Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Zen en die alledaagse lewe

Johann Rossouw

Die Burger-lesingsreeks, KKNK, April 2002

Lesing gesertifiseer deur meester Roland Yuno Rech

Dames en here, die onderwerp van vanoggend se bespreking is, “Jou meditasiemat of my Feng Shui-bed: ons eksperiment met ander vorme van spiritualiteit.”

Julle is almal bewus daarvan dat die Afrikaanse wreld sedert 1994 deur ingrypende veranderinge beweeg. Spiritualiteit in die Afrikaanse wreld is een van die barometers van hierdie verandering. Aan die een kant sien ons dat die tradisionele Afrikaanse kerke met intense debatte oor hul boodskap en hul identiteit besig is — ook hulle moet by ’n veranderende wreld aanpas. Aan die ander kant sien ons dat talle Afrikaanse mense ander vorme van spiritualiteit ontdek.

Sommige van hierdie ander vorme van spiritualiteit val ongelukkig binne die kategorie van die emosionele kitservaring, net soos wat mense R30 betaal om vir twee ure lank die ervaring van ’n rolprent te h. Maar hierdie kitservarings hou net so lank as wat dit duur. Sodra ’n mens die plek waar jy jou emosionele hoogtepunt bereik het, verlaat, plat die nawerking gou af en bly dieselfde knaende leegheid oor wat jou in die eerste plek op jou soektog na geestelike voedsel gestuur het.

Om oor verskillende spirituele paaie debat te voer is sinloos: verskillende mense vind by verskillende benaderings aanklank. Wat wel belangrik is, is dat die pad wat ons kies, ons diepste geestelike behoeftes sal vervul.

Ek het die grootste respek vir mense wat vandag probeer om die tradisionele Afrikaanse kerke te vernuwe. Maar in my geval het ek ’n ander weg gevind waaroor ek vanoggend ’n kort rukkie met julle wil gesels. Hoe verder ek op hierdie stil weg wandel, hoe groter word die helderheid wat dit vir my bring, nie net daar waar ek my spiritualiteit saam met ander beoefen nie, maar ook en veral in my alledaagse lewe, of ek nou ’n brief vir ’n vriend skryf, my porsie groente gaarmaak of ’n boek lees. Dit is die weg van Zen, ’n weg wat nie mistiek of intellektueel is nie, maar gewoon ’n praktyk. Verandering is die enigste konstante.

Die Boeddha het meer as 2 500 jaar gelede al vanaf hierdie waarheid vir ons ’n weg gewys wat nie net die einde van lyding beteken nie, maar ook die weg van vryheid is. Die Boeddha is destyds in Indi as ’n prins gebore. In sy twintigerjare, toe hy reeds ’n vrou en ’n kind gehad het, het hy ’n groeiende ontevredenheid met sy lewe van oorvloed gehad. Daarom het hy sy koninklike lewe agter hom gelaat en op ’n reis na die grootste geestelike leermeesters van sy tyd gegaan. Maar nie een van hulle kon hom werklik die antwoorde gee waarna hy gesoek het nie. Uiteindelik het die Boeddha een nag buite die stad Benares vir hom ’n kussinkie van gras gemaak en onder ’n bodhi-boom in die lotusposisie gaan sit en mediteer, dit wat ons in Zen “zazen” noem. Teen dagbreek die volgende oggend het hy in hierdie posisie verligting bereik, naamlik die insig dat alle dinge verweef en daarom een is. Wie volgens hierdie insig leef, lei ’n lewe van verligting. Maar wie volgens hierdie insig leef, kan ook nie anders nie as om met erbarming teenoor ander te leef nie: as ek en jy met mekaar verweef is, kan ek nie anders nie as om met die besef van ons verweefdheid — wat zazen aan my gee — met erbarming teenoor jou op te tree.

