Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die (NG) Kerk stoot postmoderne deure oop

Izak de Vries

Kom ons begin, heel postmodern, buite die kerk. Alanis Morisette bulder op haar cd Jagged little pill: “Can you handle this?” Dan maak sy haar mond toe, doof die kitaarsnare en die simbale, laat die stokkies van die perkussie wegbly en vir ’n paar verskriklike oomblikke is daar net ... stilte. “The voice of a generation” konfronteer haar volgelinge met daardie een ding wat hulle nie meer ken in die era van kitsantwoorde nie: hulself in ’n oomblik van refleksie.

Daar het onlangs twee boeke oor die wese van die Kerk verskyn wat my baie opgewonde maak. Hulle is Ben du Toit se God? Geloof in ’n postmoderne tyd en Annelie Ferreira se Eenmaal iets dappers. Hoekom? Want daar is aanduidings dat die (gemaklike?) herders en die (ongemaklike?) profete nader aan mekaar begin beweeg in ’n soeke na vernuwing.

Ja, daar is nog profete onder ons. Vele van hulle staan buite die kerk, maar met deeglike boodskappe aan diegene daarbinne. Koos Kombuis, een van Afrikaans se grootste profete, het veel meer gedoen om apartheid te beindig terwyl hy daar saam met die bergies langs die Eersterivier geslaap het as wat versigtige teolo ooit kon doen terwyl hulle probeer verduidelik het hoekom die NG Kerk nog nie die Belhar-belydenis kan onderteken nie.

Stef Bos sing op sy cd Vuur:

    Die herder is verdwenen
    Voor even of voorgoed
    Er is niemand die de weg wijst
    Er is niemand die ze hoedt

    Arme schapen
    Hoor ze blaten
    Zo verschrikkelijk alleen
    Arme schapen
    Alleen gelaten

Asook:

    Als de preek je gaat vervelen
    Als je niet meer luisteren kunt
    Pepermunt
    Pepermunt
    Het is de protestantse cocane
    Voor die gereformeerde junk

Binne die kerk is daar natuurlik ook valse geldswindelaars wat siek rugbyspelers lok om hulle beeld te kom poets, maar die rol van die profeet was deur die millennia nie di van cutesy-goo praatjiesmaker nie; veel eerder is hulle steeds diegene wat bevraagteken. Heel dikwels staan hulle (dis die profete) ver buite die gewone sirkels van dit wat ordentlik en ordelik is. Neem nou maar vir Jesaja wat kwansuis drie jaar lank poedelkaal rondgeloop het, of Hosea wat met ’n prostituut trou en elke nou en dan met ’n rooi gesig gaan soek na die ou antie wat maar net nie uit ander mans se beddens kan wegbly nie.

Annelie Ferreira, voorheen ’n gereelde bydraer tot LitNet, het al daardie kwaliteite van ’n moderne bevraagtekenaar. Haar boek Eenmaal iets dappers daag die Kerk se ou orde uit om wakker te word en te luister na die gewone mens, die klein mensie wat tot baie onlangs toe nog moes stilbly en luister. “My frustrasie met die kerk kom al ’n lang pad,” skryf sy (Ferreira 2000:3). Ferreira beweer

    dat die kerk nog nooit vooruitgeloop het nie; hy kom altyd agterna, wanneer druk op die samelewing dit onmoontlik maak om langer vas te skop teen die veranderinge van ’n sekere sienswyse (2000:4).

Ferreira ly aan “die eensaamheid van die bevraagtekenaar”. Sy het een oggend by my en my vrou kom koffie drink en vertel van ’n New Age-winkeltjie wat sy gereeld besoek: “Daar is altyd iemand weirder as jy. Niemand kyk skeef as jy vrae vra nie.”

Daar is egter deesdae steun vir haar van binne die kerk. Ek het dr. Ben Du Toit, direkteur van die Sentrum vir Kommunikasie van die NG Kerk, gevra na sy siening van Eenmaal iets dappers. Hy beskou dit as ’n “ongelooflike teken van hoop dat haar boek verskyn het. Dit is terselfdertyd ’n aanklag teen die kerk dat hulle nie hierdie goed aangespreek het nie”.

Die deure van die kerk word dus al hoe geredeliker oopgestoot vir die plaaggeeste, net soos dominees deesdae hulle cd-spelers die kansel begin opdra om van die buitekerklike profete se vrae te probeer beantwoord. Du Toit is ’n dominee (een van die herders, dus) wat bereid is om te luister, maar ook nie skaam is om te praat en rigting aan te dui nie — al is hy die eerste wat erken dat hy lei by die voorlopige lig wat hy het en dus baie bereid is om ander se idees te erken. Sy boek God? Geloof in ’n postmoderne tyd is onlangs met die Andrew Murray-prys bekroon.

