Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Dalene Matthee (1938 - 2005): Die JK Rowling van Afrikaans

Erns Grundling


1938 - 2005

"Sy was die JK Rowling van die Afrikaanse boek ..."

"Die populÍrste Afrikaanse skrywer nŠ Langenhoven ..."

Sů het van die kenners reageer op die nuus dat die gewilde Afrikaanse skrywer Dalene Matthee (66) gister oorlede is in 'n hospitaal in Mosselbaai.

Dalene Matthee is gebore op 13 Oktober 1938 op Riversdal. Sy het in 1957 daar gematrikuleer, en aan 'n musiekskool op Oudtshoorn en by die Holy Cross Convent op Graaff-Reinet musiekopleiding ontvang.

Mens steier by die aanhoor van haar sukses. Volgens EloÔse Wessels, besturende direkteur van NB-Uitgewers, het haar mees onlangse boek, Toorbos (2003), se twee uitgawes reeds meer as 35 000 eksemplare verkoop.

Haar bekendste werk, Kringe in 'n bos, het verlede jaar reeds 'n 20ste herdruk beleef. Matthee se boeke is in 15 tale vertaal, onder meer in Frans, Duits, Spaans, Italiaans, Hebreeus en Yslands. Sy het die ATKV-prys vir goeie gewilde prosa reeds vier keer verower, en in 1993 het sy in ZŁrich 'n Switserse literatuurprys ontvang vir haar "lewenskragtige literÍre werk en haar hartstogtelike belangstelling in natuurbeskerming". Fiela se kind (1986) is later verwerk tot 'n gewilde rolprent, onder regie van Katinka Heyns. Haar boeke word al vir meer as 'n dekade voorgeskryf vir hoŽrskoolleerders en studente.

Wessels het veral die bydrae wat sy gemaak het om mense aan die lees te kry, uitgesonder. "Haar dood was vir ons 'n groot skok gewees; sy het twee dekades lank by ons boeke uitgegee. Sy het daarin geslaag om 'n brug te bou tussen populÍre lektuur en kwaliteitlektuur. Sy kan met reg as een van die topverkopers van Afrikaanse fiksie beskou word," het Wessels gesÍ.

Danie van Niekerk, ouduitgewer by Tafelberg - waar Dalene se agt romans verskyn het - meen Matthee was die populÍrste Afrikaanse skrywer nŠ Langenhoven wat verkoopsgetalle betref.

"Sy het destyds 'n storm losgelaat in 1984 met Kringe in 'n bos. Ek onthou destyds hoe die manuskrip op aanbeveling van Andrť P Brink in 'n pakkie voor ons gelÍ het. Dit was 'n fenomenale bydrae en het die Afrikaanse leserspubliek se verbeelding aangegryp.

"Sy het die middelmootroman in Afrikaans gevestig in 'n tyd toe almal gewroeg het oor die gaping tussen 'hoŽ' literatuur en byvoorbeeld die Konsalik-boeke. Sy het tussen die twee wÍrelde gevaar, iets wat skrywers soos Marita van der Vyver en Etienne van Heerden later met groot sukses reggekry het.

"Haar boekverkope spreek vanself. Sy was geweldig gewild by die voorskryfmark, Leserskring, CNA, biblioteke en almal!" het Van Niekerk gesÍ.

Van Niekerk het haar as mens ervaar as "baie interessant, gul en eksentriek".

"Sy het geglo in feetjies en natuurgeeste, was baie lief vir die natuur. Die see was vir haar 'n persoon. Sy was ook versot op dobbel - of sy nou in Kaapstad of Europa was, het sy altyd graag 'n casino gaan opsoek," vertel Van Niekerk.

Andrť P Brink onthou goed toe hy die manuskrip van Kringe in 'n bos destyds in die vroeŽ jare tagtig gelees het.

"Dit was een van daardie wonderlike oomblikke wanneer mens besef: hier is dit! Jare voor skrywers soos Dan Sleigh en Marlene van Niekerk die Afrikaanse letterkunde ligjare verder sou vat, het Matthee uitgestaan as een van die hoogste groeipunte.

"Ek was veral beÔndruk met die gloed en geesdrif van haar skryfwerk en het destyds ook gehelp om vir haar 'n buitelandse uitgewer te kry. NŠ Fiela se kind was dit egter vir my asof ek die vonk in haar skryfwerk gemis het. Dalk het haar boeke te populÍr geword. Dit was eers met Toorbos dat ek weer die ou vonk herken het, dit wat destyds soveel belofte getoon het," het Brink gesÍ. Die joernalis Amanda Botha was persoonlik bevriend met Matthee, en het haar so onlangs as twee weke gelede besoek.

