Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Hendrick Bergh oor Stefan slaan terug: "kinders moet soveel as moontlik van dwelms geleer word"

Sharon Meyering-Jenkings in gesprek met Hendrick Bergh oor die skryf van hierdie boek oor dwelmmisbruik

Stefan slaan terug
Deur: Hendrick Bergh
Prys R84,95
ISBN: 0796304947
Uitgewer: Lux Verbi.BM
(Fiksie Ė Jeug)

1. Hoekom het jy die boek geskryf?

Ek was destyds in die buurtwagte, waar ek die voorsitter van Birchleigh-Noord-buurtwag was. Ek het baie tyd spandeer op die strate in patrollies en aan ander verpligtinge wat ek ook as diaken by my kerk gehad het. Ek het ‘n gesin in my buurtwag gehad met ‘n seun van negentien. Hy was verslaaf aan dwelms. In die begin het ek dit nie geweet nie, aangesien die ouers dit weggesteek het. Dit was ‘n Vrydagaand toe die pa my kom sien het in my amp as diaken en my gevra het of ek iets weet van dwelms ensovoorts.

Op daai stadium het ek al ‘n kursus of twee agter die blad gehad met heelwat ondervinding met kinders wat aan en af na my toe gekom het met hulle probleme. Ek het een van my vriende, Jath vd Westhuizen, wat ‘n dwelmberader is, gebel. Ons het ooreengekom om die laaitie die volgende middag by my huis te sien. Ons het die outjie ontmoet en hy het uit sy eie besluit om te gaan vir hulp. Alles was gereël – die outjie moes net kom en hy sou al die ondersteuning gehad het wat hy wou hê.

Die Dinsdag het sy pa my gebel en my vertel dat die polisie sy seun se lyk in sy woonstel gekry het. Die oorsaak van sy dood was ‘n oordosis Wellconal (Pinks, soos dit op die strate bekend staan). Dit is ‘n skedule 7-pynstiller wat deur kankerpasiënte gebruik word. Ek kon nie die verslae uitdrukking in die pa se gesig vergeet nie en het besluit om ‘n boek te skryf oor wat dwelms aan ouers, familie, vriende en gesinne doen. Ek is ‘n tegnikus, nie ‘n skrywer nie. Ek het nie ‘n idee gehad waar om te begin en waar om te los nie.

‘n Paar maande later is ‘n seun van 15 jaar deur veiligheidswagte doodgeskiet. Ook dwelmverwant. Dit was dit vir my en ek het met my dominee gaan praat en toe begin om alles wat ek weet, gesien het, beleef het, neer te skryf en toe net begin om net te skryf en toe het God oorgeneem en geskryf. Ek glo dit, want soos ek sê, ek is ‘n tegnikus – van spanners en elektroniese goed weet ek baie, maar skryf … nie sommer nie.

2. Hoekom het jy dié ouderdomsgroep as teiken mark gekies?

Die meeste kinders wat ek gesien het vandat ek begin het, was tussen die ouderdom van 11 en 17. Die jongste een wat ek gehad het was 4 – haar boetie van 15 het haar gewys hoe Asetone werk. Sy het dit as ‘n inhalent gebruik. Maar ek is bly om te sê haar dae van hoë-oktaan-asemhaling is verby. Ons watch haar goed.

3. Wat maak hierdie boek anders as reeds gepubliseerde boeke oor dwelmmisbruik?

Boeke oor dwelmmisbruik gaan gewoonlik oor hoe die goed lyk en wat dit doen. Die sielkundige en emosionele prys wat betaal word nie, word so noukeurig bespreek nie ek het probeer om op papier te sit wat ek al beleef het.

