Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Ons het twyfel nodig om te groei en te glo

Theo Geyser*

Die omstrede GodDie omstrede God - Bestaan God of nie?
Saamgestel deur Etienne van Heerden, Erns Grundling en Thomas Mollett
Sagteband, 545 bladsye, ISBN 1 919985 05 0
Prys: R230 (BTW ing)
Rapid Access Publishers, Stellenbosch, 2004
www.sun-e-shop.co.za / www.africansunmedia.co.za
E-pos: africansunmedia@sun.ac.za
Tel: (021) 808-2401 / Faks: (021) 808-2626

Die omstrede God is 'n bundel kuberruimgesprekke wat deur Thomas Mollett, Erns Grundling en Etienne Van Heerden saamgestel is. Dit is grass roots-teologie op sy beste. In Wilhelm Jordaan se woorde: "God is in die Afrikaanse wreld gedemokratiseer."

My aanvanklike gevoel oor die boek was die tipiese Jesus-junk-gevoel. God is nog altyd die slagoffer van kommersialisering waar jou rand gou sterk kan word. Daar is genoeg Jesus-yskasmagnete, Jabes-muise en -rugsakke, Passion-pette en T-hemde, waarvoor enige bankbestuurder dankie s.

Die voordeel van my twyfel het gou getaan. Vir enige predikant wat omgee en passievol moeite doen om mense onvoorwaardelik lief te h, is hierdie boek ’n moet.

Die kwantumsprong van BC (before computers) na AC (after computers) het ’n nuwe outoriteitskrisis meegebring. Waar informasie in die verlede sterk beheer is deur die bourgeoisie en smulpape het die internet dit moontlik gemaak dat die gewone man op straat ingelig kan wees. Hierdie kuberboek vier die bevryding van die mens wat mondig geword het. Die rappers, ravers en rokers, pommies, nerds, cyberpunks, geleerdes, verlorenes, celebrities, twyfelaars, gelowiges en liggelowiges, profete, digters, egovrate en gebrokenes, verwondes, en ander, maak kop en hart oop om eerlik en ook oneerlik oor ’n omstrede God te praat.

Dit is ’n bul-bundel. Die bundel is blou. Die donkerkant van ontnugtering en God se onbedagsame agente hier op aarde staan in die spervuur. Debatteerders wroeg deur die kennisbanke van die filosofie, wetenskap, teologie, sosiologie, antropologie en elke moontlike bril om die misterie van ’n omstrede God te verstaan. Die aanvanklike berg van 545 bladsye word ’n ritmiese skoppelmaaireis, met kruisverwysings wat jou soms nie kan laat wag om die volgende argumente te volg nie.

As jy die boek los, los die boek jou nie. Kuberruimwesens soos Voltie, Witrenoster, Realis, Thomas, Maryna, Steve, Godzilla, Hendrik, Sakkie en ander kom woon in jou kop en prikkel oortuigings en vrese. Soms verkrummel argumente en slaan kaalgestroopte ego's kaalvuis met karakterskending, clichs, herhalings en paradoksale stellings. Soms verdwyn die dualisme van twyfelaars en gelowiges. Gelowiges het ook vrae en twyfel. Soms is die twyfelaars weer absolute oortuigdes en maak van geloof ’n oorbodige term.

Hendrik Venter kom met ’n uitstekende opsomming (bl 482) om die verwysingsraamwerk en aannames van die deelnemers te gee. Om oor God te praat is nie ’n bestemming nie, maar ’n reis. Die integrasiereis tussen die bewustelike en onbewustelike hantering van data is onontbeerlik om die bekende (materialisme) en die onbekende (spirituele) te versoen. Die waarde van so ’n model is dat dit die klem verskuif van wat ons glo na hoe ons glo.

