, maar ook die toestand van die saal. Allie sÍ hy gaan dit vir ons mooi maak vir die aand. Ons stuur boodskappe en fakse wat sÍ ons sal graag elke keer die saal wil gebruik en help fondse bekom om die saal te red. Kort voor die optrede hoor ons die saal word na NataniŽl afgebreek, maar dit blyk later onwaar te wees.

Die boere oes en die saal kon die aand voller gewees het. Surisa, NataniŽl se lyfeiene vir die toer, kry die nuus haar hond van vyftien jaar oud is dood. Surisa sÍ nou het sy nie meer die hondjie wat voor die bad op die matjie lÍ en haar slaapkamer deel met sy ou asempie nie. “Dit klink vir my na vooruitgang,” sÍ NataniŽl.

Volgende is Bredasdorp, wie se gemeenskap ook ’n lewendige kultuurlewe het. Die laerskool maak ’n stewige bydrae hiertoe. Die toer staan einde se kant toe met nog net Swellendam-hoŽrskool en die Strand-stadsaal wat voorlÍ.

Swellendam spog met ’n ou skoolmaat as skoolhoof. Min mense op die dorp weet dat hy heelagter gespeel het vir die SA Skole-rugbyspan. Sy vrou is weer ’n ou kollega op die toneelfront.

Die aand verloop goed by die skool teen die bult, naby die oewers van die BreŽrivier.

Die reuse Strand-stadsaal span die kroon. Die bywoning is goed uitstekend. Die einde van ’n toer na ongewone bestemmings kom tot ’n einde. Die materiaal wat ons vir die mense by die bestemmings kon wys, is voorwaar kuns. Die grootsheid van ’n NataniŽl verdwaal in ’n nederige, gewone menslyf en kop, is meesleurend. Sy pianis se sagte vat en egalige vloei op die klaviere bly jou by. Die ekstreme omstandighede waaronder die “roadies” alles beleef, is ’n belewenis. Surisa en Louis doen alles, is alles, waag alles.

En daar voor — in die kalklig — too much of an Afrikaner in motion — miskien even intelligent en profound.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.