Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Is daar ’n verband tussen liggaam en gees as dit kom by genesing? Is daar nog plek vir die konsep van geloofsgenesing en wonderwerke in vandag se samelewing?

Lees wat sÍ:

  • Kobus Burger (joernalis): “Siekte is ’n leerproses.”
  • Anna-Marie Radloff (dokter): “Soek die regte Huis.”
  • Izak de Vries (skrywer): “Wat is geloof werklik?”
  • Anastasia de Vries (joernalis): “Sommige mense kan instrumente van genesing wees.”

    Siekte kan ’n gawe wees

    Kobus Burger

    Dit voel asof ek ’n messelaai ingesluk het. My maag is soos ’n gitswart kolk van pyn wat my wil insuig. Ek is skaars bewus daarvan dat ek ineengekrul op ’n sypaadjie in ’n besige straat sit. ’n Paar treŽ weg sit my vriende om ’n tafel om ’n vriendin se verjaardag te vier. Ek het skaars begin teug aan ’n glas wyn of my wÍreld het ineengetuimel in ’n ashoop van naarheid, pyn en ongemak.

    Die volgende paar maande bou ek ’n klein koninkryk met die geld wat op doktersbesoeke, pille en strope spandeer word. Dokter nommer een se pille gee my inflammasie, wat dokter nommer twee eers moet regdokter voordat hy die oorsaak van die siekte kan probeer opspoor.

    ’n String hospitaalbesoeke, ure se toetse en sakke vol medisyne later plons ek in dokter nommer drie se stoel neer. Niemand spoor niks op nie, sug ek.

    Sy neem my onder kruisverhoor en stuur my sonder ’n voorskrif, ’n nuwe dieet of pil huis toe. Maar sy stel voor dat ek ’n paar vraelyste gaan invul by ’n universiteit se kliniek wat mense met Prikkelbare Dermsindroom behandel.

    Die daaropvolgende paar weke is dit asof ’n paar swaar gordyne wegskuif vir die openingstoneel van ’n nuwe toneelstuk. By die kliniek kom ek tot die besef dat ek my maag met my eie emosies (asook diť van mense rondom my) vergiftig het. Ek is meer as net ’n liggaam wat met biochemiese reaksies reggedokter kan word. As mens is ek ook energie, siel en gees — ’n fyn netwerk van stelsels wat mekaar voed.

    Meer as vyf jaar later besef ek daagliks meer en meer dat die liggaam as tempel van God nie ’n kleuter is wat met ’n simplistiese antwoord stilgemaak kan word nie. Genesing gebeur nie soos wanneer ’n Goeie Fee haar towerstaffie oor jou swaai nie.

    “Life isn’t supposed to be happy; it’s supposed to be meaningful,” sÍ Belleruth Naparstek.

    Ons lewe kry betekenis wanneer ons dit die minste verwag.

    Siekte is ’n leerproses. Dis nie ’n vloek nie! Nog minder is sonde die oorsaak van siekte. Dis nie ’n straf nie, maar veel eerder ’n seŽning van God wat ons die kans bied om Sy soom aan te raak.

    My persoonlike wil wil hÍ dat ek die pyn of siekte afskud sonder die les. En dis die ego wat jou straf met selfbejammering as die siekte jou eers tref en jy rondtas na antwoorde. In Boeddhisme word daar gesÍ dat die ego die enigste oorsaak is van lyding en probleme — ’n beginsel wat ook geŽggo word in die werk van Eckhart Tolle.

    Ons beperkte intellek en trotse ego begryp God se wil bitter moeilik. Ons bid dat God volgens ons terme en binne ons tydraamwerk moet genees. Maar tyd is ’n illusie, ’n mensgemaakte konsep wat ons vaskluister in die verlede en die toekoms pleks daarvan dat ons in die NOU leef.

    Die NOU beteken dat ons luister. Die liggaam, siel en gees en sy komplekse energie-netwerk praat ’n eenvoudige taal wat ons met stilte en sensitiwiteit kan verstaan. Soos in enige tempel moet jy kan stil word in jou liggaam.

    Siekte is wanneer daar met ’n bekommerde stemtoon aan die voordeur geklop word om te sÍ: daar is fout! Die Godgeskape liggaam het reeds die sleutels tot genesing in hom weggesluit. Wat is die immuniteitstelsel anders as ’n span dapper krygers wat indringers verdryf? Hoekom slaan ons in koors uit? Die liggaam jaag sťlf die temperatuur op sodat die indringers weens die hitte die wyk neem.

