Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Wanneer ’n kind gebore word

Baie mense dink in hierdie dae aan die geboorte van ’n kind wat ’n enorme invloed op die Westerse wreld gehad het.

Natuurlik het alle kinders ’n enorme invloed op die wreld om hulle. Jy druk twee ongeskonde, onbesonne en naewe mense by die deure van ’n kraaminrigting in, en twee ouers word uitgespoeg. En dan is daar nog grootouers, sussies, boeties, tantes, vriende 

Kinders verander mense.

Dis juis ’n kind — en ’n kerk — wat ’n groot rol speel in twee plesierige rolprente wat die afgelope paar jaar verskyn het en albei in Frankryk afspeel.

Die eerste is The Hunchback of Notre Dame, en die storie verloop soos volg: Regter Frollo is heiliger as al die inwoners van Parys saam. Wanneer hy ’n sigeuner sien, voel hy nes my man as di ’n wurm op een van sy tamatieplante gewaar. Toe Frollo dus tw van hierdie verfoeilike wesens — ’n man en vrou — bymekaar sien en die vrou boonop ’n suspisieuse bondeltjie in haar arms vashou, sit hy hulle agterna op sy groot swart hings. Die vrou val en breek haar nek. Die bondeltjie, blyk dit, is ’n misvormde baba.

Dit laat Frollo met ’n lelike morele dilemma. Sy gewete in die vorm van die aartsbiskop dwing hom om verantwoordelikheid te aanvaar vir die kind, maar die mees onbaatsugtige gebaar wat hy uit sy hart kan pers, is om die kind in die katedraal te versteek, om hom ongesiens daar groot te maak.

Nou weet ons dat sprokies net soveel vir grootmense as vir kinders bedoel is. Die onderbewuste skilder op ’n groot doek gebruik ’n magiese verskeidenheid beelde om boodskappe mee te stuur.

Die sigeuners in di verhaal word verfoei met ’n rede. Vir baie mense versinnebeeld hierdie volkie elemente in hulself en die wreld waarvoor hulle skrikkerig is omdat dit nie gemaklik beheerbaar is nie: passie, intensiteit, towerkrag en misterie. Di is magte wat ordentlike mense nie los laat rondloop nie: ons wil hulle vasgemaak h, op die minste veilig aan die wei in ’n kampie.

En die kerk met sy morele gestruktureerdheid lyk dikwels na die ideale plek om al ons wilde neigings in te versteek, soms s goed dat ons wil glo hulle bestaan nie meer nie.

Maar jammer, elke enkele een is nog daar, nes irriterende familielede wat jy nooit weggewens kan kry nie.

Die res van The Hunchback se storie illustreer hoekom jy hulle ook nie behoort weg te wens nie: die held (dapper soldaat) en heldin (slim sigeunerin) kan mekaar net vind wanneer die boggelrug uit die katedraal kom om hulle te help. Die psige het die gawe van die verworpe kind nodig om in ’n gesonde volwassene te ontwikkel.

In die rolprent Chocolat is dit ook passie wat die voorbeeldige kerkgangers van Lanquenet senuweeagtig maak: passie vir die lewe en liefde, die vermo om met oorgawe te geniet. En red nou ’n volk: juis in die streng vastyd voor Pase kom die lieflike Vianne (aan wie net ’n blinde nie sal wil knibbel nie) en haar dogtertjie met hul rooi mantels daar aan om ’n sjokoladewinkel oop te maak.

Dis nie net Vianne se deursettingsvermo wat die dorpenaars se koppe eindelik laat skuif — en die res van hulle lywe ook aan die beweeg kry nie. Deur haar besonderse “compassion” bring sy hulle “passion” terug. Verhoudings word heelgemaak; mense word heel.

Maar dis nie genoeg om Vianne self heel te maak nie. Dis net haar dogtertjie wat dit regkry om haar ma se ou patroon van afstand en afskeid oplaas te verbreek.

Voor ek kinders gehad het, het ek myself beskou as rrig nogal ’n beskaafde, aangename, redelike en beheerste mens.

Nie meer nie. Praat van ’n ontmoeting met jou donker kant 

Maar voor ek kinders gehad het, was ek ook te beskaafd om ordentlik te speel. Ek het heeltemal vergeet hoe om verwonderd te wees oor die lewe, hoe om totaal verlore te raak in ’n oomblik en hoe skreeusnaaks ’n flou grap kan wees; hoe om absoluut te vertrou en absoluut te vergewe.

My kinders het my heel gemaak. Hul geboortes het my geleer dat mens weer en weer gebore word, jou lewe lank, in elke oomblik wanneer hemel en aarde ontmoet.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.