KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Resensie van mondmusiek

Stephanus Muller

mondmusiekDie gesproke stem in mondmusiek is ’n radikale stelling. Dit stel melodie sentraal in die afwesigheid daarvan, impliseer die stil-word van die horisontaal-lineÍre dimensie van musiek. Dit wys op musiek se impotensie. Daarom val melodiegebruik in mondmusiek uitermate op en wonder ’n mens oor die betekenis van melodie wanneer jy dit wel op hierdie CD hoor — soos in (my woorde is ’n wind waar die reŽn was), waar die stemmingsmusiek ontvou in ’n melodie tussen strofes twee en drie. ’n Mens voel instinktief verergd hieroor. Die melodie is ’n tweede stem wat nie ontwikkel uit die musikale materiaal nie en ook nie uit die vers nie. Dit is ’n vormgewende element wat ekstern ingevoer en afgedruk word en sorg vir ’n onbevredigende moment.

Dan ook die Mozart-aanhaling in woordkasteel, wat ’n duidelike oorsprong in die vers het ("eine kleine Nachtmusik”), maar wat ’n mens wil glo nie daar is slegs om daardie verwysing in die musiek te eggo nie. Dit sou nie subtiel genoeg wees nie. Om die waarheid te sÍ is die Mozart-begeleidingsfiguur net-net genoeg, amper te veel, van ’n poging tot representasie. Want uiteindelik is dŪt wat ’n mens pla aan melodie in hierdie konteks: die meeste van die musiek word gedink as nieverteenwoordigende klank, dit werk mimesis teŽ (uitsonderings is die seeklanke in genesis genees en die treinklanke in hiiiiieeeeeeee, terwyl song of the masters ’n genre oproep). Tonale, singbare melodiek word in so ’n musikale omgewing kitsch.

Dit is anders met die vertikale dimensie. Byna sonder uitsondering word die harmoniese op hierdie CD ingespan sodat dit beweging en momentum uitsluit. Slegs (tronkvoŽl) laat ’n mens dink die musiek neem jou iewers, al is dit herhalend. En dit is interessant dat dit nie ’n nommer is waaraan Paul Riekert gewerk het nie, want sy gebruik van herhaling in nagmaal en hoe vaak was ons hier tussen koeltes op die vloer is ritualistiese, gotiese gebare en wonderlik georkestreerde klankstasis. In selfportret van ’n poes-modernis, wat een van die mees resente verse is wat op die CD gebruik word, kom Riekert so naby as wat ek dink in enige medium moontlik is, aan die barbarisme wat dreig om deur die ineenstorting van betekenis in Breytenbach se laat werk te bars. Dit is geen geringe prestasie nie.

’n Interessante geval (en my gunstelingnommer) is ek sal sterf en na my vader gaan, waar die eenvoudige vertikale herhalings van ’n dalende majeur-toonleer met ’n verlaagde derde wťl ’n melodie begin prewel, maar waar sentiment in bedwang gehou word deur die tonale ambivalensie en die gebruik van daardie mees onsentimentele instrument van die abstrakte toonkuns, die klavier. Natuurlik is Laurinda Hofmeyr se sensitiewe pianistiek ’n belangrike faktor in die sukses van hierdie nommer, soos ook in bruin reisbrief, waar die klavier delikate filigraan weef deur die vers. Ek vind die gebruik van viool hier hinderlik, maar neem aan dit is ingespan gedagtig aan die lengte van die vers (hoewel Hofmeyr se ek wag in my hart op die CD om te breyten ’n voorkeur vir hierdie kombinasie verraai). Die klavier sorg, soos in ek sal sterf en na my vader gaan, vir ’n distansie tussen musiek en vers wat ’n mens ontroer ťn koud laat. Die elektroniese effekte in die meeste nommers het dieselfde effek. Dit is ’n hoogs onderhoudende dialektiek.

mondmusiek erken nie die grense tussen hoŽ en kommersiŽle kultuur nie. Elemente van die CD, en ek dink hier veral aan Jean Marais se jy gee geboorte aan jou asem/blomme vir boeddha en sy noem dit hart, herinner sterk aan Philip Glass se opera Einstein on the Beach, terwyl Paul Riekert se werk diť is van ’n uiters bedrewe koloris, ongeag sy medium. En dan is daar Breytenbach se stem. Dit is meer as die inhoud van die teks. ’n Mens luister na die modulasies daarvan sonder om te hoor wat dit sÍ. mondmusiek is Afrikaans se stem. ’n Mens hoor, soos Roland Barthes Panzťra se konsonante beskryf het, hoe glottisklanke aan die einde van woorde erodeer soos wat die taal vir ’n baie lang tyd in Breytenbach se mond gelÍ en gelewe het. Daar kan geen reduksie van die ekspressie en impak van hierdie stem gemaak word nie. Dit is die grein van Afrikaans.


boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.