Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

En waar was Jesus dan toe ek hom nodig gehad het?

Hendrik Venter

Wat gebeur wanneer jy heel tradisioneel en veilig in jou gemeenskap grootgeword het en jou bestaan verloor sy sin?

In di tyd was ’n rustige bestaan heel gewoon. Daar is nie geld om te mors nie, maar daar was altyd meer as genoeg om te eet. Twee maal ’n jaar, en partykeer meer, is die kar gepak en ’n “welverdiende ruskans” gevat. Seker die veiligste plek ooit, was om toegewikkel te wees op die agterste sitplek, in die middel van die nag, wanneer jou pa bestuur.

Jy is gedoop wanneer almal gedoop word, aangeneem wanneer almal aangeneem word.

Sondae was God se dag en is daar nie gearbei nie, behalwe as die vleis van die plaas gekom het, want dan was “die kalf in die put”. Die vroe diens is bygewoon en daarna Sondagskool. Op pad terug van die kerk is die koerante gekoop — die Afrikaanse koerant, maar ook die Engelse koerant, want “mens moet weet wat gaan aan. Sondag was ook familie-en-vriende-dag, maar veral familiedag. Daar was altyd die broer of susters en hul kinders of ander familie wat kom saam eet het met ’n glasie wyn.

Weeksdae was jou pa klokslag by die huis, want “’n man wat nie teen vyfuur klaar gewerk het nie, het gesit en speel.” En werk kon hy werk, maar onthou: “Daar is ’n tyd vir alles” en “All work and no play makes Jack a dull boy.”

Jou pa en jou ma het elkeen uit eie reg op hul gebied ’n bepaalde aansien gehad. Jy was minder ingestel om jouself te handhaaf of te bewys as om te wonder oor die armes waarvoor daar gebid word. Niemand het jou ooit met jou huiswerk gehelp nie, want dit is jou verantwoordelikheid; so ook was dit jou verantwoordelikheid om, die aand voordat die skool begin, jou rapport deur jou pa geteken te kry. Dit was tydens een van hierdie sessies dat jou pa hoogs ontstel was omdat jy “die vrees vir God die Vader” waarvan die predikant gepraat het, op hom van toepassing gemaak het.

Jy het geweet van ’n oom en sy vrou wat probleme het, ook van die susters en skoonsuster wat haaks raak, maar dis op ’n manier hanteer wat jou nooit onveilig laat voel het nie. En “mens steek ook nie jou neus in ander se sake nie.”

Die bediende was deel van die hele opset. Dit is sy wat met jou geraas het wanneer jou kamer soos ’n varkhok gelyk het en botweg geweier om dit skoon te maak voordat jy dit nie reggepak het nie; maar dit was ook sy wat skelm vir jou kondensmelkkoffie aangedra het nadat jou ma dit verbied het. Dit alles terwyl jou ma rustig besig is om die aandete te maak.

Wanneer die familie dan om die tafel gekuier het en die gestry tussen die broers en die susters (want die susters het net soveel s gehad) uitrafel in wie is reg en wie is verkeerd, het Pa op ’n stadium die debat afgesluit met: “Daar sal altyd iets wees wat ons nie verstaan nie”, en “Ons moet nie teen die prikkels skop nie.”

Dit was dieselfde pa wat tydens ’n pa-en-seun-sessie ges het: “Ek wil met jou praat oor hierdie rokery van jou, jy weet dit is sommer twak ”, en toe albei uitbars van die lag, het hy nooit weer daaroor gepraat nie, tot vier jaar later toe hy na ete ges het: “Jong, waar’s jou pyp, want ’n man moet darem na ete ’n dampie maak.”

Maar dit was ook dieselfde predikant wat Sondae voortgegaan het met:

  • Ek glo in God die Vader 
  • En in Jesus Christus 
  • Ek glo in die Heilige Gees.
  • Ek glo aan 
         Die Vergewing van sondes ...

    En later:

  • Ek is die Here jou God 
         Jy mag nie 

    Dan preek hy oor “Want so lief het God die wreld gehad dat ”, en ’n ander dag oor “die afgryse van die hel“; en jy hoor van die stuk sonde in jou wat die dood verdien en waardeur jy geen deel in die “Koninkryk van God” sal h nie.

    En saans klim jy in jou bed met ’n vrees vir die stuk sonde in jou. ’n Sonde wat jy nie met iemand kan deel nie. ’n Sonde wat jy nie kon verhelp nie. ’n Sonde waarvoor jy jouself haat, maar hulle s mos “Ons is in sonde ontvang en gebore”; en stadig begin ’n proses om hierdie sonde dieper en dieper in die kas weg te pak. En jy verstaan al minder van jou God. Is dit dan alles ’n siek grap? Is jy self dan ’n grap?