"Sy was 'n storieverteller sonder weerga; sy het die Afrikaanse vertelkuns ontsettend verryk deur verhale op 'n meesleurende en menslike wyse te vertel. Sy het ook vir vernuwende aspekte in die Afrikaanse leefwÍreld gesorg, soos die ekologiese waardering vir die Knysna-bos se fauna en flora en die kyk na 'n groep mense op die kantlyn van die lewe, naamlik die bosbewoners. Sy het 'n betekenis, menslikheid en siel aan hul bestaan gegee," het Botha gesÍ.

Botha het juis onlangs deur Matthee se oeuvre gewerk om voor te berei vir 'n program wat op Vrydag 11 Maart om 13:00 by die Stellenbosse Woordfees plaasvind in die Neelsie se Vroueverenigingsaal.

"Met die herlees van al haar romans het ek veral opgemerk hoe sy die taal vernuwe het met 'n ontsaglike klomp nuwe of voorheen onbekende woorde en frases. Veral in die bosboeke, maar ook die seevaartterme en gebruiksterme in 'n boek soos Pieternella van die Kaap.

"Ongeag wat letterkundiges ook sou sÍ oor die moontlike 'maklike oplossings' waarin sy in haar boeke sou soek, was die grondige navorsing een van haar uitstaande kenmerke.

"'n Boek soos Susters van Eva bied byvoorbeeld 'n besondere beskouing van die feminisme en is beslis die moeite werd om weer te besoek," het Botha gesÍ.

Botha vertel Matthee het pas haar negende roman, Die uitgespoeldes, voltooi; dit gaan in September in Afrikaans ťn Engels by Penguin verskyn. Die boek speel af teen die agtergrond van die 19de eeu, in die Overberg-distrik.

"Sy was ook juis self besig met die Engelse vertaling van Pieternella van die Kaap, iets waaroor sy baie geesdriftig was," het Botha gesÍ.

Volgens Botha was Matthee iemand wat graag stories vertel het, 'n mens met 'n heeltemal eksentrieke siening van die geskiedenis en die lewe.

"Sy wou Jan van Riebeeck se standbeeld in Kaapstad afgebreek het en dit met een van Eva (uit Pieternella van die Kaap) vervang het, omdat sy vas geglo het sy hoort eerder daar! Sy was verslaaf aan koffie en het 'n eie lewenspatroon gehad.

"Ondanks haar eksentrieke gedrag en selfspottende persoonlikheid was sy 'n ernstige en toegewyde kunstenaar. En sy was 'n vrolike mens. Sy was ook 'n belese en berese vrou. Daar is beslis 'n intellektuele agtergrond. Maar sy sal veral onthou word vir haar medemenslikheid wat veral die gewone leser aangegryp het," het Botha gesÍ.

Vir die Woordfees-item wil Botha graag vir die skrywer Dan Sleigh en van die bosbewoners kry om deel te neem.

"Dan Sleigh was vir jare haar hoofnavorser en het selfs saam met haar gereis na Mauritius. Die ondervinding om saam met Matthee te werk was een van die hoofimpulse wat gelei het tot die skryf van Eilande.

"Die bosbewoners kan ook nie uitgepraat raak oor Matthee nie. Hoe gulsig sy was om stories op te vang, en hoe breedvoerig sy hul lyftaal en gewoontes aangestip het," het Botha gesÍ.

Volgens Helize van Vuuren, professor in Afrikaans aan die Nelson Mandela Metropolitan University (NMMU - voorheen UPE), het Matthee die lesers se verbeelding aangegryp.

"Sy het die poŽsie van die bos en die menslikheid van die bosbewoners in uitsiglose nedersettings met haar mensekennis oopgeskryf. Haar boeke het deurgedring tot die mense se syn, die subkultuur van olifante, plante, bosbouers en die misterie van die bos.

"Haar werk was populÍre letterkunde, sogenaamde middelmootliteratuur, iewers tussen hoŽ en ontspanningsliteratuur. Veral in Fiela se kind, waar 'n blanke kind 'n bruin pleegmoeder het, het sy destyds Apartheid op 'n onpretensieuse en vereenvoudigde manier aangespreek," het Van Vuuren gesÍ.

Van Vuuren het Matthee se mees onlangse boek, Toorbos, vir die tydskrif INSIG geresenseer.

"Ek het 'n paar kritiese geluide oor die boek gemaak. 'n Paar dae na die resensie verskyn het, sien ek hoe blink 'n splinternuwe kopie van Toorbos op 'n motor se sitplek in 'n parkeerterrein. Toe besef ek net weer: Dalene Matthee was 'n waarborg van die gemiddelde leser se leesplesier. Mens kan eintlik geen groter kompliment kry nie: jou gewone Afrikaanse leser sal haar boeke koop en lees deur dik en dun.

"Op 'n manier was sy die JK Rowling van die Afrikaanse boek en kan uit eie reg as 'n handelsmerk beskou word," het Van Vuuren gesÍ.

Dalene Matthee word oorleef deur drie dogters.



LitNet: 21 Februarie 2005

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.