Zani BotesArchive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Klik hier en help ons om LitNet te verbeter!

Dirk en Reinet Nagtegaal dans saam in 'n Heupvuur!

Zani Botes

Heupvuur vs Dirk en Reinet Nagtegaal

1. By hoeveel KKNK’s was julle al vantevore?

Dirk: Dit was ons negende fees.

2. Wat was julle ervaring van die tiende KKNK, in ’n neutedop?

Dirk: Dit was van die lekkerste KKNK’s die afgelope tyd. Iets was anders, asof daar meer spasie was. Daar was wel meer mense, maar die plasing van die verskeie vermaakplekke en kosstalletjies was beter. Die plays was van goeie gehalte.

Reinet: Heerlik, heerlik, heerlik. Dit was asof alles beter georganiseerd was, van die feesprogram tot die restaurante. Die afwesigheid van ’n oase voor die boekeparadys is egter SEEER gemis. Vir nege jaar was dit menige boekwurm se belangrikste kuierplek, maar verlede jaar het dit agteruit geboer tot hierdie jaar se bar sement. Wonder of mens iets daaraan kan doen?

3. Watter ander stukke/opvoerings het julle ook gaan kyk? Hoe was dit?

Dirk: Ons kon ongelukkig nie die hele tyd daar wees nie as gevolg van ander verpligtinge. Maar in die vier dae wat ons daar was, het ons seker so 16 plays gesien. Nie eers tyd gehad vir musicals nie. Straties was uitstekend en behoort veel verder te gaan as die fees. Mense op die platteland sal baie daarvan hou. Hartedief was briljant asook Suig. Is mos nou lewende teater.

Dirk en Amanda
Dirk by Amanda Strydom wat besig is om eksemplare van Kaalvoet te onderteken

Die launch van Amanda se boek Kaalvoet en die konsert was ’n belewenis. Maria de Buenos Aires was natuurlik die beste stuk wat ek in my lewe gesien het. Ek het na die show gesweef en wou net in die strate tango. Tertius Kapp-hulle met Die Familie Wagenaer het iets besonders aangebied. Pous Johanna was eenvoudig uitstekend. Het by heelwat ander produksies nie uitgekom nie, maar sal hulle sien as dit hopelik in die Kaap draai, of by ander feeste wat ons deur die jaar bywoon.

Reinet: Ek stem saam met Dirk. Marthinus Basson en Saartjie Botha se Maria de Buenos Aires het my laat sweef en my laat wakker lÍ met koorsige drome van natgeswete mans wat tango op die musiek van Astor Piazzolla, en Van Zyl se vertaling van Horacio Ferrer se mooi woorde sal my tot my sterwensdag deurdra! Dan is Gys de Villiers se Suig vernuwend en aansteeklik lekker om na te kyk. Ek hoop hy hou net aan en aan met hierdie sleutel. Lida Botha in Straties verdien vermelding - ek het haar spel geniet. Die Familie Wagenaer was ’n spookkunswerk teen die Karoo se volmaan. Ek sien uit daarna om stukke soos Oom Wanja en vele ander wat ons nie by kon uitkom nie, elders te sien te kry. En selfs dit is een van die groot voordele va die fees, naamlik dat dit as groot skou dien vir verdienstelike stukke wat die publiek dan na die fees voor kan uitkyk.

4. Reinet, hoe was die Tussen skrywers-sessie teenoor Jeanne Goosen?

Reinet: Tehehe, om Jeanne volgens ’n vraelys aan die praat te kry is nie maklik nie, maar gelukkig was ons sessie direk na Hartedief se eerste vertoning op die fees en sy was in ’n goeie luim. Sy het haar gate uit geniet om al my voorbereide vrae te omseil en soos ’n gesoute joernalis vir die gehoor geknik as ek begin stotter! Maak nie saak nie, ek hang steeds aan haar lippe en sorg dat ek niks mis wat haar brein uitbroei nie. Die venue was goed georganiseer en Kabous se innemende geaardheid het ons baie tuis laat voel.

