Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Hoe bly die twyfelende leser glo in n vreemde wreld?

Pieter GR de Villiers

Sprakeloos oor God. Hoe bly glo ek in n vreemde wreld?
Deur: Ben du Toit
Prys: R99.95
Uitgewer: Lux Verbi BM
Datum: 2005
ISBN: 079630324X
Formaat: Sagteband
Bladsye: 239
Klik op die boekomslag of hier om jou kopie van kalahari.net te bestel

Du Toit se boek is volgens die voorwoord gerig op mense wat eerlike en reguit vrae stel oor die geloofskrisis wat hulle in n vreemde wreld ervaar. Die skrywer tipeer sulke mense in terme van wat hy as die kernvraag van Psalm 137 sien: Hoe bly n mens glo as jou omstandighede dit vir jou onmoontlik maak om God raak te sien? (13). Die geloofstryd word moeiliker gemaak vir sulke mense deur die gebrek aan profete wat hulle eerlike, reguit vrae nie eerlik en reguit beantwoord nie (vgl bv 2089).

Die boek bestaan uit Du Toit se Pinksterreeks wat hy in 2003 gehou het oor n sestal temas wat handel oor die vraag wat het geword van God, Jesus, die Heilige Gees, die kerk, die wreld en van jou. Die boek keer dan in n verdere deel terug na sommige hiervan aan die hand van die vraag waar staan jy met God, Jesus, die Heilige Gees en die kerk. Ten slotte word die vraag gestel of die klassieke Christelike geloof sal oorleef.

As die temas van die boek alomvattend is dit dek terreine wat in die teologie omvattende studievelde is is die inhoud daarvan nog meer omvattend: daar word verwys na n menigte uiteenlopende sake vanaf Bybelinterpretasieteorie, skeppingsteorie, die kwessie van groot/klein doop, die charismatiese beweging, die NG Kerk en die politiek, die gay-kwessie, bestuurswetenskap, armoede en nog vele ander; alles en nog wat kom onder bespreking. Dit is dus nie n boek wat in diepte op n bepaalde kwessie afgestem is nie (dit beklemtoon die skrywer in elk geval self in sy voorwoord wanneer hy sy lesers daaraan herinner dat die basis van die teks preke binne n bepaalde konteks was, sodat hulle begrip moet h vir sy ietwat kursoriese en ongenuanseerde aanhaling van die geskiedenis (13)). Die boek is boonop n transkripsie van bandopnames van die Pinksterreeks, en die prekerige formuleringe oorheers duidelik die styl van die boek. Dit as sodanig is natuurlik nie n probleem nie, maar dit problematiseer wel die moontlikhede vir n diepgaande gesprek met mense in n geloofskrisis.

Neem byvoorbeeld die bespreking van die Godsvraag. Dit is een van die mees aktuele kwessies in moderne teologiese diskoers, in die kerklike wreld en in denkende kringe in die algemeen, en daarom lees n mens die eerste hoofstuk oor God met meer belangstelling as gewoonlik en kom dan net agter hoe wydlopig die boek wil wees. Die hoofstuk wei onder andere uit oor die interpretatiewe uitdagings van die moderne wetenskap aan die Christelike geloof, oor vrae soos of God se bestaan uit die natuur bewys kan word, oor die intelligente-ontwerp-teorie, en oor die opvatting van die skepping as n produk van toeval, om dan uiteindelik net uit te loop op di eenvoudige (onbewysbare) stelling: f jy glo in God, f jy glo nie in God nie (32).

Hierop volg ewe kursories n bespreking van geloof as belewing van God: kerklike simbole soos die doop en die nagmaal herinner ons daaraan dat God n verbintenis met die mens aangaan wat tot in ewigheid bestaan. Geloof maak ons volgens die skrywer bewus dat God iets van sy (sic) kant af gedoen het (36) en dit laat n mens sprakeloos van verwondering oor die aanraking van God (38) staan.

In hoofstuk 6 is God weer die tema, maar ook daar is nie regtig enige dieper ontwikkeling van n Godsbegrip nie. Daar gaan dit ook, soos in die eerste hoofstuk, eerder oor n faset of twee van geloof. En Du Toit se punt is hier dat n mens nou maar eenmaal heen en weer geslinger word tussen geloof en ongeloof. Daar is vandag n groot groep mense in die kerk wat verward is en ronddobber tussen geloof en ongeloof (136 ev), maar vir hulle kan n mens net s: Waar staan jy met God? Ek het nie n idee nie. Maar ek weet waar God met jou staan. Hy (sic) hou jou vas.

