Zani BotesArchive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Albert Maritz met wapens van massa vernietiging!

Zani Botes

1. Ons almal ken jou as Herman van Konings en Torings, maar jy is deesdae meer bekend as die krel wat knertsies uitdeel op die TV-advertensie. Hoe voel jy daaroor?

AM Destyds toe Konings op TV was, is ek nogal meer as voorheen op straat ge-“spot”. ’n Rukkie later het Egoli begin. Ek was daarin, en die reaksie op straat was oorweldigend. Dit het alle grense, oa ook rassegrense, oorbrug. Maar niks klop die reaksie op advertensies nie. Ek was gelukkig om in ads te wees soos die Mazda een waar die ou sy vrou roep - “ MAGDAAAA!” , en as hulle waai, klap sy haar rok in die modderbakkie se deur vas. Toe die RSG-ad van die doeanebeampte wat sy broek so uit sy stert uittrek na die skape verby is. En nou die Burgermeester. Die effek is reusagtig, en eintlik hartseer om te kan s - in die dae van min Afrikaanse TV is dit ’n voorreg om by so iets betrokke te wees. Toevallig was die regisseur dieselfde persoon wat my in Konings die rol van Herman gegee het en die eerste ent se regie gedoen het.

2. Vertel ons bietjie meer van jouself. Jou geskiedenis, jou passies, jou drome.

AM Hier onder, by vraag 12, sal jy ’n goeie idee kry hieroor. Ek glo daar’s geen rede hoekom een mens in ons land nie sy eie brood moet kan verdien nie. Waar politici faal, moet ons ander strukture in plek kry om die gemeenskap te bemagtig. Die idees waarmee mense selfonderhoudend kan word, is legio. En dan glo ek die kunste (teater as prioriteit) is onmisbaar in ’n ware demokrasie. En kan een mens my s hoekom Kader Asmal peuter aan elke ding in die onderwys, maar nie een van my kinders kan ’n keuse uitoefen in hul skole om Xhosa as vak te neem in die Kaap nie? Leer ons nie uit die verlede nie? En dan is ek by die keerpunt verby as dit gaan oor Afrikaans. Dis tyd om op kundige en beskaafde wyse te staan vir ons regte as Afrikaanssprekendes.

My geskiedenis? Sjoeee ... Film, TV, verhoog en radio. Akteur, regisseur, joernalis, radio-omroeper, onderwyser. Voorstander van die kunste as industrie. Eerder behind the scenes; om te sorg dat die kunstenaar die respek kry wat hy verdien. Dat die dag wil kom dat hy/sy bloot ’n “living wage” verdien.

Ekself? Ek leer leef in vrede. ’n Paar byltjies wat ek nou ook maar sal ophou slyp, is sekere politici en hul vals beloftes - ’n mors van energie. Aan die ander kant moet mens eintlik net hulle gatte skop. Rade vir die kunste wat vergeet het van Afrikaanse teater ... en die paar tweegat-skindergatte en hul omgekeerde rassisme.

3. By hoeveel KKNK’s was jy al vantevore?

AM Tydens die eerste paar was ek ’n TV-regisseur in Johannesburg. Nooit die fees gehaal nie. Toe is ek soontoe as toeskouer, en sedertdien elke jaar daar met byvoorbeeld Stander - my eerste keer in tien jaar op die verhoog - die toneelstuk Yerma, Rooikoppetjie, en verlede jaar as vervaardiger van Kanna hy k Hystoe, en regisseur/vervaardiger van Maljan onder die Hoenders.

4. By hoeveel vorige stukke was jy verantwoordelik vir die regie?

AM Ek regisseer gereeld stukke wat in ’n opvoedkundige milieu speel (in Afrikaans, Engels en Xhosa), byvoorbeeld drie stukke wat tans deel uitmaak van die Kaapse projek HOOC. Maljan onder die Hoenders was my eerste KKNK-regie. En nou Botspoppe.

5. Wat was jou ervaring van die 10de KKNK, in ’n neutedop?

AM Dit was ’n reusepartytjie. Ek moes nie self op die verhoog nie - sulke tye berei ek woes voor - doen spraakopleiding, dieet, oefen. Di keer was my werk om toe te sien dat als so gereed en gemaklik moontlik is vir die spelers. En daarna was my hande vry. Om eerlik te wees is ek baie teleurgesteld oor ons swak sale gehad het.