Na vele resensies en gesprekke oor die boek het ek gevoel dat die terme "ontbondeling", "verburgerliking" of "demokratisering" van die Afrikaner oorspeel word. Dit is ’n rede vir die debat, maar beslis nie die rede nie. Die krisis in Die omstrede God is veel groter as di van die ontnugterde Afrikaner. Die post-Boetman-generasie is ook al keelvol daarvan om te luister na die verontskuldigings van ’n verontregte Afrikaner. Hierdie boek is ook ’n refleksie van globale realiteite van ’n postmoderne generasie wat mondig geword het, wat uit die kake van die modernisme probeer ontsnap. Die omstredenheid woed nie net binne die teologie nie, maar binne elke moontlike vakgebied.

Die kuberruimdebat leen hom tot die uitruil van opinies en die wedersydse dissektering van koue begrippe, sinne en woorde. Die rasionele oorheers ten koste van die relasionele. Hierdie komkommerkoel benadering laat my dink aan ’n kat wat gedissekteer word waar die longe, hart, hare en ingewande die objektiewe bewys word van die realiteit van ’n kat. Tog wil ’n mens soms ook weet hoe oud die kat is, hoeveel kinders die kat gehad het, of hoeveel keer die kat deur die hond gebyt is. Ek mis die mens in die tegnologie. Dalk net: "Hoe gaan dit met jou?" Of "Ek hoor jy was siek", in plaas van die koue dominee-groete ... Dalk is die kuberruim net te koud vir die warm God van die Bybel.

Die meerderheid beroep hulle op rasionaliteit en logika. Daar word egter baie min gepraat oor die sagteware van logika wat geloof is. Indien geloof die verowering van die mistieke is, is geloof oorbodig. Die pogings om rasionaliteit te bevraagteken is vaag. Die werke van Saussure, Lyotard, Baudrillard, Derrida, Eco, Foucault, Wittgenstein, Bauman, Jameson en andere kon ander leemtes in hierdie debat nuanseer, en ook die gevare indien die drakrag van rasionaliteit oorskat word. Die rol van voorveronderstellings, persoonlikheidstipes, sosiale identiteit en taal behoort deel te wees van die epistemologie wat ontrafel word. Die debat kan geen wenner oplewer nie, aangesien sowel Ates as Gelowige geloof moet beoefen om oor God te praat. Geloof eindig in misterie. Dit beteken nie dat God nie anti-intellektueel is nie, maar Hy is dalk postintellektueel.

Die boek lewer ’n groot bydra daartoe om twyfel die regmatige plek in geloof te gee. Ons het twyfel nodig om te groei en te glo. (Sou diegene wat in Apartheid getwyfel het, nie beter Christene gewees het as di wat dit nie betwyfel het nie?) Die Christen en nie-Christen wat twyfel besweer, trap in die ou narsistiese strik van voorspelbaarheid en stagnasie. Die lewe word dan ’n bedompige bestemming waar ek alle mistiek verwyder en slegs oorgelaat word aan die subjek van die self en die beperktheid van my eie versekerde opinie. Dalk ’n nuwe vorm van narsisme? Dalk sal hierdie boek uitstekende katkisasiemateriaal wees om ons kinders nie gekloneerde kerkistiese napraters te maak nie, maar eerder eerlike soekers na God wat ons nooit laat ophou soek nie. Jy kan slegs begin soek as jy verdwaal het.

Die omstredenheid van God l ook in die omstredenheid van die mens. Dit sou eerlik wees om oor "die alles-uitwissende slagveld ... in die bose skoonheid van geweld" te debatteer (DJ Opperman). Die gebrek aan ekoteologie onderstreep hierdie omstredenheid. Dalk is daar alreeds te min om iets oor die ekologie te s. Die ekologie bloei sy laaste trane terwyl Hansie Slim munt slaan uit sy trotse rede waarmee die wreld verower word. Ek hoop die ekologie het nog genoeg genade dat ons wel weer kan praat oor Die omstrede God ...



* Theo Geyser is pastoor by die Stellenbosch Gemeente. Hy is ook 'n lid van die gewilde sanggroep Prophet.



LitNet: 4 Oktober 2004

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.