Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

In baie gemeenskappe word duidelik verskille tussen die rolle van mans en vroue gehandhaaf en selfs voorgeskryf, dikwels godsdienstig geregverdig. Maar is daar werklik sulke inherente verskille, of volg ons dit bloot uit tradisie na?

Lees wat s:

  • Marthie Momberg (skrywer): “Ons kies wat ons wil leef.”
  • Piet Pompies (bemarker): “Bring intusie en mistieke belewenis terug.”
  • Annelie Ferreira (skrywer): “Die grootste konflik is dalk in onsself.”
  • Ernst Wolff (mens en soms filosoof): “Die mens is ’n amfibiese natuur-kultuurwese.”


    Ons kan kies

    Marthie Momberg

    Ek wil sommer reg aan die begin s dat ek graag ’n klip in die bos wil gooi. Omdat ek heelwat weerstand vir my standpunt kry, sal ek graag vir eens en altyd oortuig wil word dat ek verkeerd is — en wil leer. Maar miskien, net miskien is daar iemand wat saamstem en dan sal ek baie graag van daardie persoon wil hoor!

    Mans is sus en vrouens is so. Niks kan hierdie saak verander nie.

    So s die man (ekskuus, die vrou) op straat n ingeligte, intelligente en professionele mense, ook di wat in kantore sit en dink. Want, s hulle vir my, dit gaan oor genetiese predisposisie.

    ’n Mens kan nie help dat jou gene jou gedrag bepaal nie. Mans het nou eenmaal meer testosteroon, daarom sal hulle gedrag, veral in ’n krisis, altyd meer geneig wees tot aggressie as di van ’n vrou. Vrouens, weer, ervaar maandeliks ’n wisseling in hulle hormone wat hulle emosionele weerloosheid verhoog. Dis maar net twee voorbeelde van gedrag wat geneties bepaal word.

    So s die mense.

    Natuurlik is daar fisieke verskille tussen mans en vrouens — daarmee verskil ek glad nie. Maar ek het dit daarteen dat die bestaan van verskille deur albei geslagte misbruik word as verskonings vir sekere optredes en clichs. Ook dat ons nie eens oorweeg om gedragsaanpassings te maak ter wille van ’n beter wreld nie, want ons is mos nou eenmaal so.

    Ons is nou al gewoond aan verskillende geslagte in dieselfde beroepe en weet mans en vrouens het eweveel grysstof. Op ’n professionele vlak en rondom ’n gesellige eetkamertafel met vriende kan ons onsself as individue heel goed uitdruk. Maar laat daar nou net iets skeefloop in ’n man-vrou-verhouding, dan sal ’n uitvoerende besigheidsbestuurder (ongeag die geslag en andersins baie rasioneel, kreatief en suksesvol) jou dinge wysmaak soos: mans kommunikeer swak en is slordig; vrouens praat te veel; mans laat vrouens in die steek; vrouens en mans kan slegs hulle diepste gevoelens teenoor lede van hul eie geslag blootl, want dis onmoontlik om die ander geslag se “kop” te verstaan 

    Ag n liewe aarde.

    Want so redeneer ek:

    Genoeg wetenskaplike studies wys dat geslagsrolle benvloed word deur kultuur en die tydsgees. Met ander woorde, dinge verander tog van tyd tot tyd na gelang van omstandighede. Wat my laat dink dat ons toe glad nie 100 persent uitgelewer is aan ons genetiese faktore of enige voorskrifte van hoe ’n man of ’n vrou “saamgestel” is nie — ons het self ’n s in die saak. En as dit belangrik genoeg is vir menslike oorlewing, dan is aanpassings moontlik.

    Wat egter interessant is, is dat die verskuiwings in roldefinisies steeds in groepsverband plaasvind soos die rol van mans/vrouens binne ’n bepaalde samelewing verander.

    Beteken bostaande nie dalk dat sommige geslagsdifferensies bloot aangeleerde groepsgedrag is en nie met gene te doen het nie? Is ons optredes nie dalk gekondisioneerde gedrag sonder dat ons dit self besef nie?