Om die twee boeke langs mekaar te plaas is dalk vreemd, maar die raakpunte is baie. Ferreira is ’n vroulike lidmaat sonder teologiese opleiding wat haar eie idees neergeskryf het. Sy s. Sy maak stellings. Sy daag uit. Sy bepleit “gemakliker houdings oor seksualiteit, verslapping van sensuur, nuwe denke oor die teologie” (2000: 16). Om die waarheid te s, haar openingsbetoog is om saam te werk aan ’n land waar mense nie meer teen mekaar sal staan omdat hulle van verskillende gelowe is nie. In het korte vind sy baie aanklank by die New Age (2000:104-106) en s in haar droomland “bestaan daar nie meer etikette soos ’ gevaarlik’ , ketter’ , ’ heiden’ , ’ dwaling’ en ’ duiwel’ nie” (2000:1).

Dominee Andrew Murray se bene rittel teen di tyd al in sy graf. Die ergste van alles is dat Ben du Toit, wat die prys met sy naam daaraan gekoppel gewen het, ook s

    dat die wreld- en lewensbeskouing waarin alles verklaar word in terme van die stryd tussen God en die Bose (of die duiwel) tot die premoderne denkstruktuur behoort (Du Toit 2000:23).

Andrew Murray se eie bydrae tot die godsdiensdenke beskryf Du Toit as “baie wetties” en behorende tot “the pie in the sky when you die” (2000:123).

Ng Du Toit, ng Ferreira probeer die kerk se wese afkraak of tot niet maak. Terselfdertyd is nie een van die twee se geskrifte anti-God nie. Inteendeel. Ek het by Ben du Toit gaan koffie drink in sy kantoor en baie pertinent aan hom gevra of hy God? Geloof in ’n postmoderne samelewing sien as apologeties. Hy het “ja” geantwoord.

Dat dit ’n diep persoonlike worsteling is, maak hy reeds aan die begin van die teks bekend. Ten eerste is God? Geloof in ’n postmoderne samelewing geskryf vir sy twee kinders: hy wou graag aan hulle verduidelik hoe hy God sien in die hedendaagse bestel. Maar sy boek is meer as net ’n persoonlike traktaatjie. Dit is ’n weldeurdagte stuk teologie wat besonder leesbaar aangebied is. Du Toit se D Phil is verkry in die sistematiese teologie en hy bou sy argumente op deeglike navorsing en baie bronverwysings.

Wat maak God? Geloof in ’n postmoderne samelewing besonders? In die eerste plek is dit nie ’n pienk boekie met koekiesbak-antwoorde nie. Du Toit onderskat nie sy leser nie en bou stap vir stap aan ’n betoog wat die barste in die premoderne idees oor God en die kerk oopbeur en uiteindelik die fondamente daarvan laat kraak. Hy verduidelik die historiografiese aard van die Bybel, die tydsgees waarin daardie geskrifte tot stand gekom het, asook die wyse waarop op belydenisskrifte, dit wat die kerk baie lank uitgehang het as die allerantwoorde, geskryf is.

Du Toit verduidelik baie deeglik en heeltemal toeganklik hoe die paradigmaskuif vanaf ’n premoderne bestel na ’n moderne gemaak is, waarna hy die postmoderne tyd as ’n voortsetting sien, ’n noodsaaklike uitvloeisel uit die moderne tyd. Dat die Kerk in Suid-Afrika tot onlangs nog vasgehou het aan premoderne denke, erken hy ook. Daardie onheilige alliansie tussen NG en NP was vir jare ’n doring in die vlees en het vooruitgang gerem. Met die val van apartheid en die onsekerhede wat dit meegebring het, was die kerk skielik genoodsaak om by te kom en, stem hy saam met Ferreira, was dit nie altyd in staat om leiding te neem nie.

Lesers wat nog sukkel om hulle koppe om die idee van ’n postmoderne era te kry kan gerus God? Geloof in ’n postmoderne samelewing lees, aangesien dit een van die toeganklikste tekste is oor die onderwerp wat ek nog onder o gehad het.

En God? Die vraagteken in die titel is ook nie om dowe neute daar nie. Du Toit stel homself doelbewus bloot deur uiteindelik ’n spirituele standpunt in te neem. Hy glo wel. Nie in ’n God van die premoderne eeu nie, maar wel ’n energie (of dan Energie) wat nie verlore gaan nie, nooit verdwyn nie en deur die eeue heen daar was. Vergeet die maagdelike geboorte en die ander onnodige idees rondom Jesus — maar Du Toit aanvaar Jesus se kruisdood en sy opstanding as die kruks van sy geloof.

