Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

’n Rivier, nie ’n monument nie

Gerrie Lubbe

Gerrie Lubbe is professor in Godsdienswetenskap aan UNISA asook die leraar van die Lenasia-gemeente in Johannesburg.

Iemand het gesÍ dat wanneer ’n mens aan die godsdienste van die wÍreld dink, ’n mens eerder aan riviere as aan monumente moet dink. Riviere is immers aan die beweeg, monumente is vas en staties.

Presies so voel ek oor my eie geloofservaring. Dit is ’n rivier wat vloei, wat swenk en swaai en bruis; wat soms stadig en rustig vloei en soms stroomversnellings inhou. En as ek dan aan my geloofservaring ’n naam moet gee, wat sal ek dit noem? Ek dink ek sal dit noem: Jesus die Mens, want sien, die mens Jesus gryp my aan! En hierdie ervaring met Hom leer my om te groei en te ontdek; dit is alles behalwe staties.

Ek het geen moeite om die tradisionele uitsprake oor Jesus te onderskryf nie. Om dit in die taal van die Kategismus te sÍ: Ek behoort, met liggaam en siel, in lewe en in sterwe, nie aan myself nie, maar aan my getroue Saligmaker Jesus Christus. So glo ek.

Maar na ek dit alles gesÍ het, wil ek met nadruk herhaal: Die mens Jesus gryp my aan!

Dit is hierdie Mens wat my geroep het om nee te sÍ vir sosiale ongeregtigheid in ons samelewing en dit is nie sy skuld dat my bydrae tot die “struggle” dalk effentjies, sporadies en sleepvoetend was nie. Dit is hierdie Mens wat my geleer het dat my naaste dalk anders glo as wat ek glo. Eers was dit net Moslems en Hindoes wat my pad gekruis het, maar later het Jode, Boeddhiste, Sikhs en BahaÔste bygekom. Hy het my ook geleer dat iemand nie in iets of iemand hoef te glo om as my naaste te kwalifiseer nie.

Dat wat hierbo staan, nie rasend oorspronklik is nie, is ek maar te bewus van. Die sogenaamde holistiese benadering tot Christenskap is lankal nie meer nuut nie en persoonlike kontak met mense van ander godsdienste word toenemend deel van ons bestaan. En tog, vir my om tot hier te kom, het ’n lang leerproses behels. Daar was dinge wat ek moes afleer en ander wat ek moes aanleer. Dis veral oor dit wat ek moes aanleer dat ek hier wil handel.

Op ’n reŽnerig dag aan die einde van 1970 het ek en twee jong koerantverslaggewers in my motor by ’n vulstasie in Lenasia gesit en gesels. Ons het pas die ervaring gehad om deur modderslote te ploeg wat eintlik veronderstel was om strate te wees. Lenasia het toe reeds meer as tien jaar bestaan en tog was die strate in so ’n haglike toestand dat dit met die geringste reŽnbui in ’n pappery van modder verander het. Ten einde raad het mense dan op die sypaadjies gery waar die grond ’n bietjie meer stabiel was. Dit het egter weer gevare vir voetgangers ingehou. Dit het my totaal dwars in die krop gesteek dat mense noodgedwonge onder sulke omstandighede moes woon en ek het gevoel dat die breŽr publiek van Johannesburg daarvan kennis moes dra. Die Rand Daily Mail het op my versoek gereageer en twee jongmense uitgestuur om ’n storie daarvan te maak.

Gedurende ons gesprek het daar twee vrae opgeduik waarmee ek, nie altyd so bewustelik nie, aan’t worstel was, en wat daardie dag na die oppervlak gekom het. Een van die verslaggewers het aan my gevra hoe dit gekom het dat ek, ’n Afrikaanse dominee, besorgd geraak het oor slegte paaie in ’n gebied waar ek, in terme van die destydse Groepsgebiedewet, in elk geval nie toegelaat was om te woon nie. Die tweede vraag was wat ek hoegenaamd in Lenasia gesoek het, want daar is mos moskees en tempels en die mense het mos die Koran en die Bhagavadgita wat vir hulle tot rigsnoer en leiding kon dien, en per slot van sake is alle godsdienste tog maar dieselfde.