    Of wag ’n bietjie: gaan dit nie dalk oor meer as “uitgelewer wees” nie? Is dit nie so dat ons nie eintlik die moeite doen om te dink oor wie en wat ons is en eintlik wil wees nie, maar gerieflikheidshalwe aanvaarde persepsies as regverdiging gebruik vir hoe ’n man of vrou “maar mag optree” nie?

    Di lyk vir my of:

  • geslagsrolle kan verander, maar tot dusver het di verandering hoofsaaklik in groepsverband plaasgevind
  • ons nie ons eie optrede verstaan nie, omdat ons nie daaroor dink nie
  • ons persepsies oor geslagsrolle as verskonings vir ons gedrag gebruik.

    Tog dink ek dinge is besig om te verander. Trouens, ek vermoed dat die hele mensdom, ja ons hele groep, op pad is na iets nuuts.

    Maar daar is ’n verskil. Hierdie keer gaan ons dalk nie almal besluit om saam dieselfde ding te doen nie. Ons besluite gaan waarskynlik — en mag ook maar — van mekaar verskil.

    Daar is reeds heelwat individue wat begin wegbeweeg van groepsgedrag (met ’n eksterne lokus van kontrole) na gendividualiseerde gedrag (met ’n interne lokus van kontrole) en hopelik interafhanklike gedrag (waar ons leer van ander en kan onderskei wat bruikbaar is en wat nie). Die pas van ons hervorming berus onder andere op gewone mense se soeke na waarheid n ons vermo om ons wreldsiening selfstandig en innoverend uit te leef.

    Hierdie ontwikkeling is klaar sigbaar op vele gebiede:

  • Die stem van die “leier” en die gesag van ’n struktuur word nie meer summier onvoorwaardelik aanvaar nie.
  • Moderne media maak dat individue en drukgroepe onmiddellike toegang het tot inligting en kommunikasiekanale om regerings vinnig en openlik te kritiseer.
  • Daar is al hoe minder vaste strukture wat mense se gedrag in ’n nuwe rigting dwing. So maak die kleiner aantal poste in die formele sektor byvoorbeeld dat al hoe meer mense self inisiatief vir hulle voortbestaan neem. Ook pensioen- en mediese fondse is deesdae so gestruktureer dat individue self verantwoordelikheid vir hulle finansile behoeftes moet aanvaar.
  • Soos prof Stephan Joubert (Rapport, 3 Februarie 2002) aandui, is dit nie langer toepaslik is dat een “stem” namens ander praat, besluit of voorsien in die kerk nie. Niemand hoef hom- of haarself meer uitgelewer te voel aan groepsdenke nie. ’n Mens kan kennis neem van jou gene en van wat die kerk, die staat, die reg en die gemeenskap s, en dan kan jy jou eie opinies vorm, sodat jy weet hoekom jy dink soos jy dink, en volle verantwoordelikheid vir jou keuses en jou optrede kan aanvaar. Of jy kan kies om te bly soos jy is, want dit is wat jy wil h.

    Sal die menigte verskille tussen mans en vroue deur die mensdom gehandhaaf word?

    Ja natuurlik kan alles dieselfde bly vir di wat dit so wil h. Hulle gaan immers niks doen om dit te verander nie. En vir die res? Hulle sal hulle vasloop in vooroordele en kritiek, maar hulle sal aanhou om hul eie waarheid te soek en net dalk, dalk sien hulle al hoe meer dat die meeste verskille nie inherent is nie en word hulle vry van die beperkinge tussen geslagsrolle.

    Die wreld is soos ons leef.

    Julian van Norwich en die vroulike beginsel in die Christendom

    Piet Pompies

    Dit maak nie saak watter aspek van die samelewing ’n mens onder o neem nie — religieus, sosiaal, polities of finansieel — jy sien deurentyd die kwantumbeginsel van golf en partikel aan die werk. As menslike handeling tot sy basiese golf-/partikel-kenmerke afgebreek word, word baie dinge duidelik en verstaanbaar. Die geskiedenis van die mensdom word oorheers deur die beginsel van die ego wat na partikelstatus reik en die gepaardgaande gewaande onsterflikheid wat deur verwydering uit die golfstatus toegeken word.