Ek het heelwat mense gevra om hulle menings oor die boek. Sommige van hulle is redelik Bybelvaste Christene en almal was dit eens dat hierdie een enkele wonder — die opstanding — se sentraliteit in Du Toit se denke opvallend, en selfs vreemd, is. Dit was dan ook een van die goed waaroor ek meer duidelikheid verlang het in ons gesprek. Du Toit erken ruiterlik dat hy sy idees baseer op die Bybel, en dus grootliks Paulus se fokus op die opstanding assimileer. Hiermee ontken hy nie die historiografiese probleme waarmee die postmoderne Christen te kampe het nie (hy spel dit selfs uit in sy boek). Hy neem weer die idee van ’n onsterflike energie op toe ek hom daaroor pols. Dat Jesus nders was na die opstanding as voor die tyd, sal hy ook aanvaar.

“Goed,” wou ek weet. “Maar wat van mense wat regtig sukkel om so ver te gaan? Wat daarvan as iemand eerder die opstanding as ’n simboliese idee sien?” Daarmee het Du Toit nie ’n probleem nie. Hy kies, binne die postmoderne onsekerhede, om sy spiritualiteit te vestig op ’n daad wat vir ons postmodere breine moeilik mag lyk, maar sal ander toelaat om hulle spiritualiteit te vind in die ontginning van simbole. Hy voel dit moet nie ’n struikelblok wees nie.

Du Toit het my onverhoeds betrap toe hy op di punt s: “Jy is ’n Taiz-persoon.” Yours truly hou nou eenmaal nie daarvan om opgesom te word nie, maar eintlik was hy reg, en binne die konteks van wat hy spiritualiteit noem, was dit waarskynlik ’n kompliment. Die tipiese Taiz-diens is interdenominaal. Stilte, brandende kerse en meditatiewe sang, nie woordverkondiging nie, vorm die kruks van sodanige byeenkomste. (Self weier ek egter om die hoofsentrum in Frankryk te gaan besoek, want ek is ongemaklik met die idee dat spiritualiteit in ’n tassie kan terugkom Suid-Afrika toe. My vrou, en ander wat wel daar was, s egter dat dit nie die gevoel is wat jy daar kry nie.) My eie idees oor die kerk is egter nie hier ter sake nie, wel die feit een van die NG Kerk se herders bereid is om ’n Katolieke orde voor te hou as voorbeeld van ’n tuiste vir diegene met vrae. Dit is ’n hengse ent vanaf die Katolieke Gevaar wat tot baie onlangs nog deur NG-gemeentes gepredik is.

“En die belydenisskrifte?” vra ek vir Du Toit. Elke Sondag word daar nog, baie keer in ’n rympie, opges dat Jesus van die Heilige Gees ontvang is en uit die maagd Maria gebore is. Sy boek maak dit baie duidelik dat dit bevraagteken kan word (eintlik moet word). Daarop antwoord hy my vanuit ’n historiografiese konteks. “Die maagdelike geboorte was in die vroe Christelike kerk ’n manier gewees om te s Jesus was op ’n besondere manier God. En daarom kan ek dit Sondag saam met die Christene s, ek is nie besig om te lieg as ek dit bely nie. Dis onmoontlik om terug te gaan na die voormoderne tye en begin glo aan bose geeste in die lug, maar ons kan binne die postmoderne tye weer met ons kennis van die moderne daardie tekste besoek wat in premoderne tye geskryf is en s: ’ Man daardie ouens het tog ’n punt beet gehad. Ons is tog spirituele wesens.’ Hulle s dit al van Lukas se tyd af. rens moet ons dit weer salvage op ’n manier.”

Hy neem dus ’n geloofstandpunt in binne die postmoderne klimaat. Hy kan egter ook s: “Dit is voorlopig wat ek dink.” Op hierdie manier stel hy homself oop en laat ook ander toe om ander standpunte naas syne te plaas. “Kom ek s vir jou s: In die high days van die dekonstruksie was dit vir my altyd die interessante ding dat al daai ouens, Foucault, al daai ouens, om hulle saak te bekook, moes hulle die rels van die moderne gebruik, punktuasie, al daai goed.”

Dit s die man wat sy boek met ’n komma eindig. Ben du Toit weier om ’n punte sit aan die einde van God? Geloof in ’n postmoderne samelewing, want dit sou te veel lyk of hy die antwoorde nou netjies verpak het en daarmee die gesprek afhandel. In die postmoderne tyd sou dit onmoontlik wees, vertel die boek ons. Alle waarhede is immers voorlopig.