Dit is n vraag hoe hierdie konstatering van sekere basiese stellings die intelligente, twyfelende leser wat vanuit n kontemporre kennisnetwerk oor God ... wonder (16), gaan bevredig. Hier word nie antwoorde gebied oor wi hierdie God is in wie iemand net moet glo, wat die gelowige aanraak en vashou nie.

n Mens begryp dat die skrywer wil beklemtoon dat God ons konsepte transendeer en dat ons God nie in en met ons woorde kan vasvang nie (38). Maar wt die twyfelende leser dit nie in elk geval nie? Is dit n goeie antwoord op geloofstwyfel in die lig van hoe God se identiteit wel dikwels en baie in die Bybel met sy 66 boeke uitgewerk word? Sou n boek soos hierdie nie mr kon maak van die veelkantige beelde van God in die Bybel wat vele geloofsituasies aanspreek en wat verskillende antwoorde oor God voorhou aan mense wat twyfel, uitsak, moed opgee, uitroep en pyn het nie? Terwyl die skrywer meestal bloot fokus op die feit dat geloof n besef is van God se aanraking, sal die twyfelende leser wil weet op watter manier hierdie teenwoordigheid van God ervaar word, dws wat dit beteken en behels dat God n mens vashou nie net teoreties nie, maar ook prakties.

Die volgende tema in die boek, wat oor Jesus gaan, bevat n paar oulike opmerkings oor die implikasies van die Bybelse Jesus-beeld vir ons geloof en hoe Jesus ons inspireer om veral na die mense op die periferie van die samelewing en in nood om te sien. Jesus is dus die antwoord wat die Christelike geloof wil gee oor hoe ons oor God moet dink (49). In hierdie hoofstuk verwys die skrywer nou wel byvoorbeeld vraenderwyse na die worsteling van mense of dit werklik nodig was dat God se liefde op so n wreedaardige manier aan n kruis bewys moes word sekerlik n fundamentele kwessie vir die denkende mens maar hy beantwoord ten spyte van sy verskeie opmerkings di moeilike vraag nie regtig nie. Inteendeel, sy opmerkings hieroor is eerder onduidelik en skynbaar in konflik met wat hy elders skryf. In reaksie op die voorbehoude van sommige oor die wreedheid van Jesus se dood, dring hy byvoorbeeld weer eens aan daarop dat die Bybel in sy konteks gelees moet word om die vraag oor Jesus se wrede dood te kan beantwoord. Hy skryf dan tereg dat in n Bybelse konteks die dood van Jesus te doen het met die onherroeplike wegneem van sonde en die bewerk van versoening (523; vgl ook 147 en 121). Jesus se kruisdood was egter nou volgens hom vir mense in die antieke Ooste n aanvaarbare manier van dink as n gebaar van versoening. Hulle het geglo n mens moet offers bring om die goeie guns van iemand of die gode te verkry, om die atmosfeer te suiwer (50). Vandag, vervolg hy later, is n kruisdood as offer nie n alledaagse verskynsel nie (51) en sou dit nie die sin h wat dit in die Bybelse tyd gehad het nie (51).

Sekerlik is die skrywer reg dat dit volkome spekulasie is om te probeer dink hoe God vandag versoening sou bewerkstellig. Om egter te s dat die kruisdood sin in die konteks van Bybelse tye gehad het (51), loop direk in teen Paulus se opmerking dat die kruis aanstootlik vir die Jode en n dwaasheid vir die Grieke was (1 Kor 1:23). Dit is juis een van die mees opmerklike aspekte van die Christendom dat n gekruisigde Jesus die voorwerp van verering geword het teen alle sin in.

Maar daar is ook n ander probleem. Die nie-Christelike Grieks-Romeinse konteks het inderdaad die do ut des-beginsel in hul offerkultus geken (die koop van die gode se guns deur n offer (50)), maar antieke skrywers sou die horries gekry het as iemand sou suggereer dat n verguisde kruiseling in hierdie kategorie val, en Paulus draai sekerlik in sy graf om as sy versoeningsuitsprake met die do ut des-motief verbind sou word sy briewe wemel juis van uitsprake waarin hy die mens se onvermo om versoening te bewerk, oor en oor verwerp.

