Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŰsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Basiese ate´stiese argumente

Jan Lessing

Ek is manlik, blank, ’n Afrikaner, 60 jaar oud, en vanuit persoonlike navorsing ’n ate´s. Die mistastinge in vele briewe op LitNet binne die onlangse godsdiensdebat spoor my aan om hier te skryf, vanuit my leunstoel.

Omdat daar in Afrikaans min geskryf is oor ate´sme, het ek besluit om hierdie dokument saam te stel. Ek weet van geen ander sodanige dokument in Afrikaans nie. Enige leser is welkom om tot hierdie dokument by te dra, krities of andersins ...

Godsdiens, of enige filosofiese denke in Afrikaans, is gedurende my lewensperiode nog altyd gedomineer deur die een of ander kerk. Die denkwyse van die meeste Afrikaner gelowiges het nie verby die kerk se dogmatiese verdowing ontwikkel nie.

Ek vra geen verskoning vir die stellings in hierdie dokument indien dit lewenswaarhede en realiteit meer direk aanspreek as kerklike leringe nie. Ek stel net voor dat enigiemand wat waarde vind in hierdie stellings en dit aanvaar, persoonlik verantwoordelikheid daarvoor moet neem. Ek neem persoonlik verantwoordelikheid vir enige teenargumente.

Jan Lessing

Barbaar: “As ek nie weet van God en sonde nie, gaan ek hel toe?”

Priester: “Nee, nie as jy nie geweet het nie.”

Barbaar: “Nou, waarom vertel jy my dan daarvan?”.

Basiese ate´stiese argumente

Inhoud

Inleiding: Vanuit geboorte
Argument 1: Geen behoefte aan ’n Eerste Oorsaak nie
Argument 2: ’n Komplekse univers moes ’n ontwerper gehad het?
Argument 3: Die probleem van euwel, kwaad, onheil en siekte
Argument 4: Die probleem van alwetendheid teenoor vrye wil
Argument 5: Die blinde horlosiemaker
Argument 6: Kan mens logies bewys dat God bestaan?
Argument 7: ”So, jy kan nie bewys dat God NIE bestaan nie?”
Argument 8: ”Maar, jy moet tog ’n geloof hŕ?”
Argument 9: Te´sme is ondoeltreffend
Argument 10: Te´sme is eties minderwaardig
Argument 11: Het niegelowiges geen morele waardes nie?
Argument 12: Is ate´sme ’n godsdiens of ’n geloof?
Argument 13: Bybelse teenstrydighede en onsamehangendheid.

Inleiding: Vanuit geboorte

Ek het die ontwikkeling van ’n nuutgebore baba waargeneem. In geeneen van die baba se optredes was daar enige teken van “sonde” nie, maar slegs van onskuld en onkunde. Net soos ’n rekenaar dit doen wanneer dit aangeskakel word, moet ’n baba met die intrapslag in die lewe hom-/haarself aan eie skoenrieme optel vanuit ’n “tabula rasa”-toestand, of “reboot”, soos die term lui. ’n Baba het geen ander riglyne tot die lewe behalwe ’n geneties ingebore vermoŰ om voort te bestaan nie. Dis omtrent net die metaboliese suig-, huil- en uitskei-instinkte wat bestaan. Vanaf eerste oomblikke is ’n baba dus blootgestel aan nuwe impulse vanuit die omgewing: vir die eerste ses maande, die eerste jaar, die eerste vyf jaar, en meer. Die kind is ook verder totaal aangewese op eksterne invloede vir sy/haar intellektuele, emosionele en sosiale ontwikkeling in alle opsigte.

’n Kind word ongelowig gebore. Ongeloof in enige god is die natuurlike toestand van die mens. Wanneer dogmatiese godsdiens dus aan ’n jong kind gedurende die eerste skooljare en daarna gevoer word asof dit “kennis” is, dan verkrag ons daardie kind se natuurlike onskuld, en ons vertroebel die kind se vermoŰ om tussen dogma en kennis te onderskei, en so ook die kind se latere probleme om tussen rede en godsdienstige emosie te onderskei. Vanuit ’n ate´stiese oogpunt is godsdiensonderrig aan jong kinders dus ’n verbreking van basiese menseregte, op die mees basiese vlak.