    Voor die opkoms van die ego was god f ’n energie f ’n manifestering in die natuur deur middel van die diere, natuurverskynsels en die veranderende seisoene. Toe die ego sy belangrikheid vestig, het god se wese verskuif vanaf di van ’n energie na di van ’n man. Sekere van die manne wat later gode geword het, was militre of politieke leiers wat n hul dood tot godstatus verhef is. Die idee van die manlike god in die hemel is dus deel van die ontwikkeling van die manlike ego in sy begeerte vir partikelstatus.

    In haar boek The Gnostic Gospels bespiegel Elaine Pagels oor hoe die Christendom anders sou ontwikkel het indien die gnostiese tekste by die Bybel ingesluit was. Natuurlik sou di godsdiens radikaal anders ontwikkel het, want in die gnostiese tekste word god as beide moeder en vader vereer, verskyn daar ’n baie menslike Jesus en word daar gesuggereer dat die opstanding uit die dode as simbolies verstaan moet word. Hierdie tekste l ook klem op self-kennis as die manier om eenheid met god te bereik. Pagels reken dat die ortodokse Christendom uit die politieke oorwegings van die tyd ontstaan het en gedien het om die vroe kerklike leierskap te legitimiseer en bevestig.

    Om die kerk se beskouing van vroue deur die eeue te verstaan, moet ’n mens jou na die kerkvaders wend.

    Tertullianus van Kartago (160 — 220) s dit die beste:

    Vrouens, omdat hulle in alles aan die man onderworpe is, moet altyd ’n eerbare merk van hul maagdelikheid dra.
    (On The Veiling Of Virgins, hoofstuk X)

    Hierdie selibate kerkvaders het almal die onderdrukking van seks voorgestaan:

    Die huwelik laat die aarde gedy, maar maagdelikheid vul die paradys

    s Sint Hieronymus (Adv Jovianum, I, 17).

    In sy boek Forgery in Christianity som Joseph Wheless di mentaliteit soos volg op:

    The fathers regarded women as did St Chrysostom — a necessary evil, a natural temptation, a desirable calamity, a domestic peril, a deadly fascination and a painted ill.

    Die vroulike beginsel in die spirituele was egter steeds teenwoordig as Moeder Maria in die hoofstroom-Christendom.Die protestantse hervorming het di argetipe oorboord gegooi, met die gevolg dat die konsep van god uitsluitlik manlik geword het. In my opinie is dit een van die redes waarom di godsdiens so steriel is en so drasties aan die kwyn in oorwegend protestantse lande. Daar bestaan geen twyfel dat die protestantisme drasties sal moet vernuwe as dit enigsins wil oorleef nie. Hulle moet ’n boodskap uit hul eie tradisie vind wat sin maak vir die mens in die 21ste eeu. Die vroulike beginsel moet in ere herstel word, en daarmee saam die gawes van intusie en die mistiese belewenis.

    Ek stel voor dat Christene inspirasie put uit hul eie tradisie se mistiese leermeesteresse, soos Hildegard von Bingen (1098-1179), Birgitta van Swede (1303-1373) en Julian van Norwich (1342-c 1420).

    Julian het geglo dat haar mistieke openbaringe nie net aan haarself gegee is nie, maar aan almal. In haar boek Revelations Of Divine Love, raai sy Christene aan om dieper te kyk na sekere van hul oortuiginge. Karen Armstrong s die volgende hieroor:

    Julian’s solutions do not make rational sense, but they do reverberate emotionally with an important dimension of the Christian religion of love, which sometimes gets lost in the more cerebral formulations of the faith.

    Dame Julian, met wie skrywers soos onder andere TS Eliot en Iris Murdoch intertekstueel gesels, se invloed neem sedert die vorige eeu steeds toe. Miskien kan die “Nuwe Hervormers” iets by haar leer.