Mens sou onmoontlik vir Du Toit daarvan kon verdink dat hy dit nie weet nie, soos sy latere skrywe dat n mens nie deur jou eie verdienste gered word (1457) alte duidelik bewys. Maar hier is onnodige onduidelikhede en gebrekkige formuleringe. Duidelik is die aanpak en aanbieding in die pad van n behoorlike besinning, behalwe dat belangrike aspekte van Jesus se kruisdood (bv sy self-prysgawe) nie ter sprake kom nie. Dit illustreer net weer dat die boek nie regtig indringend genoeg antwoorde op die vraag in die subtitel van die boek (Hoe glo ek in n vreemde wreld?) bied nie. Die aanpak daarin is hiervoor te appellerend en te veel van stellinginname eerder as informatief en argumentatief.

Benewens die inhoud van die boek is dit ook belangrik om die teorie daarin bietjie nader te bekyk, soos byvoorbeeld in die bespreking oor die konteks vir Jesus se kruisdood. Maar ook in ander gedeeltes kom die skrywer baie dikwels terug op die interpretasie van die Bybel as voorwetenskaplike, tydgebonde boek wat in terme van sy kontekste verstaan moet word (bv 47, 6667, 208); dit l hom duidelik en verstaanbaar na aan die hart. In ons land, wat wemel van fundamentaliste wat die Bybel konteksloos en respekloos uitmekaar ruk, is sulke opmerkings noodsaaklike leesstof en kan dit nie genoeg herhaal word nie. Tog is sy dikwels-uitgespreekte gedagte dat die rekonstruksie van kontekste ons interpretasieprobleme gaan oplos, problematies soos reeds duidelik blyk uit bg rekonstruksie van die konteks van Jesus se kruisdood. n Sleutelsin hieroor is op p 130: Ons moet die blywende teologiese waarhede onderskei van tydgebonde inligting wat in die agtergrond van die Bybel aanwesig is (vgl ook 208). Ons weet vandag dat al die kontekste wat Bybellesers so ywerig vir die Bybel rekonstrueer om die tydgebonde karakter daarvan uit te wys, glad nie probleemvry is nie.

Net soos wat mense in die algemeen hulle eie waarhede konstrueer (27), is die kontekste wat vir die Bybel gerekonstrueer word, net so relatief tot die ondersoekende eksegeet. Een van die mees ironiese voorbeelde hiervan is wanneer lede van die Jesus Seminaar met hul intense historiese navorsing en hulle ho waarheidsaansprake bykans soveel uiteenlopende en konflikterende kontekste vir Jesus rekonstrueer as wat daar lede van die Seminaar is soos wat enige kritiese leser van hul werk gou sal agterkom. Enigiemand wat die debat oor homoseksualiteit volg, weet ook dat die twee kampe elkeen hulle eie siening oor die konteks van Bybelse uitsprake en oor teologiese kernwaarhede daaroor het en dat die een so tendensieus soos die ander een is.

Dit alles dra daartoe by dat daar nie meer regtig so onderskei kan word tussen mikro- en makrokonteks soos wat die skrywer byvoorbeeld op pp 1289 doen nie, asof ons tydgebonde kontekste kan afskil om by harde sogenaamde teologiese kernwaarhede uit te kom (vgl 208) n baie gewilde, maar duidelik verouderde hermeneutiese benadering in hoofstroomkerke. In die Bybeluitleg en die teologie beweeg ons darem al redelik ver verby daardie standpunt en word die gedagte van sogenaamde afgeskilde kernwaarhede sterk gedebatteer. Die postmodernisme, wat in hierdie boek telkens tereg en sinvol aan die bod kom, het vir ons waardevolle lesse geleer oor sulke geponeerde waarhede waaraan dikwels n metafisiese karakter toegeken word. Terwyl die meeste Protestantse hoofstroomkerke byvoorbeeld lankal die vrou tot die amp toegelaat het, meestal omdat hulle Bybeluitsprake wat die leerbevoegdheid aan die vrou onts, as tydgebonde beoordeel, handhaaf die Rooms-Katolieke Kerk amptelik op grond van die teologiese kernwaarheid van die skepping van man en vrou en die natuur-genade-karakter van hul teologie dat vroue nie priesters mag wees nie, en val glad nie vir die interpretasie van tydgebondenheid in hierdie kwessie nie.