Getransformeer deur sy verligting het die Boeddha begin om sy insig met ander te deel en so sy groep volgelinge bymekaar gebring. Hierdie groep was die eerste gemeenskap van praktiserende Boeddhiste, dit wat ons in Zen die sangha noem. Die Boeddha het oud geword en sy dissipels jaar in en jaar uit onderrig in die wysheid wat hy gehad het. Maar die een ding waarop hy meer klem as enigiets anders gel het, was die beoefening van verwagtinglose meditasie.

Na die Boeddha se dood het sy boodskap en die praktyk van zazen oor groot dele van Asi versprei. Van meester na dissipel is die wysheid van geslag tot geslag oorgedra, tot dit in die vierde eeu deur die monnik Bodhidarma na China geneem is. Bodhidarma was die grondlegger van die Chinese skool van Boeddhisme, genaamd Chan. In 1225 het ’n Japannese monnik genaamd Dogen kennis gemaak met Chan toe hy na China gereis het. Toe hy Chan na Japan geneem het, het dit as Zen bekend geword.

Meester Dogen was van jongs af gedryf deur die volgende vraag: as ek reeds van nature die Boeddha-aard het — dit wil s van nature met alles verweef is — hoe kan ek anders as om reeds van nature verlig te wees? Net soos Dogen vra baie mense hulself vandag nog af wat dan nou so uniek aan die Boeddhisme is wanneer hulle vir die eerste keer die basiese filosofie daarvan hoor.

Maar dit was eers toe Dogen in ’n Chan-klooster liggaamlik die ervaring van zazen beleef het, dat hy geweet het wat die antwoord op sy vraag was, naamlik dat dit juis in zazen is dat alle teenoorgesteldes verval, dat ons besef dat gees en liggaam een is, dat ons in harmonie met die kosmos leef, dat ons van nature met alles verweef is.

Meester Dogen het hierdie ervaring as die sentrale vertrekpunt van sy onderrig geneem. Hy het sy dissipels geleer dat dit belangrik is om korrek te leef, maar dat dit moeilik is — soms faal ’n mens. Die belangrikste van alles is egter om soveel as moontlik in zazen te sit. Die korrekte lewe self volg uit zazen, en nie in die eerste plek uit my wilskrag nie.

Wat is zazen? In zazen is dit nie belangrik of ek ’n volle lotus kan uitvoer nie. Wat wel belangrik is, is dat my knie teen die grond stoot en my kroontjie teen die lug: my liggaamgees word die geleier tussen die teenoorgesteldes van hemel en aarde. Sodoende ervaar ek reeds konkreet hoe teenoorgesteldes verval. Wanneer my knie geanker is, my rug reguit, my ken liggies ingetrek, my duime rustend teenmekaar, ervaar ek nie net die harmonie wat uit die balans van my lyf en my gees spruit nie, maar ook die energie wat spontaan deur my vloei. Nou is ek gereed om op my asemhaling te konsentreer: natuurlik, diep, in en uit. My asemhaling is die skarnier tussen liggaam en gees. Soos wat gedagtes kom, stoot ek dit nie af of gryp dit nie aan nie — ek laat dit eenvoudig verbygaan en kom altyd weer terug na my asemhaling, na my postuur. Party van ons kan in ’n volle lotus sit, ander slegs in ’n halflotus en nog ander kan slegs hul bene kruis. Dit is nie belangrik nie — in zazen, net soos in die alledaagse lewe, werk ek met wat ek het, niks meer en niks minder nie. En vanself kom ek terug in die hier en die nou.

Zazen is nie iets wat ek regkry of bemeester deur my wil nie. Trouens, wanneer ek dit met wilskrag probeer doen, kry ek dit glad nie reg nie. Die rede hiervoor is dat my wil optree in verwagting, en verwagting is presies dit wat ek in zazen afleer. Zazen is om verwagtingloos aandagtig te wees. Wanneer ek in zazen sit, is dit zazen self wat zazen beoefen, net soos wat ek, wanneer ek aandagtig leef, van oomblik tot oomblik een is met die oomblik en instinktief weet watter gebaar, woord of handeling gepas is. Maar hierdie aandagtigheid kom nie deur my wilskrag nie; dit kom vanself as geskenk van zazen. Die oog kan nie vir homself kyk nie; net so kan ek nie aanvanklik agterkom wanneer daar met my postuur fout is nie en word ek in die dojo deur ervare beoefenaars van zazen reggehelp. Die geoefende oog kan egter wel uitmaak wat hy sien; net so leer my lyf met verloop van tyd die korrekte postuur en s my lyf vir my wanneer iets in my postuur skort. Mettertyd, soos wat ek daagliks saam met die ander beoefenaars van zazen in die dojo gaan sit, groei die helderheid van zazen in my. Ek kom in die plek wat nog altyd in my was, die plek waar daar nie meer buite of binne, woorde of stilte, self en ander is nie.