Dit is so dat godsdiens, of enige goddelike entiteit, geen duidelik uitgesproke en verhaalbare verantwoordelikheid aanvaar vir gebeure binne die daaglikse werklikheid van die mens nie, terwyl die belewenis en verwerking en gevolge van die werklikheid die lot is van elke mens gedurende sy lewe, binne sy bewussyn, van geboorte tot sterfte. Die mens is dus op sigself aangewese.

Argument 1: Geen behoefte aan ’n Eerste Oorsaak nie

Occam (of William of Ockham, 1284-1347), Engelse filosoof en teoloog, se werk aangaande kennis en logika en wetenskaplike ondersoek het ’n belangrike rol gespeel in die oorgang vanuit Middeleeuse tot moderne denke. Sy basiese denkreŰl, bekend as Occam’s Razor, is soos volg:

As jy twee verklarings vir iets het, dan kies jy die eenvoudigste een wat die minste dele het, en dan kies jy in terme van wat jy reeds weet, en wat bewys is.

Byvoorbeeld: Jy kan die univers skynbaar op twee maniere verklaar:

a. Die verbasend komplekse univers wat jy aanskou, het eenvoudig net gebeur en ontstaan. Dit is die uiteindelike bron van sigself, en sonder oorsaak.

OF

b. Die verbasend komplekse univers wat jy aanskou, is deur ’n god gemaak, wat ’n ewige wese is en wat enigiets volgens sy wil kan doen. Dit sluit ook die skepping van alle atome in die univers in, asook die rangskikking van alle wette van die fisika sodat intelligente lewe kan ontstaan en sigself kan onderhou. Hierdie god is ook intiem bemoeid met enigiemand wat jy toelaat om jou geslagsdele te betas.

Afhangende van watter verklaring, a. of b., jy makliker aanvaar, sal jy ˇf ate´sties (ongelowig) ˇf te´sties (gelowig) van oortuiging wees.

Argument 2: ’n Komplekse univers moes ’n ontwerper gehad het?

Hierdie argument staan bekend as “Die Argument vanuit Ontwerp” of “Die Argument vanuit Persoonlike Ongelowigheid”.

Neem byvoorbeeld die mens: ’n verbasende verskynsel. Iets so kompleks en ongeloofwaardig as die menslike wese kon nie net sommer deur evolusie ontwikkel het nie.

Waarom nie? Wat is die probleem?

Kom ons vra net die vraag: “As menslike wesens en menslike intelligensie so onwaarskynlik is, is die begrip van ‘n superintelligente, bonatuurlike, almagtige wese dan enigsins meer waarskynlik?”

As teenargument tot persoonlike (on)gelowigheid het David Hume (18de-eeuse filosoof) geredeneer dat: “Wat ons ookal kan bedink wat bestaan, kan ons ook bedink dat dit nie bestaan nie.” Dit is sy antwoord op die argument dat daar ’n Eerste Skepper of Eerste Oorsaak moes gewees het, en dit is ook sy argument dat daar nie ’n oneindige terugvinding van oorsaaklikheid kan bestaan nie. As God die oorsaak en skepper van die univers was, wie het dan vir God gemaak, ’n ander God?”

Hume het gedink dat die idee dat daar noodwendig ’n goddelike wese moet bestaan, onsinnig is. Byvoorbeeld, as jy dit logies vind om te aanvaar dat daar ’n soort wese aan die begin van alles moet wees, waarom nie twee wesens nie? Waarom nie ’n hele span van gode wat saamwerk aan die projek nie? En miskien is ons univers die resultaat van vele pogings, sommige geslaagd, en sommige wat misluk het. Of ons univers kan, in Hume se woorde, die swak probeerslag wees “van ’n kindergod wat dit daarna verlaat het, omdat hy skaam was vir sy optrede”. Wat jy ook al dink van Hume se stellings, moet jy eers versigtig oorweeg.

Argument 3: Die probleem van euwel, kwaad, onheil en siekte

Neem die volgende drie stellings:

  • Euwel, kwaad, onheil en siektes bestaan.

  • God is alomteenwoordig, en almagtig.