    Norman Cousins skryf: “The greatest force in the human body is the natural drive of the body to heal itself, but that force is not independent of the belief system ... everything begins with belief.”

    Enige vorm van genesing — van die dokter se antibiotika tot die visualiseringstegnieke wat deesdae in Suid-Afrikaanse hospitale gebruik word — is soos versterkingsmagte wat ingestuur word om die span krygers by te staan sodat die liggaam sy natuurlike staat van gesondheid kan binnegaan.

    As ons die liggaamstempel bevuil met gifstowwe of toksiese emosies, moet ons noodgedwonge die besem opneem en met hulp en krag van Bo die vuilgoed uitvee. Dis ůns verantwoordelikheid om die liggaam te verstaan, te respekteer en in stand te hou.

    Gebed en meditasie openbaar aan ons God se antwoorde, oplossings en die barmhartige Samaritane wat ons langs die pad optel as die liggaam, siel en gees swaarkry. Dis juis God wat ons bystaan wanneer ons op ons knieŽ gaan en vra om van ons slagoffer-mentaliteit verlos te word wanneer ons nie bereid is om ons afhanklikheid van siekte en selfbejammering te laat vaar nie.

    Die krag van gebed is reeds in talle oorsese wetenskaplike studies (soos uiteengesit in dr Andrew Weil se werk) bewys en maak dit duidelik dat geloofs- en spirituele genesing ’n werklikheid is.

    “Suffering contains a hidden spiritual message. It exists until the message is heard,” skryf dr Deepak Chopra in ’n onlangse artikel.

    Hierdie boodskap waarvan Chopra praat, moet egter nie verkeerd verstaan word as ’n straf nie. Bewuswording of ’n bewustheid van die volmaakte Goddelike liefde wat uit lyding, pyn of siekte kan voortspruit, is waarvoor ons ons ore moet spits.

    In hierdie era van kitskommunikasie moet ’n mens bely dat daar geen kitsresep vir genesing is nie. Ja, ’n pil kan die pyn verlig. Begrip dat jou emosies jou liggaam vergiftig, kan jou hoop gee. Maar die pad na genesing is ’n reis deur selfontdekking, aanvaarding, bewuswording en groei nader aan God en jou liggaamstempel.

    Soren Kierkegaard het gesÍ: “Prayer does not change God, but it changes him who prays.”

    Elke liggaam is uniek en meditasie en penisillien werk dalk vir die een, maar slaag nie vir ’n ander nie. Al wat ek weet, is dat daar hier diep binne my tempel ’n stemmetjie is wat vra dat ek luister.

    Soos die Sufi-digter Rumi dit gestel het: “Don’t turn your head. Keep looking at that bandaged place. That’s where the light enters you.”


    Die soekende diensmaagd

    Anna-Marie Radloff

    Dit het alles begin in my kinderjare waar ek in die Huis van Donder-en-Bliksemstraal geleef het.

    Ek was die dag in ’n mistroostige bui omdat ek so pas ’n groot verlies beleef het. My katjie is weggegee aan die “wasmeid” omdat die dingetjie lelike maniere aangeleer het by die “koppiekatte” (wilde katte op ’n koppie langs ons huis). Lelike maniere is nie in die huis van Donderweer-en-Bliksemstraal geduld nie.

    Ek het myself snikkend in die tuin gaan werp en onder ’n boom gedoen soos ek geleer is om my droewigheid aan te spreek. ’n Gebed verrig wondere, so sÍ hulle. Ek was nog besig met iets in die trant van:

    Liewe Jesus sag en teer
    kyk op hierdie kindjie neer
    Laat my ma en pa ophou baklei
    Stuur my katjie terug
    Maak my oŽ heel sodat ek soos die anner kinders kan sien
    Maak my regs skryf sodat ek soos die anner kinders reg kan skryf
    Ek belowe ek sal dan ophou om ’n tjankbalie, te-groot-vir-my-skoene
    en vol-fiemies te wees
    By Voorbaat Dankie
    Amen.