4. Dink jy dat die Christelike invalshoek iets nuuts bring aan die vertelling van ‘n storie oor dwelm misbruik?

In my omswerwinge met dwelm-afhanklikes wou maklik 80 persent van die kinders en ouer mense niks van God weet nie. Hulle algemene sêding is: “God bestaan nie.” Ek het al geleer om nie so ‘n kind te probeer Bible-bash nie. Want dit doen meer skade as goed, ek het al ook agtergekom dat baie van die kinders bedreig voel deur God. Dit dwing hulle om te besef dat hulle op die verkeerde pad is en hulle wil dit só nie weet nie. Ek gaan na die verslaafde se vlak en dan bring ek hom/haar saam met my op deur Jesus se liefde, geduld en leefwyse aan die persoon te wys, deur te doen wat in die Woord van God staan en dit toe te pas. As die persoon my dan genoegsaam leer ken en my vertrou, dan sal ek hom/haar begin vertel van Jesus en my geloof. Dan verwag ek ook nie dat die kind onmiddellik sy/haar lewe vir God gee nie. Dit is altyd ‘n pad wat mens moet loop saam met enige persoon. Dit gebeur nie oornag nie – ek het al jare gewag vir ‘n persoon om na my toe te kom en gehelp te wil word, want jy kan nie die mense dwing om reg te kom nie – jy mors dan net jou tyd. Met dié mense is daar net een pad: GEDULD en liefde en wag vir God om jou te wys wat om te doen.

5. Hoeveel navorsing moes jy doen om die storie te skryf?

Wel, die storie het homself eintlik geskryf. Al die kennis wat ek opgedoen het in die jare op die strate van Johannesburg het my goed geleer, so ek het eintlik niks navorsing nodig gehad nie.

6. Het jy baie aanmoediging gekry gedurende die skryf van die boek?

My vrou Mariette, ouers Fred en Salome Bergh van Glencoe, my sussies Anethia en Sarika, predikant ds Chris Steyn van Birchleigh-Noord NG Kerk en vriende, asook van die kinders se ouers met wie ek gewerk het, het my bygestaan en aangemoedig om die boek klaar te maak en in te stuur.

7. Dit wil voorkom asof die algemene publiek wegskram van “realiteitsgebaseerde” boeke, byvoorbeeld boeke oor MIV/Vigs en dwelmmisbruik. Mense wil lees om te ontsnap van die werklikheid, nie om met ‘n selfs erger werklikheid as hul eie gekonfronteer te word nie, of is dit dat daar net nie genoeg materiaal beskikbaar is nie?

Ons mense in Suid-Afrika was in die verlede genoegsaam beskerm teen wat nou aan die gebeur is. Ek het al gesien met baie van die ouers van die kinders met wie ek in kontak gekom het, het baie aan volstruissiekte lei. As daar probleme kom of dinge kom wat hulle ontstel of wat hulle niks van weet nie, is hulle geneig om hulle koppe in die sand te druk en te hoop dat probleem in hulle huis sal weggaan. Maar glo my vry, dit gaan nie weg nie, dit word net erger. Soos met Aids kleef daar ‘n stigma aan dwelmslawe; baie mense wil hulle distansieer van die mense af. Die hoofrede is vrees. As jy as mens nie kennis het van iets nie, is jy gewoonlik bang vir dit. KENNIS IS MAG! So doen jouself ‘n guns en leer van dwelms; dit is nie so moeilik as wat dit lyk nie. Dwelmmisbruik gaan nie oor die dwelm self nie. ‘n Ecstasy-pil wat op die tafel lê, is nie gevaarlik nie. As hy geneem word, is dit gevaarlik. Almal weet dwelms is gevaarlik, maar niemand behalwe die druggy weet hoekom hy/sy dit doen nie. So hou op karring oor drugs – dit is ‘n medium wat gebruik word, nie die antwoord op die probleem nie. Kry jou mensekennis skills op datum en worry meer oor die mense wat dit GEBRUIK en versprei as oor dwelms self.

8. Hoekom is dit so belangrik vir jong Suid-Afrikaners om literatuur oor dwelms en die gevolge van dwelmmisbruik te lees?