  • God is Liefde, en God is die mens goedgesind.

    Hierdie drie stellings kan nie almal waar wees nie, want:

  • As God euwel, kwaad, onheil en siektes kan verhoed, maar dit nie doen nie, dan is hy nie Liefde nie, en die mens nie goedgesind nie.

  • As God vooornemens is om euwel te verhoed, maar nie kan nie, dan is hy nie alomteenwoordig of almagtig nie.

  • As God sowel van voorneme is om euwel te verhoed, en in staat is om dit te doen, waarom bestaan euwel dan nog?

    As gelowiges diÚ argument voorstel: “God laat sommige slegte dinge gebeur vir ’n groter goeie doel,” dan vra jouself af, wanneer het jy ’n groter goeie doel gesien wat die sistematiese uitwissing van ses miljoen Jode gedurende die Tweede Wŕreldoorlog kan verklaar, of die twintig miljoen mense wat met groot lyding gesterf het gedurende die Spaanse griep van 1918? Wanneer sien mens daardie groter doel? En wie kan daardie groter doel, as dit sou bestaan, direk terugherlei na die oorspronklike lyding van al daardie onskuldige mense? Watter groter doel word gedien deur die dood van 3 000 mense in Amerika op 11/09/2001 deur fanatieke selfmoordenaars?

    As gelowiges die argument voorstel dat, “God gee aan die mens ‘n vrye wil en meng nie in nie,” waarom bid soveel gelowiges dan daagliks vir goddelike inmenging, soos vir genesing van siekte, ’n goeie slaagsyfer, of om ’n verlore stel sleutels wonderbaarlik op die kombuistafel te laat verskyn? Sal God jou genees van ’n verkoue terwyl daardie oonde in Auschwitz steeds brand? Waar was God terwyl die lyke van onskuldige mense uit 11/9/2001 se puin gehaal is?

    Argument 4: Die probleem van alwetendheid teenoor vrye wil

    Ons maak almal keuses. Ons kan kies om goed te doen of kwaad. ’n Alwetende God sal weet wat ons op enige oomblik van die lewe mag doen, en hy kan inmeng, in welke geval ons nie vry sou wees om anders te doen met betrekking tot wat daardie god weet en kan beheer van wat ons gaan doen nie. Dis alles uiters verwarrend. Die konsep van vrye wil is dus ’n illusie onder hierdie omstandighede. So, as ons kies om kwaad te doen, dan kan dit geargumenteer word dat ons dit nie uit vrye wil gedoen het nie. Wie het dan die kwaad gedoen?

    Die antwoord op hierdie ingewikkelde vraag is dat elke jong kind en volwasse mens die saamgestelde produk is van al die sosiale invloede en opvoeding wat op hom/haar ingewerk het sedert geboorte. Daar bestaan nie ’n onafhanklike “vryewil-agent” binne elke persoon nie. Die persoon se eie aangeleerde, saamgestelde oordeelsvermoŰ neem besluite volgens sy/haar eie begeertes, emosies, verwagtinge en verworwe kennis.

    As ’n god dus sŕ: “Ek het jou vrye wil gegee om te besluit,” dan beteken dit eintlik niks, want die volwasse mens is maar net die produk van sy genetiese samestelling, omgewing, opvoeding en sosiale invloede.

    Argument 5: Die blinde horlosiemaker

    In sy boek The Blind Watchmaker verduidelik Richard Dawkins die inherent vreemde en groteske onstabiliteit van ’n gewilde te´stiese (gelowige) argument vir die bestaan van God, wat soos volg verloop:

    “Jy stap met die strand langs en jy vind ’n horlosie. Jy tel dit op en hou dit in jou hand. Neem jy nou aan dat dit natuurlik ontwikkel het, of dink jy, ‘Mmmm, dit moes deur ’n horlosiemaker vervaardig gewees het’? Jy neem gemaklik die laaste gedagte aan, natuurlik, en jy is verder geneig om te dink dat die univers net so relatief kompleks as die horlosie is, en net so moes die univers ook ’n skepper gehad het.”