    En soos dit maar gaan wanneer die kasdeure net toegemaak word sonder om dit reg te pak, elke nou en dan val die stuk sonde uit en die skuld word al meer. En jy laai dit op en vat dit na ’n pastorale sielkundige wat dit vir jou blink vryf en voor in die kas sit en jy stap daar weg en weet “wanneer jy jou eie verwronge beeld daarin sien, sal jy op jou knie gaan en God dank dat hy sy Seun gestuur het om vir jou sondes te sterf.” En jy verstaan nog minder.

    Ja, wat doen jy dan? Jy maak die kas al minder en minder oop en wanneer dit nodig is, druk jy dit wat moet in, so vinnig in en trek dit wat moet uit, so vinnig uit, dat jy net nie in hierdie blink ding moet vaskyk nie, en wanneer dit die dag wel gebeur dat jy nie anders kan as om dit raak te sien nie, probeer jy daarvan vergeet deur ’n ander een te gaan haal, en omdat jy mooi geleer het, kan jy dit self blink vryf en jy hoop as dit in die kas kom, sal dit kleiner wees as die vorige een, want dan word jou sondes minder en minder. Maar jy het ook mooi geleer, en hoe blinker die ding, hoe dieper word dit in die kas gebre.

    En die dag wanneer die kasdeur nie meer wil toegaan nie? Dan weet jy die kalf is in die put.

    Dan probeer jy harder — harder dink, harder werk, harder speel, harder bid; en hoe harder jy probeer, hoe harder word dit — totdat dit so hard word dat jy die dag nie meer kan bid nie. En dan kom jy op ’n dag agter dat dit jou enigste troos is dat “solank dit met my sleg gaan, bemoei God hom met my.” En jy probeer maar net harder, want jy wil net besig bly en vergeet van die kas.

    En as jy nie meer kan probeer nie? Dan vergeet jy bietjie van die vrees vir God die Vader!

    En hou jy op met probeer en jy hou op om teen die prikkels te skop, en jy onthou van Jack en met dit wat oor is, vat jy die pad, want jy soek ’n welverdiende ruskans, maar dis nie noodwendig jou lyf wat rus nodig het nie.

    En jy begin soek daar waar jy is. Jy begin by die dogma en die leerstellinge van jou kerk en jy sien goed daarin wat so oorbekend is, maar waarvan jy niks verstaan nie. En jy gaan kuier by ’n Moslem-vriend, want jy wil weet wat aangaan, en julle praat oor die goed, en hy neem jou kwalik dat jy wonder oor Jesus se maagdelike geboorte, want dit staan dan in die Koran; en jy skrik so groot toe jy besef julle praat oor dieselfde goed, dit is net ander labels, dat jy jou wend tot ’n charismatiese omgeegroep en die risiko loop om jouself bloot te stel aan een of ander vorm van geestelike abuse.

    En wanneer die emosies van die transdans en die veroordeling van jou blinkgoed te veel raak om te hanteer en jy dit nie meer kan vat as jou derms uitgeryg word nie, vat jy jouself en soek verder by ’n Hindoe-vriendin en beleef iets wonderlik van die liefde vir jouself en die om jou, en die naewe berusting in jou omstandighede. Maar wanneer die saligheid dat omstandighede wat nie in di lewe sal uitwerk nie, in ’n volgende lewe kn uitwerk, nie meer ’n troos is nie is — want jy is nie lus vir ’n volgende rondte nie — kom daar iets van ’n verset en ontmoet jy in jou kuier ’n Boeddhis.

    En hy leer jou van weerstand. Maar om dit te kan doen moet jy eers by jouself uitkom, en om by jouself uit te kom sal jy agterkom die terugbaklei is in die eerste plek teen jouself. En wanneer jy by jouself uitgekom het, sal jy in liefde kan opstaan en ook weerstand kan bied teen jou omstandighede. En jy is ongelooflik opgewonde, want nou gaan jy ’n pad begin loop waar jy tot insig en kennis gaan kom, en as jy hard genoeg probeer, sal daar nie ’n volgende rondte hoef te wees nie.

    En op ’n goeie Sondag is jy weer in jou kerk en daar word gepreek oor “Elkeen wat die Vader vir My gee  sal ek nooit verwerp nie,” en “... van wat Hy My gegee het, nie een verlore sal laat gaan nie”, en “Niemand kom na my toe  as die Vader hom nie trek nie.”

    En jy het nodig om in gesprek te gaan. Maar omdat jy so bietjie van die dogma vergeet het, weet jy nie wat dit is waarmee jy besig is nie. Jy staan nie op jou knie nie en jou o is nie heeltyd toe nie, so jy bid seker nie. Dis ook nie in afsondering nie en jy sit nie met gekruisde bene nie, so jy mediteer seker ook nie. Maar jy weet jy praat en jy s goed en jy kry antwoorde en jy weet jy praat nie met jouself nie en jy gee nie eintlik om wat dit genoem word nie, en vir ’n oomblik voel jy skuldig omdat jy met God baklei.

    Miskien is jy maar net soos Moses en Job besig om goed vir God te s. Goed wat jy nie verstaan nie, goed wat nie sin maak nie.

