Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Wie met trane saai ...

Willie van Heerden

Departement Ou Testament, Unisa

Het jy al die ondervinding gehad dat iets wat met jou gebeur, maak dat jy vars na ’n bekende Bybelgedeelte kyk? Het jy toe vir jouself gevra hoekom daardie gedeelte ewe skielik vir jou betekenis gekry het, al het die Bybelwoorde dieselfde gebly?

Psalm 126:5 is ’n versie wat ek van kleins af uit my kop geken het:

    Wie met trane saai, sal die oes met gejuig inbring.

Die versie wat daarop volg, moet ek eintlik ook aanhaal:

    Al loop hy en huil terwyl hy die saaisak dra, hy kom juigend terug terwyl hy sy gerwe dra.

Daar is al heelwat goeie verklarings van hierdie psalm en veral van hierdie beeld van die saaier in saaityd gegee. Party mense reken dit gaan oor die slegte dinge wat God se volk oorgekom het en die hoop op ’n beter toekoms vir hulle. Ander sÍ dit gaan oor die moeite wat met getuienis vir die evangelie gepaard gaan en die blydskap oor mense wat hulle bekeer. Daar is ook mense wat die psalm verklaar aan die hand van die gelykenis van die saaier in Matteus 13.

Dit maak nie saak watter verklaring ons kies nie, ek het steeds gewonder hoekom mense huil as dit planttyd is.

In die wÍreld waar my pa op ’n plaas grootgeword het, is planttyd ’n tyd wat die mielieboere met groot verwagting inwag. In daardie week of twee dreun die trekkers op die land. Die boer en almal wat hom help plant, droog gewis sweet af, maar nie trane nie. Hulle word lekker moeg op die land, maar dit vee nie die glimlag van verwagting van hulle gesigte af nie. As die oes later misluk, voel boere soms of hulle kan huil, maar ek het hulle nog nie gesien huil as dit nog planttyd is nie.

En toe hoor ek die storie van ’n sendeling in Wes-Afrika.

Del Tarr, ’n Amerikaner, het vir ’n klompie jare op die groot Sahel-vlakte net suid van die Sahara saam met mense van Wes-Afrika gewoon. Daar reŽn dit maar min en al die reŽn val in die bestek van minder as vier maande. Tussen September en Mei reŽn dit nie. Hy vertel dat oestyd in daardie deel van die wÍreld met buitengewone vrolikheid gepaard gaan. Van Oktober tot Desember eet die mense twee groot maaltye wat hoofsaaklik uit ’n soort pap bestaan.

So van Januarie af word die twee maaltye kleiner. Baie families moet in Februarie drastiese aanpassings begin maak. Om te keer dat hulle kos voor die volgende oestyd opraak, beperk hulle hulle van dan af tot net een ete per dag, so teen sononder. April en Mei is die hartseermaande. Die een maaltyd is later niks meer as ’n flentertjie afgewaterde kos nie. Hier en daar raak families se kos heeltemal op. Slaaptyd hoor jy hoe die babatjies en kinders kerm. Mense begin van hulle besittings verkwansel om kos in die hande te kry. Daar is nie meer sprake van Oktober se vrolikheid nie.

’n Seuntjie kom by sy pa aangehardloop, beskryf Tarr. Die seuntjie roep opgewonde: “Pa, Pa, ons hťt nog graan! Vat dit gou vir Ma dat sy vir ons kos kan maak, dan sal ons magies vannag stil wees.”

Die pa vra: “Seun, waar het jy die graan gekry?”

“In daardie hutjie net langs die beeskraal. Daar het ek ’n leersak gekry en dit het graan in!” sÍ die knapie steeds opgewonde.

Die pa moet dan vir die seun verduidelik dat dit die plek is waar hulle die pitte vir volgende jaar se oes bÍre. Ja, dit behoort aan hulle, maar hulle kan dit nie eet nie. Dit is hulle enigste hoop teen ’n gewisse hongerdood. Die pa het nog die hele tyd hierdie sak met pitte in sy agterkop gehad toe hy sy kinders se magies sien swel het van wanvoeding.

En toe kom die eerste reŽn weer in Mei. Die harde, gebarste aarde word sag en die mense begin ploeg. Die hele familie sak in hulle verswakte toestand op die lande toe en maak dit mooi skoon. En dan vat die pa daardie leersak en begrawe die pitte in die grond — dit waarna hulle liggame smag. Almal huil. Hulle weet oestyd is nog ver. As hulle dit maar net kon eet ... Hulle het egter geloof in die oes wat kom.

En toe preek een van Wes-Afrika se dominees oor hierdie teks en hy sÍ: “Tensy jy en ek daarvoor kans sien om iets waardevols, wat ons eie is (waarmee ons dus kan maak wat ons wil), in ’n goeie saak te ’plant’ of te ’belÍ’, verstaan ons nog nie hierdie gedeelte in die Bybel nie. As ons nog nooit gehuil het oor iets wat vir ons baie kosbaar is nie, het ons nog nie met trane gesaai nie.”

Nou kan ek my beter voorstel hoe iemand met trane saai. En meer nog. Ek dink ek verstaan ’n bietjie meer van hoe Bybelwoorde regtig betekenis kry. Die betekenis van ’n teks is nie ’n saadjie wat jy net hoef oop te krap en te “vind” nie. Betekenis kom tot stand wanneer Bybelwoorde en my leefwÍreld en diť van die Bybelskrywers, en patrone wat reeds in my gedagtes vorm aangeneem het, en nog ander dinge, met mekaar aan die praat raak.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.