Maar, omdat zazen my neem na ’n manier van wees anderkant teenoorgesteldes, besef ek ook dat zazen en my alledaagse lewe een en dieselfde is. Trouens, ’n Zen-meester het eenmaal ges dat ’n besige markplein ’n uitstekende plek is om zazen te beoefen. Hiermee het hy doodgewoon bedoel dat presies dieselfde hier en nou wees wat zazen aan my skenk, ook dit is waarmee ek elke dag van oomblik tot oomblik leef.

Soos wat ek met zazen vorder, kom ek soms agter dat ek in ’n oomblik myself te hard dryf of nie genoeg doen nie: in albei gevalle is ek nie besig met die oomblik soos wat dit is nie, maar soos wat ek dink dit is. Ek kom soms agter dat my rug styftrek van spanning, of dat ek vorentoe leun terwyl ek sit en werk. In albei gevalle kan my asemhaling, die basis van my lewe, nie spontaan vloei nie. Dan stop ek vir ’n oomblik en konsentreer op my asemhaling terwyl ek my rug weer reguit trek en ontspan. Deur zazen deurbreek ek my illusies oor die oomblik en kom ek vanself, hier en nou, terug na die oomblik. Dit beteken nie dat ek volkome illusieloos leef nie. Van tyd tot tyd vorm daar weer nuwe illusies. Maar dit is goed so: soos meester Desjimaroe ges het, is daar geen verligting sonder illusies nie.

Onwillekeurig lei die praktyk van zazen dus tot ’n totale omwenteling in hoe ek die wreld beleef. Ek leer dat die weg van onverknogtheid, soos wat die Boeddha en al sy opvolgers geleer het, is om met my arms slap langs my sye te wees: dat ek dit wat na my toe kom, ng aangryp, ng afstoot. Soms gebeur daar dinge wat my bly maak, soms gebeur daar dinge wat my hartseer maak. Soms wen ek, soms verloor ek. Maar anderkant en te midde van dit alles bly ek steeds Boeddha, hier en nou, nie minder of meer verlig deur die kom en gaan van die alledaagse wreld nie.

Ek kom mettertyd agter dat zazen vanself, outomaties en op ’n onbewuste vlak my in staat stel om telkens die regte gebaar, die regte woord, die regte gedagte te h. Ek raak ontslae van oortollige gedagtes of verantwoordelikhede, sodat net dit wat werklik belangrik is, oorbly. Ek besef dat die woedebui van ’n kollega, die huil van my kind of die lag van ’n vriend alles ewe belangrik is, omdat dit alles deel van die altyd veranderende werklikheid is.

Deur so van oomblik tot oomblik by die dinge te bly, sonder dat ek my inspan, kom ek mettertyd agter dat my ego ’n illusie is. Ek kom agter dat wanneer ek probeer om my ego in stand te hou, ek juis lyding vir myself en andere veroorsaak. As ek gierig is — wat kan beteken dat ek meer wil weet of besit as wat regtig nodig is — of as ek haatdraend is of sonder insig handel, is ek telkens besig om die illusie van ’n ego te voed. Deur zazen en die alledaagse hier en nou wees, kom ek agter dat ook die ego wat vir my so kosbaar was, tydelik is.