Maar goed. Wat van Annelie Ferreira se lastige vrae? Dit is een ding om na denkende kunstenaars soos Morisette se Katolieke opvoeding te verwys en dan te s haar vrae word buite kerkverband gevra. Dit is egter iets heeltemal anders as mense soos Annelie Ferreira haar siel ontbloot binne kerklike verband. En wat van die implikasie van haar versugting oor die vryer omgang met seksualiteit? Ek het vroer eers vir Ferreira gevra hoe sy haar idees prakties sal verpak aan kinders.

“Ek het twee meisiekinders,” het sy geantwoord, “so dit is al dinge waaraan ek gedink het! Ook al hier en daar oor gesels het. Ek sal nooit na seks in enige verband as sonde verwys nie; ek hou wel van die konsep van verantwoordelike seks. Wat beteken dat jy keuses van liggaamlike integriteit sal maak: sal weet dat jy die reg het om te besluit met wie en wanneer jy jou liggaam wil deel, ook met die vermo om verantwoordelikheid te neem vir gevolge wat jy wil vermy, soos geslagsiektes en ongewenste swangerskappe.”

En die dominee? Wat dink Du Toit van die uitdagings wat Annelie Ferreira aan die kerk rig in hierdie verband?

Hy aanvaar onmiddellik dat dit nodig is vir die Kerk om weer te kyk na die huwelik en soortgelyke instansies. “Daar is baie samelewingstrukture wat ons vandag sien as Christelik en as Bybels en wat uiteindelik daarmee niks te doene het nie, maar sosiale konstruksies is.”

Hy verwys as voorbeeld na ’n paar dominees in Gereformeerde Kerk wat vra of die kerk nie in liefde moet uitreik na mense wat “saambly” nie. Daar is tog ’n verskil tussen ’n kerklike huwelik en staatlike huwelik, s Du Toit. Die kerk moet begin dink daaraan om mense wat saamleef te nooi en te s: “Ons beskou julle as getroud. Julle het as Christene ’n besluit gemaak om getrou te wees aan mekaar  Dit gaan nie oor ’n papier nie. Daarmee s ons nie dat die huwelik nou tot niet is nie, js nie. Jy kan dan nooi: Kom wees openlik daaroor ...”

Wow?

Ja, s Du Toit, hy word kwaad as mense s daar gebeur niks in die kerk nie. “Daar is bewegings in die kerk, ongelooflik baie is aan die gebeur in die kerk.”

Ferreira het ook by navraag ges dat dit nodig is vir individue, veral vroue, om te leer om hulleself uit te leef binne die kerkverband. “Daar s baie dinge om aan te krap in ’n godsdiens wat millennia al patriargaal was en ook direk tot ’n patriargale samelewing aanleiding gegee het (en daarmee s ek nie dat ander godsdienste en samelewings minder patriargaal oorheersend is nie — inteendeel — maar uiteindelik kan mens maar hoofsaaklik voor jou eie deur vee). Sekerlik is die kritieke vraag nie hoeveel vroue daar vandag op die kerkrade en preekstoele is nie, maar watter soort insette hulle binne hierdie godsdiensopset kan gee. Met volle respek aan vroue wat hulself uitleef in die kerk en waardevolle bydraes lewer, wonder ek soms hoeveel van vroue se natuurlike intutiewe, versorgende, aardse, helende, morsige, seksualiteit-gebonde spiritualiteit verlore gegaan het oor eeue.”

Albei outeurs praat die hele tyd van “spiritualiteit”. Dit is nie ’n konsep waarmee ek grootgeword het nie, so ek vra toe vir Du Toit: Hoe raak jy ’n spirituele wese?

Hy s: “Jy word nie een nie, jy is dit&nsp;... Jy moet bewus gemaak word, die erediens moet mense meer bewus maak van spiritualiteit. Geniet dit, celebrate dit ...”

Dit is egter nie die “show biz” van die charismatiese dienste nie. “Stilte is ’n ongelooflike belangrike ding.”

Helaas.

Eenmaal iets dappers deur Annelie Ferreira is in 2000 deur Pyramid uitgegee en is in goeie boekwinkels, maar ook direk by die outeur self te kry. Kontak haar gerus by anferreira@worldonline.co.za, want sy sal dit met graagte direk aanstuur teen ’n beter prys as di in die winkel (ISBN 0 9584320 4 X).

God? Geloof in ’n postmoderne samelewing deur Ben du Toit is in 2000 uitgegee deur CLF-Uitgewers en is teen ’n besonder goeie prys van ongeveer R35 beskikbaar by die meeste boekwinkels (ISBN 1 86804 177 8).

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.