Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die lewe is ’n reis

Theo Badenhorst

Christus te midde van die wysbegeerte en eerste beginsels van die wÍreld[1]

Die lewe staan nie stil nie. Of liewer: dit is nie gegee om stil te staan nie. Maar waarheen is ons op pad? Of is mense “reisigers na nÍrens”[2]?

Denkers het die werklikheid al beskou as ewige vloei of spontane wording. Ander het te midde van al die verandering klem gelÍ op ’n vaste, blywende beginsel wat die werklikheid met al sy wisselinge dra. ’n Ander moontlikheid is die “mite van die ewige terugkeer” wat deur verskillende samelewings gehuldig is: Alles wat is, was reeds, en alles wat was, kom weer. Iets van die reÔnkarnasiegeloof lÍ ook daarin opgesluit.

Die filosofie van die ewige vloei is ook al deur ’n Griek uitgedruk as “alles draai.” Die ewige terugkeer sou dan beteken “alles draai terug.” Dit sou ook beteken daar is niks werklik nuut nie, soos ook die geval met ’n onbeweeglike, vaste beginsel. Of is so ’n beginsel God? Of anders: Wat sou die Prediker bedoel as hy sÍ daar is niks nuuts onder die son nie?

Die Bybel vertel verder dat God sÍ dat Hy alles nuutmaak. Daarteenoor is ons gewone ervaring dat alles wat eens nuut was, verouder, maar God sÍ Hy maak alles nuut.

Die nuwe, of “novum”, sÍ die ateÔstiese Joodse filosoof Ernst Bloch in die twintigste eeu, is ’n idee waarmee filosowe eintlik nie werk nie. Hulle bly by die ewig vloeiende of ewig vasliggende (die ewigheidsdenke, kan ons sÍ) — deur die kritiese en analitiese twintigste-eeuse denkrigtings heen. Maar Bloch tref die idee van die nuwe in die Bybel van Jode en Christene aan en dit fassineer hom oorweldigend. In die Bybel is die verwagting van die nuwe volgens hom steeds lewend. Hoe Bloch daaruit sin kon maak sonder God, is natuurlik ’n ander vraag.

Selfs in die idee van die ewige vloei is daar nie ruimte vir wat werklik nuut is nie. Die vloei word nie gestuit of radikaal van koers af gestuur nie; dit rol maar net aan soos branders. Maar die God van die Bybel is die God van verrassings. Hy vang ons telkens op die verkeerde voet, en Hy vang ons dikwels so met sy genade. Sy genade is vir ons dikwels te groot en te veel. Ons wil hÍ genade moet maar altyd sag wees en nie ons rus verstoor nie, maar God se genade stuur ons gewoonlik op ’n koerswysiging.

Reeds in die Ou Testament het God die nuwe beloof: ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde, ook ’n nuwe Dawid — wat die eerste Dawid ver sou oortref. En toe die nuwe Dawid kom, was die volk Israel allesbehalwe reg vir Hom. Vir die stoere Jood Saulus Paulus was hierdie nuwe Dawid een te veel. Hy sou Hom in elk geval nie eers as die nuwe Dawid erken het nie. Vir Paulus was daar te veel genade in Jesus, die nuwe Dawid, genade vir die onverdienstelikes wat nie getroue Jode was soos hy nie. Jesus het begin om die aarde nuut te maak met ’n nuwe gees (Gees) en bewussyn. In Hom was “al die verborge skatte van wysheid en kennis te vind”[3].

Laasgenoemde is natuurlik aanstootlik vir die gangbare wysgerige denke, vir sowel die ewige-beginsel- as die ewige-vloei-denke. Die ewigheidsdenke sal byvoorbeeld wil vra: Hoe kan iemand wat eenmaal in duisende jare verskyn het, beslissend wees vir die hele geskiedenis van die mensheid? Vir daardie soort denke is Jesus maar een moment in die verbygaande vloei van alle dinge. Ook die kringe van die HindoeÔsme en die Boeddhisme sal Hom waarskynlik so sien, die kringe waar die ewige terugkeer ’n groot rol speel.

Ook die Westerling GE Lessing het in die agtiende eeu in lyn met die ewigheidsdenke gesÍ: “Toevallige geskiedeniswaarhede kan nooit die bewys van ewige redewaarhede word nie.” Daarom was alle gelowe vir hom ook in beginsel gelyk.

In sy The Unbearable Lightness of Being sien Milan Kundera ’n bepaalde waarde in die mite van die ewige terugkeer. Hy meen as iets of iemand net eenmaal verskyn, dan is hierdie verskyning baie vlietend. Mense vergeet die impak daarvan. Kundera neem Hitler as voorbeeld. As so ’n monster van ’n mens net eenmaal verskyn, leer ons volgens hom nie werklik om sulke verskynings later weer raak te sien nie.

En Jesus? Die sentrum van sy persoon lÍ in sy kruisiging en opstanding. Tog word sy kruisoffer in die Roomse mis voortdurend herhaal om dit aan mense oor te dra. En Protestante word in die Woordverkondiging en in die sakramente voortdurend herinner aan en aangespreek deur daardie offer ter wille van ons. Jesus Christus word as 't ware in die erediens van die kerk (en ook op ander maniere) by herhaling teenwoordig gestel. Kry ons hier iets van die ewige terugkeer? Ek meen nie.