    En dan gebeur die een ding. Dit wat jou menslike hoop op aarde is, gee pad. En die kas se deur bars nie net oop nie, die hele kas val sommer om en alles wat jy deur die jare daarin gepak het, l die hele vloer vol. En jy sien alles, alles wat blink gevryf is, alles wat jy probeer indruk het. En jy is magteloos, want daar is geen energie nie en jy weet van die hel want jy is daar. En terwyl jy daar is, sien jy hoe word dit wat blink was, dof en verbrand dit voor jou o. En dan is alles weg, net die kas l daar. En vir die eerste keer in jou lewe is jy vry. Jy is vry van jouself. Jy is gered van jouself. Jy is verlos van jouself. En omdat jy vry is, is daar niks en niemand om te verwyt nie, en niemand, die wreld allermins, skuld jou iets nie. En meteens is dit alles nie ’n grap nie.

    En jy het krag om die kas regop te tel.

    En jy onthou van “... sal ek nooit verwerp nie ...” en jy begin iets verstaan. En jy onthou wat jou Moslem-vriend jou vertel het van Mohammed wat die Koran gegee het en ges het: “Hier staan dit, gaan uit en probeer so doen en jy sal die Paradys ingaan”, en jy onthou van die Boeddhis wat jou vertel het van Boeddha wat geleer het jy moet probeer om hierdie pad te loop en jy sal verlig word. Maar Jesus. Jesus het ges jy hoef nie te probeer nie, want as jy vir hom gegee is, sal jy nie verlore gaan nie.

    En jy skrik vir jouself toe jy hardop dink: “Maar as Jesus dan nie for real is nie, hoeveel miljoene mense het hy nie mislei nie, mense wat self kon probeer het as hy nie vir hulle ges het hulle hoef nie. En as Jesus dan nie for real is nie, en daar is ’n hel op ’n ander plek as die aarde, dan sal hy mos die eerste wees om daar in te gaan.” “Is dit godslastering?”

    En toe is jy nog vryer. En jy besef dat Jesus die naam is van God se verskyning aan die wreld wat ons onvoorwaardelik aanvaarbaar maak voor God. En jy verstaan iets meer van liefde. En jy besef jy is beyond die issues van Jesus se maagdelike geboorte, kruisiging, opstanding en hemelvaart. En jy het iets daarvan in jou eie lewe ervaar, want jy het self ook opgestaan. En jy weet niks wat iemand nog kan ontdek gaan dit waarin jy glo bedreig nie. En jy is nog vryer want daar is nie meer angstigheid nie. En jy is nog vryer want jy weet nou dat hemel en hel, God en Jesus gaan oor baie meer as oor eendag, dit gaan oor die hier-en-nou.

    En jy is nog vryer as jy besef jy het vrede gemaak met die predikant en die pastorale sielkundige en die kerk. En jy is nog vryer toe jy besef jy het vrede gemaak met jouself. En jy is veral vry wanneer jy besef jy het jouself vergewe vir jou eie verlede.

    En jy lag vir jouself toe iemand ’n week later vir jou vra: “En jy, wat is jy?” en jy antwoord: “Ek is ’n Christen, want ek weet ek isdeur Jesus verlos, wat glo met die selfgenoegsaamheid van ’n Jood, en leef in die liefdevolle naewe aanvaarding van ’n Hindoe en weerstand bied wanneer dit nodig is soos ’n Boeddhis.”

    En die volgende keer toe jy weer bid/mediteer/met God praat, verstaan jy: God het jou getrek en het jy ’n wonderlike spirituele pad geloop. Van waar jy met jou denke begin het. Probeer het om alles van God te wou verklaar, en toe dit nie werk nie, het jy gaan lees. Probeer om te sien hoe God geopenbaar is, en toe dit nie meer werk nie, het jy probeer om alles te beleef. Probeer om God emosioneel te ervaar. En toe dit nie meer werk nie, het jy na die mistiek gegaan en by ’n punt gekom dat jy niks verstaan nie. En in die proses het daar iets van elke plek in jou agtergebly en jy weet nie een is honderd persent reg of verkeerd nie.

    En jy het ook geweet: God was die heeltyd daar, want dit is God wat jou op die pad getrek het; en Jesus was ook die heeltyd daar — maar omdat jy self so hard probeer het, het jy nie vir Jesus gesien nie.

    En die oggend wat jy in die tuin sit, kom jou buurman verby en groet vriendelik: “Hi, hallo, is jy weer op een van jou staarsessies?” en jy groet ewe vriendelik terug en jy sien weer jou letsels wat agtergebly het van die vuur toe jou blink goed verbrand het. En jy wonder: is dit dalk die sondige natuur in ons? Dat ons nie gehelp wil word om van onsself verlos te word nie? Maar jy onthou ook daar sal altyd iets wees wat ons nie verstaan nie.

    En vanaand staan jy op jou knie met toe o as jy Jesus dank vir jou verlossing.

    En wanneer jy aan die slaap raak, weet jy: jy glo in God die Vader en in Jesus Christus sy Seun en in die Heilige Gees.

    terug    /     boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.