In Suid-Afrika vandag is daar al hoe meer mense wat die land inkom met net een doel voor oë: om so gou as moontlik ryk te word deur dwelms te verkoop. Hulle sal skroom vir niks om klante te kry nie. Hulle is gewetenloos en stel net daarin belang om geld te maak. Vir lewens gee hulle nie om nie. Ongelukkig is ons skoolkinders hulle teikens, asook enige plek waar daar groot groepe kinders bymekaar kom. So die kinders moet soveel as moontlik van dwelms geleer word, maar ek sal sê meer klem moet gelê word op die taktiek wat gevolg word om hulle in te sleep by die dwelm ring.

9. Hoekom, dink jy, het die tendense van dwelmgebruikers in die afgelope tien jaar verander?

Eerstens, die beskikbaarheid van dwelms. Dit is oral, baie maklik verkrygbaar en relatief goedkoop. Dan familiewaardes wat verander het as gevolg van druk van buite. Al twee ouers wat moet werk. Kinders wat vandag meer dinge moet hanteer as toe ons grootgeword het.

10. Ek weet dat daar ‘n afdeling hieroor is in jou boek, maar vertel assebief vir ons wat die waarskuwingstekens van dwelms is.

Ek wil hier begin deur te sê dat dwelms nie dieselfde effek op almal het nie. Jy kan nie sê as heroïne jou so of so laat voel, dit dieselfde effek op iemand anders sal hê nie; dit kan dalk ‘n heeltemal omgekeerde effek op die ander persoon hê.

http://www.health24.co.za het vir my die beste versameling van waarskuwingstekens. Ek het maklik 90 persent van wat daar staan, bespeur by kinders wat deurmekaar was met dwelms. Hier volg wat daar staan:

How do I know my kid is using drugs?

  • Behaviour changes
  • Lack of motivation.
  • Loss of interest in sports and hobbies.
  • Disappearances.
  • Secretive behaviour, deviousness and lying.
  • Compulsive lying: “The drug is doing the talking.”
  • Manipulative.
  • New friends.
  • Isolation from old friends.
  • Evasiveness about friends. Teens tend to obtain drugs from friends, not directly from dealers.
  • Going to untold lengths to obtain drugs.
  • Visit various doctors.
  • Criminal behaviour.
  • Forge prescriptions.
  • Needing abnormal amounts of money.
  • Prostitution.
  • Stealing, pawning.
  • Household articles disappear.
  • Evasiveness about overspending.
  • Emotional symptoms
  • Mood swings, from euphoria to irritability.
  • Inappropriate over-reaction to mild criticism or simple requests.
  • Personality changes.
  • Nervous, fidgety behaviour.
  • Low self-esteem.
  • Hyperactivity, rambling.
  • Withdrawal, isolation, suicidal, depressed.
  • Insensitive, rude, preoccupied with him/herself.
  • Impulsiveness.
  • Loss of inhibition.
  • Lack of self-respect.
  • Paranoid.
  • Hallucinations, strange thinking.
  • Lies, deceiving.
  • Apathy.
  • Physical symptoms
  • Acting intoxicated.
  • Red-rimmed, bloodshot and watery eyes, constricted pupils.
  • Yellow-brown stains on the hands and sometimes on the fingers.
  • Sudden change in appetite or an unexplained loss of weight.
  • Sleeping disturbances. Sleeps during the day and awake during nights. Inability to sleep.
  • Indifference to appearances and personal hygiene.
  • General deterioration of health: lowered resistance to infection.
  • From exhaustion, fatigue to periods of hyperactivity.
  • Coughing, headaches, upset stomachs, nausea, nose irritation.
  • Slurred speech.
  • Runny nose.
  • Restlessness.
  • Staggering gait and lack of co-ordination.
  • Inability to communicate clearly.
  • Poor concentration.
  • Physical evidence
  • Pieces of neatly rolled-up paper (Gerric filter for dagga smoking.) or tin foil.
  • Cigarette papers.
  • Dagga pipes in ashtray or dustbins.
  • Incense sticks or deodorisers in room.
  • Bottles of eye-drops (Eye gene).
  • Unsmoked cigarettes with broken-off or twisted ends.
  • Cigarette boxes from which the silver paper has been removed.
  • Unidentified pills, capsules, powders or syrups.
  • Syringes and needles.
  • Blackened tea.
  • Plastic bank packets, unidentified packages wrapped in brown paper.
  • Unusual pipes or broken-off bottlenecks. Tightly rolled-up bank notes or drinking straws.
  • Mirrors or hard shiny surfaces, such as pieces of glass.
  • Minora-type razor blades.