    Ek het die boom ’n drukkie gegee en skielik uit die bloute stulp daar ’n vrou uit die boom uit. Haar naam was “O-Die-Soekende-Diensmaagd”. Geen woord is gespreek nie, maar ons het gesels. Sy het spesiaal tot hier gereis om my ’n storie te vertel. Dit sou nie my ma-en-pa-ophou-laat-baklei-nie, nie my katjie terugbring nie, nie my oŽ regmaak nie en my nie skielik regs laat skryf nie, maar ek sou verseker ’n minder moeilike kind wees, want dit sou my leer hoe om self aksie te neem en hierdie probleme wat my hart leeg tap, aan te spreek.

    Die geheim is blykbaar in ’n “amazing-technicolour-dreamcoat” wat sy net daar uitruk en aan my oorhandig. Die jas het oneindigende hoeveelhede sakkies gehad, want as ek al my probleme wil oplos en begeertes wil hÍ, gaan ek moet stap en soek in vreemde plekke waar ek goed vir die sakkies sal vind. Die dag as die jas se sakkies vol is, is die dag wat ek my leemte gevul het en dan sal ek weet wat om verder te doen.

    O-Die-Soekende-Diensmaagd (afgekort ODSDM) het my gewaarsku dat dit haar haar hele lewe lank gevat het om hierdie taak af te handel en sy is nog steeds nie klaar nie. Maar sy voel al hoe beter, is baie minder ’n tjankbalie, nie meer so groot vir haar skoene nie en het ook minder fiemies. Voorwaarlik iets om na uit te sien.

    Nou ja, die ODSDM-sage gaan min of meer so Ö

    O-Die-Soekende-Diensmaagd (ODSDM) het op haar bed gelÍ o so moeg van al die gesoek na die sin van die lewe, maar helaas, dit het haar aanhou ontwyk.

    Sy het wyd en syd oor “Planet Worth” gereis, maar tevergeefs. Die leegheid het haar steeds oorval. Die diensmaagd het wel ’n plan gehad aangesien sy altyd alles probeer ontsyfer het op soek na antwoorde; sy sou ’n kopiť kry van die “Best Bed-and-Breakfast Collection Portfolio” op Planet Worth en hulle een vir een besoek. (Deur haar op sigself met hierdie aktiwiteit besig te hou, sou in elk geval haar leemtes vul en dus betekenisvolheid verleen aan haar ronddwalinge wat nou in die vorm van ’n missie is, maar dit het sy nie toe al besef nie.)

    Die Huis van Donderweer-en-Bliksemstraal was die naaste en goedkoopste. ODSDM het hier in haar boekie aangeteken hoe sy nie wil wees nie, deur middel van daaglikse observasie van haar rolmodelle. Eendag het ’n groot tornado uit al die negatiewe energievloei gevorm en ODSDM het met die klere aan haar lyf, ’n blikkie met foto’s en ander “junk” en haar swart boekie daarvan afgekom.

    Sy het probeer vlug na die Huis van Preke, maar die onvriendelike atmosfeer, die belaglike dragkode en die verpligte aanleer van honderde reŽls en regulasies oor wie is OK en wie is nie OK nie, het haar leemte en begeerte na liefde en betekenis net vererger. (Ek bedoel, tossels aan togas, wat eerder aan klein, eina, swart deurskynende nagrokkies behoort te hang, is net te makaber vir woorde!)

    Sy het die blikkie gefynkam en op ’n treinkaartjie na die Huis van Wysheid (meer bekend as Die Akademie) afgekom. Almal, selfs die singende Briel-susters met hul treffer “Trein na Pretoria”, was van mening dat hierdie Huis al die antwoorde voorgehou het. Sy het in elke kamer in die huis gaan soek, met ’n haarnaaald deur alles gesnuffel, al het dit haar jare geneem, want sy was oortuig dat die betekenisvolheid hier sou wees.

    Maar o, helaas, die teleurstelling het haar met weemoed vervul; al die wyse manne wat hulleself as wyse manne geklee het was nie wys nie; dit was alles ’n illusie. Dit was duidelik dat in hierdie huis daar geen sleutels tot die sin in die lewe was nie.

    Al die kennis wat sy kon bymekaarskraap, het sy in haar sakke gedruk in die hoop dat dit eendag handig te pas sal kom. Alles was toe nie verniet nie.