In antwoord op die eerste vraag het ek probeer sÍ dat ek nie die Blye Boodskap aan mense mag bring as ek nie bereid was om by hulle bestaansnood betrokke te raak nie. Vir my was dit vantevore nie ’n vanselfsprekendheid nie, want in die oŽ van die NG Kerk van wie ek vir my salaris afhanklik was, en seker ook in my eie oŽ, was ek ’n sendeling. Indien sosiale betrokkenheid en weerstand teen sosiale ongeregtigheid deel van my teologiese kursus uitgemaak het, dan het ek seker daardie lesings misgeloop. My taak was om geestelik na mense om te sien. Punt. Enige ander benadering sou onder verdenking kom as synde deel van die sogenaamde “social Gospel” waarteen ons tydig en ontydig gewaarsku is.

In antwoord op die tweede vraag het ek probeer verduidelik dat ek daar is omdat ek glo dat Jesus mens geword het. Die Woord het mens geword en onder ons kom woon — Johannes 1:14. Tot op daardie stadium het ek dit dalk nie presies so ervaar nie, al het ek dit van harte onderskryf. Algaande het die besef van die menswording van Jesus egter vir my in intensiteit begin toeneem. Die bemoeienis wat God in Jesus met ons kom maak het, het vir my baie belangrik begin word — ’n raison d’Ítre in die ware sin van die woord.

Sonder dat hulle daarvan bewus was, het my twee jong koerantvriende daardie dag dit vir my duidelik gemaak dat die lyne wat toe reeds sterk onderstrominge in my lewe was, nou bymekaar gekom het en saam begin vloei het. Ek het met sekerheid geweet dat die Here my in Lenasia wou hÍ en ek was deeglik bewus van die roeping om die Goeie Nuus oor Jesus te deel met elkeen wat Hy my pad sou laat kruis. En tog was my sosiale bewussyn reeds so groot dat ek geweet het dat ek die essensie van die Evangelie sou verloŽn as ek die maatskaplike welsyn van die mense aan wie ek die Woord bring, as minder belangrik sou beskou. Die feit dat Jesus besorgd was oor alle aspekte van ons menswees het op my begin groei en ek het begin besef dat ek nie ’n sendeling was nie, maar ’n herder wie se verantwoordelikheid dit was om mense in hulle totaliteit raak te sien en by te staan.

Dat hierdie holistiese benadering die weg van die meeste weerstand was en dat dit ’n pad was sonder einde, het ek begin besef. My kampanje oor die modderstrate van Lenasia het my oŽ oopgemaak vir die behuisingsnood, vir die gebrek aan ’n polisiestasie, vir die gebrek aan hospitaalgeriewe, vir ’n betroubare busdiens na en van Johannesburg se middestad. Langsamerhand het ek begin besef dat al sou ek die onmoontlike kon vermag, naamlik om manalleen hierdie probleme uit die weg te ruim, dan was ek maar net nog met die simptome van die eintlike siekte besig. Ek was besig om die kettings aan my mense se hande en voete goud te probeer verf. Die probleem was apartheid. Dit was waarom my medemense in Lenasia gesit het waar hulle sit, al was dit, in die geval van sommige, in luukse huise.

