Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Bybelkode

Melinda Marť

Ek is oortuig daarvan dat die Bybel wel ’n kode het. En om dit te ontsyfer het mens niks meer as ’n goeie dosis gesonde verstand nodig nie.

Ons noem dit ’n Gedragskode. Wanneer jy nie weet wat jou te doen staan nie, dan hoef jy bloot te soek en jy sal ’n bemoedigende gedeelte vind wat heel toepaslik is vir jou omstandighede.

Die Bybel is die ene mens-mense. En wat wonderlik is, is dat die goeie ťn die slegte opgeteken is. Daar is ’n balans. Net soos in die ware lewe. Dit gaan nie altyd net sleg nie en dit gaan ook nie altyd net goed nie. So, dis ’n Boek van Hoop.

Hoe baiemaal in die lewe lees ’n mens iemand se biografie en die hele boek is saamgestel uit flaters, foute, mislukking. Jy voel skoon meerderwaardig as jy die ding neersit. Of eens so erg: jy lees ’n lewensverhaal en dis sů ’n fantastiese mens dat jy op die naaste treinspoor wil gaan lÍ van minderwaardigheid.

Derhalwe was God wat my aanbetref hipereerlik gewees toe Hy die Boek saamgestel het — ’n groot pluspunt vir my, omdat dit my nie soseer help om beter te voel oor myself nie, maar omdat dit vir my rigtinggewend is op my lewenspad.

Ek dink altyd aan die Ou Testament as die kaart en die Nuwe Testament is vir my die transport.

Ek is baie lief vir die geskiedkundige sy van die Woord, maar verkies om my uit te leef in die nuwe bedeling, want onder die ou bedeling sou ek dit nie gemaak het nie. Die voorwaardes sou te streng vir my gewees het. Dit sou vir my gevoel het ek woon in ’n konsentrasiekamp. En glo my vry: dit sou vir my baie lekkerder buite so ’n laer gewees het as daarbinne. Ek sou heeltyd nuwe horisonne wou verken het.

Maar om terug te keer tot ons spesiale gedragskode.

Gestel jy vertrek na ’n vreemde land op ’n sake- of vakansiebesoek. Dan is die regte gedeelte vir jou om te lees die lewensverhaal van Josef. Sy lewensverhaal in ’n neutedop is die van ’n bloedjong man wat in Egipte arriveer sonder ’n Bybel, sonder vader of moeder, sonder ’n ondersteunende geestelike netwerk of ’n spioen in sig.

En toe hy die groot geleentheid kry om vertroue te skend was hy dankbaar vir die alsiende oog van God wat hom, soos altyd, in staat gestel het om trou aan homself te bly.

Ons lees verder dat hy, toe dit in sy mag was, gekies het om sy wilde broers van harte te vergewe en hulle selfs uit hulle predikament te help. So dit was nie net leŽ woorde nie.

Ons leer ook dat drome waar kan word.

Indien jy ’n bedienaar van die Woord van God is, is die korrekte gedeelte wat jy kan nalees as jy die Ou Testament verkies die lewensoorsig van die priester Samuel en nie die van koning Dawid nie, anders kan daar straks persoonsverwarring ontstaan. Dawid was ’n staatsman en militÍre strateeg. Sy voorbeeld is derhalwe nie toepaslik op die bediening nie. Die priester Samuel is die aangewese gedeelte vir jou.

Hy was ’n man wat aan die einde van sy bediening opgestaan het en vir die volk gesÍ het: “Van wie het ek ’n os of ’n esel geneem wat my nie toegekom het nie — sÍ vir my dat ek dit kan teruggee.” Ek wil niemand niks skuld nie. ’n Man wat, toe die vorige koning (Saul) hom nie gedra het nie, dit nie toegesmeer het nie maar stand geneem het en vir hom gesÍ het: “Ek sal u nie eer voor die manskappe nie.” Menende: “U was aan God ongehoorsaam en derhalwe moet u asseblief nie van my verwag om ’n lofrede op die koop toe te sing nie.” ’n Man wat gesÍ het: “Count me out.”

Dis ook die verhaal van ’n man wat, toe koning Saul wel tot ’n val gekom het, so verskriklik getreur het dat God hom daaroor moes aanpraat.

Koning Dawid se lewe leen hom tot menigvuldige lewenslesse, alhoewel daar om een of ander duistere rede meestal net met een volstaan word. Die geval van sy seun Adonia is net so diepgaande. Die Skrif leer dat hy die kind nooit aangepraat het of tereggewys het nie en dat Adonia later heeltemal onuitstaanbaar geword het. En vir hom ’n vriendekring beding het.

As ’n mens ’n leidende rol in ’n vreemde land beklee, dan is die lewe van DaniŽl ’n navolgenswaardige voorbeeld. Hy’t hom nie gesteur aan die leefwyse van diegene om hom heen nie, maar altyd trou by sy beginsels gebly.

Dis altyd hartseer om die verhaal van Johannes te lees, want dis vir my asof ’n mens hom daar in die tronk sien sit en hoe die koning hom laat haal — seker maar as hy verveeld is — vir geselskap. En hoe Johannes aan hierdie verhouding bou en sy bes doen om die koning se gewete op te skerp en seker maar altyd-altyd gehoop het vir die beste. Verskriklik is dit as mens lees van die skavot. ’n Vrou kan ’n man maak of breek. Die voorbeeld leer ’n mens om weg te bly van konings met kwaai vrouens wat niks van die waarheid hou nie.

En dan lees ’n mens verder van die Koning wat ’n mens geword het om ons te leer wat regtig belangrik is in die lewe. Ons lees dat Hy nie teruggedeins het vir die waarheid nie, maar stand geneem het teen so-called godsdienstige leiers en hulle goed op hulle plek gesit het.

Ons lees dat Hy so dik geraak het vir die geklank van geld in die tempel dat Hy sommer wild en wakker onder almal ingeklim het.

En ons weet dit kon nie vir Hom maklik gewees het nie.

Maar ons lees verder dat Hy darem nie net altyd kwaai was nie, want Hy was verskriklik jammerhartig teenoor uitgeworpenes, soveel so, dat Hy uitgeskel was oor hy saam met die verkeerde mense gekuier het.

En ons lees dat Hy van kinders gehou het. Baie.

En dan lees ons verder dat Hy partymaal alleen wou wees. Om te bid.

En ons weet dis hoe Hy regtig was.

Dit was Sy geaardheid.

En ons lees van Petrus wat regtig op die water geloop het en ten spyte van hierdie groot ondervinding die Here drie maal verloŽn het.

Maar darem was hy agterna opreg jammer daaroor.

En dit gee ons sommer nuwe hoop.

En dan lees ons van Paulus en ons sien dat toe die broers sy bloed gesoek het, het hy laat vat in die eerste mandjie wat hom aangebied is. En ons lees dat hy ’n man was wat lief was om baie, baie briewe te skryf. Party was gaaf en ander weer minder gaaf, maar darem altyd opreg bedoel.

Ons lees dat hy astraal na die derde hemel gereis het en so ’n groot energieveld opgebou het dat hy in staat was om sy rug vyf maal te gee vir nege en dertig houe. En agterna geleef het om elke keer die waarheid te vertel.

En dan weet ons iewers, iewers is daar ’n God.

Want sů ’n Boek met sulke goeie raad kon nooit in die hart van ’n gewone sterfling gebore gewees het nie Ö

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.