Floyed, Neels & Nico

Bietjie meer oor Botspoppe soos in die KKNK feesgids 2004:

    Vir die verassende kabaretteaterwerk het die debuutskrywer Nico Burger inspirasie geput uit die emosionele rommel van 9/11 in New York. Basil ontdek 'n vliegtuig in sy kantoor op die 80ste verdieping. Is dit die vorige aand se brandewyn of die nare werklikheid? Hy het net een uur voor alles ineenstort en daar is geen manier om sy lot te ontsnap nie. Dis 'n gatslag. Maar agter die hartseer skuil humor, agter die sentiment 'n storie, uit die wanhoop kom die waarheid, en uiteindelik is daar tog 'n kinkel in die kabel.

6. Hoe was die stuk Botspoppe deur die KKNK-gehoor ontvang?

AM Ek is bly jy vra. Mense is mos meestal goedgemanierd oor mens se werk. Maar hier het ek die ervaring gehad dat mense kranksinnig was oor hul belewenis. Die moeite wat mense gedoen het om ons na die tyd te kom komplimenteer was vir my ’n reuse-riem onder die hart.

7. Hoe was dit om saam met twee puik akteurs soos Neels Clasen en Floyed de Vaal te werk?

AM Ek is bly jy noem hulle puik akteurs. Dit s alles. Ek het eerste vir Floyed genader omdat hy die kitaar magtig is, en so goed was in 1975. En na ’n paar groot kanonne nie beskikbaar was nie, sien ek Neels (wie ek beoordeel het as skolester in ATKV-toneel amper tien jaar gelede in Johannesburg) in die Australiese Fame-produksie, en ek dink - di ou kn ! En watter vreugde. Hulle het lekker gejel, nie geskroom om hul idees te gooi nie - onmisbaar help skep, en uiteindelik die stempel geplaas op ’n vreugdevolle proses - met ongelooflik professionele en meestal meesterlike optredes - veral in ag genome die feesomstandighede - te min tyd, en tegnies gekniehalter. Ons laaste optrede (met twee mikrofone vir Neels op standby) was die eerste een waartydens die mikrofone bly werk het verder as die eerste lied (sweet het die mikes laat konk); en deurentyd was die twee manne oneindig professioneel. Dan moes die ander mikrofoon (Floyed s’n) ook afgeskakel word, die backtracks en die viool ook saggies gebruik word, en die spelers moes sing met hul stemme net so onversterk. En hul intensiteit was ongelooflik. Gehore het gewoonlik nie agtergekom hul speel sonder die klankversterking nie. Hul sou ieder geval speel met suiwer stemme in die toneelgedeeltes tussen die liedjies deur, maar darem die liedjies sing met klankversterking.

Floyed & Neels

En moenie vergeet van die violis, Lizbe Prinsloo, nie. Sy is saam deur die rollercoaster. Haar spel was gereeld krities vir die musiek - veral met die versterking van die res daarmee heen. Sy het dit so sensitief hanteer soos net die beste kan.

8. Die stuk vat mens op ’n emosionele wipplank. Ek het gelag, getjank en getob. Hoe het die stuk jou as mens benvloed as jy nou terugkyk?

AM Ek is baie verheug oor jou belewenis van Botspoppe. Die stuk - uit die pen van ’n genie, Nico Burger - is weens Nico se groot hart - een wat afstuur op die mens se beter begrip vir moeilike dinge - rakende essensies soos verhoudinge, ironie van oorlog, die mens se eiegeregtige begrip van godsdiens, edm. Dis ’n MOET SIEN. Ek is op ander vlakke ook geraak. Die hoeveelheid wat spelers bereid is om te g, die kreatiwiteit van hierdie generasie, hul toewyding - hoe hulle kyk na hul gesondheid, opwarm voor die tyd, rituele skep om seker te maak als is waar dit moet wees voor die optrede, dat hul gefokus is, hul onbaatsugtige werkswyse - en dan natuurlik die woord-vir-woord inhoud. Dis ongelooflik hoe twee woorde wat opeenvolgens mooi is vir my, my emosioneel raak. Ek was gereeld aangedaan deur hierdie ongelooflike teks en musiek.

9. Watter ander stukke/opvoerings het jy ook gaan kyk? Hoe was dit?

AM Ek het Hangkas Haas (Hennie van Greunen; regie Marion Holm) en Demanjuk (geskryf en regie Charles Fourie) gesien. Eersgenoemde was ’n tipiese Hennie van Greunen-teks, met class en ’n gewetensles versteek in die drama en die vermaak. Die blote tema was ’n deurbraak. Om die meeste mense in die gehoor bloot te stel aan die bevooroordeeldheid teenoor gays! Die produksie was skouspelagtig, maar raak geregisseer deur Marion Holm.