    Toe het sy by die Huis van Diens besoek afgelÍ, want die kamers in die eerste huis het vir haar gefluister dat saam met die wysheid wat sy verkry het, sy in die volgende huis die betekenis sou kry. Die Huis van Diens het haar met ope arms verwelkom en sy het bly geword want sy het nie meer nutteloos gevoel nie. Die diensmaagd het dag en nag gedien, maar in elke volgende kamer was daar net meer en meer om te doen en die kamers was oneindig in hoeveelheid. Die huis het, hoe meer sy gedien het, haar net meer gegee om te doen, en uiteindelik ’n vet kans gevat toe sy te moeg was om meer reguit te dink, en haar beveel om die wÍreld op haar skouers te dra en heel te maak anders sou sy as nutteloos geklassifiseer word.

    Die diensmaagd was baie moeg teen hierdie tyd, maar sy het probeer, want sy wou nie so nutteloos voel nie, totdat sy per ongeluk so met die skoonmaak die wÍreld uit haar hande laat glip het. Dit het in skerwe op die grond gespat en die huis het baie ergerlik haar betig oor haar onvermoŽ.

    Die diensmaagd het toe moedeloos haar tassie gepak en die huis verlaat verder op soek na die sin van die lewe met haar stukkende lyf en haar sakke vol van trane, glasskerwe en curriculum vitaes.

    Sonder om te dink en al strompelende eindig sy op in die Huis van Eros (oftwel huis van FotokopiŽring). Sy het eers gedink hierdie is die laaste huis; die einde waar alles rustig is. Maar o wee, min het sy geweet dat dit eintlik ook die Huis van die Voorvadergeeste was. Die spieŽls in die huis het haar gewys hoe menslike selle ’n kollektiewe geheue het, met voorbeelde. ’n Man met ’n hongerte na ’n vaderfiguur dra dit oor van geslag tot geslag. ’n Kind wat as betekenisloos geag is, sal die res van haar lewe betekenisloosheid probeer oorwin maar tegelykertyd nastreef want dis al beeld wat sy van haarself het. Sy het besef dat die Huis van Voorvadergeeste oftewel FotokopiŽring ongelukkig die Huis van Eros geÔnfiltreer het nŠ jare se agterstallige liassering .

    Die huis van Eros vasgeketting in die kelder het aan haar gefluister dat die Huis van Hoor hulle almal kan red.

    Die diensmaagd het haar na die Huis van Hoor gehaas. Die Huis van Hoor was inisieel baie behulpsaam en het haar in ’n kristalbal gewys dat die geheim van betekenis in die wÍreld se stem toegesluit is. In elke kamer was ’n ander stem en elke stem het sy eie koningskap aangekondig.

    Maar nie een van hierdie stemme het haar lewe sin gegee nie. Hulle was almal ’n illusie en het hulle onderdane vir alles gestraf en alles vir hulleself gehou.

    Die laaste kamer fluister toe in die geheim vir haar dat hier ’n stem is geleen vanuit die Huis van Psyche om die Huis van Hoor se besoekergetalle te verbeter (die Hoorhuis het net al hoe swakker gevaar in gewildheid, sien).

    Die diensmaagd het verbaas geluister toe sy die geleende stem van die Huis van Psyche hoor, want hierdie stem was mooi en het allerhande wyshede in haar oor gefluister. Dit het die diensmaagd skielik heel laat voel en het sy die kamer gevra waar sy hierdie stem kan vind. Sy moes na die top van die hoogste berg gaan en wag. Die stem sal sy aan die foto in haar blikkie uitken.

    Net toe sy amper bo is, gly haar voet en haar jas skeur van haar lyf af. ODSDM klou aan haar blikkie vas, want dis tog nou al wat sy het na haar lewenslange soektog na betekenis.

    Skielik praat die stem waarna sy soek vanuit die blikkie. Toe sy dit oopmaak, lÍ daar net ’n foto van haarself en sy besef die geleende stem waarna sy op soek was, was toe al die tyd haar eie.

    Die stem gebied haar om deur haar vrees en trane op te kyk, want alles is nie verlore nie. Oral waar sy kyk, sien sy die sakke van haar amazing technicolour dreamcoat omgedop met die inhoud rondgestrooi. Soos ’n groot legkaart lÍ dit daar en hoe meer sy kyk hoe meer sien sy ’n prent wat sin maak. Dit was ’n prent van die Boom van die Lewe en dit was sy.