    Armstrong stel dit so mooi in haar boek Visions Of God:

    In recent years people have found the doctrines of Christianity increasingly difficult, but a visionary like Julian penetrates the verbal crust of the religious experience, which has little to do with logic and reason, to reach its core. In doing so, she touches on themes that are common to the mystical traditions of other faiths. Her vision of God in the depths of the self is reminiscent of the basic insights of Buddhists, Hindus and Sufis. Like Jewish and Muslim mystics, Julian stresses the paradox of God’s mysterious need for mankind and also explores the notion of the female dimension of God, a frequent theme in Kabbalism and Sufism.

    Volgens Armstrong s Julian se insig vir individue om dieper as dogma en meer spiritueel kreatief met hul geloof om te gaan:

    She does not expect her readers to accept her own conclusions verbatim, but urges them to make a similar creative attempt to listen for the deeper implications of the Christian message, to reach through the dogmas and intellectual propositions, which can never do justice to the ineffable mystery of the divine, and touch the heart of the faith. In the West, where many people have lost the will to create a faith for themselves and where many have fallen into despair, Julian’s imaginative approach to religion shows a possible way forward.


    Jung was reg

    Annelie Ferreira


    Dit was ’n heeltemal onskuldige opmerking van my man wat my innerlike feminis met so ’n vaart uit die boks laat spring het. Ek het weggetrek en in ’n omvattende betoog alle relevante griewe van die afgelope twintig jaar uitgelig, beklink met ’n kragtige: “En onthou net, as ’n vrou is ek in alle opsigte jou gelyke!”

    ’n Paar oomblikke verdwaasde stilte, toe, effens benoud: “Het jy dan geen ambisie nie?”

    Ek het nog nooit in my professionele of sosiale lewe enige diskriminasie teen my as vrou ervaar nie. Voordele wel: voor n na my kinders se geboortes is ek herhaaldelik deur verskeie maatskappye tegemoet gekom met deeltydse of vryskutwerk.

    Geslagskonflik het ek wel op twee ander terreine ervaar, en dit eers onlangs werklik besef. As jy my ’n paar jaar gelede sou vertel het dat geslagsrolle enige konflik in my huwelik veroorsaak het, sou ek jou uitgelag het. Nie ek f my slim bruidegom het immers destyds geglo in daardie argasme van “die man is die hoof van die huis” nie. My meneer van die huis kon beter kook as ek, beter bed opmaak, en van die begin af is alle besluite saam deur ons geneem. (OK, behalwe toe ek die kat gekoop het.)

    Tog — ons albei het aanvaar dat sodra di pasgetroude man die eerste treetjies van sy loopbaanleer uitgeklim het, sy vrou dankbaar haar sieldodende werkie sou bedank om by die huis te bly om te skilder en die eerste van ’n reeks blitsverkopers te skryf (yeah, right). Dat hy ’n tradisionele broodwinnersrol sou aanvaar, het ons nie gepla nie. Hy was baie gelukkig in sy werk, ek het myne gehaat en, wel, hy was mos ’n man ?

    Di verwikkeling het egter beteken dat my bedrywighede ongemerk in die kategorie van “stokperdjie” beland het — selfs die kere wanneer ek wel voltyds gaan werk het omdat die blitsverkoper toe nie gematerialiseer het nie.

    “Dis darem lekker sakgeld vir jou,” het my goeie skoonma by sulke geleenthede ges, wat niks gehelp het vir ’n toenemende frustrasie en af en toe sommer gewone suurgeit nie (dis nou afgesien van die skuldgevoelens oor ek net “sakgeld” bydra tot ons huishouding).

    Die ander terrein waar ek veral later in my lewe geslagskonflik ervaar het, was godsdiens. Hoe dit gebeur het, behoort vir geeneen te veel van ’n misterie te wees nie: ek is ’n vrou en tot baie onlangs was feitlik die hele gesagstruktuur van die Christelike godsdiens manlik, van God die Vader tot die buurt se diaken. Mans het besluit wat ek moes glo.

    My probleme met die kerk het probleme met dominees geword. Uiteindelik het dit my van voor af laat nadink oor geslagsrolle en die verhouding tussen die geslagte.

