Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Agaat — uiteindelik!

Deborah Steinmair

Marlene van Niekerk se nuwe roman, Agaat, is verlede week met groot fanfare (en skrikwekkende human traffic) by Exclusive Books in die Watefront bekendgestel. Toast Coetzer het hierdie reeks foto's vir LitNet geneem: Klik op die foto vir 'n vergroting en volledige onderskrif.

Nie jou standaard Stormers-rugby crowd nie ...

Agaat ...

Peter van Noord en Johan van Zyl


Bier was gratis ...

Ek lees gister in rooi rose 'n artikel oor die stand van die Afrikaanse boek. Die prognose is jammerlik, nes ons gedink het. Skrywers kan nie eens meer naastenby leef van tantiemes nie, behalwe die handjievol wie se boeke vertaal en oorsee uitgegee word, soos oa André Brink, Deon Meyer, Etienne van Heerden en Marlene van Niekerk. Van hierdie skrywers se inkomste uit tantiemes is 90-95 persent uit die buiteland afkomstig. Ja, die plaaslike poel is klein en troebel. (Terloops: die rooi rose-artikel bevat 'n growwe wanaanhaling van Jeanne Goosen: sy het WEL al, herhaaldelik, tantiemes ontvang vir 'n Pawpaw vir my darling!)

Donderdagaand tydens die bekendstelling van Marlene van Niekerk se langverwagte Agaat in Exclusive Books aan die Waterfront was dit duidelik dat daar nog lewe in die ou bene van die Afrikaanse boek is. Die opkoms het herinner aan boekbekendstellings in Amerika (waarvan ek nog net gelees het) - 'n malende skare LESERS, die opwinding tasbaar. Soos 'n senuagtige bruid in wynrooi was Marlene effe laat. Die plaaslike literati het afwagtend rondgestaan: Kerneels Breytenbach gestrikdas (by geboorte geskei van sy tweelingstuster Joan Hambidge?); Ena Jansen al die pad van Nederland af; selfs Gautengers soos Elfra Erasmus en Gerrit Olivier.

Gerrit het pittig en insiggewend gepraat oor sy vriendin Marlene en haar jongste boek (lees Erns se transkripsie). Daarna was Marlene self aan die woord. Sy het met ironie, en ontdaan van selfvoldaanheid, heel ontriomfantelik, gepraat oor die skryfproses, met baie erkenning aan hulp uit vele oorde. Sy het na Hettie Scholtz verwys as die muse van die pylvak, haar bedank vir haar hardkoppige aandrang op die wegsnoei van woordrykheid, en haar gelyk gegee dat die drie koeirampe waarop Marlene aangedring het, twee te veel was. Met haar kenmerkende verbositeit het sy ge-"rap" en gegoël oor kinderrympies, koringsoorte, plaasimplemente en naaiwerk. Ten slotte het sy, teësinnig, voorgelees uit Agaat en die voornemende lesers, wat al redelik voetseer gestaan was, oombliklik meegevoer na die slaapkamer van die verlamde Milla, kompleet met swart kis volgepak met Saries, Fair Ladys, Landbouweekblaaie en dagboeke. En die ironiese Agaat, teësinnige versorger en entoesiastiese voorleser. Aag, ek wou meer hoor.

Agaat is 'n lywige boek met 'n lieflike omslag - understated en internasionaal in voorkoms: 'n foto van 'n doodskleed met kerspit-borduurwerk. Ek kan nie wag om dit te lees nie. Tien jaar was te lank om te swyg, Marlene!



LitNet: 1 September 2004

back    /     to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.