    Wel, daar is drie redes waarom voorgaande ’n swak argument is vir die bestaan van ’n god as skepper van die univers:

  • ’n Horlosiemaker maak horlosies vanuit metaal, glas en papier en staalvere en alle soorte ander materiale, almal wat reeds vooraf bestaan het. In teenstelling hiermee word beweer dat God die univers vanuit NIKS gemaak het. Dis ’n groot verskil. Die argument behaal dus hier geen punte nie.

  • Horlosiemakers maak gewoonlik horlosies. As jy verder sou loop met die strand af, en jy vind ’n kernreaktor, dan mag jy dalk aanneem dat dit nie net deur ’n armsalige horlosiemaker gebou is nie, maar deur kernreaktorbouers. So sien ons dus dat daar ’n groot aantal skeppers benodig word vir dinge wat deur die mens in die werklikheid waargeneem kan word, elkeen verantwoordelik vir die skep van ’n ander ding. Die argument behaal dus nog geen punte nie.

  • Waarom sien ons die horlosie asof dit iets buite die natuur is? Natuurlik, omdat dit ’n geordende voorwerp is, staan dit uit bo die toevalligheid van die res van die ongeordende natuur. Wie het nou wat geskep: die horlosie? die natuur? die kernreaktor? en hoe? en wanneer?

    Die argument skep meer vrae as antwoorde, en verdien steeds geen punte nie.

    Argument 6: Kan mens logies bewys dat God bestaan?

    Nee, mens kan nie. Selfs na duisende jare van menslike strewe kon niemand enige rasionele getuienis of behoorlike konkrete bewys vir die bestaan van enige God lewer nie. Wanneer gelowige mense sŕ dat hulle persoonlike getuienis het dat God bestaan, dan is dit altyd subjektief en gebaseer op wat hulle “voel” of “geweet het” op ’n gegewe tyd. Subjektiewe getuienis is nie bewys nie.

    Vir te´ste (gelowige mense) om op logika te vertrou sal ook uit die staanspoor ’n fout wees. Logika strek ook net tot op ’n punt, en selfs al kon jy logies argumenteer dat ’n god moet bestaan, mag die realiteit en werklike waarnemings telkens jou argument omverwerp.

    Argument 7: “So, jy kan nie bewys dat God NIE bestaan nie?”

    Wel, positiewe bewerings soos “Kersvader bestaan!” is eintlik onbillike uitdagings, omdat hulle baie moeiliker is om verkeerd bewys te word as wat die geval met negatiewe bewerings is. By rasionele mense word algemeen aangeneem dat ons nie moet aanvaar dat iets bestaan alvorens ons nie bewyse het dat dit bestaan nie. Wanneer iemand die bestaan van ’n entiteit positief beweer, dan moet daardie persoon in staat wees om dit te rugsteun met bewyse. Sodanige rugsteuning moet iets beter wees as net die uitdaging om dit verkeerd te bewys.

    Hoe sou dit byvoorbeeld wees as ek beweer: “Alle oebels is betjoins”, en ek vra jou om my verkeerd te bewys ...? Dis tog ’n positiewe bewering, maar jy sal vir ewig soek na betjoinste oebels, en geen enkele bewys vind dat ek verkeerd is nie.

    Argument 8: “Maar, jy moet tog ’n geloof hŕ?”

    Hierdie stelling, vanuit ’n sodanige meerderwaardige gelowige posisie, is gewoonlik die laaste skuilplek van alle godsdienstige argumente. Dit beteken eintlik niks, want geen gelowige is in staat om sy eie geloof te verklaar in ander terme as net: “Ek weet dit net,” of “Ek voel dit in my gedagtes,” of “Daar moet net eenvoudig ’n God wees” nie. Geloof is ’n aksie van die wil wat aangedryf word deur eksterne godsdienstige indoktrinasie, onbewustelike verwagtinge, en onsekerheid en vrees. Die gelowige persoon verwag gewoonlik dat niemand direk van sy siening kan verskil nie, en is dus meerderwaardig verbaas wanneer ’n alternatiewe siening opduik.