    Stereotipering van geslagte kan baie frustrerend wees as jy nie inpas nie (wat ek self al beleef het) n ook gerusstellend wanneer dit verskille verklaar wat jy al wanhopig besluit het tekortkominge moet wees (wat ek ook al self beleef het).

    Die verdeling van mag tussen geslagte is ’n ander kwessie, wreldwyd. ’n Wanbalans van mag word dikwels godsdienstig geregverdig (en nie net deur mans nie!), en gevoed deur stereotipes. Maar ’n wanbalans van mag is vir niemand bemagtigend nie, selfs nie vir die magshebbers nie. Terwyl ’n gelyker verdeling van mag op praktiese vlak noodsaaklik is, sal dit ook goed wees om op geestelike vlak te herbesin oor wat mag werklik is. Vir baie mense is mag iets wat beperk is: as jy meer mag kry, sal ek minder h, want daar is net ’n spesifieke hoeveelheid mag beskikbaar.

    ’n Sinvolle definisie van mag is dat dit die vermo is om keuses te kan maak en uit te oefen. Hoekom ons soms so sukkel om hierdie mag te eien, het ek besef nadat ek kennis gemaak het met Jung, en betreffende die geslagskwessie spesifiek, sy begrippe van anima en animus, die vroulike en manlike aspekte in elkeen van ons. In ’n geestelike sin is ons dus almal tweeslagtige wesens, en verwesenlik onsself eers ten volle wanneer ons altwee hierdie kante kan versoen en uitdruk. In samelewings waar die rolle van mans en vroue egter sterk gepolariseer word, is dit moeiliker om jouself uit te druk op maniere wat grootliks met die teenoorgestelde geslag geassosieer word; dit geld vir mans net soveel as vir vroue.

    Met my probleem met die dominees was dit weer Jung wat tot my redding gekom het met sy konsep van die shadow, en veral die verskynsel dat ons dit so graag op ander projekteer. Om kwaad te word, kan uiters bemagtigend wees; om kwaad te bly, ontmagtigend. Jy gebruik soveel kosbare energie om ander te verwyt dat hulle jou skade aangedoen het, pleks van die energie te gebruik om die skade te genees.

    As ’n samelewing is ons tog lankal verby die brandstapel — ek het nie meer iemand anders se toestemming nodig om te glo wat ek wil glo nie. Die vraag is of ek myself daardie toestemming kan gee.

    Wanneer ons sien hoeveel van onsself ander mense na ons weerkaats, begin ons besef hoeveel van die konflik wat ons met ander het, eintlik maar ’n teken van die konflik binne onsself is.

    Want mag kan ook gedefinieer word as heelheid. Iemand met ware mag is nie afhanklik van ander mense om hom magtig te laat voel nie; hy is vry om homself bloot met hulle te deel. Dan vervaag rolle, neem keuses toe, word heelheid gevier.

    Die amfibiese aard van “man” en “vrou”

    Ernst Wolff

    Is daar werklik inherente verskille tussen mans en vroue, of volg ons dit bloot uit tradisie na?

    Die vraag plaas die lewens van mense op die spel tussen twee pole: tussen “inherente verskille” en “tradisie”, dit wil s, tussen dit wat eenvoudig deel uitmaak van ons bestaan omdat ons mense is aan die een kant, en aan die ander kant die manier waarop ons besluit het om self vorm te gee aan wat ons gekry het, of ng bondiger: tussen biologiese lewe en vrye ingrype op natuurlike lewe, of, tussen natuur en kultuur.

    In wat volg gaan ek eers probeer om die onderskeid tussen natuur en kultuur te problematiseer, met spesifieke verwysing na die verband tussen godsdiens en geslagsrolle.

    1. Die mens is ’n tipe van dier, met allerhande dierlike kenmerke: behoeftes, gedragspatrone en wat nog. In hierdie hoedanigheid kan mens s dat die mens deel van die natuur uitmaak. Maar partykeer lyk dit of die mens dinge doen wat baie verskil van wat ander diere doen. Aristoteles het die mens al destyds die “rasionele dier” of “die dier met taal” genoem. So bring hy die natuurlike dierlikheid van die mens saam met die mens se taal en denke, gebruike en produkte — kortom, die mens se kultuur — onder een opskrif. Die mens is die dier wat oor kultuur beskik.