n Baie meer resente en adekwater manier van Bybeluitleg is om byvoorbeeld eerder spesifieke uitsprake oor n saak in Bybelboeke afsonderlik te weeg, hulle bymekaar te maak en te weeg in terme van hul wedersydse verhouding, en hulle dan verder te evalueer in terme van hul plek in die Bybel as geheel en hul interpretasie in die kerkgeskiedenis. Dit word gedoen in oorleg met kerke wreldwyd, in terme van geloofservaring (of spiritualiteit) en in terme van ons rasionele insig. Daarmee word die geloofservaring gekoppel aan n baie brer en omvattender dinamiese proses eerder as bloot aan die rekonstruksie van n konteks waaruit n waarheid geskil moet word. Dit alles plaas Du Toit se talle opmerkings oor die interpretasie van die Bybel onder druk.

Daar is ander interessante teoretiese lyne en temas in hierdie boek. Deurlopend daarin kom die skrywer se sinvolle fokus op die postmodernisme na vore. Hy wil daarmee veral beklemtoon dat ons nie dieselfde oor die Bybel en godsdiens kan dink as wat in die tyd van die modernisme en die premodernisme gedink is nie. Met ander woorde, sy siening impliseer tereg dat nuwe tye nuwe, duidelik ander interpretasies tot gevolg het.

Dit is natuurlik korrek, en selfs ook in lyn met goeie gereformeerde tradisie, wat die beginsel handhaaf dat die kerk gedurig reformeer na aanleiding van n beter verstaan van die Skrif in veranderde tye. Trouens, dit is merkwaardig hoe die postmodernisme ons in staat gestel het om die ryke en rype veelkantigheid van die Bybel te herken en te waardeer, juis teenoor n te maklike redusering daarvan tot kernwaarhede. Maar die skrywer se verstaan van die postmodernisme is problematies, omdat hy dit sien as n beweging wat individualisme bevorder (1179; 204; vgl ook 126). Hy skryf byvoorbeeld op p 207 oor die postmoderne gees wat die individualistiese, charismatiese Christelike beskouings bevoordeel, en op p 215 oor die postmoderne nihilisme waarin alles maar kan gaan en niks meer seker is nie). Hy wys wel korrek uit hoe die postmodernisme waarheid uitgespel het as iets wat veral relasioneel van aard is (27, 204) maar dit is iets heel anders as n individualistiese relativisme waarvolgens elke mens n eie waarheid konstrueer.

Die misverstand dat postmodernisme n relativisme bevorder, word al hoe sterker in die later postmoderne diskoers beveg. Die postmoderne diskoers besweer juis die individualisme van die modernisme, onder andere deur te beklemtoon dat waarheidsaansprake in n sosiale diskoers ingebed is en dus veral n gemeenskaplike karakter het. Dit hang saam met n ander tipiese insig van die postmoderne diskoers dat individue nie net bloot tekste lees nie, maar veral deur tekste gelees word bedoelende dat die manier waarop geloofsgemeenskappe die Bybel sou lees en gebruik, fundamenteel gestuur word deur oa die brer godsdienstige diskoers waarin hulle hul bevind.

n Mens sou kon aantoon dat baie van wat Du Toit in die boek skryf, anders sou gelyk het as hy hierdie aspek van die postmodernisme verreken het. Wanneer dit byvoorbeeld by die gay-kwessie kom, sal die kerk n sinvolle woord daaroor kan praat net as die kerk besef dat die teologiese posisies van die verlede daaroor tragies bepaal is deur die latere (bv negentiende-eeuse) sosiale diskoerse waarin Bybelse uitsprake gefunksioneer het.