    Argument 9: Te´sme is ondoeltreffend

    Hier is ’n gedagte vanuit ongeloof: Te´sme, gelowigheid, aanbidding, die bou van kerke, die finansiering van godsdienstige byeenkomste, organisasies en kruistogte, die salarisse van priesters ů vir ’n niegelowige persoon maak al hierdie dinge min sin en word dit beskou as ’n mors van tyd, energie en geld. Daar is baie om te doen in die wŕreld, baie onnodige lyding, armoede en honger en onkunde, baie wat verbeter kan word met deurdagte, medelydende menslike ondernemings. Wat doen godsdienste en kerke in hierdie verband? Hoe bestry godsdienstige aktiwiteite die lyding van siektes en onkunde en armoede? In teenstelling, tel net op wat die mediese wetenskap, sonder godsdienstige inmenging, reeds in hierdie hoedanigheid gedoen het.

    Argument 10: Te´sme is eties minderwaardig Daar kan geargumenteer word dat diegene wat ’n godsdienstige ideologie navolg, eintlik moreel “minderwaardig” is, omdat hulle standaarde nie uit ernstige persoonlike nadenke spruit nie, maar blindelings vanuit kinderjarige onderrig oorgeneem is sonder ondersoek en sonder uitdaging of teenkanting. Waar kom jou eie geloofsoortuiging vandaan? Vanuit eie besluit? Of weens jou ouers se voorskrifte? Het jy dit ooit bevraagteken? Logiese bevraagtekening is tog die kenmerk van ons hedendaagse bestaan, is dit nie?

    Argument 11: Het niegelowiges geen morele waardes nie?

    As jy die woord moreel beskou as sou dit beteken “gehoorsaam aan God se wette”, dan, ja. Maar om sonder “God se wette/waardes” te wees beteken nie om immoreel te wees nie. As jy die woord moreel sien as dat dit beteken om te onderskei tussen die algemene terme van wat reg en verkeerd is, en wat aanvaarbaar en nie aanvaarbaar is in die gemeenskap nie, dan is niegelowiges net so moreel, en immoreel, as enigiemand anders. Net so is medelye, liefde en besorgdheid nie die alleenbesit van die godsdienstiges nie; hulle is aangeleerde menslike eienskappe.

    Morele wette en aanvaarbare gedrag kan vanuit basiese evolusionŕre oorlewingsbeginsels ontwikkel, en binne ’n sosiale samestelling posvat, uitgevoer word, oorgedra word, en afgedwing word deur die sosiale orde. Geen godsbeginsel is hiervoor nodig nie.

    Argument 12: Is ate´sme ’n godsdiens of ’n geloof?

    Nee, ate´sme is nie ’n godsdiens of ’n geloof nie. ’n Algemene definisie van ’n godsdienstige geloof bevat die volgende eienskappe: (1) die geloof in ’n bonatuurlike krag of wese, en (2) die aanbidding en verering van daardie wese deur gelowiges.

    Ate´sme onderhou geeneen van hierdie twee eienskappe nie. Ate´sme beteken eenvoudig “sonder te´sme”, sonder (1), sonder (2).

    Argument 13: Bybelse teenstrydighede en onsamehangendheid

    Die Bybel en die Koran is die twee enkele boeke waarop godsdienstige dogma, oortuigings en praktyke in die hedendaagse wŕreld gebaseer is. Beide boeke is mities van oorsprong, vanuit twyfelagtige outeurskap “saamgestel”, en bevat talle teenstrydighede, onsamehangendhede, gruwelike gedagtes en immorele “goddelike” uitsprake wat nie met hedendaagse sosiaal beskaafde norme vereenselwig kan word nie.

    Interpretasieverskille van die tekste van hierdie boeke is geen verskoning nie. Sodanige verskille het juis veroorsaak dat soveel uiteenlopende gelowe en kerke ontstaan het. Elkeen beweer dat hy die waarheid besit en verkondig.

    Die twee boeke is arbitrŕr “saamgestel” voordat die mens verligte moderne wetenskaplike inligting bekom het. Terugverwysing na hierdie boeke is dus niksseggend. Die skeppingsverhaal is reeds deur die biologies-wetenskaplike beginsels van die evolusieteorie weerlŕ.

    Vir ’n lys van Bybelse teenstrydighede is daar voldoende bronne op die internet, of op navraag.

    terug    /     boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŰl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ĺn onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.