    Die diensmaagd het baie meer vrede en volheid in haar hart begin voel, Uiteindelik het die diensmaagd besef dat deur ook net ’n mens te wees wat groei tot ’n boom van Lewe kan sy andere soos sy meer sin in die lewe gee deur hulle te help om hulle eie amazing technicolour dreamcoats te ontwerp en vol te maak.

    ODSDM het die groot geheim tot genesing gevind: Geloof in haarself. Alle blare heel in samewerking en mede-erkenning

  • Ns. Ek dra deesdae kontaklense, skryf nog steeds linkshandig, is te groot vir my skoene, vol fiemies en ’n moeilike mens, maar dit pla my nie eintlik meer nie. So dis OK.

    Jou geloof het jou genees

    Izak de Vries

  • Dit maak nie saak hoe sterk jou geloof is nie, dit help om nie babas te verkrag nie.
  • Dit maak nie saak hoe sterk jou geloof is nie, dit help nie om op die vliegtuig na Lagos te klim vir ’n paar Amerikaanse Hallelujas nie.
  • Dit maak nie saak hoe sterk Thabo Mbeki se geloof in sy wacky websites is nie, mense gaan dood weens die gevolge van die MI-virus.
  • Dit maak nie saak hoe sterk Manto se karakter is nie, empiriese bewyse is beskikbaar dat antiretrovirale middels mense wat nie kan loop nie, weer na hulle werk terugstuur.

    Geloof is dus baie moeilik om te definieer en ek dink dis besonder onnosel om “geloof” — sy dit filosofies of godsdienstig — as borsweer teen die empiriese te probeer opstel.

    Vee ek dus geloofsgenesing van die tafel af?

    Nee.

    Ek glo wel dat dominees wat geld maak uit geloofsgenesing-toere per tent, karavaan, lorrie of vliegtuig, krimineel vervolg moet word. Kla hulle aan van bedrog en sluit hulle toe. Kyk of hulle geloof sterker is as die roede van die 28’s.

    Kras hŤ? Sies vir jou, Sakkie.

    Maar wat het Jesus geleer? Het hy ooit baniere opgesit en geld gemaak uit “wonderbaarlike genesings”? Het hy ooit kleitablette versprei waarop staan: “Kom ontmoet die man wat dooies uit die graf laat loop het!” Daar het nooit slawe voor hom uit gehardloop wat belowe dat blindes sal sien, kreupeles sal loop en melaatses gesond sal word nie. “Jou geloof het jou gered.” Dis al wat hy gesÍ het.

    “Jou geloof het jou gered.”

    Matteus noem dit een maal (Matt. 9:22), Markus twee maal (Mark. 5:34; 10:52) en Lukas vier maal (Luk. 7:50; 8:48; 17:19; 18:42).

    “Jou geloof het jou gered.”

    Dis interessant, nie waar nie? Jesus lÍ die rede vir hulle genesing nie by homself nie, maar wel by die mense wat gesond geword het. Dit was die mense self wat, as ’n mens die tekste sou glo, die genesing gewil het.

    Goed. Ek kan nie namens die Koran of die Tora gelyke tekste uitlig nie. Ek ken gewoon nie daardie gelowe se skrifte nie. Ek het al gelees oor karmas, maar die Oosterse filosofieŽ is my ook nie ter harte nie.

    Ek kan ook nie voorgee dat ek die Bybel as die onfeilbare, waaragtige woord van God aanvaar nie. Die feit is egter dat dit die woorde is waarop verskriklik baie mense hulle geloof vestig. Daarom begin ek by die Bybel, want selfs vir ateÔste is dit interessant dat juis Lukas, wat skynbaar ’n mediese agtergrond had, die een is wat vier verskillende siektes se genesing toeskryf aan die woorde “Jou geloof het jou gered.” Dit was die geneesdes, en nie die “geneser” nie, se geloof wat geprys word.

    Is dit steeds relevant?

    Recently I came across a very interesting review article which had 77 references examining the relationships between religious commitment and mental and physical health. It was clear from the research that an active ‘religious commitment’ was beneficial for preventing mental or physical illness, improving recovery and enhancing the ability to cope with illness, although different people might define religiosity in different ways.
    (Dr Craig Hassed, New Frontiers in Medicine: The body as the shadow of the soul, Melbourne, Hill of Content, p 77.)