Daar is ander vrae wat n mens oor die boek het. Ek begryp nie mooi die skrywer se argumente oor die postmodernisme wat n groter waardering vir godsdiens gebring het omdat dit godsdiens bevry het van die doodgreep wat die modernisme daarop gehad het (204 ev) nie. Volgens Du Toit sou die radikale konsekwensie van die modernisme die ondergang van spirituele konsepte beteken het wat dan deur die postmodernisme omgekeer is. Maar net in die vorige paragraaf beskryf hy postmodernisme se relativering van die waarheid in so n mate dat daar n atmosfeer van onsekerheid en selfs nihilisme geskep word (kyk ook die vorige paragraaf). Dit lyk vir my na n teenstrydigheid tussen sy argumente, omdat postmodernisme dan presiese dieselfde as die modernisme doen, naamlik spiritualiteit ondermyn eerder as wat dit, soos hy vreemd argumenteer, spiritualiteit bevorder.

Daar is n paar ander glipse in die boek, soos byvoorbeeld die foutiewe datering van die beroemde en uiters belangrike ontdekking van die Dooie See-rolle in 1948, terwyl die seksistiese taalgebruik vir God en dit in 2005 net nie meer goed genoeg is nie. Dit is ook duidelik dat die skrywer die woord spiritualiteit idiosinkraties gebruik vir wat eintlik maar net godsdienstigheid is.

Wat ek origens wel nuttig in die boek gevind het, is die insigte wat dit bied in die geskiedenis van die NG Kerk. Du Toit steek op n eerlike en reguit manier nie die ondersteuning van die apartheidsbeleid deur die (NG) Kerk, en die vlek wat dit op die kerk se identiteit gelaat het, weg nie. Insiggewend is sy vertellings van sy eie ervaring as persoon wat konsekwent die hand uitgereik het na ander groepe en kerke terwyl hy oor jare stilweg en gedurig gekarring het om die apartheidsbeleid te ondermyn. Ons wat uit daardie era kom, weet dat daar n beduidende groep jong predikante was wat, soos Du Toit, aan die onderste onderkant van die magshirarige moes werk en met ho frustrasie gesien het hoe die magtige outokrate in die kerk met die politieke magshebbers uit die apartheidsera konkel en heul. Juis in die boek se anekdotes, die petits recits, herken ons iets van hoe die groot apartheidsdiskoers en -magsgreep ondermyn en uiteindelik deur hierdie jong predikante omgekeer is. Dit help dekonstrueer aan die meesternarratief wat tans oor die NG Kerk in omloop is.

Du Toit se boek is, ten slotte, verder ook n illustrasie van iets meer en groters: al is daar iets triomfalisties in die lofprysings wat hy uiter oor die NG Kerk wat n draai gevat het (laat die Gaum-geskiedenis ons tog maar net leer hoe nederig ons moet bly), reflekteer sy verhaal tog met goeie reg iets waardevols omtrent daardie geslag van jong mense wat nou, in n nuwe tyd en in nuwe omstandighede, ewe lojaal aan die kerk bly.

En juis hier betree ons die terrein van iets wat die mistieke nader: Wat is dit aan die kerk wat mense so lojaal laat bly? Wat is dit aan geloof dat dit mense soos hierdie dominees maar steeds laat vasbyt en laat bly hoop in omstandighede wat so onberedderbaar lyk? Wie is die God wat mense soos hierdie predikante so aan die hand vat dat hulle maar steeds die moeilike pad wil bly loop? Wie is die Jesus wat mense wat in sulke omstandighede in die bediening staan, roep om hierdie nou pad van dissipelskap ten koste van hulself te bereis? Wie is die Gees wat n mens inspireer om vas te byt, al is almal om jou heen vasgevang in n net van selfbevoorregting en vooroordele? Ons moet meer hiervan weet, en die verhaal sal wel nog vollediger beskryf moet word.

Intussen bied die historiese vertellings oor Burgersdorp en Grahamstad in hierdie boek ook antwoorde vir mense in n geloofskrisis antwoorde wat nie maklik op die oor gaan val nie, omdat dit op n vreemde, eensame lewensreis wys. Dit is op hierdie punt dat n mens die boek veral waardeer, want n mens voel hier n egte liefde en passie daarin aan. En dit is tog wat op die ou end werklik saak maak hierdie liefde wat immer bly, wat groter en duursamer en inspirerender as die spreke van mense en engele is.

Pieter GR de Villiers is buitengewone professor aan die Universiteit van die Vrystaat en n skrywer.


LitNet: 28 Maart 2006

terug    /     boontoe

Lookup a word or passage in the Bible



BibleGateway.com


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.