Demanjuk was eweneens ’n puik Charles Fourie-teks, interessant geregisseer, met goeie spel deur die spelers. Kan jy glo Johan Malherbe speel nog so ’n groot rol op sy ouderdom - en gd ...?

10. Het jy al planne vir volgende jaar se KKNK?

AM Ek dink Botspoppe het een ding bewys, en dis dat die geniale musiek van Nico Burger ’n blyspel (musical) sal kan dra. Ek en hy het ’n musical geskryf (sy musiek) wat ons voorl aan belangstellendes, met hoop om dit op te voer. Karen Meiring het ’n teks in haar hand. Dan is ander tekste van my deel van kompetisies, wat mens natuurlik hoop bydra om hul opgevoer te kry. En mens hoop die opvoedkundige produksies (byvoorbeeld oor drank- en dwelmmisbruik, geweld teen vroue, misdaad ea) kan op so ’n fees genkorporeer word. Ek sal ook graag met entrepreneurswerk onder die mense van die dorp betrokke wil raak. Die teater speel daar ’n groot rol.

11. Watter Suid-Afrikaanse kunstenaar(s) en akteur(s) maak jou baie opgewonde?

AM Ek is ’n ou fan van ons grootse akteurs uit die verlede. Soveel van my helde het al afgesterwe - sommige met wie ek video-onderhoude gevoer het, radio-onderhoude edm, met die hoop om TV-programme daarmee te maak. Iemand soos Oom Eghardt van der Hoven is ’n lewende legende. Mense soos Charlyn Wessels - ’n klassieke aktrise wat in die oorspronklike Adam Small-produksie van Kanna was, en laasjaar haar professorskap ’n kort rukkie weer verruil het om vir ons dieselfde rol te speel.

En dan die jeug. Daar is by hulle ’n ywer waarmee hulle die bul by die horings pak om hul eie bevryding te bewerkstellig - dmv die kunste, “ diensplig” oorsee, suksesvolle entrepreneurskap en op kunsterrein is daar ’n hele paar helde op pad - in die mould van Charlize Theron. As ons maar net ons eie flieks kan maak, dammit! Ek sonder liewer niemand uit nie, maar ek het ’n paar jong gunstelinge - mense wat move en shake sonder om aanmatigend te raak.

12. Is daar enige ander projekte waaraan jy nou werk?

AM Blerrie baie. Drie produksies wat ek geskryf en regie het, is betrokke by die Wes-Kaapse projek HOOC (teen misdaad, en saam met die ongelooflike maatskaplike werkers van PROCARE); ek doen entrepreneursopleiding vir die ATKV in Atlantis; ek is pas betrek by werkskepping in Melkbosstrand; ek is ’n “front-man” met geldinsamelings vir ’n paar SA flieks wat wag om gemaak te word; ek werk aan ’n programvoorlegging vir SABC2; en ek gee drama by die Tygerberg Kollege.

Ek arbei (gewapen met ’n besigheidsplan) aan herlewing van die Afrikaanse toneel op alle terreine, en weet daar’s nog dinge, maar te veel om op te noem. Die kuns is daarin om te prioritiseer, en iewers ’n inkomste te h.

13. Watter boek(e) is tans op jou bedkassie?

AM Heart of Darkness, Beslissing by Blouberg, Josua - ’n Bybelse roman.

14. Watter gereg bestel jy die meeste wanneer jy uiteet?

AM Pizza, met ham, mushrooms, uie, greenpepper, en knoffel en chillies langsaan.

15. Gaan Botspoppe op toer? Wanneer en waar?

AM Ons is genader om 14-18 Julie by ’n fees op te tree in Otjiwarongo, asook by die Oktober Rittelfees. Beskikbaarheid van akteurs speel ’n beslissende rol om te bepaal of dit moontlik is. Sou Aardklop ons aanvaar, is ons daar. Intussen sal dit soveel sin maak om die stuk in Kaapstad en Pretoria op te voer - maar die befondsingstrukture vir Afrikaanse teater bestaan skaars - wat dit alweer op die skouers van die privaatsektor laai. Wie sal ons tog help met die minimumwaarborg vir bemarking, tegnies, en om die spelers te betaal?

LitNet: 15 April 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.