    Hoekom slag ons broers en susters steeds bokke en skape as hulle tot die voormense bid? Dit is ’n geloofsdaad waartydens die siektes van die gees genees kan word. Saam met die gees word die liggaam gereinig.

    Hoekom is daar in Kanada soveel mense wat deelneem aan reinigingsrituele? Ja, wit mense met top poste klim daar oor naweke uit hulle kispakke en word deel van rituele wat al duisende jare lank deur die oorspronklike Kanadese gehuldig word. Hoekom? Hierdie yuppies en direkteure se eie gemoedere is ligter nŠ sulke geloofsrituele, daarom kan hulle ook weer positiewe bydraes gaan maak in hulle korporatiewe tempels.

    Hoekom het Konoinia etes gereŽl hier ter lande terwyl PW se vinger gesidder het? Want geloof in die ander as mens het uiteindelik gemaak dat die kanker van wit arrogansie gesterf het.

    As die siel/gees/verstand siek is, kan die liggaam nie gesond wees nie.

    Ek is baie skepties oor boeke soos Why people don’t heal and how they can deur Caroline Myss, PhD. Sy het egter baie lesers al gehelp om te glo. En geloof, ja, dit kan help. Jy kan hoeveel pille sluk, jy kan die duurste middels in die apteek gaan koop ... as jy nie wil gesond word nie, kan jy dit vergeet.

    Op dieselfde wyse het sogenaamde profete al mense gehelp om te glo nadat daar vir hulle gebid is.

    Geloof is ’n vreemde ding. Ek ken ’n mediese praktisyn met ’n praktyk in ’n baie klein dorpie hier buite die Kaap wat hoog en laag sweer by die sogenaamde geloofsgeneser TB Joshua. Sy was daar. Sy glo hy het haar gehelp, al erken sy dat hy haar nie kon genees nie.

    Geen ritueel, geloof, mantra of gebed sal jou genees as die liggaam werklik siek is nie. In haar boek Shadow in Tiger Country beskryf Louise Arthur hoe magteloos kwaad sy geword het as mense met dom religieuse antwoorde die erns van haar kanker probeer onderspeel het. Of soos dr Hassed, wat ek hierbo aangehaal het, sÍ: Daar is baie berigte in die pers oor ouers wat eers alle religieuse roetes probeer en dan, te laat, tog maar na die dokter hardloop. Ons sien dit in Suid-Afrika ook. Mense sal dikwels eers die geloofsroete gaan en dan, wanneer daar nie meer hoop is nie, die dokter gaan opklop. Juis om diť rede daar word tans wonderlike werk gedoen in baie dele van ons land waar dokters mense na inyangas of pastorale raadgewers sal verwys as deel van ’n holistiese benadering tot gesondheid. As quid pro quo sal die nyangas weer mense met sekere siektes na die dokter stuur en nie inmeng met hulle mediese behandeling nie.

    Maar wat is die punt? Hoekom gesels ons hieroor? In plein Afrikaans: So what? Ek glo nogal dat geloof meer met jou alledaagse bestaan te doen het as ’n eendag-ver-hiervandaan. In my onkunde soek ek dus praktiese voorbeelde van mense se geloof.

    Ons geagte president is doodreg as hy sÍ medisyne is nie die enigste antwoord vir Suid-Afrika se Vigs-probleem nie. Oor baie Vigs-kwessies is hy gewoon verkeerd, maar luister mooi na van sy argumente oor armoede. Vra dan aan jouself: Kan ons onsself red as ons sou glo?

    Ek verklaar myself hier in die openbaar bereid om twee persent ekstra belasting te betaal mits daardie geld in ’n fonds geplaas word wat direk — ek sÍ direk — sal gaan na honger magies. Ek glo vas dat ons ’n “dole” moet hÍ in Suid-Afrika. Kom ons gaan verder: Ek is bereid om vyf persent meer te betaal as dit waaragtig ’n verskil gaan maak en nie direk in na die Wabenzi’s se lewenstyle sal gaan nie.

    Ja, ek praat geld, maar dis deel van geloof, nie waar nie?

    Ek is ook bereid om een aand per maand te gaan wag staan in ’n township — mits dit werklik ’n verskil sal maak aan die geweld en verkragtings in daardie gebied.

    Wat het dit te doen met geloofsgenesing, Izak?

