Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Granate bloei in Jerusalem

Margot Luyt

’n Roman deur Marzanne Leroux-Van der Boon

ISBN: 0 7963 0121 2
Prys: R94,95
Bladsye: 320
Sagte band

Granate bloei in Jerusalem is die jongste, boeiende roman van die bekroonde skrywer Marzanne Leroux-Van der Boon. Leroux-Van der Boon se passie vir Israel en haar diepgaande kennis van die omgewing en die verwikkeldheid van lewe in moderne Israel, voer die leser vanaf die eerste bladsy mee. Hier is deurgaans ’n pakkende ondertoon van spanning en potensiële konflik wat neersit moeilik maak. Die skrywer oortref haarself ook hier met haar geloofwaardige karakterisering en meesleurende storielyn.

Granate bloei in Jerusalem is ’n liefdesverhaal, maar ook met die tema van Marc, ’n jong kunstenaar, se soeke na Jesus (Yeshua) binne die eietyds historiese raamwerk van politieke Palestyns-Israeli-konflik ingeweef.

Marc gaan na Jerusalem om sy Joodse ouma, Ruwth, te ontmoet en sy eie Joodse wortels na te speur. Hy vind so sterk aanklank by die Joodse geloof dat hy verstrengel raak in ’n geloofstryd — bestaan Jesus regtig? Te midde van geweld en selfmoord-bomaanvalle kry hy Rivkah, die dapper Jodin, lief. Terug in Suid-Afrika moet hy die chaos in sy hart probeer orden: Is hy Christen of Jood? Suid-Afrikaner of Israeli? Sien hy kans om sy aan sy met geweld en onrus in Israel te leef — al is dit saam met Rivkah? En wie is Yeshua (Jesus)? Bestaan Hy werklik?

Hierdie roman in Marzanne le Roux-van der Boon se gemaklike en vloeiende styl sal elke leser boei.

LUX VERBI.BM



LitNet: 2 April 2004

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.