    2. Maar kultuur is ’n interessante vermo van die mens: deur kultuur te beoefen word die natuur deur waardes genvesteer; of anders ges, die mens maak van iets wat is, iets wat so moet wees, iets wat so behoort te wees of iets wat so moet bly. Ek dink egter nie dit is reg om te dink dat die mens kultuur beoefen buite die natuur om nie; kultuur en natuur kan miskien tot ’n mate van mekaar onderskei word, maar dit kan nie geskei word nie.

    3. Die mens as die rasionele dier is ’n dier wat sy rasionele tande slyp om jag te maak op lewensvorme wat nie teen hom/haar opgewasse is nie. Die rede van die mens, in watter vorm ook al, wat aanspraak daarop maak dat dit die werklikheid bloot wil weergee, word ook gedryf deur ’n jagtersinstink, libido, wil tot dominering en onderwerping. Die rede, of kultuur, word gebruik om die natuur of ander mense aan ons begeertes te onderwerp. Maar kultuur beteken ook om rekening te hou met die veronderstelde waarde van dinge; daarom word etiese beginsels gevorm om iets waardevols soos die lewe te beskerm, of waardevolle dinge word beklee met simboliek. Godsdiens kan beskou word as ’n groot raamwerk waarbinne dinge geplaas word, f om aan hulle waarde toe te ken, f omdat die godsdienstige persoon reeds deur die waarde van ’n ding aangespreek voel. Kortom, die mens se ingrype op die natuur, wat niks anders is as deel van die natuurlike gang van menswees nie, word gedryf deur kragte wat ons nie altyd kan deurskou nie, en word geartikuleer op simboliese manier — hiervan ’n godsdiens ’n voorbeeld.

    4. Godsdiens, as aktiwiteit van die kulturele dier, beliggaam aan die een kant die mens se sensitiwiteit of onderworpenheid aan kragte wat sy eie inisiatief vooraf gaan en wat nie deurskou kan word nie (soos die wil tot mag, of libido, of die sensitiwiteit vir ander se nood, of esteties aangryping). Aan die ander kant word godsdiens geartikuleer deur stories, etiese beginsels, rites en ander simbole wat tradisioneel oorgedra word, waardeur ’n sekere verstaan van die werklikheid op groot skaal bemiddel word. Daar bestaan dus in godsdiens ’n wisselwerking tussen die onbekende of onkenbare (dit is, kragte waaraan mens onderworpe is, soos hierbo genoem) en die bekende (simbole van verskillende aard).

    5. Die bekende maak godsdienstige mense sensitief vir die werking van onbekende kragte, in die hoop om daardie kragte al hoe meer met behulp van simbole te ontsluit; aan die ander kant speel die onbekende as deel van die natuur op die natuurlikheid van die kultuur, op godsdiens, in — dit is die oorsprong van ons sensitiwiteit vir ander mense wat deur godsdienstige etiek hanteer word; dit is die oorsprong van ervarings van oorweldig word deur die skone of die grootse wat mens in feitlik alle godsdienste kry, maar dit is ook die oorsprong van die gewelddadige aard van godsdiens: onderdrukking, offers (fisies of figuurlik), magsvergrype — alles dinge wat deur godsdiens gelegitimeer en in stand gehou word.