Die ideologie van apart wees en apart bly en apart skoolgaan en apart siek word en ja, ook apart doodgaan, was verantwoordelik vir my mense se ontworteling uit Doornfontein, Fordsburg en Vrededorp. Dit was apartheid in die gestalte van die Groepsgebiedewet, die Wet op Afsonderlike Geriewe, die Wet op Gemengde Huwelike, die Ontugwet, ensovoorts, ensovoorts, wat hier aan die werk was. En net om my te laat besef dat ek nie die toeskouer van toevallige armoede en finansiŽle nood was nie, het ek die kille werklikheid van “staatsveiligheid” begin ervaar. Ek het mense begin ontmoet wat slagoffers van hierdie demoniese stelsel met die mooi naam geword het. Ek het mense leer ken van wie geliefdes in aanhouding was. Ek het mense ontmoet wat van Robben-eiland af terug gekom het. Ek is ’n hele paar keer vriendelik daarop gewys dat ek my tog maar net by die verkondiging van die Evangelie moes bepaal.

Terwyl ek van apartheid praat, kan ek nie anders nie as om hulde te bring aan mense — aan al ons mense wat slagoffers van apartheid was — dat hulle nog steeds kon lag. ’n Stukkie humor wat my uit daardie dae sal bybly, het te doen gehad met die Ontugwet. Ek en my vrou het op ’n keer die vroue in ons gemeente op ’n uitstappie geneem. Ek het ’n kombi bestuur en saam met my was daar agt IndiŽrvroue. Toe ons Lenasia verlaat, het hulle my daarop gewys dat ons reeds vir ’n lang ruk deur ’n polisievoertuig agtervolg word. Een het droogweg aan my gesÍ: “Ons is agt hier saam met jou. In terme van die Ontugwet gaan jy lank sit!”

My betrokkenheid by die lewens van my gemeentelede in Lenasia het tot my deelname in intergodsdienstige samewerking gelei. Hierdie samewerking was nie doelbewus intergodsdienstig van aard nie. Om die waarheid te sÍ, die intergodsdienstige aard van hierdie gesamentlike aksies was van sekondÍre belang. Die klem het geval op die nood van mense. Een insident staan my nog steeds helder voor die gees. Een aand, gedurende ’n staking van mynwerkers, is ek deur die National Union of Mineworkers gevra om ons kerksaal tot die beskikking te stel van mynwerkers wat uit mynhostels gesit is. Binne ’n uur was die kerk ’n miernes van bedrywigheid soos Christene, Hindoes en Moslems opgedaag het met kos en komberse.

My kontak met mense van ander godsdienste het ’n dialoog begin word, nie soseer oor godsdiens nie, maar oor die lewe self. Dit was ’n dialoog wat ontketen is deur onderdrukking, diskriminasie, verwydering en onmenslikheid. En tog was godsdiens altyd teenwoordig. Op ’n baie intense wyse is ek blootgestel aan die waarde wat mense wat nie Christene is nie, aan die lewe heg. Ek het kennis gemaak met die drome en verwagtinge wat my medelandsburgers van ander godsdienste gedroom en gekoester het. Ek het ontdek dat, ofskoon uit verskillende hoeke gesien, daar eenstemmigheid was oor die verwerping van ongeregtigheid en verdrukking. Ek het in die proses ook dikwels met hartseer ervaar dat ek meer gemeen gehad het met mense van ander godsdienste as met mede-Christene, veral blankes.

In hierdie proses van samewerking oor godsdiensgrense heen was dit weer Jesus wat my geÔnspireer het. Die bekende gelykenis van die barmhartige Samaritaan het nuwe perspektiewe geopen. Terwyl Jesus die begrip van naasteliefde, betrokkenheid en besorgdheid illustreer, plaas hy iemand van ’n ander godsdiens as sy eie — ’n Samaritaan — in die middel van die prentjie. Ek gee graag toe dat die godsdienstige affiliasie van die hulpverlener nie die punt van die verhaal is nie, en tog het juis hierdie aspek van die gelykenis nog nooit opgehou om my te boei nie. Op die allerminste het dit my geleer dat die deug van omgee vir die slagoffers van die lewe en die herstel van menswaardigheid nie eksklusief tot die Christendom behoort nie, maar dat dit algemeen menslike deugde is.