Many of these items can be found, usually hidden, in a person’s room or car. Some of the more ingenious places of concealment include the underside of dresser drawers, between mattresses, in books, behind light switches, inside stereos, in clothing. More obvious locations include car trunks, pocket-books and closet shelves.

11. Het jy al agtergekom dat daar baie teëstand is van ouers oor die gevaar van dwelms te erken?

Sommige ouers het die donkie-benadering tot dwelms, soos dagga is nie gevaarlik nie. Ander ouers wil nie weet van die gevare van dwelms nie, want hulle gebruik dit self. Dit is baie moeilik om met sulke ouers se kinders te werk. Maar oor die algemeen, wat ek al baie gekry het, was: “NIE MY KIND NIE. Hulle sal dit nie doen nie. Daarvoor is hulle te goed opgevoed.”

12. Watter goeie boeke of hulpbronne is daar beskikbaar vir (a) die jeug, en (b) ouers?

Wel, soos in die vorige vraag beveel ek Health24 se webwerf aan en ‘n cd wat ek onlangs gesien het wat jy op jou rekenaar kan sit en kyk. Daar is alles op van dwelms, hoe dit lyk, wat dit doen, waarskuwingstekens, optredes van ouers teen oor hulle kinders, MIV/Vigs en sommer nog baie meer. Die besonderhede van die cd is:

Drug Allert
Fotonet Suite 10
Private bag X8
Lynn East
0039

Selnommer 082 437 4657

E-MAIL: drugalert@telkomsa.net

13 . Hoe maklik is dit vir tieners om hulp te kry?

Daar is strukture in plek by skole en kerke en jeuggroepe en al die informasie is tot hulle beskikking. Dit hang net van hulle af of hulle gehelp wil word. Met dwelmmiddels moet die persoon werklik gehelp wil word, anders mors jy jou tyd en geld.

14. Dink jy dat die kerk ‘n groter rol kan speel om mense met verslawing te help? Hoe reageer mense wanneer jy by kerke praat?

Kerke kan ondersteuningsgroepe stig waar dwelmslawe en hulle ouers bymekaar kan kom en kennis uitruil en mekaar help om so heel as moontlik deur die tye te kom. Mense wat nie aan verslawing ly nie, kan ook by die groepe aansluit om te leer en dan voorsorgmaatreels te tref in hulle huise om verslawing te voorkom. Maar nou, mense is te skaam om by sulke groepe aan te sluit vanweë die stigma wat daaraan kleef. Hier is so ietsie wat ek vir die ouer wil sê wat ‘n kind het wat aan dwelms verslaaf is: DIT IS NIE JOU SKULD NIE!! JY IS DAAR OM DIE KIND TE HELP!! EK SÊ NIE SO NIE, GOD SÊ SO. TWEE KOPPE IS BETER AS EEN!! So maak ’n plan en begin jou groep; daar is niks om oor skaam te wees nie, en glo my, dit kan met enige iemand gebeur. Dwelms onderskei nie tussen mense nie – rykes, armes, almal is bloodgestel daaraan. Mense stel baie belang om te hoor en te sien wat ek hulle wys. Soos ek aangaan, kan ek sien watter ouers stel werklik belang om te leer asook die ouers wat net daar sit en vir hulleself sê. “Dit sal nie met my gebeur nie.” Maar oor die algemeen is mense bereid om te leer.