Die antwoord lÍ myns insiens in die opstanding van Christus. Sy opstanding veroorsaak dat Hy self lewend in die Woordverkondiging (so ook in die lees van en nadenke oor die Bybel) sowel as in die sakramente teenwoordig is. Maar ook dit is nie ’n ewige herhaling nie. Die verskyning van Jesus Christus is nie maar ’n moment in die verbygaande stroom van tyd nie. Dit is die vervulling van God se beloftes. Sy koms is iets wat in die belofte lank reeds teenwoordig was.

Toe Hy uiteindelik verskyn het, is die beloftes vervul, maar op ’n baie sonderlinge manier. Sy verskyning was swanger van nog meer belofte. Waar sy dood deur sy volgelinge herdenk word — in die nagmaal — gebeur dit met die oog op sy tweede en finale koms — “totdat Hy kom”, in Paulus se woorde[4]. Maar dit is juis moontlik omdat Hy uit die dood opgestaan het en leef, en so steeds lewend teenwoordig is waar sy evangelie spreek en die sakramente gevier word.

Maar hierdie lewende teenwoordig wees van die gekruisigde Christus het ’n trekkrag vorentoe, totdat Hy weer kom, om alles nuut te maak. Die verskyning van Jesus Christus in die verlede het God se nuutmaakplan (of sy koninkryk) laat inbreek in ons wÍreld, sodat die wÍreld nou gelei word na die volstrek nuwe toe.

Wat met Christus se verskyning gebeur het — en wat vir die gangbare, logiese denke irriterend is — is dat in daardie kort lewe die konsentrasiepunt van die hele geskiedenis plaasgevind het. Was dit die ongeveer drie en dertig jaar van Jesus se lewe, of die drie jaar van sy openbare optrede, of die ongeveer ses ure aan die kruis? Dit maak nie werklik saak nie. Wat is dit teenoor duisende, selfs honderde duisende jare?

In die verskyning van Jesus Christus is die ganse werklikheid gekonsentreer, by name in sy kruisiging en opstanding. Sy koms het ’n oordeel gevel oor die tyd wat verby was en belofte gegee vir die tyd wat kom, selfs ook belofte vir die tyd wat toe reeds verby was. Dit was ’n oordeel selfs ook oor die tyd wat daarna sou kom, sodat mense se dwaasheid, wreedheid en onreg ook verby ons dag die toekoms in onder die oordeel kom. Ook ons aardse toekoms is in ’n sekere sin nog ou tyd, omdat die ou dinge van die mens se sondigheid nog nie opgehou het nie. Maar dit alles is tot ’n einde gestel, omdat die nuwe reeds daar ingebreek het.

In daardie een moment van Jesus se verskyning is God se openbaring gekonsentreer. Natuurlik het sy openbaring in die vroegste tye begin en dit gaan oor Jesus van Nasaret heen, maar met Jesus se koms is die volheid van sy openbaring ingegiet in ons werklikheid in, sodat die hele geskiedenis (met sy toekoms daarby) daarin saamgevat word.

Hierdie openbaring het dan so gebeur dat die nuwe inkom in die ou wÍreld van onreg en verval. Daarmee word die werklikheid vorentoe getrek in die rigting van God se volstrek nuwe.

Die gewone, logiese denke het ook nie plek vir die werklikheid van die sonde wat die skepping kom versteur het nie. In daardie denke is die sonde gewoonlik ’n negatiewe pool wat die positiewe balanseer. Maar God se nuwe oortref die oue, die sondige bedeling, sodat daar ’n meerwaarde aan die nuwe is. God se nuwe het aangebreek om die versteuring reg te stel, maar op so ’n manier dat dit nie maar net vervloŽ tye herstel nie. Sy ingrype in Christus doen meer as dit. Dit vat ons verder as die werklikheid wat was.

Jy vra dalk: Wat van al die letsels van die oue wat nog aan die nuwe werklikheid kleef?

Om in Jesus Christus te glos, om in die geloof aan Hom verbind te wees, beteken dan dat die ou wÍreld vir jou vernietig is, al smeul die rook nog, al is daar nog baie opruimingswerk. Maar nou is jy opgeneem in die kragveld van die nuwe om uit daardie kragveld te leef en jou energie daaruit te ontvang. Jy kan — saam met die ander volgelinge van Christus — meer van die nuwe wat op pad is, sigbaar maak.

Daarom is dit nie vreemd dat Jesus Homself die weg, die waarheid en die lewe noem nie. Jesus Christus self is die pad, die weg — vorentoe; en omdat die lewe ’n reis is na God se volstrek nuwe toe, is die lewe ’n nuutwordende lewe saam met Hom.

[1] Vgl OAB: Kolossense 2:8
[2] Titel van W van der Berg se boek, 1953
[3] Kolossense 2:3
[4] 1 KorintiŽrs 11:26



terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.