My kontak met mense van ander godsdienste was vir my ’n besonder verrykende ervaring. In die woorde van ’n onbekende Engelse skrywer wil ek aan my vriende wat anders glo as ek — en natuurlik ook hulle wat eenders glo — graag sÍ: “You have touched me and I have grown.” In hulle lewens en in kontak met hulle het ek onteenseglik iets ervaar van die Goddelike heerlikheid wat eenvoudig te wyd is om deur my eie begrip en insig begrens te word. Met die paar voorbeelde wat ek hieronder noem, wil ek probeer sÍ dat ek nie anders kan nie as om te erken dat God ook in hulle lewens en hulle soek en vind teenwoordig en werksaam is.

Boeke oor intergodsdienstige dialoog maak feitlik sonder uitsondering melding van die feit dat sodanige dialoog verrykend is omdat ’n mens daardeur nie net die ander en die ander se godsdiens leer ervaar nie, maar ook omdat jy opnuut weer jou eie tradisie herontdek. Presies hoe waar dit is, het ek op ’n keer tydens so ’n dialoogbyeenkoms geleer. So ’n stuk of tien van ons, almal van verskillende godsdienste, het om ’n tafel ons ervarings met mekaar gedeel. Toe dit die beurt word van ’n Boeddhistiese monnik uit Sri Lanka het hy met oorgawe en passie vertel hoedat die liefde van Jesus hom as Boeddhis aangegryp het. Ek het byna oopmond sit en luister. Ek het instinktief besef dat dit vir hom straks iets heel anders beteken as wat dit vir my beteken, en tog het dit my diep geraak dat iemand uit ’n totaal ander godsdienstige tradisie daardeur aangegryp kon word. Terwyl ek sit en luister het, het die liefde van Jesus opnuut weer vir my ’n enorme werklikheid geword. Die Sondag na die konferensie het ek hierdie insident met my gemeente gedeel en, soos ek, was hulle ontroer deur ons Sengalese vriend se ontboeseming.

Dit was reeds aand toe ek op die oewer van die — vir Hindoes — heilige rivier Ganges gestaan het. (Gangama, noem hulle haar: “Moeder Ganges”.) Net agter my het die ligte en die rumoer van die stad Varanasi (huidige naam vir Benares) vertel van die gewone gang van sake. Hier voor my was daar egter ’n ander wÍreld aan die afspeel. In die maanlig kon ek die breŽ rivier sien vloei in die baan wat sy baie eeue reeds volg. Tussen my en die rivier was daar ses brandstapels waarop liggame besig was om veras te word. Die vure het helder en lewendig gebrand met hier en daar ’n bietjie weeklag van die paar familielede wat daar naby gesit het. Natuurlik is dit alledaags in Varanasi en talle mense kom juis daarheen om te sterf sodat hulle as op die rivier gestrooi kan word. Dit het ek maar te goed die volgende oggend besef toe daar agt vars brandstapels by die rivier aan die brand was. En tog sal ek die ontroering van daardie aand nooit vergeet nie. Ek was getuie van ’n eeue-oue ritueel wat deel uitmaak van ’n stuk spiritualiteit wat, al verskil dit baie van my eie, nie minder werklik is nie.

In 1986 het die Algemene Sinode van die NG Kerk in Bloemfontein besluit dat Islam ’n valse godsdiens is en dat Moslems hulle van politieke bedrywighede moet weerhou. Die Moslem-gemeenskap was hieroor in oproer. Die feit dat dit juis die kapelaan-generaal van die Suid-Afrikaanse Polisie was wat die mosie voorgestel het, het ’n ekstra dimensie aan die ontsteltenis verleen. Binne enkele dae na die besluit is daar ’n protesvergadering in Athlone gehou en ek is genooi om die byeenkoms toe te spreek. Net voordat ek aan die woord gekom het, het die volgepakte saal begin om “Allahu akhbar” (“Allah is die grootste”) op ’n byna gedempte toon te “chant”. Dit was aangrypend mooi, maar die pyn en droefheid waarmee dit gesing is, was voelbaar. Dit was vir my of die smart van driehonderd jaar daarin uitgekom het; van voorsate wat as politieke gevangenes en slawe in die Kaap aangekom het, van die eerste kopieŽ van die Koran wat in die laat agtiende eeu op geheue deur ’n gevangene op Robben-eiland neergeskryf is, van Distrik Ses wat ontruim is en van Imam Haron wat in aanhouding in Caledon-plein dood is.