En dan, met die besef dat my ego tydelik is, kom ook die besef dat ek reeds alles het wat ek nodig het. As ek honger is, eet ek en as ek moeg is slaap ek. Maar ek word honger omdat ek werk, net soos ek moeg word omdat ek werk. En tog eet, slaap en werk ek sodat ek zazen kan beoefen, net soos wat ek zazen beoefen sodat ek kan eet, slaap en werk.

Altyd weer gaan ek terug na die helderheid van zazen. Net soos wat elke situasie uniek is, net so is elke zazen ook uniek. Omdat alles tydelik is, is daar ook nie begin of einde nie. Ek is altyd halfpad, en daarom het ek altyd al aangekom net soos wat ek nog nie aangekom het nie. Ek hoef niks te verwerf nie, want ek kn niks verwerf nie. Al wat ek doen, is om te gaan sit en by my asemhaling te bly. En net soos wat ek die spanning van die dag se werk uit my rugstring voel wegvloei terwyl my asemhaling verdiep en ek volkome vrede beleef, net so begelei zazen my deur die dag sodat ek weet wanneer ek meer probeer doen as waartoe ek in staat is, of wanneer ek meer kan doen as wat ek gedink het ek kan.

Maar zazen gaan nie oor vrede nie: dit gaan oor om hier en nou te wees, of dt nou beteken om gesteurd of rustig te wees. Zazen wys onmiddellik aan my wat ek hier en nou is, en dit is deur hierdie besef dat ek weet wat om te doen ten einde die harmonie tussen myself en andere, en tussen myself en die dinge te herstel.

Hierdie harmonie beteken egter nie dat alles goed en mooi is nie: soms kom die harmonie deur die aanvaarding van dit wat ten diepste disharmonieus is. Zen is om te leef met die breuke n die geheel. Die grootste geskenk wat zazen egter aan my gee, is dat ek wil deel wat ek in zazen beleef. Wanneer ek saam met die ander beoefenaars van zazen in die dojo sit, is ek tegelyk heeltemal alleen met my liggaam, my gedagtes en my asemhaling, maar ook saam met die ander: ek hoor hul ritselende kimono’s of sing die seremonie saam met hulle. Soms hoes iemand langs my en word die stilte versteur: ook dit is die werklikheid en ek hou dit nie vas of stoot dit nie weg nie.

In die alledaagse lewe is ek presies op dieselfde manier met myself en met ander. Wanneer die ander optree aan die hand van haar insigte stem dit nie altyd ooreen met wat ek dink nie: so word ek daaraan herinner dat ek nog nie verwagtingloos is nie. In plaas daarvan dat ek my idees op die ander probeer afdwing, of my aan sy idees probeer onderwerp, probeer ek verby my en hom luister na wat werklik belangrik is. So kom ons saam uit by wat die oomblik van ons vereis.

Zazen leer my ook dat ek nie net altyd instinktief weet wat ek moet doen nie, maar dat ek dit ook onmiddellik kan doen. So verstaan ek dat wat lyk na ’n baie trae manier van wees in vandag se vinnige wreld, naamlik om elke dag twee maal vir ’n uur of meer doodstil te sit, my ook vinniger as weerlig laat optree, omdat ek onmiddellik weet wat belangrik is.

Zazen is egter nie ’n tegniek om beter te kan presteer of om enige doelwitte te bereik nie. Wie zazen s benader, is klaar nie meer met zazen besig nie.

Die weg van Zen is tegelyk maklik en moeilik. Dit is maklik, want wat is makliker as om stil op ’n kussing te gaan sit? Dit is moelik, want wat is moeiliker as om stil op ’n kussing te gaan sit? En tog, wanneer ek sit, vervloei maklik en moeilik in die oneindige rivier van wat is, dit wil s die ewige veranderlikheid van dinge. En wanneer ek op hierdie plek kom, die plek waarheen zazen my neem en wat ek besef ek nog altyd in was, verstaan ek wat meester Dogen bedoel het toe hy ges het, “Verligting is soos die volmaan op die water: die maan word nie nat nie en die water word nie versteur nie.”

Wat dink jy van hierdie lesing? Stuur jou reaksie aan SNet by katvis22@yahoo.com.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.