    Daar is ’n klein scťne in die wonderlike Italiaanse film Le Fate Ignoranti (of dan Ignorant Fairies hier in Suid-Afrika) waar die jong man wat gelÍ en wag het op die dood, skielik besluit om te leef en dan sy antiretrovirale medisyne begin drink. Vanaf ’n asemhalingsmasjien is hy skielik weer uit die bed en deel van die groep. My gevoel was dat ek wou protesteer: Iemand wat al so siek was, sal tog nie so wonderbaarlik kan herstel nie? InderdŠŠd, kom dit toe van my slimkop, mediese vroulief af. Ons sien dit gereeld ...

    Dit was daardie outjie se geloof in die lewe wat gemaak het dat hy wou leef. Waar hy aanvanklik die medisyne geweier het, was daar nou hoop (kyk die fliek, dan sal julle sien hoekom). Diť navorsingsveld, waar gekyk word na die wyse waarop jou gemoedstoestand jou immuunsisteem beÔnvloed, noem dokters psigoneuro-immunologie of “mind body medicine”.

    Dalk moet Suid-Afrika se gelowiges weer begin glo in hierdie land. Dalk moet gelowige mense weer uit hulle kerke kom en aktief ’n bydrae begin maak in hulle gemeenskappe. Plaas druk op die regering — dis nodig — maar ondersteun ook, maak ook jou hand, nie net jou mond nie, oop.

    Hoekom dink julle glo die buiteland nie Suid-Afrika is ’n goeie belegging nie? Want Suid-Afrikaners glo dit self nie. As Suid-Afrikaners nie bereid is om te glo in hierdie land nie, hoekom moet die buitelanders dan?

    Ons land is siek. Tot die dood en verkragting van duisende per jaar toe.

    Geloof in die buitelandse beleggers alleen gaan nie die land omkeer nie, maar as elkeen iets begin bydra tot die heropbou van hierdie land, sal nie eens onbesonne uitsprake van die regering die buitelanders kan weghou nie. Geloof alleen kan die empiriese feite nie wegredeneer nie, maar geloof in aksie kan iets begin doen daaraan.

    Diegene wat Jesus se woorde ter harte neem, kan dan verseker wees: Ons geloof kan ons genees.

    Geloofsgenesing in die Katolieke kerk

    Anastasia de Vries

    “Wonderwerke is verbysterend, maar eenvoudig — eenvoudig omdat dit ’n wonderwerk is. Die aard van ’n wonderwerk is misterieus, maar die wyse waarop dit geskied, eenvoudig.”

    Diť aanhaling van GK Chesterton is volgens vader Gavin Atkins van die Sint Josef-gemeente in Eersterust, Pretoria, ’n raak beskrywing van geloofsgenesing of goddelike genesing in die Katolieke kerk.

    Wonderwerke is onlosmaaklik deel van die Katolieke geloofsbelewing, en word onder meer bevestig in die tradisie van heiliges wat met buitengewone gawes geseŽn is en by God voorspraak kan doen vir fisieke genesing.

    Hierby is die sewe sakramente in die Katolieke liturgie spesifieke draers van God se genade en daarom besondere kanale vir Sy genesing.

    Hoewel al die sakramente genadegawes is en daarom genesing kan bring, word veral drie regstreeks met genesing verbind: Salwing van die Siekes, die Heilige Eucharistie en die sakrament van Versoening (eens bekend as die Bieg).

    Sedert die Tweede Vatikaanse Konsilie en die hernuwing van die liturgie is ook die bediening van goddelike genesing hernu. Waar salwing voorheen die sakrament van die Laaste Oliesel vir sterwende mense was, word dit sedertdien gewy aan genesing.

    In sy nuwe sakramentele vorm is salwing ’n gebedsviering vir die gemeenskap, en veral diegene met belang by die sieke. Gewyde olie word onder gebed op veral die voorkop en hande ingevryf om die sieke te versterk en te genees.

    Diť rite herinner aan hande-oplegging, weliswaar meer kontemplatief vanweŽ sy sakramentele verankering, maar gerig op die genesing van die totale mens, en nie net op vergifnis as die begin van geestelike genesing nie.

    “Menslike aanraking is onontbeerlik in goddelike genesing — dit is van die genades in die viering van die sakramente: meelewing,” sÍ vader Gavin.