5. Vertel ons meer van die Nagtegaal KKNK-kompetisie en hoe hierdie jaar se wenners gekies was.

Dirk: Die Nagtegaal-KKNK-kompetisie begin nou op dreef kom. Die kies van die stukke werk kortliks soos volg: Daar is twee kategorieŽ , nl Drama en Kabaret. In elke kategorie is daar een wenner, met prysgeld van R20 000 en die versekering deur die KKNK dat die stuk opgevoer sal word! Dan is daar een debuutprys van R10 000, wat gaan aan die debutant wat beste stuk ingestuur het, hetsy drama of kabaret. Die sluitingsdatum is gewoonlik teen 31 Julie van ’n betrokke jaar ten einde genoeg tyd te gee vir die paneel om deur al die stukke te werk en die wenners aan te wys. Onthou ons moet klaar wees met die proses voor einde Oktober, sodat dit saamval met die KKNK se inskrywingsdatums. Dr Niel le Roux is die sameroeper. Al die stukke word aan die KKNK gestuur. Op 1 Augustus begin twee persone individueel deur die stukke gaan; hierdie jaar was dit Jeanne Goosen, as deurlopende beoordelaar, en Francois Smith van die Burger. Hulle ken punte toe volgens ’n formule wat ons saam met die sameroeper ontwikkel het. Elkeen plaas sy stukke in volgorde van die meeste punte na die minste. Daar word dan deur die sameroeper en voormelde twee persone gekyk na die beste tien stukke in elke kategorie. Hierdie proses neem so ses weke. Daarna gaan die beste tien stukke in elke kategorie na ons hoofpaneel. Hierdie jaar het dit bestaan uit Jeanne Goosen, Peter Voges, Henry Milne, Salomi Louw, PG du Plessis. Hulle beoordeel ook volgens ’n bepaalde puntestelsel en daarna is dit doodeenvoudig: die stuk met die meeste punte in elke kategorie is die wenner. Die wenners word gewoonlik op 1 November 2004 tydens ’n mediafunksie aangekondig. Ons skommel elke jaar aan die paneel deur so een of twee lede te vervang met ander beoordelaars. Ons wil egter die hele konsep verander deurdat alle stukke (maar dit moet nuwe stukke wees) wat vir die KKNK ingeskryf word, outomaties ingeskryf is vir die kompetisie. Dit behoort ook meer tyd te gee aan dramaturge, aangesien die datum 31 Julie te vroeg is. Weens die feit dat die KKNK afstand gedoen het van ’n hoof- en rimpelfees, behoort dit moontlik te wees. Ons is tans in gesprek met die sameroeper hieroor en daarna praat ons met die KKNK.

6. Enige planne om die kompetisie na ander kunstefeeste uit te brei?

Dirk: Ongelukkig kan dit nie ’n nasionale oorkoepelende prys wees nie. Iewers moet daar ’n sluitingsdatum wees en dit val nie altyd saam met die verskeie ander feeste wat bestaan nie. Aan die ander kant waarborg die KKNK dat die wenstukke opgevoer sal word. Daar is wel planne op die tafel om soortgelyke pryse by die ander groter feeste tot stand te bring, maar dis nog in die beginstadium.

7. Watter Suid-Afrikaanse kunstenaars/skrywers maak julle tans baie opgewonde?

Reinet: Heel bo is Marthinus en Saartjie se heilsame vennootskap, Mark Hoeben, Nicole Holm, Neels van Jaarsveld, Tertius Kapp, Lindie Stander, Floyed de Vaal, Lien Botha, Schalk Schoombie.

Dirk: Die nuwe geslag jonges maak my opgewonde.

8. Het julle al planne vir volgende jaar se KKNK?

Dirk: Ja, maar is nie nou die tyd om dit uit te lap nie.

9. Watter boek(e) is op julle bedkassies?

Dirk: Op myne is The Power of NOW, a guide to spiritual enlightment deur Eckhart Tolle.

Reinet: The Doors of perception van A Huxley en Kaplan se Sefer Jetzirah.

10. Aan watter projekte werk julle tans?

Reinet: By Genugtig!-uitgewers werk ons tans aan ’n bundel met gedigte van digters onder 30, ’n tienjaar-KKNK-feesblad met foto’s en koerantberigte; daar is ’n projek met kunsfoto’s en spookstories deur Tertius Kapp en Toast Coetzer, ’n Tswana wat in Afrikaans skryf en ’n Reisverhaal van Kaap tot KaÔro deur die 94-jarige Naka Pilman.

Dirk: Ons het ’n paar borge bymekaar gekry en BAAT (Borge-Assosiasie vir Afrikaanse Teater) gestig. Dit is ’n landswye projek waardeur ons beplan om genoegsame fondse op herhalende basis vir die Afrikaanse teater te bekom op die konsep van individuele borgskappe, hetsy van private individue, klein besighede of groot korporatiewe instellings, van so klein as R20 per maand, tot enigiets anders. Dit is egter in absolute beginstadium en ons wil nie nou die kar voor die perde span nie, maar beplan om eersdaags daarmee af te skop. Almal behoort hierby te baat, van die borge tot die kunstenaars, maar ook die dramaturge, die regisseurs, die verhoogbestuurders ens.

11. Enige planne vir nuwe boeke nŠ Voorvaders kan vlieg, sÍ Delores (Reinet) en Oopkop (Dirk)?

Reinet: Ek is besig om my manuskrip, wat vol gape en uitroeptekens van my editor teruggekom het, heeltemal oor te skryf. Dit was eers sleg, maar nou gaan dit lekker, want die karakters het my so gaaf tegemoet gekom.

Dirk: Ja, ek is stadigaan besig om aan ’n nuwe boek te werk. Dit handel daaroor dat ’n mens moet leer om los van jouself te staan, om voluit te leef en om te lag. Veral om te lag.

LitNet: 26 April 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.