15. Hoe belangrik is God en die konsep van vergifnis in die genesingsproses?

Soos in alles in die lewe moet God die middelpunt van alles wees. Sonder die teenwoordigheid van God kan daar nie genesing wees nie. Waar dit kom by vergifnis, word ons vergewe vir alles wat ons doen as ons daai sonde bely. Maar waar dit kom by dwelmslawe en hulle ouers, is daar wel vergifnis van die ouers se kant af, maar die VERTROUE-ding is baie moeilik om op te bou.

Sommige dwelmslawe neem lank om heeltemal gerehabiliteer te word. Hulle verslawing gaan soms oor jare en die ouers is die heelpad saam met hulle daar – al die leuens, die beloftes, die ondernemings van die slawe om reg te kom en dan gebeur dit nie. Dit maak dit bykans onmoontlik vir sulke ouers om die kind te vertrou. Dit op sigself veroorsaak baie keer dat daar bakleiery ontstaan tussen die ouers en die kind. Die kind gebruik dan die vertroue-ding wat nie daar is nie as ‘n verskoning om weer te begin. Dit is ‘n bose kringloop wat aangespreek moet word deur leraars in die gemeentes. Ek dink die leraars moet sommer ‘n kursus maak van vertroue en die mense leer.

16. SABC2 het die program Heartlines op 16 Junie geloods, met die slagspreuk: “Eight ways, eight values, one national conversation”. Dink jy dit sal mense aan die praat kry en ‘n nuwe kontemporêre blik op religie gee?

‘n Onderwerp word bespreek en daar word gestem en dan … niks. So die doel van die program is …? Hou op praat en doen eerder iets.             (Wat is jou opinie hieroor? Stuur jou kommentaar aan webvoet@litnet.co.za.)

17. Hoe het jy betrokke geraak by kinders en hulle dwelmprobleme?

Deur my kerk as diaken en in die buurtwagte waar ek met taamlik baie mense in aanraking gekom het en eerstehands die vernietigende effekte van dwelms op ‘n huisgesin gesien het.

18. Vertel meer van die Stepping Stone Addiction Centre en jou veiligheidshawe vir kinders.

Ek werk op die oomblik slegs in Johannesburg se Oosrand met die rehabilitasiesentrums en -organisasies. Ek verwys met hulle kinders ouers na die sentrums:

Elim Rehabilitation Centre, Kempton Park

SANCA Horizon, Boksburg

Alpha Huis, Kempton Park.

Dwelms en Okkulte ACC Dwelm Rehab Gegrond op die Woord van God
Another change to change

A Dynamic form of rehabilitation
Dennis en Wilna
(011) 979-4395
acc@telkomsa.net

Ek en my vrou neem kinders in om by ons aan huis te bly tot en met die hofdatum. Dit is gewoonlik kinders wat weggeneem word deur die welsyn. Dan bly hulle by ons tot daar vir hulle verdere verblyf gereël is. Ons is ook goedgekeurde pleegouers en het kinders al vir lang tydperke in ons sorg gehad.

19. Jy sê op die agterblad van Stefan slaan terug dat jy as stokperdjie inligting en foto’s versamel oor dwelms. Het jy enige ander stokperdjies of passies?

Ek hou van staptogte in die berge en wilde diere in reservate, en verder is ek ‘n sucker vir ou motors. Die 50’s-modelle is my gunstelinge. Daar is nog nooit weer ‘n motor soos die 1957 Chevy gebou nie.

20. My laaste vraag: Wat is jou planne noudat hierdie boek klaar is?

Die gogga van skryf het my nou gehap. Ek wil nog boeke skryf en aan ouers en kinders vertel wat op die strate aangaan.




LitNet: 02 Augustus 2006

terug    /     boontoe

Lookup a word or passage in the Bible



BibleGateway.com


NOT FOUND