Met die vrystelling van die Kairos-dokument enkele weke agter die rug, en met die storm daaroor aan die oplaai in kerklike kringe, het ek in 1984 Londen besoek. Ons vriendin rabbi Julia Neuberger het my genooi om, terwyl ek daar was, in haar Liberale Sinagoge in die suide van Londen te preek. Dit was natuurlik ’n Vrydagaand, die mense was hartlik en gul en die gevoel van toewyding was voelbaar. Vanuit die verhaal van die opbou van die mure van Jerusalem in die tyd van die profeet Nehemia het ek iets probeer sÍ rondom ons bedoeling met die Kairos-dokument en oor die komende bevryding waarheen ons onkeerbaar op pad was in Suid-Afrika. Enersyds was ek en my gehoor ver verwyderd van mekaar, in terme van agtergrond sowel as leef- en geloofswÍreld. Andersyds was daar die tradisie van die Ou Testament wat ons met mekaar gedeel het, en ja, ook die gevoel van bevryding wat nie net in hulle boeke nie, maar ook in hulle beendere en hulle bloed ingeskryf staan. Dit was ’n aand saam met sielsgenote.

Dit is reeds byna dertig jaar lank wat ek bevoorreg is om Sondag vir Sondag die Woord te verkondig aan my gemeente in Lenasia. My verhaal sal nie volledig wees as ek nie vertel hoedat hulle my aangeraak en laat groei het nie. In my doseerwerk in die Departement Godsdienswetenskap by UNISA maak die Christendom, saam met ander godsdienste van die wÍreld, deel uit van my doseerpligte. Omdat hierdie dissipline beskrywend van aard is, word die Christendom ook so aangebied, nie konfessioneel nie. Wanneer ek dus my brood verdien, is die Christendom iets relatiefs. Dit is een van ’n verskeidenheid geloofsisteme wat elkeen oor sy eie geskrifte, rituele en dogmas beskik. Wanneer ek egter by my gemeente in Lenasia is, is die Christendom iets eksklusiefs, want dan is ek by my broers en susters vir wie Jesus so baie beteken dat hulle die HindoeÔsme en Islam verlaat het om Christene te word.

Dertig jaar is lank en hou baie ervarings in. En tog is die keuse maklik as ek oor ’n enkele insident moet vertel. Dit het gebeur die Sondag nadat die Reformed Church in Africa in 1984, met die goedkeuring en ondersteuning van die NG Kerk, besluit het om my my status as predikant te ontneem. Daar is toe ’n gemeentevergadering belÍ en almal het die middag gekom — mans, vrouens, kinders. Eenparig het hulle besluit om die kerkleiding teen te gaan en my as predikant te behou. Hierna het hulle, in ’n demonstrasie van solidariteit, my en my vrou in die paadjie tussen die banke laat staan en een vir een gekom en ons omhels.

Daardie dag toe hulle my letterlik aangeraak het, het twee dinge gebeur. Eerstens is ek weer georden, maar hierdie keer nie deur ’n kerklike struktuur nie, maar deur die mense self. Tweedens het hulle, toe my stem deur die kerk stilgemaak is, my stem geword. Ek het altyd, en miskien nie sonder ’n stukkie arrogansie nie, gemeen dat ek namens hulle praat wanneer ek die onreg in ons land veroordeel. Daardie dag het hulle namens my begin praat. Hulle het my aangeraak en ek groei nog steeds en ek groei saam met hulle — ons, die mense van Jesus!

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.