    6. Hierdie amfibiese kultuur-natuur-wese, die mens, rig sy/haar persoonlike en gemeenskapslewe in. Die manier waarop ons ons lewens inrig, is ’n kulturele verskynsel (in bogenoemde sin), daarom is dit ’n speelbal van die bekende en onbekende dele van ons natuur-kultuur. Die konsepte man en vrou, en die manier waarop hulle weerklank in ons gemeenskapslewe vind, is juis sulke natuur-kultuur-verskynsels. Die woorde verwys nie bloot na dinge wat objektief in die wreld bestaan nie, maar het tegelyk ook ’n uitwerking op die manier waarop die “dinge in die wreld”, naamlik mannetjies- en wyfies-mense, optree. Soos alle ander dinge is mans en vrouens op die spel tussen die bekende en onbekende werkings van ons kultuur. Die manier waarop ons die woorde man en vrou gebruik, en die rolle wat ons daaraan toeken (of ook die poging om met rolle weg te doen) word alles gedryfdeur ons wil tot mag, ons wil tot dominering en uitbuiting, ons libido, maar ook ons aangesprokenheid deur die kwesbaarheid van die ander, ons aangegrepenheid deur die skoonheid van die ander — alles dinge wat tot ’n groot mate buite die gesigsveld van ons kultuur bly, omdat ons kultuur daardeur bemoontlik en gedryf word — en ons kultuur probeer om die misterie van die verskynsel van mans en vrouens simbolies te ontsluit, betekenis daaraan toe te dig, die rolle te rel, respek daarvoor te betoon, ons sensitief te maak vir die ander — maar die kultuur funksioneer ook as instrument waardeur die bestaan van individue in rigiede rolle ingeforseer word, waardeur konsepte versteen om mense makliker daarmee te kan manipuleer, waardeur hirargie geskep, gekonsolideer en in stand gehou word.

    7. Godsdiens speel tradisioneel ’n belangrike rol in hierdie verband, miskien omdat godsdiens die invalshoek op ons bestaan is waar daar spesifiek aandag gegee word aan die groter konteks of aan die hoogste waardes. Daarom dat soveel mense ten diepste aangespreek word deur die maniere waarop hulle godsdiens sekere misteries van die lewe ontsluit of waarde daaraan toeken (dink hier byvoorbeeld aan geboorte, wat so ’n belangrike plek in die reling van geslagsrolle inneem), hulle kyk na godsdiens op soek na leidrade oor maniere waarop kosbare dinge deur geskikte optrede in beskerming geneem kan word (dink byvoorbeeld aan die verskillende etieke aangaande huwelik). Deurdat mense godsdiens beoefen, gee hulle ook gewig aan die godsdiens as aktiwiteit van die kulturele dier wat mense in gedragspatrone inbind, wat in die naam van identiteit (dogmaties, eties, simbolies) dinge wat nie inpas nie, aan straf onderwerp (byvoorbeeld homoseksualiteit wat verwerp word, vrouens wat in die beroepslewe aan diskriminasie onderwerp word, mans wat aan eenvoudige vereistes van “manlikheid” gemaak, voldoen). Dit is die amfibiese aard van godsdiens wat daarvoor verantwoordelik is dat daar aan die een kant in die naam van godsdiens die mees eerbare en prysenswaardige optredes en sienings ten opsigte van mans en vrouens die lig gesien het, maar aan die ander kant ook die mees beklaenswaardige en verwerplike gewelddade gelegitimeer en uitgevoer het.

    8. Wat hier van godsdiens ges word, geld ook tot ’n groot mate van pseudogodsdienstige verskynsels, byvoorbeeld bevrydingsbewegings en die ekonomie. Hierdie eweneens natuur-kulturele verskynsels is eweveel opgeneem in die spel tussen die bekende en die onbekende. So byvoorbeeld kan’n bevrydingsaksie gedryf word deur medelye met verontregte vrouens, dit kan deur simboliese optredes probeer om die magstrukture wat vir die onbillikheid verantwoordelik is, te ondermyn, maar dit word ook aangedryf deur magsbelange en het die uitwerking om die einste verontregtes te onderwerp aan ander diktature — die vrou wat bevry word tot die moontlikheid van kreatiewe selfontplooiing in ’n beroepslewe, word onderwerp aan eise om (s nou maar) haar gesinslewe ondergeskik te stel aan die behoeftes van die maatskappy.

    Ons bestaan is dus, glo ek, ’n natuurlik-kulturele gebeurtenis wat onderworpe is aan dinge buite ons beheer of kennis, sowel as aan ons eie ingrepe.

    to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.