    Soos die sakrament van Versoening meer die genesende krag en genade van God beklemtoon as die mens se belydenis en berou. Dit skep ’n ruimte waarbinne een mens ’n ander kan vertrou met sy gebrokenheid en lyding en hulle twee saam kan bid om innerlike genesing of die verlossing van kwaad.

    Wanneer Christus in die Heilige Eucharistie in die vorm van brood ontvang word, dra die gebede die geloof dat Jesus net die woord hoef te spreek en die mens kan ook deur diť sakrament “verlos word van die kwaad, bevry van sonde en geestelik en fisiek genees word”.

    Genesing in die Katolieke kerk het eeue lank binne ’n kontemplatiewe dimensie bestaan, maar die vernuwing van die liturgie het, naas die sakramentele, ’n oplewing van die charismatiese beweging gebring met die klem op sola scriptura (alleen die Skrif) en sola fide (alleen geloof).

    Volgens vader Gavin het diť herlewing goddelike genesing die ruimte gegee om Jesus en sy dissipels in die Skrif na te volg. Jesus het die siekes aangeraak, en toe Thomas sy hande in Jesus se wonde sit, is hy genees.

    Watter benadering die geloofsgeneser ook kies, hy of sy moet onthou genesing geskied na die wil van God, en dat die sieke moet weet wat sy bede is: genesing of verlossing?

    Daarom het onderskeiding (discernment) ’n belangrike plek in genesing en geloof, sÍ hy, want as die geloofgeneser universele wette voorhou op grond van bepaalde wonderwerke, maak hy (wederregtelik) van genade ’n wet. Want beteken dit as jy bid dat iemand in ’n rystoel weer moet loop, en dit gebeur nie, dat sy geloof swak is?

    “Iemand met ’n bediening van goddelike genesing moet daarteen waak dat sy gawe wat vertroosting moet help bring, nie deur sy goeie, maar dalk onwyse bedoelings, ’n bediening van verwonding en veroordeling word nie.”

    Daarom, sÍ hy, word goddelike genesing in die Katolieke erk in groot mate deur die kerkleer gerig sodat geloofgenesers in diť geloofstradisie nie hulself verhef bo dit wat hulle in God se hand is nie: ’n instrument. Genesing geskied uit God se genade, en nie vanweŽ die wilskrag van ’n bepaalde mens nie.

    “Elke mens kan om genesing bid en wonderwerke gebeur daagliks. Goddelike genesing is ’n genadegawe uit die Vader se hand uit.”

    Die term “geloofsgeneser” moet volgens hom om diť rede met groter omsigtigheid aangewend word, veral omdat dŪt die klem te veel op die mens plaas, asof diť mens iets besit wat hy na willekeur aan en af kan skakel.

    Die geloofsgeneser is slegs ’n instrument in God se hand en sy gawe onderhewig aan God se genade, sÍ hy.

    Die Katolieke kerkleer erken dat sommige mense geseŽn word met die gawe van genesing, maar het ook ’n verantwoordelikheid om haar geloofsgenesers van eiewaan te behoed. En daarom praat Katolieke ook eerder van goddelike genesing (divine healing) as geloofsgenesing (faith healing).

    Of daar plek vir ’n geloofgeneser soos profeet TB Joshua in die Katolieke kerk is? Ja, sÍ hy, soos aartsbiskop Milingo van ZambiŽ wat buite die Katolieke kerk bekend geword het vir goddelike genesing in die charismatiese tradisie, maar later meer bekend om sy huwelik teen die kerkleer in. En dan is daar die Ierse non suster Bridget McKenna wie se bediening hoofsaaklik sakramenteel van aard is. Soveel geloofsgenesers, soveel benaderings, sÍ hy. Charismaties of sakramenteel.

    Vir sommige ’n paradoksale bediening, maar een wat misterie (genade) adem en hom daarom nie aan oorvereenvoudigings laat onderwerp nie. Daarom, sÍ vader Gavin, as God jou vir Sy wonderwerke gebruik, is dit menslik om te begin glo dat een benadering of tegniek wat een of twee wonderwerke laat gebeur het, die manier geword het waarop God se genade beheer kan word.

    “Maar God laat hom nie raam deur ons beperkings nie. Soms as ons in ons swakheid en met diep geloof om genesing bid, seŽn God ons oorvloedig, selfs verby die krag van ons geloof. Verbysterend.”

    to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.